Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Ons jeug –
ons toekoms

Die stelling “Ons jeug, ons toekoms” word gereeld gemaak, en met reg. Die toekoms is gewis in die jeug se hande. Die vraag egter is hoe rus ons die jeug toe vir die toekoms? Baie jare gelede was daar 'n driehoek tussen die kerk, skool en huisgesin waar die grondslag as Christelik-Nasionaal vasgelê is.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek getree. Ons het gesels met: Azelle Uys, Petrus Sitho en Henna du Plessis

Die draai van
die seisoen

Ons is in die landbou-omgewing bekend met die draai van seisoene en die wete dat dit deel van die Skeppingsplan is om in die natuur geleentheid te gee vir produksie en ook rus. In die Woord word daar op so baie plekke die voorbeeld van die landbouer gebruik om 'n boodskap oor te dra.

 
LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het in 2020 die resultate van die 2017 landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van dié opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na landbou in Mpumalanga.

JONGBOERKONFERENSIE
 

Die nuwe omstandighede in ons land met al die inperkings en wat daarmee saam gaan noodsaak nuwe inisiatiewe. Vanjaar se Jongboerkonferensie is op 'n erg aangepaste wyse aangebied en slegs enkele van die jong boere het fisies ‘n draai kom maak.

SUKSESVOLLE
NOORD-KAAPTOER

Dit is inderdaad met hartseer wat daar oor die besoek in die Noord-Kaap verslag gedoen word. Die nypende droogte is tans besig om verskeie boere op hul knieë te dwing.

 
AAMP
MEESTERPLAN

Soos die jare verbysnel het ons sedert die ANC se bewindsoorname deur 'n verskeidenheid landbouplanne gegaan. Almal is besig om stof te vergader met 'n weglaatbare suksessyfer wat getoon kan word.

DIE AFRIKANER VOLKSKULTUURBEWEGING

DDie Algemene Raad van TLU SA het in 2001 besluit dat ons in die lig van TLU SA se verbintenis tot ons erfenis, die werksaamhede van die AVKB sal bevorder en ondersteun. Die AVKB het op 15 Mei 2021 hul kongres gehou en opnuut hul begronding bevestig.

ROL VAN
DIE VROU

TLU SA wil graag vandag 'n woord van groot dank rig teenoor die vroue wat aan die sy van die boere staan en hulle daadwerklik ondersteun en bystaan om die plase in produksie te hou. Daar is uiteraard heelwat dames wat in eie reg die boer van die plaas is om die uitdagings van wat dit verg om boer te wees, volledig nakom. Vrouens is ook nog moeder van die huis waar hulle die anker is waar ons jeug se waardes gerig word.

 
 

VEILIGHEID

 
ESKOM

Tydens ‘n onlangse MS Teams-gesprek met Eskom se topbestuur is etlike belangrike kwessies bespreek. Onder andere het die moontlikheid om kommersiële landbouers a.g.v. hul afhanklikheid van kragvoorsiening vir besproeiing en handhawing van die koue ketting en ander oorwegings, as sensitiewe kliënte te klassifiseer, bespreek. Daar is reeds in sommige provinsies begrip by Eskom-personeel vir hierdie toedrag van sake en hopelik kan ‘n gunstige uitkoms tot voordeel van primêre voedselproduksie realiseer. Etlike ander belangrike kwessies is ook ter tafel gelê, tesame met ‘n onderneming van die topbestuur om die gesprek op te volg.

 
DIE PIET RETIEF-INSIDENT

Sonder om die verloop van die saak vooruit te loop, is dit belangrik om ook van die gevolglike positiewe gevolge kennis te neem. Die samewerking op grondvlak asook die bydraes van kundiges, is puik voorbeelde van wat tydig in plek geplaas behoort te word. Riglyne en wenke waaruit ander landbougemeenskappe voordeel kan trek, is reeds in ‘n Veiligheidsbulletin versprei.

 
INTEGRASIE VAN VERSKILLENDE VEILIGHEIDSTELSELS

TLU SA ondersoek d.m.v. ‘n verskeidenheid maatskappye die moontlikheid om tegnologiese integrasie van verskillende veiligheidstelsels te bewerkstellig. Vir hierdie doel is ‘n veiligheidstruktuur in Limpopo geïdentifiseer om die inwerkingstelling en evaluasie proefondervindelik te evalueer.

