Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

TLU SA is in 1897 gestig en is vanjaar 124 jaar oud. Drie jaar ná die stigting was ons in die 2de Vryheidsoorlog teen die magtige Engeland betrokke. Ons land staan oor die 30 000 mans, vroue en kinders aan die dood af. In die Bethuliekonsentrasiekamp, ongeveer 121 jaar gelede, sit mev. Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met: Henna van Zyl, Bennie van Zyl, Henry Geldenhuys, Kobus Oberholster, André Jooste, Dawie Brits en Erika Helm.

 

BOODSKAP
VAN BENNIE

Graag wil ons Henry Geldenhuys en Wannie Scribante, wat onderskeidelik as President en Adjunk-president van TLU SA vir die volgende jaar herkies is, gelukwens. Die wyse waarop die kongres aangebied is, het ’n nuwe werklikheid geword met fisiese teenwoordiges sowel as lede wat virtueel ingeskakel het.

 

Veldbrande
 

Die onlangse groot skade weens veldbrande in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap bevestig weereens landbouers se kwesbaarheid as gevolg van die skade hetsy weens natuurlike- of kriminele oorsake. Die lente is op hande, maar die risikovlak bly hoog. TLU SA se Veiligheidsbulletin 2019/04 (aangeheg) bly dus steeds van toepassing.

 
Mediavennote
 

Graag wil ons die affiliasies herinner om ’n goeie verhouding met die plaaslike media op te bou. Daar word deurlopend verneem van baie positiewe verrigtinge wat regdeur plaasvind. Dit is belangrik dat die breër gemeenskap daarvan moet kennis neem. Maak seker dat daar weekliks ’n positiewe berig van TLU SA aktiwiteite plaaslik geplaas word.

 
Onteiening sonder vergoeding

Ons leef in interessante en uitdagende tye. Daar is verskeie sake op die tafel vir bespreking. Daar is Zuma se mediese parool, die omstredenheid rakende ledeverkiesing vir November se plaaslike verkiesing en die Ad-hoc komitee in die parlement vir die Artikel 25 wysiging en beoogde voorstelle wat die ANC deurgedruk het na die Algemene Vergadering.

Die prys van onbetrokkenheid

In enige saak waaroor daar besluite geneem moet word, is die kwaliteit van beskikbare inligting bepalend om ’n goeie of slegte besluit te neem. Die omvang van sake wat ’n boer vandag moet hanteer verg ’n wye deelname en meelewing om goed toegerus te wees met die nodige kennis.

Kommentaar oor Minimumloon

Die Nasionale Kommissie oor Minimumloon nooi enige belangstellende partye om geskrewe kommentaar oor moontlike wysigings aan die minimum loon te lewer voordat die kommissie die jaarverslag en nuwe wysigings later vanjaar publiseer. Die UK is reeds besig om te werk aan voorstelle hieroor en sal dit teen die sperdatum op 1 Oktober 2021 inlewer. Enige persoon wat individueel kommentaar wil lewer kan die riglyne in hierdie kennisgewing volg

 

TLU SA SE KOMITEES

 
JONG BOERE

TLU SA Jongboer van die Jaar 2021

Die reus van ‘n jong boer Dawie Brits was so opgewonde soos ‘n skoolseun wanneer die skool sluit, toe hy hoor dat hy TLU SA se Jongboer van die Jaar 2021 is. Dié kompetisie is vanjaar aangebied in samewerking met Manitou, Santam Landbou, Introlab, CMH Ford Hatfield en C-Track.

Dawie (35) boer in die Balfour-distrik met sojabone, mielies en hoenders op die plaas Modderbult waar sy oupa en pa ook geboer het. En sy twee seuntjies het al klaar gekies waar hulle plaashuise moet staan wanneer hulle eendag in die familie se voetspore volg.

Lees meer hier.

 
PLAASLIKE REGERING

Verkiesing 1 November 2021

Suid-Afrika se belastingbetalers was weereens geskok oor die wyse waarop die Minister Nkosazana Dlamini-Zuma haar skelmstreke uitgehaal het toe sy die verkiesingsdatum as 27 Oktober 2021 geproklameer het. Dit terwyl sy geweet het dit was nie nodig nie. Sy is ook voor die tyd só deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie ingelig. En steeds gaan sy voort en probeer almal oortuig dit is die regte ding om te doen.

Lees meer hier.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Baie geluk aan Bennie Liebenberg en Jannie Roux van onderskeidelik die Wes- en Noord-Kaap wat weer verkies is tot streeksvoorsitters. Alle sterkte vir die belangrike werk!
 
SENTRAAL
 

Die Sentraalstreek het in September besonder erg onder brande deurgeloop. Twee lodges, drie huise en honderde hektaar weiding is vernietig, en drie mense het erge brandwonde opgedoen. Die vermoede is dat die meeste van hierdie voorvalle brandstigting was. Dit lei dan ook tot ernstige tekorte van voeding in die streek.

