Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Aan die begin van die COVID-pandemie is ons ingeperk, moes maskers begin dra, kon nie rondry nie, moes saniteer en ons moes werkers uitrus met beskermende drag en hulle oplei oor hande was.
 

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met: Jannie Roux, Erika Helm en Neels Uys.

BOODSKAP
VAN BENNIE

Is ons boere nog beleggingswaardig? Wanneer ons vanuit 'n ekonomiese hoek na Suid-Afrika kyk, ontstaan daar dadelik ‘n verskeidenheid van vrae waarop ‘n belegger beter antwoorde verwag.

 
LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het in 2020 die resultate van die 2017 landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van dié opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na landbou in die Vrystaat.

Hoe daag ons
die toekoms?

Die onsekerhede waarmee elkeen daagliks gedaag word raak by die dag net meer en ook ernstiger. Te midde van beperkings rondom COVID-19, onsekere veiligheidstoestande, gebroke kraglewering, en vele ander aspekte moet ons steeds volhou om te produseer en ‘n wins te maak.

Raad oor besluitneming: ARTIKELREEKS

TLU SA het onlangs met Leander Opperman van UNLOK Consulting saamgespan om lede raad te gee oor hoe om kritiese denke tydens die besluitnemingsproses in te span. Vandeesmaand deel ons graag die eerste artikel in die reeks.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
Verpligte risiko-ontleding vir besighede

Alle lede moet kennis neem van aangepaste regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is om die verspreiding van COVID-19 in die werkplek te voorkom. Alle besighede moet ‘n risiko-ontleding doen en voorlê waarin aangedui word of werknemers teen COVID-19 ingeënt moet word.

Vind die regulasies by hierdie skakel.

 
Wat gaan aan by jou munisipaliteit?

Dit gons tans by die plaaslike regering se munisipaliteite. Daar is 'n geskarrel soos afkop hoenders, vir die wat hulle taak met erns opneem. Liewe belastingbetaler, dra jy kennis waaroor die geskarrel gaan? Of gaan jy maar net met jou daaglikse take voort?

Lees meer hier.

 
EKONOMIESE VOLHOUBAARHEID | Landbousektor Voorsorgfonds

Die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) is ‘n privaatfonds met onafhanklike trustees wat insluit ‘n trustee uit die geledere van TLU SA. TLU SA ondersteun dus die LSVF as die voorkeurfonds vir sy lede.

Lees meer hier.

VEILIGHEID
Veiligheidsklimaat in die land

TLU SA het ons lede deurlopend ingelig oor die aksiestappe wat in gemeenskapsverband geïmplementeer behoort te word ten opsigte van die steeds stygende misdaad en anargie in die land. Suid-Afrika is in vele opsigte in gelokaliseerde anargie vasgevang.

Lees meer hier.

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
SENTRAAL

Boere sukkel al ‘n geruime tyd om hulle brandmerke deur die regte kanale geregistreer te kry. Nadat verskeie boere na TLU SA uitgereik het hieroor is die probleem opgelos. TLU SA het deur die jare waardevolle kennis en kontakte opgebou om sulke aangeleenthede te hanteer. Kontak die hoofkantoor gerus om tussenbeide te tree wanneer jy nie deur die normale kanale regkom nie.

NOORD

In die Noordelike streek is die diefstal van produkte van bome af steeds ‘n baie ernstige kwessie. Dit is veral boere wat boer met avo’s, lemoene en makadamianeute wat erg deurloop. TLU SA doen ‘n ernstige beroep op verbruikers om nie hierdie produkte by informele padstalletjies aan te koop nie omdat dit gesteel is.

Verder is die aanvalle op plaaswerkers kommerwekkend. Die werkers is sagter teikens as boere en word gereeld, maar veral op dae wat lone uitbetaal word beroof van selfone, kontant en ander waardevolle items.

 
OOS & NATAL

In hierdie streek is die veiligheidsituasie op die voorgrond as gevolg van insidente soos dié by Pampoenkraal. Maar, dit is telkens duidelik dat sulke voorvalle plaasvind waar boere nie aan georganiseerde landboustrukture behoort nie. Dit is ‘n lont in die kruitvat en spoel oor na lede van georganiseerde landbou soos TLU SA.

Lees meer hier.

