Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Onteiening sonder vergoeding

Die ANC en hulle bondgenote, die SAKP en Cosatu, is vasgevang in hul eie ideologie en het so verstrengel geraak daarbinne dat hulle nie eers meer behoorlike antwoorde vir hulself het nie, wat nog vir die land.

Jongboer-
kompetisie

Inskrywings vir die Jongboer van die Jaar 2020 is nou oop. Elke streek word versoek om uit eie geledere vir ons die besonderhede van hoogstens drie streeksfinaliste van jong boere onder 35 jaar, te stuur.

Jongboer-
konferensie

Ons wil die Jongboer komitee graag gelukwens met hulle onlangse konferensie. Dit was 'n puik geleentheid met sprekers van hoogstaande gehalte. Die Jongboer komitee het die afgelope jaar baie dinamies na vore getree.

Sekretaresse aangestel

Aleshia Erasmus is as die sekretaresse van die Hoofbestuurder aangestel en neem op 1 Maart haar pos in. Baie welkom by TLU SA. Ons hoop dat jy lank en gelukkig by ons sal aanbly.

 
Waardes en
norme

Die afgelope tyd is die Parlement gekenmerk deur uiters swak gedrag deur parlementslede. Mens vra jouself wat ons daaruit kan leer. Die gedrag wat daar gedemonstreer is, is gewis nie die tipe gedrag waarmee enige beskaafde mens geassosieer wil word nie.

Skakeling met ambassades

TLU SA is na verskeie skakelgeleenthede genooi waar daar met die ambassades van verskeie lande gesprek gevoer is. Die ambassades van Duitsland, Frankryk en die Europese Unie het verskeie rolspelers na die geleentheid in Kaapstad genooi en TLU SA was onder die gaste.

Die uitbouing en posisionering van ons handelsmerk

Die TLU SA handelsmerk moet mense dadelik laat dink aan oplossings en toekomsgerigtheid wat gebaseer is op 'n vaste fondament van geloof en onkreukbare integriteit. Dit is daarom baie belangrik dat al ons lede hierdie kenmerke uitleef as ‘n ambassadeur van TLU SA.

Belangrikheid van vergaderings

Landbou is onder druk en is dit in baie gevalle vir die individuele boer moeilik om alleen die kloutjie by die oor uit te bring. Dit is derhalwe baie belangrik om juis in die tye in te skakel by die plaaslike boerevereniging en mekaar te onderskraag.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

GESKIEDENIS | MAJUBAFEES | 28 Februarie tot 1 Maart 2020

Die herdenking van die slag van Majuba word die naweek van 28 Februarie tot 1 Maart op die terrein van die slagveld herdenk.

Die rol wat die slag in ons geskiedenis aan die einde van die Eerste Vryheidsoorlog gespeel het, word jaarliks op 'n luisterryke wyse herdenk.

Dit is beslis 'n geleentheid wat nie misgeloop behoort te word nie. Daar is geleentheid om die hele naweek te gaan kamp en dit moet net vooraf gereël word. 

Alle besonderhede is beskikbaar op die Majuba Fees-Facebookblad.

 

DROOGTE - KOEKIEPROJEK IN DIE NOORD-KAAP

Ons het ‘n skakel op ons webwerf aangebring om dit makliker te maak om die Koekieprojek in die Noord-Kaap te ondersteun.

Met die Koekieprojek het vroue van die Noord-Kaap met groot sukses begin om koekies te verkoop om hulle inkomste aan te vul.  

Ondersteun asb die projek.

'n Emmertjie koekies van 600 gram bevat drie soorte gevulde koekies en twee soorte ongevulde koekies is teen R100.

 

JEUG | SCHILDPADDOP KAMP

Die kampbesonderhede is reeds in 'n vorige skrywe uitgestuur.

Oorweeg dit gerus om die kinders na hierdie geleentheid te stuur. Hierdie kampe is van die hoogtepunte in my eie lewe (Bennie van Zyl).

Ek is steeds betrokke by die kampe om iets vir ons Afrikanerjeug terug te kan gee.

Kontak my gerus by 082 466 4470.

 

LEIERSKAP | LANDBOULEIERSKAP KURSUS (ALDP)

Die Landbouleierskap kursus (ALDP) wat deur Universiteit van Pretoria aangebied word,  begin weer eersdaags.

Inligting in die verband is reeds gesirkuleer. Dit is 'n puik kursus en diegene wat dit reeds bygewoon het, het net positiewe terugvoer. 