Verder sien boere in die streek ook ‘n skerp toename in veediefstal waar groot getalle vee per voorval gesteel word. Diewe fokus ook op sleepwaens en dieselkarre. Tydens die inbrake word veral die toerusting in store geteiken, wat die vermoede versterk dat sindikate betrokke is wat die toerusting herverkoop.
Daar was wel vordering in Eskom-sake waar die streek nou ‘n bekwame en beskikbare persoon het om probleme op te los.

Intussen is die boere in die streek klaar met die voorbereiding voor planttyd en wag almal nou net op die eerste goeie reën.
 
NOORD
 

Wanneer landbou produkte se pryse langs die braaivleisvuur ter sprake kom is die prys van aartappels altyd ‘n gunsteling. Aartappels behaal tans weer rekordpryse op die markte en ons is bly vir die aartappelboere se onthalwe. Die onderwerp van die middelman wat altyd die grootste gedeelte van die wins neem, dat pryse doelbewus deur boere gemanipuleer word deur die produk van die mark te weerhou en dat boere prysnemers is, word ook uit alle hoeke beskou en daaroor kommentaar gelewer. Wat in sulke gesprekke nie altyd na vore kom nie, is dat dit oor die jare heen niks anders is as die ekonomiese beginsel van vraag en aanbod nie. Tans is die vraag hoog maar die aanbod laag. In groot gedeeltes van die Limpopo aartappelstreek het ons besonderse koue vroeg in die winter ervaar en dit het skade aan nuwe aanplantings gebring wat nou tot produksie tekorte lei. TLU SA het ook in die begin van die winter gewaarsku dat daar ‘n tekort gaan kom. Ons kan argumenteer soos ons wil, die natuurwette bly natuurwette, so sal ekonomiese beginsels van vraag en aanbod altyd met ons wees.

Ons sitrusboere het baie probleme ervaar met die uitvoer van hulle produk, weens die probleme by die Durbanse hawe, skynbaar weens rekenaarstelsels wat gekaap is. Dit het tot gevolg gehad dat sitrusboere hulle duur uitvoervrugte op die reeds oorvol plaaslike mark moes verkoop, graad een lemoene kon by die meeste vrugte- en groente groothandelaars teen minder as R40,00 per 7kg sakkie gekoop word. Die ekonomiese beginsel wat plaaslik vir die aartappelboere gewerk het, het ongelukkig hier teen die sitrusboer gewerk.

Veldbrande is weens die goeie reënval wat hoë digte gras tot gevolg gehad het ‘n groot probleem en brandstigting, veral langs die N1, het ook vanjaar toegeneem. Die Noordstreek het met SANRAL in briefwisseling gepleit dat SANRAL moet verseker dat hulle subkontrakteurs oor die regte toerusting beskik, veral om droë gesnyde gras te hanteer. SANRAL is ook versoek om hulle grassny skudules te wysig sodat geen gras in die padreserwes gesny sal word in die droë en winderige seisoen nie.

 
OOS & NATAL
 

In die Oos- en Natalstreke is boere hard besig met voorbereiding voordat die plantseisoen aanbreek. Dit is egter vir die boere opmerklik hoe die insetkoste sedert die vorige seisoen met tot 50% gestyg het. Dit bemoeilik finansiering wat reeds ‘n uitdaging is en sal noodwendig gevolge hê in die verskaffing van landbouprodukte.

Dit is verblydend dat boere in die Oostelike streek Kobus Oberholster van TLU SA se Landbou Sektor Voorsorgfonds baie goed ontvang het. Soveel boere besef nie hoe belangrik goeie finansiële beplanning vir ‘n boerdery is nie, selfs nadat die eienaar tot afsterwe kom. Enige belangstellende lede in enige van die streke kan die hoofkantoor skakel om met Kobus in verbinding te tree.

In Mpumalanga het die streek in samewerking met AFASA en Mpumalanga Landbou daarin geslaag om die provinsiale polisiekommisaris te nader met die oog op ‘n vergadering om veiligheidskwessies te bespreek. Dit is ‘n goeie stap vorentoe om bande met die SAPD te bou.

Ronnie Schilling, die streeksbestuurder wil spesifiek sy dank uitspreek aan die groep boere wat ten spyte van hierdie uitdagings steeds voortgaan om te boer en te voorsien in voedsel vir die land.

 
NOORDWES & VRYSTAAT
 

Jannie Raath, die bestuurder van Noordwes en die Vrystaat was vandeesmaand by die rampbestuurforums betrokke en vergader binnekort met die LUR en premier van Noordwes oor veldbrande. Dit is veral munisipaliteite se versuim om deel te vorm van brandverenigings soos bepaal deur die Brandwet en ‘n tekort aan brandweerdienste wat bespreek sal word. Die voorstel is dat munisipale regerings solank begin om paaie te skraap in die stryd teen brande, en dan verder doen wat nodig is.