ONSTABILITEIT IN
REGERINGSGELEDERE

Een van die moontlike gevolge van die huidige verdeling in regeringsgeledere is dat onstabiliteit in vele vorme na vore kom. Met die naderende winter is ontwrigting op hoofroetes en om dorpe en stede, brandstigting en grondbesettings nie vergesog nie. Toepaslike en tydige gebeurlikheidsbeplanning is wenslik.

 

PLAASLIKE REGERING

 

Die munisipaliteite is tans in die tydvak waartydens hulle die grondwetlike verpligting moet opneem om konsultasie met die gemeenskap oor die verhoging van tariewe na te kom. Dit sluit grondbelasting in. Hierdie proses is van
kardinale belang vir elke grondeienaar, hetsy vir landbou-, stedelike of dorpsgebiede, om inspraak te kry oor besluitneming wat sy finansiële situasie kan benadeel. TLU SA wil 'n beroep op sy lede doen om nie hierdie
geleentheid ongesiens te laat verbyglip nie. Volgens die Grondwet is die basis van eiendombelasting steeds dat dit bekostigbaar moet wees. 

Munisipaliteite het in weinig gevalle 'n ekonomiese impakstudie gedoen om die bekostigbaarheid daarvan te bepaal en is hierdie funksie dus die grondeienaar se verantwoordelikheid om die aangeleentheid aan te spreek.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 
 

HOOFBESTUURDERSFORUM

Die loodskomitee van die Hoofbestuurdersforum hou kwartaalliks 'n vergadering met die direkteur-generaal (DG) van die Departement Landbou waar aktuele sake aangespreek word. Tydens die laaste vergadering is daar na aanleiding van die ervaring in die Noord-Kaap oor die droogte daar, sowel as die aanliggende dele van die Wes- en Oos-Kaap wat oor 'n lang tydperk ernstige probleme ervaar om volhoubaar te kan boer, 'n dringende versoek gerig tot die departement om hul verantwoordelikheid t.o.v. rampbestuur na te kom. Verskeie moontlikhede, soos die gratis vervoer van voer d.m.v. die spoorweë, dat selfoonmaatskappye versoek word om hul netwerke sonder ‘n winsmotief en om humanitêre redes uit te brei, hulp met die sink van boorgate ensomeer is aangespreek.

Die DG het onderneem om daadwerklik daarvan werk te maak. TLU SA het reeds voor die besoek aan die Noord-Kaap begin werk maak daarvan om die behoefte vir beter kommunikasie te beklemtoon. Daar is ook 'n versoek aan Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, gerig dat hulle ook moet kyk of hulle kan help. Die VF+ sal ook in die verband direk met die selfoonmaatskappye skakel.

Die staat se stabiliserende verantwoordelikheid t.o.v. rampe skiet ver te kort. Die huidige tendens is dat hulle op rassegrondslag bepaalde hulp aan persone wat op landbougrond woonagtig is, gee, maar wie se bydrae tot die kosmandjie van Suid-Afrika weglaatbaar is.

 

 

NAVORSINGSWERK OOR DIE ROL VAN DIE HNP

Ons is versoek om vir diegene wat in die politieke ontwikkeling van ons land belangstel, dit onder die aandag te bring dat die HNP 'n gedenkboek, “HNP Gedenkalbum, ‘n politieke voëlvlug oor vyftig jaar” tesame met 'n stel van 8 DVD's, saamgestel het.

Hierdie werke sal vir die politieke ontleders 'n perspektief gee uit 'n hoek wat nie normaalweg in die hoofstroommedia gedra sou wees nie.

Die hele stel kos R1 500 en kan bestel word by Johan Wiesner Sel: 084 351 9200 of e-pos Z1@lantic.net

 

TLU SA EN DIE LWO WERKGEWERSORGANISASIE

Boere het as werkgewers deurlopend ‘n behoefte om aan arbeidswetgewing te voldoen, maar die LWO Werkgewersorganisasie het gevind dat hulle dikwels groot uitdagings moet oorkom om daaraan te voldoen, wat landboubesighede dan onnodig op risiko plaas. Die LWO is in die posisie om hierdie besigheidsrisiko’s koste-effektief en op ’n professionele, dog praktiese wyse namens lede te hanteer.