NOORDWES & VRYSTAAT

In die Noordwes en Vrystaat is TLU SA besig om plaaslike takke weer aktief aan die gang te kry. Belangstellendes kan Jannie Raath kontak om georganiseerde landboustrukture in die streek te vestig. Verder was daar in Noordwes ‘n goeie inkoop van alle rolspelers om die toegewyde brandpaaie te skraap.

Lees meer hier.

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

BOEDELBEPLANNING

Die TLU SA Finansiële Dienste Lessenaar het totaal omvorm tot Landbousektor Finansiële Dienste Mkpy Bpk, ‘n volwaardige gelisensieerde Finansiële Dienste Maatskappy met FSCA registrasie nommer 44619.

TLU SA besit ‘n wesenlike aandeel in die maatskappy en die primêre doelwit is om elke TLU SA-lid op ‘n persoonlike basis met finansiële advies en produkte by te staan.
TLU SA-lede kan nou staatmaak op dienste en advies uit eie geledere in terme van alle aspekte van persoonlike finansies.

Ons by Landbousektor Finansiële Dienste bied u die keuse en opsies van produkte van verskeie versekeraars en fondsbestuurders. Soos wat TLU SA na die belang van sy lede omsien in terme van landbousake, sien ons om na u persoonlike finansies.

Die hoeksteen van persoonlike finansies is Boedelbeplanning. Sonder omvattende boedelbeplanning word bates waarvoor ‘n leeftyd, of in baie gevalle oor geslagte heen voor gewerk is, op risiko geplaas.

Aspekte waaraan in detail na gekyk moet word is:

  1. Hoe lyk jou situasie vandag? Ek wil net drie vrae vra, maar daar is baie meer:
    • Hoe voorbereid is jy op enige katastrofe wat jou lewe kan verander?
    • Weet jy presies watter boedelkostes van toepassing sal wees en hoeveel dit sal wees?
    • Het jy gegewe die boedelkostes, voldoende likiditeit in jou boedel?
  2. Het jy ‘n opgedateerde en getekende Testament? Twee vrae hier:
    • Is dit bloot ‘n generiese testament opgestel deur jou bank of versekeraar, of is dit ‘n testament wat op jou situasie van toepassing is en die beste voordele vir jou naasbestaandes verseker?
    • Waar trusts en maatskappye betrokke is, is jou testament in oorleg met die trustakte en artikels van oprigting opgestel, of weerspreek die dokumente mekaar?
  3. Opvolg beplanning
    Is daar ‘n gedetaileerde plan ten opsigte van hoe die een geslag by die volgende gaan oorneem sonder om astronomiese kostes en/of skuld hoef aan te gaan?
  4. Is die begunstigde op jou lewenspolis in lyn met jou boedelomstandighede en -beplanning vir wat mag gebeur in die toekoms?
    • Baie polisse word begunstig aan die gade, maar intussen is daar ‘n likiditeitsprobleem in die boedel. Dit veroorsaak onnodige komplikasies in die boedelberedderingsproses.
  5. Wie is jou Eksekuteur?
    • In baie gevalle is ‘n familielid aangestel as Eksekuteur. Het daardie persoon die nodige kennis en ervaring om dit te hanteer?
    • Banke en versekeraars word in baie gevalle aangestel as Eksekuteur. My ervaring oor 20 jaar is dat die banke en versekeraars se fidusiêre afdelings gekommersialiseer is en dit ‘n onnodige uitgerekte en duur proses tot gevolg het.
    • Oorweeg ‘n privaat instelling wie se daaglikse besigheid dit is om boedels te beredder. ‘n Vaste-koste ooreenkoms kan ook aangegaan word. Verkieslik moet hierdie instelling by FISA geregistreer wees.

Daar is nog verskeie aspekte ter sprake wat hanteer word gedurende die beplanningsproses.

Skakel Kobus Oberholsterby TLU SA Hoofkantoor op 012 804 8031 of op 082 330 8607 om u by te staan in hierdie krities belangrike aspek van Persoonlike Finansies.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

Unlike conventional two-way radios, iTalkPTT Two Way Radios are not limited in coverage and do not require repeaters and base stations. The use of existing cellular infrastructure and the latest digital technology, ensures clearer and more reliable, global digital communication. iTalkPTT Two Way Radios radios are ICASA approved.

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.
Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf. Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.