Die dieregesondheidforum is weer op die been en die predasieforum begin ook aan die gang kom. Dié forums is dit eens dat veeartse wat in beide van die forums se behoeftes kan voorsien, dringend nodig is.

Veediefstal het in hierdie streke ook buitensporig toegeneem met tot 100 skape wat per keer gesteel word. Die Vrystaatse polisie, RPO, Vrystaat Landbou en TLU SA het nou ‘n strategie van stapel gestuur wat op kleiner plekke soos Fouriesburg reeds positiewe resultate afwerp.

Jannie noem dat die noue samewerking met Agri Noordwes baie goeie resultate lewer.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 
 

Soil Science from the Heart – Prof MC Laker

Professor Laker het pas sy boek Soil Science from the Heart voltooi, en ons voorsien die publikasie van hierdie belangrike boek tussen September en Oktober 2021 is.

Professor Laker sê self die volgende oor die boek: “Hierdie boek is die resultaat van meedoënlose druk wat oor ’n lang tydperk op my uitgeoefen is deur ’n toenemende aantal mense om so boek te skryf. Die pleidooi vir die boek is gedryf deur ’n vrees dat die magdom ongeskrewe Suid-Afrikaanse grondwetenskap inligting en insigte wat in my brein gestoor is, verlore sal gaan as ek sou sterf of as my geheue sou ingee voordat dit opgeskryf word. Dit sluit in van onopgetekende persoonlike ervaring en waarnemings tot gepubliseerde en ongepubliseerde artikels en verslae deur myself en ander.”

 

TLU SA Landbou Sub-Ekspo by die Sakeliga Kragdag

Datum: 14-16 Oktober 2021
Plek: Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

Registreer vooraf by kragdag.co.za en spaar R100 hekfooi.

Wat jy nog by die KragDag Ekspo te wagte kan wees

  • 330 selfstandigheidstema uitstallers.
  • 165 uitstallers in die Landbou sub-ekspo.
  • 30 uitstallers in die Opvoedkunde sub-ekspo.
  • 20 makerbeweging uitstallings.
  • 50 Junior Entrepreneurs.
  • ’n Snuffelmark.
  • ’n Massiewe verskeidenheid verversings.
  • ’n Pretpark en vermaak wat enige iets insluit van ossewa- tot helikopterritte. 

KRY JOU GRATIS TOEGANGSKAARTJIE HIER!

 

 
 

HULP EN VERSTERKING

 
 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer.

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is.

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hulle TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 
 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry.

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag.

Lees hier vir meer inligting.

 

 

Jannie Janse van Rensburg – Werkgeleenthede

JOHANNES PETRUS JANSE VAN RENSBURG of (Jannie) is 'n betroubare hardwerkende 50 jarige Suid Afrikaaner in Centurion. Johannes het meer as 22 jaar ervaring in die sekuriteit veld onder sy belt asook jare se ervaring as bestuurder van gesiene maatskappye.

Johannes het sy loopbaan begin in 1987 by die S.A. Polisie as sersant en na 10 jaar het hy sy eie besigheid begin as 'n Private Boukontrakteur. Die jare wat volg daarna het Johannes as sekuriteits bestuurder gewerk by verskeie maatskappy ens.

Vir meer inligting en volledige CV skakel 082 900 1764 of stuur 'n e-pos na jvrjannie@gmail.com

 

 
 

BORGE | TLU SA bedank ons Kongresborge

 

Daar is verskeie organisasies en besighede wat na TLU SA en sy lede uitreik met ondersteuning. Uiteraard het elke lid verbintenisse met bestaande instansies waarmee besigheid gedoen word. Hierdie instansies word gereeld in ons sosiale blaaie bekendgestel. Dit sou billik wees indien ons lede ten minste vir hulle ’n kans gee om ook ’n kwotasie te gee indien daar in die spesifieke rigting besigheid oorweeg word. Kom ons maak ons borge se hande sterk sodat ons ’n lang pad met hulle kan stap.

Vandeesmaand bedank ons graag al die borge wat ons Kongres moontlik gemaak het:

Diamant

Platinum

Goud

Silwer

Brons

 

ADVERTENSIE

 

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.

Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf.

Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

WCA Solutions bied hulp met enige kwessies rakende besering aan diens.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Wys ons jou vuil water!

Die stand van Suid-Afrika se water is onaanvaarbaar. TLU SA het ‘n veldtog van stapel gestuur om die departement van water en sanitasie te dwing om die kwaliteit van ons waterbronne te verbeter. Deel van die veldtog is om voorbeelde van die vuil water te versamel om dit aan die departement voor te lê. Indien die departement en munisipaliteite nie binne ‘n sekere tydperk daarin kan slaag om ons waterbronne te herstel nie, sal TLU SA daarop aandring dat privaatinstellings hierdie taak oorneem.

Steun TLU SA se waterveldtog deur vir ons ‘n foto van jou vuil water te stuur.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier

 
 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.