Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

As ons kyk na die misdaadsyfers wat verlede week deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is, is dit duidelik misdaad in ons land is buite beheer.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met: Drickus Botha, Dennis Coetzee en Christo Bester.

BOODSKAP
VAN BENNIE

Die doelwit van die ANC-beleid is om alle bates van en in die land onder hulle sentrale beheer te kry en dan te besluit hoe en deur wie dit aangewend mag word.

 
Veldbrande
 

Nuusdienste rapporteer toenemend die globale voorkoms van vernietigende veldbrande - tans selfs in die noordelike halfrond waar groot gebiede in vlam en as opgaan.

Sosiale
media

Verlede maand se ernstige en verwoestende "protesoptredes" wat hoofsaaklik tot KZN en sekere metropolitaanse gebiede in Gauteng beperk was, het opnuut die rol van die sosiale media beklemtoon.

Voorgestelde wysiging van Art 25 van Grondwet

Dit word betreur dat die ANC volhardend voortgaan met hulle voorstel om die Grondwet te verander sodat onteiening sonder vergoeding van grond voortaan moontlik sal wees.

 
Die boer
se uitdagings

Die omvang van die verskillende aspekte wat ‘n boer daagliks moet hanteer laat mens vinnige besef dat die amper onmoontlik is vir ‘n individu om dit alleen te doen.

Plaasbestuur pos – Suid-Mosambiek

Ons in die Suide van Mosambiek is opsoek na 'n betroubare en ervare Senior Plaasbestuurder of Bestuursegpaar wat by ons bestuur span kan aansluit om deel van die Boerdery te word.

Raad oor besluitneming: ARTIKELREEKS

TLU SA het onlangs met Leander Opperman van UNLOK Consulting saamgespan om lede raad te gee oor hoe om kritiese denke tydens die besluitnemingsproses in te span. Vandeesmaand deel ons graag die derde artikel in die reeks: Wenke en hulpmiddels vir beter besluitneming.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
JONG BOERE

TLU SA Jongboer van die Jaar 2021

Vindingryk, inisiatief, daadkrag, hardwerkend, toekomsvisie en ‘n soliede geloofsbegronding. Dié is die woorde wat die paneel beoordelaars van TLU SA se Jongboer van die Jaar 2021-kompetisie gebruik om vanjaar se finaliste te beskryf. Gedurende die afgelope paar weke het die paneel beoordelaars oral om die land gereis om die jongmanne op hul plase te gaan besoek.

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Wysiging van die Wet op Beheer van Vuurwapens

TLU SA het formele kommentaar gelewer op die beoogde wysiging van dié wet. Dit was grootliks die wysiging om selfverdediging nie voortaan as voldoende motivering vir die besit van ‘n vuurwapen te oorweeg nie. Uiteraard laat dit landbouers in 'n netelige en uiters kwesbare situasie aangesien die owerheid sedert die afskaffing van die Kommandomag nie 'n effektiewe veiligheidstruktuur daar kon stel nie. Gevolglik word plaas- en hoewebewoners aan hul eie vermoëns oorgelaat. Teen die agtergrond van die huidige volgehoue hoë vlakke van geweldsmisdade op plase en hoewes, is dit onteenseglik 'n belaglike oorweging wat katastrofale en bloedige gevolge mag hê.

 
PLAASLIKE REGERING

Verkiesing 27 Oktober 2021

Die Ministerie vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het die bepaling van 27 Oktober 2021 vir die datum van plaaslike regeringsverkiesing bekend gemaak in die Staatskoerant van 3 Augustus 2021. Hierdie stap was noodsaaklik om die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) in 'n posisie te plaas om aansoek vir uitstel by die Grondwetlike hof in te dien na aanleiding van die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke se verslag wat aanbeveel die verkiesing word uitgestel na nie later as einde Februarie 2022.

Lees meer hier.

 
EKONOMIESE VOLHOUBAARHEID

Landbousektor Voorsorgfonds

TLU SA het reeds in 1991 ‘n Voorsorgfonds vir landbou geregistreer waarby AgriSA, die LWO Werkgewersvereniging, Absa en later SANLAM ingeskakel het, om aan georganiseerde landbou en sy deelnemende werkgewers ‘n onafhanklike fonds te voorsien wat in staat is om aan hul werknemers bekostigbare aftree-, uitdienstredings-, ongeskiktheids-, ongeluk: sterfte/verlies aan ledemate- en begrafnisvoordele te bied.

