Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Koronavirus en die realiteite

Die koronavirus en implikasies daarvan is van groot belang en daar kan nie ligtelik daarmee gehandel word nie. Daar is sekere dinge wat gedoen kan word en daarna is dit nie in ons hande nie. 

Landbou en SAPD tydens inperking

Dit bly 'n ongelukkigheid dat sekere SAPD-lede nie 'n begrip het van die regulasies nie. Ons wil weer 'n beroep op ons lede doen om elke padblokkade met waardigheid te hanteer. 

Plaaslike regering belasting

By die meeste Plaaslike Owerhede behoort die 2021/22 IDP (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) nou reeds beskikbaar te wees, neem asb. deel aan hierdie proses.

Media en
TLU SA

TLU SA se mediadag – waar ons tradisioneel die media bedank vir die rol wat hulle speel om landbou te versterk – moes ongelukkig as gevolg van die inperking uitgestel word.

 
Sosiale
media

Die rol van sosiale netwerke speel deurlopend ‘n groter rol in die samelewing. Ons is dankbaar dat dit positief gebruik kan word en ons poog om dit so effektief as moontlik aan te wend.

Vastepunt
fotografie

Daar is in die verlede reeds versoek dat waar u bewus is van grond wat oorgedra word deur middel van restitusie dit goed sal wees om op vaste punte die infrastruktuur af te neem, voordat die oordrag plaasvind

Alta Povey
bedanking

Alta verhuis binnekort suidwaarts na die Wes-Kaap. Sy was sedert 2003 ‘n staatmaker by TLU SA.

Chrissiesmeer Studiegroep

Die Chrissiemeer studiegroep het op 11 Maart ‘n baie suksesvolle inligtingsdag aangebied.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

KURSUS | Munisipale Begroting en Finansieringsprosesse

Die Noordstreek het ‘n hoëkwaliteit kursus oor munisipale begroting en finansieringsprosesse ontwikkel wat ons graag vir TLU SA-lede, gemoeid met plaaslike owerhede, wil aanbied.

Die kursus beloop R2 200, wat kursusmateriaal insluit en dit word by TLU SA aangebied. ‘n Minimum van 10 persone moet die kursus bywoon. Sou daar belangstelling wees sal ons datums vasmaak.

Belangstellendes kan vir Wilma bel by 082 555 4553.

 

DROOGTE - KOEKIEPROJEK IN DIE NOORD-KAAP

Ons het ‘n skakel op ons webwerf aangebring om dit makliker te maak om die Koekieprojek in die Noord-Kaap te ondersteun. Met die Koekieprojek het vroue van die Noord-Kaap met groot sukses begin om koekies te verkoop om hulle inkomste aan te vul. 

'n Emmertjie koekies van 600 gram bevat drie soorte gevulde koekies en twee soorte ongevulde koekies is teen R100. Bestellings sal eers na die inperking gelewer kan word.

Besoek gerus ook die Facebookblad Save the Sheep Products en hulle Facebookgroep, waar die vroue van die Noord-Kaap verskeie produkte bemark om vir die mans wie se boerderye tot stilstand gekom het, ‘n inkomste te genereer.

 

BOEREDAE | Charl Cilliers

Die Charl Cilliers Boeredag wat op 8 April aangebied sou word, moes ongelukkig in die lig van die inperking uitgestel word. ‘n Nuwe datum sal na afloop van die inperking bekend gemaak word.

Die fokus van die boeredag sal steeds wees of mielies nog winsgewend geproduseer kan word.

Navorsingsresultate van by die 40 jaar sal gedeel word deur Prof Willem Landman, Dr Hendrik Smith en dr Gawie du Toit. 

Belangstellendes kan steeds u naam, van en dorp per SMS of WhatsApp na 083 247 0211,  of per e-pos na bosmanskrans@gmail.com, stuur om te registreer.

 

JONGBOERKOMPETISIE 2020

Inskrywings vir die Jongboer van die Jaar 2020 is nou oop.

Elke streek word versoek om uit eie geledere vir ons die besonderhede van hoogstens drie streeksfinaliste van jong boere onder 35 jaar, te stuur.

Inskrywings moet die hoofkantoor voor einde Junie bereik.

Kontak Luani du Preez by 012 804 8031 vir enige navrae.

 
 
 

VEILIGHEID

NASIONALE LANDBOU
VEILIGHEID STRATEGIE
SAMEWERKING OP VEILIGHEIDSTERREIN:
AGRI SA EN TLU SA

‘n Gesprek met ‘n senior SAPD-lid het op 19 Maart 2020 plaasgevind.

