Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die negatiwiteit in ons land weens misdaad, korrupsie, die ineenstorting van infrastruktuur, werksverliese, ‘n sukkelende ekonomie en rasse-agenda van die regering, om maar ‘n paar te noem, kan veroorsaak dat ons maklik moedeloos raak.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou.

Boodskap van
Bennie

Ons leef tans in omstandighede wat daagliks buitengewone keuses vereis. Dit is nie regtig of ons die geleentheid gegun word om deur hierdie proses te gaan nie – dit word op ons afgedwing.

LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het in 2020 die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na landbou in Noordwes.

 
TLU SA Jongboer van die jaar 2021: Inskrywings oop

Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het begin en inskrywings word van al die streke afgewag.

VERKIESING
 

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het onlangs ‘n webinaar aangebied waaraan TLU SA deelgeneem het. Die OVK se behoefte is om verkiesingsopleiding aan stemgeregtigdes te verskaf.

UITVOER VAN
NEUTE

TLU SA is deur oorsese kontakte vanuit die Oekraïne genader oor die moontlike uitvoer van neute. Ons moes redelik vinnig optree en het potensiële uitvoerders van pekan- en makadamianeute met hulle in verbinding geplaas.

IERSE BOER WIL GRATIS WERK IN SA LANDBOU

While I was doing some research into farming in South Africa, I came across the TLU and wanted to reach out. I’m a passionate 25 year old farmer/conservationist from a 6th generation Irish farming family and I’m looking to get involved with agriculture in South Africa.

 
 
 

OMGEWINGSBESTUUR EN WATERSAKE

WATERSAKE

Die installering van watermeters, of nie, bly ‘n punt van bespreking onder besproeiingsboere, veral nou nadat die spertyd op 10 Maart verval het. ‘n Supermarkgroep en produsenteorganisasies het reeds vir landbouers laat weet dat hulle aan hierdie regulasie van die Waterwet moet voldoen voor daar weer na leweringskontrakte gekyk sal word.
Hierdie toedrag van sake skep groot probleme. Daar is eerstens nie genoeg watermeters in die land beskikbaar nie en tweedens gaan dit landbouers miljoene kos om aan te koop en te installeer.

MEZ (MUSINA ECONOMIC ZONE)

Die oprig van ‘n spesiale staalfabriek, hospitaal, skole, kragopwekkingsentrale en sommer ‘n hele nuwe dorp, word vertraag omdat staatsdepartemente, provinsiale departemente, staatsagentskappe en Artikel 9-maatskappye nog geen begroting vir die doel bewillig het nie.
Dit laat ‘n mens wonder hoekom die regering nou deur verskeie departemente finansiering vir hierdie wit olifant moet gee. Die Chinese sou dit dan glo finansier en nie met ‘n lening nie - dit sou ‘n “belegging” wees.

PROSPEKTERING

Dit het aan die lig gekom dat toestemming aan opportunistiese prospekteerders verleen word om op plase te kom prospekteer sonder dat die regte prosedure gevolg is. Ons wil ‘n beroep op landelike grondeienaars en bewoners doen om ag te slaan op kennisgewings wat aan grensdrade vasgemaak word. Konsultante bring ‘n kennisgewing op u grensheining aan en beskou dit dan as genoegsame kennis van konsultasie met grondeienaars.

 
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 
 

OOS-KAAPSE KONFERENSIE

TLU SA se Oos-Kaapse streek hou op 30 Maart 2021 ‘n inligtingsvergadering vir alle belangstellendes met die tema, “TLU SA en die pad vorentoe”. President Henry Geldenhuys en hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sowel as die hoof van die landbousektor se finansiële dienstemaatskappy, Kobus Oberholster, sal die vergadering toespreek.

Die vergadering vind by die Barkly-Oos-gholfklub plaas en begin 11:30. Voor die vergadering, om 10:00, sal Barkly-Oos se boere-unie gestig word.

Na afloop van die inligtingsvergadering sal die Oos-Kaapse streek om 14:00 vergader om sekere administratiewe sake af te handel.

 

VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS

Daar is met die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) gesels en daar is vinnig besef dat TLU SA vanuit ons begronding op dieselfde bladsy is. Ons lede wat graag vir die VCHO wil ondersteun, is welkom om hulle uitvoerende beampte, mnr. Hugo Hayes, by hugo@vcho.co.za te kontak vir meer inligting.

Besoek gerus hulle webwerf by www.vcho.co.za.

 

MANNA VIR DIE BOERE

Buiten verskeie aparte hulpaksies wat TLU SA steeds vanuit sy Traumafonds in die droogtegeteisterde gebiede loods, is ons ook deel van die groepering, Manna vir die Boere.  TLU SA werk saam met verskeie rolspelers om noodleniging te kan verskaf.

Die volgende organisasies het in dié verband hande gevat: TLU SA, Droogtehulp, Caring Daisies, Gift of the Givers, Agri Noordwes, Boere in Nood, Save the Sheep, Saai en AfriForum.

TLU SA wil sy dank uitspreek teenoor elke skenker, sowel as organisasies wat uitreik na ons medeboere in nood. Ons kan net bid dat daar spoedig met milde reën verligting vir daardie gebiede sal kom.

 
 
 
 

HULP EN VERSTERKING

 

TLU SA-ADVIESDIENS

Winsgewendheid se belangrikheid kan nie genoeg beklemtoon word nie. Daar is verskeie  veranderlikes wat ‘n boer deurlopend moet verreken om sukses op die plaas te waarborg.

GOEIE NUUS OOR LANDBOUFINANSIERING

Ter opvolging van die 2014 verhore van die Kommissie, is ‘n opvolg webinaar op 18 Januarie aangebied.