Inskrywings moet ons dringend bereik teen 2 Maart.

Vir enige navrae kan Bennie van Zyl gekontak word by 082 466 4470.

 
 
 

VEILIGHEID

WATERSAKE

NOORDSTREEK WATERMETERS EN GROEN DROOGTE
TLU SA Noordstreek se veiligheidstruktuur is gebaseer op TLU SA se Nasionale Landbou Veiligheid Strategie (NLVS). Dit stel ons in staat om ons plaaswagte, GPF en ander landelike veiligheidstrukture binne die Polisie se Landelike Veiligheid Strategie te bedryf. Die Minister van Watersake en Sanitasie het ontvangs erken van die dringende skrywe wat TLU SA in verband met die installering van watermeters aan haar gerig het. Verder is ‘n taakmag aangestel om die voortslepende waterdispute te ondersoek en vinniger ‘n oplossing te vind.
 
 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE NOORD-STREEK
 
DROOGTE EN REëN MEEGEVOEL

Dele van die provinsie is dankbaar vir welkome reën wat die afgelope tyd geval het. Die droogte is egter op sommige plekke nog nie gebreek nie, en talle riviere het nog nie begin loop nie, damme word nie vol nie en boorgate is steeds onder druk.

Ons boere bly egter positief en kyk met verwagting en vertroue vorentoe.

Erna Duvenhage, jarelange en getroue sekretaresse van Vaalwater DLU, en haar man Pieter, is deur ‘n baie moeilike tyd nadat hulle hul seun in die fleur van sy lewe verloor het na ‘n kort siekbed.

Thabazimbi DLU voorsitter, Pieter Welgemoed, het sy moeder aan die dood afgestaan.

Nico en Isabel Kilian van Schweizer- Reneke het hul seun in 'n motorongeluk verloor.

Ons dink aan hierdie families in hierdie moeilike tye en bid hulle God se vertroosting toe.

 
VEILINGS OP KOERS AKSIES

Veilings is weer volstoom aan die gang regdeur die provinsie, nadat die Minister van Landbou die verbod op die veilings opgehef het nadat bek- en klouseer verlede jaar in die provinsie uitgebreek het.

Dit was ‘n baie swaar tyd vir boere wat skielik nie hulle diere na veilings kon neem soos hulle beplan het nie. Omdat die provinsie in ‘n knellende droogte vasgevang was op heelwat plekke, is boere gedwing om diere langer op die plaas aan te hou en meer voer te koop, en het hulle kontantvloei onder erge druk geplaas.

In die tyd van veiling-stilte, het veilinghuise seker gemaak dat hulle die bio-sekrutiteitsmaatreëls in plek gestel het, en toe die minister die verbod ophef, was die eerste veilings al twee dae later gehou.

Boere is baie verlig dat sake weer normaal kan voortgaan, alhoewel daar steeds kommer is dat die siekte weer kan uitbreek omdat die gevoel daar is dat die regering nie voldoende doen om die sogenaamde rooi gebied te beveilig en te voorkom dat diere daarvandaan in skoon gebiede inkom nie.

Die gesegde ‘Woorde wek maar dade trek’ het weer baie duidelik geword tydens ‘n funksie wat die Ellisras Boerevereniging aangebied het. Hulle het die hele gemeenskap genooi na ‘n Saterdagmiddag funksie (op dieselfde dag dat die Jongboerkonferensie ook in Noordstreek gehou is) om TLU SA bekend te stel.

Streeksvoorsitter Henk van de Graaf het TLU SA se werksaamhede verduidelik, sekretaris Gert du Plessis het gepleit vir ‘n Ellisras Forum waar alle organisasies kan saamwerk rondom plaaslike kwessies, en voorsitter Johan van Vuuren het ‘n pleidooi vir betrokkenheid by die BV gelewer.

Drie skape is op die spit gebraai, en ‘n plaaslike orkes het heerlike musiek gemaak en die gemeenskap het boeregasvryheid beleef en geniet.

Die resultaat: Tien nuwe lede wat aangesluit het. Welgedaan, Ellisras BV!

 
SENTRAAL
 
BALFOUR HOOIDAG BEURSE BOEREDAE

Die Balfour Hooidag wat op 16 Januarie deur die Balfour boere-unie aangebied is, was voorwaar een vir die boeke!

Baie geluk met ‘n puik dag. Die ondersteuning van borge en uitstallers stel die boere-unie in staat om terug te kan ploeg in hul plaaslike gebied.