Die doel was om bepaalde uitklarings en kommentaar in te win oor twee kwessies, naamlik Landbouvriendelike Reserviste en die benutting van die GPF-strukture om onder andere op plaaslike vlak sinvolle koördinasie te bewerkstellig.

Die gesprek het goed verloop en daar is goeie begrip vir die kwessies wat deur TLU SA aangeroer is.

Twee verkennende gesprekke op nasionale vlak tussen verteenwoordigers van Agri SA en TLU SA het reeds plaasgevind. Dit is lank reeds duidelik dat samewerking toenemend noodsaaklik word om die veiligheidsfunksie op plaaslike vlak in belang van die landbougemeenskap te bevorder. Hierdie proses is reeds in verskeie provinsies gevestig en die beplanning is dat dit ook groter aandag op nasionale vlak moet kry. TLU SA het by herhaalde geleenthede dit bevestig dat veiligheidsmaatreëls, veral op plaasvlak, sodanig moet wees dat voorkoming en doelmatige reaksie die gemeenskaplike strewe tussen alle rolspelers (SAPD, landboustrukture, sekuriteitsbedryf en dies meer) moet wees.

 

WATERSAKE

 
DISPUUT OOR WATER WATERMETERS
Nadat gesprekvoering met die departement ‘n dooiepunt bereik het as gevolg van ‘n onaanvaarbare benadering deur amptenare, is kontak weer met senior personeel van die departement geïnisieer ten einde ‘n oplossing vir die dooiepunt te bereik. Die proses duur voort. Ons het weer vir die minister geskryf om te herinner aan die taakspan wat sy sal saamstel oor die watermeterkwessie.
 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE NOORD-STREEK
 

Pietersburg Distrik Landbou Unie vier vanjaar hul honderdste bestaansjaar. Ons het tussen ons ’n  paar ouerige, en heel wyse mense, maar helaas, was nie een van die bestaande lede tydens die stigting ‘n eeu gelede teenwoordig nie! Ons wens julle voorspoed toe met die volgende eeu.

Izelle Jacobs is nou die DLU Sekretaresse en sy sal bly wees om enige materiaal, soos foto’s, resepte en ander items te ontvang. Indien u oor enigiets beskik wat sy in ’n bundel kan saamvat sal sy dit waardeer. PDL werk aan ’n groot herdenkingsgeleentheid, maar die datum en plek sal later bekend gemaak word. Izelle se nommer is 082 338 6601.
Pietersburg Distrik Landbou-unie bestaan uit vier aktiewe Boereverenigings nl. Bloedrivier, Transsand, Legkraal en Dendron. Dit sluit Pietersburg stad in. Die tweede grootste dorp in die gebied is Dendron en word grootliks opgemaak uit boere van die distrik.

Die omgewing se vernaamste landbouprodukte is aartappels, uie, botterskorsies, sagte groente soos soetrissies, baba groente en ons heel nuutste spogproduk van AL3 Boerdery, die Dragon Fruit. Die gewilde beesrasse is almal teenwoordig en dan is hier ook ’n  aantal spog jagplase.

Die topografie is maar plat, met die Soutpansberg in die noorde, Blouberg in die weste en ’n  aantal los koppe tussenin. Dit is ’n waterarm gebied met geen damme of standhoudende riviere nie. Water vir mens, dier en besproeiing  kom net uit boorgate.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
OPGEBLAASDE WAARDASIEROLLE

Munisipaliteite regoor die land is in die proses om eiendomme te inspekteer vir algemene of aanvullende waardasierolle. Die waarde van die eiendom bepaal ook die tarief wat op dienste en belasting vir die eiendom gehef word.

TLU SA het uit verskeie oorde verneem dat die waardasies van eiendomme op sekere plekke, veral in die landbousektor, onredelik en uitermatig verhoog word. Met hierdie veldtog moedig ons alle grondeiendaars aan om kapsie aan te teken teen opgeblaasde eiendomswaardasies.

TLU SA kan grondeienaars bystaan om waardasies na te gaan en beswaar te maak teen onakkurate waardasierolle. Ondersteun die veldtog hier.

 
GRONDONTEIENING

LAAT JOU STEM HOOR TEEN GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING

Die regering meen grondonteiening sonder vergoeding is belangriker as kos op die tafel. Konsepwetgewing oor die verandering van art.25 van die grondwet word deur die parlement gestoomroller.

Ondersteun die veldtog hier.