 

HULP MET MINIMUM LOON

Die nuwe minimum loon vir plaaswerkers het op 1 Maart in werking getree. Daar is wel opsies vir werkgewers wat hierdie verhoging nie kan bekostig nie. Die LWO Werkgewersvereniging gee lede raad oor die beskikbare opsies vir werkgewers en hoe om vir kwytskelding aansoek te doen.

DIE NASIONALE MINIMUM LOON 2021: WAT IS MY OPSIES AS WERKGEWER

DIE NASIONALE MINIMUM LOON 2021: KWYSTELDING

GEMEENSKAPSONTWIKKELING VIR BOERE EN PLAASWERKERS

Met die sluimerende loonverhogings raak die finansiële druk op boere al hoe groter en sterker in Suid-Afrika. Hier is ‘n oplossing.

 

NUUS UIT DIE STREKE

NOORD

TLU SA Noord het op 4 Maart met Eskom vergader. Sake wat op provinsiale vlak beredder kon word, is afgehandel. Die grootste deurbraak is dat Eskom alle landbouers as sensitiewe gebruikers op hulle stelsel gemerk het en dat hulle daarom in die toekoms ná ure-diens sal ontvang.

Die gedrag van kontrakteurs is weer met Eskom bespreek en hulle sal in hulle gereelde vergaderings weer aan hulle kontrakteurs bevestig dat daar protokol bestaan en dat kontrakteurs hierdie protokol moet nakom. Hulle voertuie moet ook behoorlik gemerk wees en hulle moet hulle ID’s toon.

‘n Baie insiggewende voorlegging is gedoen om aan te dui hoe beurtkrag en ander kragonderbrekings tot hoër koste per hektaar lei om spesifieke gewasse te verbou.
Verskeie sake wat op nasionale vlak aandag moet kry, is geïdentifiseer. Serwitute is ‘n voorbeeld. Hoë kragtariewe en die opwekking van eie krag is ook bespreek.

 

NOORDWES

Alhoewel dit baie mooi lyk in Noordwes, begin dit droog raak. Die afgelope maand se neerslae was maar min en gewasse is onder druk. Veral die bone kry swaar. Mielies kry swaar, maar sal net ‘n geringe potensiële oes prysgee. Bone kan dié week tot 30% prysgee.

Graanpryse is op hierdie stadium winsgewend en Noordwes-boere se finansies behoort beter te wees. Veepryse daal ‘n bietjie, maar is steeds goed. 

Paaie bly ‘n bekommernis, veral weens die feit dat ons einde April begin oes. Dit gaan groot uitdagings en koste vir produsente veroorsaak. 

Misdaad was hoog in sekere gebiede. Daar was baie gevalle waar pakhuise oopgebreek en toerusting en saad gesteel is.

Wat veiligheid betref, is daar goeie samewerking tussen die landbou-unies, politieke partye en ander burgerregteorganisasies. Ons vorder goed met ‘n stelsel om Noordwes se landelike veiligheid te verbeter. Boere bly maar self die grootste skuldiges deur hul onbereidheid om saam te werk. Vir baie boere bly dit die maklikste om by ‘n vuur te staan en kla, maar nie self iets aan die saak doen nie. Die onbetrokkenheid is na my mening ‘n groter probleem as wat die regering op die stadium is. Ons kan die regering oorreed om beter beleid toe te pas, maar sonder die ondersteuning van ons boere het ons nie die kapasiteit of mag om iets uit te rig nie. 

 
 

ADVERTENSIES

 

HOFFMAN GRONDVERSKUIWINGS

SECURITY SOLUTION SERVICES

Ons doelstelling is om bekostigbare produkte beskikbaar te stel om misdaad hok te slaan. Security Solution Services se produkte laat jou toe om ‘n omgewing te skep waar jy die enigste persoon is wat kan sien.

Ná baie navorsing het ons uiters kragtige infrarooiprodukte geïdentifiseer en begin invoer. Ons inkorporeer dit dan met bestaande CCTV-stelsels om ongelooflike sig in die nag te hê.

Kyk gerus na ‘n video oor ons produkte: https://youtu.be/AzY4GTGxNUg

Kontak Gerhard vir meer inligting:
074 302 2646; info@securityss.co.za of pgvisagie@gmail.com

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
VRYHEID TEEN MISDAAD

Verlaag jou risiko om ‘n slagoffer van geweld te word

’n Beraamde 1,2 miljoen gevalle van huisbraak het in die 2019/20 statistiese jaar plaasgevind, en 891 000 huishoudings in ons land geraak.
Die staat beskerm ons nie – jou ma, pa, broer, sussie, man, vrou en kinders se lewens is in gevaar.  As die minister van finansies die belastingwet wysig, kan ons veiligheidsuitgawes van belasting aftrek en weerstand bied teen die misdadigers wat ons gevange hou in ons eie huise, of ten minste die diefwering wat hulle uithou, versterk.

Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag ras, geslag of geloofsoortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat minister Tito Mboweni die grondwet wysig soos hier bo genoem. Jy kan jou stem byvoeg deur die e-pos direk aan die minister te stuur. Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: https://www.tlu.co.za/vryheid-teen-misdaad/

 
ONTEIENING SONDER VERGOEDING

DIE REGERING KAN ALLES VAT WAT AAN JOU BEHOORT AS DIE ONTEIENINGSWET GOEDGEKEUR WORD. GROND IS MAAR NET DIE BEGIN.

Pensioene, huise, beleggings, grond. Dit is alles op die spel as die regering planne deurvoer om die Onteieningswet te wysig. Die tydperk vir openbare kommentaar is verby, maar ons voel steeds baie sterk dat hierdie wet teengestaan moet word.

Ondersteun die aksie hier.
https://www.tlu.co.za/onteieningswet/