Lees meer hier.

 
OMGEWINGSBESTUUR

TLU SA se Omgewingsakekomitee het op 4 Augustus 2021 ‘n brief aan die Minister van Waterwese en Sanitasie gerig waarin sy in kennis gestel word dat die saak oor die onopgeloste dispuut tussen TLU SA-lede en die departement na die Openbare Beskermer en Parlementêre Portefeulje komitee verwys gaan word.
Tot ons verbasing het ons nog op dieselfde dag ‘n antwoord ontvang. Maar dit was miskien omdat die minister die volgende dag van hierdie departement verlos sou word in ‘n kabinetskommeling.
Die probleem lê eintlik ook nie by die minister nie, maar wel by die amptenary, van die direkteur-generaal tot die laagste vlak werknemers.

Sedert TLU SA die eerste gesprekke met die departement en NICS – die destydse invorderingsagentskap – gevoer het, was daar al ‘n magdom ministers wat by mekaar oorgeneem het. Die minister is eintlik net ‘n politieke oorsigbeampte, maar dit is die DG en sy span wat nie hulle werk doen nie. Ongelukkig het dié betrokke departement ook ‘n magdom DG’s opgelewer en die meeste van hulle net in ‘n waarnemende rol. Hierdie hoë getal het ‘n negatiewe impak op die departement se kliënte – boere.

Na die onlangse kabinetskommeling is die probleem weer van vooraf dat nie die minister, die minister se kantoor, die DG, die assistent-DG of enige ander amptenaar nou enigiets oor die dispuut weet nie. Die hele proses moet nou van voor af begin.

Ons sal eerder nie weer die paadjie wil loop nie en het daarom elke dokument, brief en notule wat ons het aan die departement gestuur. Ons beoog om binnekort weer druk toe te pas, sodat hierdie dispuut nou tot ‘n einde kan kom.

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Baie geluk aan Hugo Pretorius wat verkies is as die Oos-Kaap se nuwe streeksvoorsitter. Alle sterkte vir die belangrike werk! Ons sal in die volgende uitgawe ook die nuwe streeksvoorsitters vir die Noord- en Wes-Kaap aankondig.
 
 
SENTRAAL
 

Die Sentraalstreek se voorsitter Derick Kuün is weer verkies om die leisels te neem. Volgens Lynette du Plessis, die streeksbestuurder, was hulle vandeesmaand weer druk besig om grond- en huurarbeidereise wat in die Staatskoerant gepubliseer is, te fasiliteer. Verder was daar ook verskeie probleme met Eskom, hetsy rekeninge of geen krag, wat uitgesorteer moes word.

Die streek het ook te doen gehad met veediefstalle in die Balfour- en Grootvlei-omgewings waar honde gebruik word om diere onwettig te jag. Wat die kwessie verder bemoeilik is dat sommige polisiestasies nie vertroud is met die regte prosedure of wetgewing om hierdie sake te hanteer nie.

Lynette het ook sukses behaal om brandmerk-sertifikate wat al maande lank sloer, afgehandel te kry. Wanneer die aansoeke nie spoedig afgehandel word nie, het dit ‘n impak op verkope van diere. Aansoeke vir die hele land word net in Pretoria hanteer en hoewel dit per e-pos ingedien kan word, is daar ‘n geweldige agterstand met e-posse. Lynette hanteer hierdie aansoeke (slegs vir lede) deur in persoon by die Pretoria-kantoor aansoek te doen.

Verder word die Sentraalstreek soos al die ander streke ook deur veldbrande geteister, waarvan sommige deur brandstigting veroorsaak word.

Die streek is op die oomblik baie droog en boere is besig om voor te berei vir die eerste reën sodat die plantery kan begin.

 
NOORD
 

In die Noordstreek is Drickus Botha, die streeksbestuurder, druk besig om navorsing te doen oor die omvang van produkte-diefstal. Tot dusver lyk dit of enige produkte wat vinnig gesteel kan word, uiteindelik ook by onwettige padstalletjies verkoop word.

Hoewel die streek ‘n goeie verhouding met die LUR rakende infrastruktuur het, bly die toestand van paaie in die provinsie meestal baie swak.