 

 
 

HULP EN VERSTERKING

 
Uit TLU SA vir TLU SA!
 

Die TLU SA se finansiële dienste-lessenaar het totaal omvorm tot die Landbousektor Finansiële Dienste Mpy Bpk, ‘n volwaardige gelisensiëerde Finansiële Dienste Maatskappy met FSCA- registrasienommer 44619.

TLU SA besit ‘n wesenlike aandeel in die maatskappy en die primêre doelwit is om elke TLU SA-lid op ‘n persoonlike basis met finansiële advies en produkte by te staan.

TLU SA-lede kan nou staatmaak op dienste en advies uit eie geledere in terme van alle aspekte van persoonlike finansies.

Ons by Landbousektor Finansiële Dienste bied u die keuse en opsies van produkte van verskeie versekeraars en fondsbestuurders. Soos wat TLU SA na die belang van sy lede oor landbousake omsien, sien ons om na u persoonlike finansies.

Die hoeksteen van persoonlike finansies is boedelbeplanning. Sonder omvattende boedelbeplanning word bates waarvoor ‘n leeftyd, of in baie gevalle oor geslagte heen voor gewerk is, op risiko geplaas.

Aspekte waaraan in besonderhede na gekyk moet word, is:

  1. Hoe lyk jou situasie vandag? Ons wil net drie vrae vra, maar daar is baie meer:
    • Hoe voorbereid is jy op enige katastrofe wat jou lewe kan verander?
    • Weet jy presies watter boedelkostes van toepassing sal wees en hoeveel dit sal wees?
    • Het jy, gegewe die boedelkostes, voldoende likiditeit in jou boedel?
  2. Het jy ‘n op datum en getekende testament? Twee vrae hier:
    • Is dit bloot ‘n generiese testament wat deur jou bank of versekeraar opgestel is, of is dit ‘n testament wat op jou situasie van toepassing is en die beste voordele vir jou naasbestaandes verseker?
    • Waar trusts en maatskappye betrokke is, is jou testament in oorleg met die trustakte en artikels van oprigting opgestel, of weerspreek die dokumente mekaar?
  3. Opvolgbeplanning.
    Is daar ‘n detail-plan ten opsigte van hoe die een geslag by die volgende gaan oorneem sonder om astronomiese kostes en/of skuld hoef aan te gaan nie?
  4. Is die begunstigde van jou lewenspolis in lyn met jou boedelomstandighede en -beplanning vir wat in die toekoms mag gebeur?
    • Met baie polisse word die gade die begunstigde, maar intussen is daar ‘n likiditeitsprobleem in die boedel. Dit veroorsaak onnodige komplikasies in die boedelberedderingsproses.
  5. Wie is jou eksekuteur?
    • In baie gevalle is ‘n familielid as eksekuteur aangestel. Het daardie persoon die nodige kennis en ervaring om dit te hanteer?
    • Banke en versekeraars word in baie gevalle aangestel as eksekuteur. Ervaring oor 20 jaar dui daarop dat dit ‘n onnodige uitgerekte en duur proses behels.
    • Oorweeg ‘n privaatinstelling wie se daaglikse besigheid dit is om boedels te beredder. ‘n Vaste koste-ooreenkoms kan aangegaan word.

Daar is nog verskeie aspekte ter sprake wat tydens die beplanningsproses hanteer moet word.

Skakel my, Kobus Oberholster, by TLU SA-hoofkantoor op 012 804 8031 of op 082 330 8607 om u by te staan in hierdie krities-belangrike aspek van persoonlike finansies.

 

ADVERTENSIE

 

Unlike conventional two-way radios, iTalkPTT Two Way Radios are not limited in coverage and do not require repeaters and base stations. The use of existing cellular infrastructure and the latest digital technology, ensures clearer and more reliable, global digital communication. iTalkPTT Two Way Radios radios are ICASA approved.

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.
Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf. Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.