Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Van die President se Lessenaar

Die Prediker sê alles in die lewe het ’n bepaalde tyd. Daar is ’n tyd om te begin en daar is ’n tyd om te eindig. My tyd van begin was 26 jaar gelede in 1994. My tyd om te eindig is in 2020.

Plaaspraatjies
 

Die program Plaaspraatjies word elke Woensdag om 11h00 op TLU SA se YouTube-kanaal uitgesaai. Henk van de Graaf het die afgelope maand met die volgende interessante gaste gesels

Boodskap van
Bennie

Die krag van die kollektief het die laaste tyd opnuut sterk na vore gekom. Die gemeenskap in Naboomspruit het op 18 Augustus gewys wat kan vermag word indien daar saamgestaan word.

Begrippe & woordsnedes se betekenis

Ons taal is die medium waarmee ons onsself uitdruk in die verskillende situasies waarbinne ons onsself bevind. Woorde en begrippe het elk ‘n bepaalde betekenis.

 
Veiligheidsbulletins
 

Vir meer as twee jaar reik TLU SA periodiek toepaslike Veiligheidsbulletins uit wat tot ‘n groter bewustheid van ‘n veilige woon- en werksplek sal bevorder en riglyne verskaf vir die hantering van brandende kwessies.

Landbou in
‘n oogknip 7

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons verder na gewasproduksie.

Landbou in
‘n oogknip 8

Hier volg die derde gedeelte oor gewasproduksie in die 2017 Landbou-opname.

Brandseisoen
 

Die brandseisoen in die binneland is tans in volle swang en dit word vertrou dat die verskillende brandverenigings na behore voorbereid en toegerus is om met beskikbare bronne en personeel veld- en bosbrande onder beheer te hou. Kennis kan gerus geneem word van die inhoud van Veiligheidsbulletin 04 van 2019.

 

GELEENTHEDE

 

TLU SA DIGITALE JAARKONGRES 2020
‘n Nuwe Aanslag

TLU SA bied op 9 September die heel eerste digitale kongres in die organisasie se bestaan aan en die tema is heel gepas: ‘n Nuwe Aanslag.

Selfs voordat COVID-19 die wêreld gedwing het om tegnologie meer en op nuwe maniere in te span, het die landboubedryf reeds hierdie roetes begin ondersoek. Dit is belangrik dat die bedryf saam besin oor ‘n nuwe benadering, ‘n nuwe manier van dink en ‘n nuwe manier van boerdery om die uitdagings van die toekoms aan te pak.

Die kongres vind vanjaar plaas deur middel van die Zoom-platform, waar kongresgangers kan inskakel.

 
 

VEILIGHEID

TLU SA VIRTUELE STAPTOG PLAASAANVAL STATISTIEK

Die virtuele protesoptog van 14 Augustus 2020 om plaasaanvalle te herdenk was ‘n groot sukses – benewens die bykans 12 000 persone wat geregistreer het, het meer as 355 000 op een of ander manier direk kennis geneem van die geleentheid. Hierdie kennisname was nie tot Suid-Afrika beperk nie, want talle individue en nuusagentskappe in die buiteland het navraag gedoen. Daarbenewens het kosbare en roerende herinneringe na vore gekom en kon die lot van meer as 2 000 slagoffers wat vermoor is, asook die emosionele herlewing van beserings en ervarings van diegene wat by die 5 530 gedokumenteerde aanvalle tussen 1 Januarie 1990 en 31 Julie 2020 betrokke was, op ‘n eerbiedige wyse herdenk word.

 

Daar is etlike instansies wat insidente wat aan die bestaande definisie van ‘n plaasaanval voldoen, byhou. Uiteraard verskil hierdie data en is daar nie noodwendig ‘n waterdigte ooreenstemming nie. Selfs TLU SA se data vir die afgelope verslagperiode van die SAPD dui op ten minste tien meer moorde as wat in die SAPD se statistiek bekendgemaak was. Kennis moet egter geneem word van toenemende buitelandse belangstelling wat in Suid-Afrika gebeur en dit maak dit toenemend belangrik dat die partye se data wedersyds ondersteunend en bevestigend sal wees. Dit sal verhoed dat een party nie teen ‘n ander afgespeel kan word nie. ‘n Eensgesinde meerderheidsverskil met die amptelike statistiek van die regering sal inderdaad groter geloofwaardigheid en derhalwe ook gewig in die buiteland dra.