Volgens Drickus ontvang en hanteer die streek baie navrae oor grondbelasting en is boere nie altyd bewus dat hulle wel ook hierdie belasting moet betaal nie, omdat hulle nie munisipale dienste ontvang nie. Hy sê dit sal tot voordeel van lede wees om ‘n kursus hieroor te doen (dit word deur TLU SA se Erika Helm aangebied) om hulleself te vergewis van relevante belasting en die rabatte wat beding kan word.

Hy waarsku ook dat boere moet seker maak oor die agtergrond van werkers wat hulle aanstel, selfs al is dit buitelanders. Tydelike werkers het dieselfde regte as voltydse werkers.

Hoewel reën in die Bosveld altyd welkom is en die droë toestande die voorkoms van veldbrande verhoog, hoop hierdie boere dat die groot reën eers na begin Oktober sal val sodat die produkte wat reeds geplant is, nie skade sal ly nie.

Verder is Henk van de Graaf weer onbestrede vir nog ‘n termyn as die streeksvoorsitter verkies. Baie sterkte Henk en doen so voort.

 
OOS & NATAL
 

In die Oos- en Natalstreke is daar die afgelope tyd – onverklaarbaar – weer ‘n oplewing in die verwerking van bestaande grondeise. Volgens Ronnie Schilling, die streekbestuurder, is dit asof iemand in die betrokke kantoor of afdeling skielik besluit het om aan die werk te spring.

Die uitdaging met grondeise is dat dit onnodig lank uitgerek word totdat een van die partye opgee. As dit nie gebeur nie en daar nie tot ‘n vergelyk ooreengekom kan word nie, is die volgende stap die Grondeisehof. Ongelukkig is TLU SA se hande dan afgekap omdat die regskoste so hoog is. TLU SA doen egter alles in ons vermoë om lede by te staan soos nodig.

In die streek is ‘n verdere groot bekommernis die voorkoms van wydverspreide veldbrande. Op sommige plekke word hele plase, insluitende alle vee, tot op die grond afgebrand. Ronnie meld egter dat die samewerking tussen boere baie goed is om tydens en ter bekamping van veldbrande op te tree.

Die streke het dan ook pas die verkiesing van nuwe dagbesture afgehandel en wens Pieter Pretorius as die nuwe voorsitter vir die Oosstreek en Herman de Wet wat sy termyn verleng, geluk.

 
NOORDWES & VRYSTAAT
 

Die streeksbestuurder vir Noordwes en die Vrystaat, Jannie Raath, het die afgelope maand sy besoeke aan die boere-unies en -besture afgehandel. Die twee streke se voorsitters, John Rankin in Noordwes en Bertus van der Westhuizen in die Vrystaat is beide onbestrede herverkies.

Volgens Jannie ervaar dié streke geweldige uitdagings met Vodacom-seine waarvan hulle afhanklik is vir hulle veiligheidskameras. Hulle kon daarin slaag om die probleem in ‘n groot mate op te los en Jannie is vol lof vir die uiters professionele diens van Vodacom af.

Verder het die streek deelgeneem aan ‘n webinaar oor die nuwe diere-identifikasiestelsel wat naspeurbaarheid sal bevorder. Die proses is nog nie gefinaliseer nie, maar na verwagting sal die stelsel bydra om die uitvoer van veral rooivleis aansienlik te verhoog. Dié projek word deur die meeste rolspelers in die bedryf ondersteun.

Jannie het ook baie terugvoer uit sy streke ontvang oor waterbesoedeling wat aansluit by TLU SA se veldtog (sien onder) hieroor. Meer inligting hieroor sal binnekort gedeel word.  

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 
 

Kongres 2021

Ons herinner u graag dat die TLU SA Kongres op 1 September 2021 tussen 8:45 en 13:00 plaasvind. 

Streke en affiliasies vergader hoofsaaklik in streekverband waar daar in groepsverband via Zoom ingeskakel word. Alternatiewelik kan lede self ook van Zoom gebruik maak om direk by die Kongres in te skakel.

Sprekers, leiers asook verteenwoordigers van ons borge sal by TLU SA gebou die Kongres-verrigtinge meemaak.