Die boere-unie het ook ‘n skenking van R20 000 aan TLU SA gemaak wat met groot waardering ontvang is.

Die belangrikheid van ‘n goed-georganiseerde boere-unie in ‘n landelike gebied kan nie onderskat word nie.

TLU SA het in Januarie suksesvol aansoek gedoen vir agt Agriseta beurse wat aan lede se kinders toegeken is vir 2020.

Lede wat gedurende die 2021 studiejaar ‘n kind het wat Veeartseny gaan studeer of wie se kind hulle tweede of derde jaar in Veeartseny aanpak, kan solank die student se ID-dokument en 2019-uitslae vir Lynette du Plessis deurgee by sentraal@tlu.co.za

Agriseta gee jaarliks in Augustus/September die kriteria vir aansoeke deur waarna instansies dan na gelang van die kriteria gestel, aansoek kan doen.

  • Saterdag 7 Maart 2020: Goliat van Gat Pampoenfees en aandmark – Pretoria Boeremark terrein – navrae Henri Combrink - 082 552 9428
  • Woensdag 11 Maart 2020: Plaas Belvue Chrissiesmeer Bewaringslandbou boeredag – navrae Bertus Erasmus - 078 456 2403
  • Saterdag 18 April 2020: TLU Jongboer Rally – navrae Neels Uys - 076 619 1299
  • Woensdag 22 April 2020: Cullinan BU bied in samewerking met Hinterland ʼn boeredag aan met die tema Wintervoeding en veldbestuur – navrae Henri Combrink -082 552 9428
  • Vrydag en Saterdag 29/30 Mei 2020: AgriX TLU Landbou Skou in samewerking met OutdoorX – navrae Arina Cronje - 060 613 1109
  • Donderdag tot Saterdag, 13-15 Augustus 2020: Kragdag TLU Landbou Ekspo – navrae Sinette Pretorius - 087 231 1644

 

 

HULP EN VERSTERKING

 

GEESTELIKE ONDERSTEUNING
Gesprekke met die onderskeie kerkgenootskappe

Dit is gebruik by TLU SA om van tyd tot tyd met die onderskeie kerkgenootskappe in gesprek te tree. Tydens die geleenthede word daar gefokus op die realiteite wat ons boere ervaar en is die kernboodskap dat daar vir ons in gebed getree moet word.

Die druk wat ons boere ervaar word ook met die kerke bespreek met die versoek dat ons tans op die geestelike vlak 'n groot behoefte het vir onderskraging.

Daar het reeds met die Nederduitse Hervormde kerk 'n baie positiewe gesprek plaasgevind. 

Reëlings is in proses om ook by die ander kerke uit te kom.

 

VERBRUIKERS
Pretoria Boeremark

Een van die pragtige suksesverhale van TLU SA is die Pretoria Boeremark in Silverton.

Die mark gaan van krag tot krag. Ons kan net baie dankie sê vir Johan van Wyk en sy hele span wat Saterdag na Saterdag die mark aanbied.

Produsente wat graag hul varsprodukte van die plaas direk aan die verbruikers wil verkoop kan gerus uitvind of daar nog plek is vir die produk. 

Kontak gerus vir Ute van Wyk in die verband by 012 804 8031.

Besoekers is welkom om Saterdae van 05h30 tot 09h30 'n draai by die mark te maak.

 

FINANSIëLE ONDERSTEUNING
TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar

Die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar het onder leiding van Kobus Oberholster, suksesvol gevestig gedurende 2019.

Om hierop te bou en te verseker dat elke TLU SA-lid toegang kry tot die Lessenaar en die voordele en dienste, wil ek met hierdie skrywe aan u as DLU/BV leiers, u vriendelik versoek om vir Kobus Oberholster te nooi na u volgende DLU/BV vergadering om homself aan u en die lede van u DLU/BV voor te stel.

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
DROOGTE

DROOGTE DISKRIMINEER NIE

Ons boere het jou hulp nodig. Voeg jou naam by TLU SA se versoek aan die regering om droogtehulp sonder diskriminasie te verskaf.

Ondersteun die veldtog hier.

 
GRONDONTEIENING

LAAT JOU STEM HOOR TEEN GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING

Die regering meen grondonteiening sonder vergoeding is belangriker as kos op die tafel. Konsepwetgewing oor die verandering van art.25 van die grondwet word deur die parlement gestoomroller.

Die publiek het net tot Februarie geleentheid om oor die bewoording in die gewysigde artikel kommentaar te lewer.

Ondersteun die veldtog hier.