Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Van die President se Lessenaar

Daar is twee aksies wat van die TLU SA bestuur verwag word. Die een is om dit wat verkeerd is en ’n impak op ons bedryf, en in besonder ons lede het, aan die kaak te stel met verklarings en gesprekke op radio en sosiale media.

Landbou in
‘n oogknip

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons na gewasproduksie.

Boodskap van
Bennie

‘...My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis...’ is die eerste gedeelte van Hosea 4:6 en is vir ons almal ‘n baie bekende aanhaling uit die Bybel. Dit is inderdaad so dat wanneer iemand nie weet nie, dan weet hy nie.

 
WATERKOMITEE
 

TLU SA se Nasionale Waterkomitee het onlangs opdrag ontvang om met ander landbou-organisasies en -belanghebbendes in gesprek te tree oor watersake. Nie net in terme van landbouwater nie, maar ook oor ander kwessies soos die beskikbaarheid van skoon drinkwater, watervermorsing, waterkwaliteit en so meer.

Plaaspraatjies
 

Die program Plaaspraatjies word elke Woensdag om 11h00 op TLU SA se YouTube-kanaal uitgesaai.
Henk van de Graaf gesels met kenners oor verskeie aktuele sake wat vir landbouers van belang is. Ons wil graag ‘n videoteek opbou wat vir ons lede van waarde kan wees. Die volledige besonderhede van elke uitsending word op ons sosiale netwerke bekendgestel. 

VEILIGHEIDSBULLETINS
 

Vanuit die hoofkantoor trag TLU SA om lede asook ander landbouers en plattelandse bewoners te bedien met toepaslike inligting in die vorm van Veiligheidsbulletins waarvan ongeveer 40 reeds versprei is. Hierdie bulletins ondersteun die Nasionale Landbou Veiligheid Strategie wat vroeg in 2018 op ASUF-vlak aanvaar is en sedertdien jaarliks opgedateer is.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

TLU SA DIGITALE JAARKONGRES 2020
Om die draai – 9 September

Ons digitale Kongres 2020 – “’n Nuwe aanslag” – is amper op hande!  9 September 2020 is werklik om die draai.

Die landbousektor is onder toenemende druk en die noodsaaklikheid om saam te staan in hierdie tye kan nie oorbeklemtoon word nie. Wees daarom betrokke, wees daarom deel – ons kan nie sonder mekaar nie. Ons moet saam besin oor ‘n nuwe benadering, ‘n nuwe manier van dink, ‘n nuwe manier van boerdery…

Daar is reeds einde Mei kennis gegee dat die TLU SA Jaarkongres 2020 wel voortgaan in die vorm van ‘n digitale of elektroniese kongres wat via die Zoom-platform sal plaasvind.

 
 

VEILIGHEID

PRIORITEITSMISDAAD PARAATHEID GESPREKKE OOR VEILIGHEID

Plaasaanvalle op rekord dateer uit die middel tagtigerjare. Ongeag die feit dat dit in die laat negentigs, vyf jaar nadat die nuwe staatsbedeling in werking getree het, as ‘n Nasionale Prioriteitsmisdaad verklaar is, het die geweld net toegeneem en word landbouers, hul gesinslede asook plaaswerkers steeds daaraan onderwerp.

 

Die onbetwisbare gebrek aan onmiddellike ondersteuning wanneer gevaar dreig, noop landbouers en plaasbewoners om effektief te kan optree om eerstens lewe en liggaam te beskerm en dan om te sien na die veiligheid van eiendom hetsy die grond, produkte/lewende hawe, gereedskap en installasies te beveilig.

Die impak van die Inperkingsmaatreëls het aanvanklik ‘n merkbare daling in beide aanvalle en moorde getoon, maar daardie tendens het na net ‘n paar weke skerp gestyg en ongeag die voortdurende beperking op beweging en aandklokreëls, is die vlak van gewelddadige misdaad op plase en hoewes reeds effens hoër as voor die afkondiging van die inperking. Daarmee saam het die diefstal van lewende hawe, produkte, gereedskap, onderdele, sonpanele en installasies wat verhandel kan word, drasties toegeneem.
Die Veiligheidsbesture van TLU SA en Agri SA is tans in afwagting van bevestiging van ‘n gesamentlike gesprek met die Minister van Polisie, die Nasionale Kommissaris en die Afdelingskommisaris: Sigbare Polisiëring.

 

ADVERTENSIE

 

PROTECTION K9 TRAINING CLUB

Protection K9 Training Club bied top-kwaliteit beskermingshonde wat die hele gesin sal beskerm. Hoewel ‘n beskermingshond ‘n hoogs opgeleide beskermer is, is dit ook ‘n sosiale en familie-georiënteerde dier. Ons beskermingshonde se opleiding verseker dat al ons honde ten volle gehoorsaam en ten volle beheerbaar is, met of sonder ʼn leiband. Verder is die honde opgelei, en gesosialiseer om gemaklik by ʼn gesin in te skakel en te leef in jou huis.

Protection K9 Training Club bied opleiding vir persoonlike beskermingshonde en verkoop honde opgelei in verskillende vlakke van beskerming. Ingesluit in die aankoop van u hond is ʼn kursus wat ontwikkel is om jou hond gemaklik te laat inpas by sy nuwe tuiste. Aflewering is landwyd beskikbaar. Ons kom na u huis en werk met u, die ander gesinslede en die hond om te verseker almal is gemaklik met die hantering van die hond.

 

PROBUZZ

Beveiliging van boere en hulle gesinne deur nommerplaat-herkenning.

 

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
VIRTUELE OPTOG TEEN PLAASMOORDE

Op 14 Augustus stap TLU SA binne 24 uur virtueel 5 530km rondom Suid-Afrika. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.  

Daar was sedert die begin van die jaar ‘n styging en merkbare brutaliteit in plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika. 

Ondersteun ons staptog en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is. 

Jy kan jou vordering op die roete aanlyn volg en deel met jou vriende. 

Plaaslewens maak saak.

Lees meer hier.

 
EIENDOMSBELASTING

Eiendomsbelasting... kry jy waarde vir jou geld?

Jou munisipaliteit of distriksraad moet volgens wet alle noodsaaklike dienste soos vullisverwydering, riolering, water en elektrisiteit te lewer. Dit is OOK die munisipaliteit se verantwoordelikheid om te verseker dat spesifieke ekonomiese en maatskaplike vlakke binne ‘n gebied gehandhaaf word. Dit sluit in dat verligting gebied word tydens en na ramptoestande en werksgeleenthede geskep word.

Dit word gedoen deur ekonomiese impakstudies aan te pak.

Indien jou munisipaliteit NIE hieraan voldoen nie, kan jy ‘n dispuut verklaar en uiteindelik jou eiendomsbelasting weerhou totdat dit wel gedoen word.

TLU SA beoog om munisipaliteite en distrikte aan te vat om sodoende dienste relevant tot eiendomsbelasting te verseker.

Registreer nou as ‘n belanghebbende persoon sodat jy verteenwoordiging geniet wanneer ons jou munisipaliteit aanvat.

Lees meer hier