Die kongresprogram word hiermee saam voorsien. Kongresprogram

Registrasies het reeds gesluit en lede wat reeds geregistreer het, sou die Zoom-skakel per e-pos ontvang het. 
 
Vir enige navrae kontak asb. vir Lynne Liebenberg by tel. 079 170 2345 of register@tlu.co.za.

 

Sakeliga Kragdag

Die Sakeliga Kragdag word vanjaar op 14-16 Oktober aangebied nadat dit verlede jaar as gevolg van Covid-19 afgestel moes word. Ons sien uit na 'n grootse KragDag ekspo, want ons kry oral terugvoer dat mense na meer as ‘n jaar se inperking, nie net honger na 'n geleentheid soos hierdie nie, maar dat al hoe meer mense daarvan oortuig raak dat hierdie die een ekspo is wat nou meer relevant is as ooit, aangesien die selfstandigheidsoplossings by KragDag mense meer weerbaar kan maak teen die tipe uitdagings wat ons die afgelope maande beleef.

Teken 14-16 Oktober 2021 in jou dagboek aan en indien jy nou registreer kan jy die R100 hekfooi spaar: KRY JOU GRATIS TOEGANGSKAARTJIE HIER!

 

Bokkieweek

Afrikaner Volkseie Sport (AVS), algemeen in die volksmond bekend as Bokkieweek, het soos elke ander faset van ons volkslewe ook die remskoen van COVID-19 op ‘n besondere wyse beleef.

Sedert die ontstaan van die eerste Bokkieweek te Lekkerrus, Naboomspruit in 1992, het dit die afgelope 30 jaar gegroei tot drie jaarlikse sporttoernooie, waaraan ‘n totaal van 5 000 spelers en beamptes jaarliks deelneem. Die gewildste sportsoorte, naamlik rugby, netbal, dogtershokkie, seunshokkie, krieket, sewesrugby, snelbal en gholf word op provinsiale vlak aangebied. Vandag kan ons onomwonde sê: Bokkieweek is die Afrikanerjeug se sporttuiste.
Die O/21 Bokkietoernooi is tot in 2019 in die Maartvakansie aangebied. Hierdie toernooi sou in 2020 ‘n O/23 toernooi word, maar kon as gevolg van die COVID19 situasie nie plaasvind nie. Die toernooi moes ongelukkig ook in 2021 vir die jaar afgelas word vanweë die inperkings.

Die Bokkieweek in Junie en die Somerweek in Oktober moes noodgedwonge ook vir 2020 en 2021 gekanselleer word. Die risiko’s verbonde aan toernooie met die omvang van die wat AVS aanbied, is net te groot. Om die spelers, wat nie tans fisies gekondisioneer is en wedstrydfiks is nie, aan die impak van provinsiale sporttoernooie bloot te stel, sal ook nie tot voordeel van ons jeug strek nie.

Tot in 2019 het al die senior spanne jaarliks na die buiteland getoer. Daar is al onder andere na Engeland, Nederland, Spanje, Italië, Georgië, Portugal, Indië, Argentinië, Rusland, Sri Lanka, Mauritius, Frankryk, Tanzanië, Kenia, Dubai en Maleisië getoer. Die hoogtepunt van al die toere tot dusver, was toe die AVS O/21 Rugbybokkies twee toetse teen Rusland se O/21 nasionale span gewen het. Een van die toetse is ook regstreeks op Rugby Russia se YouTube kanaal uitgesaai.

“Daar gaan ‘n tyd kom dat my volk se kinders nie meer sportgeleenthede gaan hê nie,” was wyle oom Daan Nolte, die vader van Bokkieweek, se woorde in 1990. Hierdie vêrgesig van oom Daan is vandag op vele sportterreine vir die Afrikanerjeug ‘n realiteit. Die behoefte om ontspanne aan sport deel te neem, is steeds ‘n meerdere nood van ons volk se jeug.

Terwyl Job se geduld van ons gevra word om die huidige situasie uit te sien, slaan Bokkieweek steeds aktief hand aan die ploeg om voor te berei om nog meer geleenthede vir ons Afrikanerjeug aan te bied sodra die COVID19 situasie in die land ons dit toelaat.

 

 

Schildpaddop Selfbehoudkamp 2021

Is jy jonk, behoudend, opsoek na avontuur?