AGTER DIE KAP VAN DIE BYL “LANDBOUVRIENDELIKE” SAPD-RESERVISTE

Die tyd het aangebreek dat die ooglopende vraagtekens oor twee kritiese kwessies deurtastende ondersoek verg. Dit is allerweë bekend dat die vlakke van geweld wat teen slagoffers van plaasaanvalle toegepas word, ver buite verhouding staan met betrekking tot die ooglopende motiewe vir die aanvalle. Geen vuurwapen, selfoon, kontant of wat ookal regverdig die blatante wreedheid wat in talle gevalle koelbloedige marteling en ontmensing van slagoffers insluit nie. Daarbenewens gebeur dit telkens dat die aanvallers in groepe optree wat dikwels afkomstig is uit gebiede ver verwyder van die teikengebiede wat aangeval word. Tussen die twyfelagtige motiewe, is daar ‘n sterk element van georganiseerde misdaad en meer as ooit vantevore, raak dit indringend noodsaaklik dat die misdaadondersoek komponent van die SAPD ook spesifieke aandag skenk aan beide “motief” (wat veel verder strek as net diefstal, roof, ernstige aanranding, verkragting en moord) asook die georganiseerde aard van die groepe wat vir hierdie misdade verantwoordelik is. Plaasaanvalle, wat immers dieselfde status as ‘n “Nasionale Prioriteitsmisdaad” soortgelyk aan in transito-roof en politieke moorde (en etlike ander misdade) geniet, verdien dieselfde toewysing van personeel, logistiek en misdaadintelligensie wat tot nou nie ‘n voorkomende rol kon speel nie.

Boere kan gerus kennis neem van die feit dat TLU SA by etlike geleenthede die konsep van “Landbouvriendelike SAPD Reserviste” met die Nasionale Kommissaris en senior adjunk kommissarisse opgeneem het en dat die konsep simpatiek aangehoor was. In hierdie verband word voorgestel dat boere wat betrokke wil raak, in eie gebied, met eie voertuig en vuurwapen en onderskeibaar deur ‘n oorbaadjie op kort kennisgewing telefonies “In-Diens” gestel kan word. Die behoefte in landbougebiede is spoedige dog korrekte reaksie om lewens te spaar. Toepaslike opleiding kan op SAPD stasie-vlak en deur middel van afstandsonderrig aangebied word. Daarbenewens kan effektiewe bevel-en beheer deur middel van “Senior Sektor Reserviste” bewerkstellig word.

 

SAMEWERKING

 

HOMECARE

Die Homecare-span het begin met die ontwikkeling van ‘n unieke selfoontoepassing wat gebruik kan word om baie effektief hulp te kan kry in tye van nood.

Die projek word ook aan verskeie ander inisiatiewe gekoppel waarmee fondse deur besigheid ingesamel word, gekoppel. Die ontwikkeling word gedoen in samewerking met TLU SA en die BCVO.

Die sagteware is nog in die ontwikkelingsfase en beta-toetsers word benodig. Besoek die webblad of stuur ‘n e-pos aan Pieter van Vuuren by pieter@homecare.org.za.

 

HOOP ONGEGRENDELD

Sang is die hartklop van die lewe. Musiek het helende krag. Dit het die vermoë om mense vir ‘n rukkie uit hulle omstandighede te lig.

Dit was juis dié gedagte wat geboorte gegee het aan Hoop Ongegrendeld – ‘n virtuele koorproduksie van Lig in Duisternis. In die hartjie van die grendelstaat het ‘n groepie entoesiastiese gelowiges besluit om ‘n boodskap van hoop na Suid-Afrika uit te dra, met koormusiek.

KOEKIEPROJEK

‘n Groep boerebakkers van die Noord-Kaap bak sedert verlede jaar om hulle gesinne en gemeenskappe deur die droogte te onderhou. Na die winter en COVID-19 het hierdie groep weer die land se hulp nodig.

Die volgende gebakte produkte word onder die Save the Sheep Produkte-vaandel verkoop:

  • Koekies, 600gram gemengde koekies teen R80;
  • Beskuit, 500gram
  • Anys (400gram) teen R50
  • Karringmelk teen R50
  • All Bran teen R60
  • Choc-Chip teen R60.

Plaas bestellings per WhatsApp aan 072 1016 514 of per e-pos aan demanndi@gmail.com.