By Schildpaddop Selfbehoudkamp bied ons jou die geleentheid om jou Afrikanerskap op 'n opwindende manier uit te leef:
Kan jy 'n week in die veld bly?
Kan jy 'n vuur, sonder vuurhoutjies, maak?
Kan jy jou aandete vang?...
...of word jy gevang vir aandete?

Jy sal Christelik-Protestantse Afrikanerskap werklik ervaar.

Schildpaddop Selfbehoudkamp word deur die AVKB gereël vir lede van die AVKB. Elke volwassene en kind wat op Schildpaddop kamp moet die grondslag, wese, roepingsverbintenis en doelstellings van die AVKB onderskryf.

Maandag 4 Oktober tot Sondag 10 Oktober 2021.

SLUITINGSDATUM
Die inskrywingsvorm is in die vorm van 'n E-Inskrywingsvorm. Hierdie vorm moet volledig voltooi word en die vrywaring moet onderteken word. Die vrywaring moet dan so spoedig moontlik ge-epos word saam met die bewys van betaling.

Die skakel vir die inskrywingsvorm: https://forms.office.com/r/nack6tV80B

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag, 17 September 2021.

Lees meer hier.

 

 
 

HULP EN VERSTERKING

 
 

TRAUMANETWERK

Die Traumanetwerk is tydens 'n Webinaar op 4 Augustus bekendgestel en die ontwikkeling daarvan hou baie goeie potensiaal in vir slagoffers en naasbestaandes van geweldsmisdaad en selfs persone wat emosioneel geaffekteer word deur ander oorsake (insluitend die heersende Covid-19 pandemie wat talle lewens eis).

 

 

GESTREMDE SAW LEDE UIT OU BEDELING

‘n Sakeman het hom ontferm oor gestremde SAW-lede uit die ou bedeling en uitgereik deur te kyk in hoe ‘n mate hulle op verskeie maniere gehelp kan word. Een van die geleenthede is om jaarliks vir hulle ‘n visvanguitstappie te reël waartydens hulle met die hulp van helpers ‘n heerlike daguitstappie langs die viswaters kan deurbring. 

Tydens die geleentheid word produkte aan die ongeveer 50 persone en hulle 25 helpers geskenk as ‘n blyk van ‘n gemeenskap wat dankie sê vir die offer wat hulle namens ons almal gebring het. TLU SA was reeds verlede jaar hierby betrokke waar van ons lede skenkings gemaak het. 

Vanjaar se visvangdag vind plaas op 3 Oktober. Graag verneem ons of daar van ons lede is wat bereid sal wees om vir hierdie jaar se geleentheid donasies te maak in die vorm van byvoorbeeld aartappels, sitrus, avokadopere of soortgelyke groente-produkte.

Besonderhede van moontlike donasies kan deurgegee word vir Aleshia by sekretaresse@tlu.co.za  of  082 771 4222 voor 23 September 2021. 

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry.
Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag.

Lees hier vir meer inligting.

 

 

PAMPOENPITTE VIR GOLIAT VAN GAT

Planttyd vir die 2022 Goliat van Gat-kompetisie is om die draai. Pampoenpitte is by TLU SA se hoofkantoor beskikbaar teen R50 per pakkie wat vier pitte insluit.

Kontak Lynette du Plessis vir meer inligting.

 

 
 

BORGE | TLU SA bedank ons Kongresborge

 
TLU SA stel met trots die eerste van ons Kongresborge bekend
 

In die Diamant-kategorie:
Ctrack

As Platinum-borg:
Pioneer
 

ADVERTENSIE

 

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.

Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf.

Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Wys ons jou vuil water!

Die stand van Suid-Afrika se water is onaanvaarbaar. TLU SA het ‘n veldtog van stapel gestuur om die departement van water en sanitasie te dwing om die kwaliteit van ons waterbronne te verbeter. Deel van die veldtog is om voorbeelde van die vuil water te versamel om dit aan die departement voor te lê. Indien die departement en munisipaliteite nie binne ‘n sekere tydperk daarin kan slaag om ons waterbronne te herstel nie, sal TLU SA daarop aandring dat privaatinstellings hierdie taak oorneem.

Steun TLU SA se waterveldtog deur vir ons ‘n foto van jou vuil water te stuur.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier

 
 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.