Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
HOE PAK ONS 2020 AAN?

Waar die ANC tans spartelend besig is om hulself te probeer red, raak die kompleksiteit van Suid-Afrika net al hoe meer ingewikkeld. Die wiele van te veel saakmakende dinge kom daagliks af a.g.v. die toepassing van ANC-beleid. Die prys van "affirmative action" het inderdaad nou te duur geword vir Suid-Afrika.

TLU SA SE MANIFES

Wêreldwyd word ervaar dat waardes en beginsels van tyd tot tyd aangepas word om die mens en hul versugtinge te probeer tevrede stel. Het dit nie grootliks die probleem van die tyd geword dat mense hulself in die middelpunt plaas en mensgerig optree in stede van Jesus Christus en om tot eer van God hulle lewe in te rig en uit te leef nie?.

DROOGTE SE IMPAK

Terwyl groot dele van die land die afgelope tyd goeie neerslae reën ervaar het, is sekere dele van die land steeds vasgevang in die knellende droogte se knyptang.

PRESIDENTSLIDMAATSKAP

Die Uitvoerende Komitee het 'n spesiale lidmaatskap goedgekeur vir nuwe lede in die gebiede wat  gebuk gaan onder die versengende droogte. Dit is net vir nuwe lede geoormerk. 
Sodanige persone sal met die goedkeuring van die Streeksvoorsitter  gratis kan aansluit en die lidmaatskap sal jaarliks hersien word. 

 
WATERSAKE

Na aanleiding van ‘n formele dispuut wat talle lede reeds in 2013 verklaar het oor foutiewe fakture, het ‘n reeks gesprekke tussen TLU SA en die Departement van Water en Sanitasie reeds plaasgevind om die dooiepunt op te los.

ONTEIENING SONDER VERGOEDING

Die Eiendomsreg Komitee het tydens die afgelope UK terugvoer van sy werksaamhede gegee rondom die hele kwessie van onteiening sonder vergoeding.

JONGBOER KONFERENSIE

Van TLU SA se bestuur se kant wil ons die Jongboerkomitee hartlik bedank vir die werk wat deurlopend gedoen word om vir ons jong boere ‘n positiewe verskil te maak.

SKUT VAN VEE – PROVINSIALE ORDONNANSIES

Die bestaande provinsiale ordonnansies wat die skut van vee en diere toelig, is reeds aan Streeksvoorsitters en -bestuurders versprei.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

MAJUBAFEES - 28 Februarie tot 1 Maart 2020

Dit bly 'n bewese feit dat diegene wat weet waar hulle vandaan kom en hul geskiedenis ken, die huidige werklikhede beter verstaan en kan hanteer.

Vanjaar se Majubafees vind plaas gedurende die naweek van 28 Februarie tot 1 Maart 2020.

Meer besonderhede kan verkry word by 079 274 7978 of sekretaris@majubatrust.co.za

Kom geniet die naweek en herdenk die beslissende slag van die Eerste Vryheidsoorlog – die Slag van Majuba van 1881 – op die terrein waar die slag plaasgevind het.

 

GOLIAT VAN GAT PAMPOENFEES - 7 Maart 2020

Die Goliat van Gat Pampoenfees word op Saterdag, 7 Maart 2020 van 15:00 tot 22:h00 aangebied by die terrein van die Pretoria Boeremark.

Navrae kan gerig word aan Henri Combrink by 082 552 9428.

Die program sal binnekort beskikbaar wees op die Goliat van Gat Facebookblad.

Uitstallers kan nou reeds aansoek doen vir uitstal ruimte.

 

BALFOUR HOOIDAG

Ons wil graag vir die Balfour Boere-unie baie geluk sê met hulle Hooidag inisiatief wat reeds vir nege jaar aangepak word. Die dag word op die plaas van PJ Kriek en Seuns aangebied en is reeds gevestig as 'n geleentheid wat alle hooimakers moet bywoon.

Die belangrikste implemente in die hooimaak-proses van verskillende verskaffers word gedemonstreer.

Dit is hierdie soort geleenthede wat op grondvlak 'n positiewe verskil maak. Mag die Hooidag in die toekoms net van krag tot krag gaan.  'n Woord van groot dank teenoor elke uitstaller wat dit moontlik gemaak het en veral aan Afgri vir 'n besonder groot borgskap om die dag moontlik te maak.

 
 

VEILIGHEID

 
NASIONALE LANDBOU VEILIGHEID STRATEGIE RAPPORTERING VAN MISDAAD
Nadat ASUF reeds in 2018 die Nasionale Landbou Veiligheid Strategie onderskryf het, is dit daarna vroeg in 2019 opgedateer vir TLU SA se interne gebruik. ‘n Beroep word weereens op lede gedoen om landbouverwante misdade waarvan hulle kennis dra te rapporteer.
 
 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE NOORD-STREEK
 
DROOGTE EN REëN BOKSE VIR BOERVROUE BEK-EN-KLOUSEER

Die Noord-Streek het ook ‘n tyd van erge droogte deurgegaan, en baie boere het besonder swaar gekry. Reën het wel plek-plek begin uitsak, maar die droogte is nog nie gebreek nie. In sommige gebiede het dit baie min gereën, en op talle plase is boorgate nou onder druk. Daar is al selfs plekke waar spilpunte tot stilstand geknars het omdat die ondergrondse water nie meer genoeg is nie.

Vanuit Potgietersrus se kantoor is ywerig saamgewerk met VLU in die Boks vir Boervroue. Etlike tonne bokse met benodigdhede vir boervroue is daar afgelaai, en weer versend na die Kaapse gebiede waar die nood hoog was.

Die land se gemeenskappe het sodanig die veldtog ondersteun, dat daar selfs ‘n surplus was, en ook vroue in die droogtegeteisterde gebiede van ons eie provinsie, kon ‘n aangename meevallertjie kry net voor Kersfees.

Dankie aan al die donateurs, en dankie aan Renita Prinsloo in Potties, wie se huis vir ‘n ruk lank propvol bokse was, en die skitterende wyse waarop sy die projek van TLU Noord se kant hanteer het.

Die bek-en-klouseer het veral in Noordstreek geweldige nadelige gevolge. Baie van ons DLU’s besit veilingskrale of aandele daarin, en deurdat alle veilings opgeskort is, het die inkomste ook opgedroog en moes noodmaatreëls al ingestel word om kantore oop te hou.

Talle boere het in die posisie beland dat hulle nie meer hulle vee kan bemark nie, met die gevolg dat hulle ook kontantvloei probleme ondervind, en sukkel om maandelikse verpligtings na te kom.

Van die regering se kant word daar feitlik niks gedoen om die probleem op te los nie, met die gevolg dat dit weereens die boer is wat alleen die spit moet afbyt. Geen padblokkades word gehou nie en die besmette gebied word ook nie afgesper en gekontroleer nie.
Hoe lank die probleem gaan voortduur, is ‘n ope vraag. Intussen het daar wel reeds verskeie katalogus veilings plaasgevind, maar die nadeel daarvan is maar altyd dat diere nie fisies daar is om te inspekteer nie. En ‘n boer se oog sien op die hoef baie meer as op ‘n foto.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
GRONDONTEIENING

LAAT JOU STEM HOOR TEEN GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING

Die regering meen grondonteiening sonder vergoeding is belangriker as kos op die tafel. Konsepwetgewing oor die verandering van art.25 van die grondwet word deur die parlement gestoomroller.

Die publiek het tot einde Januarie geleentheid gehad om oor die bewoording in die gewysigde artikel kommentaar te lewer. Klik hier

 
DROOGTE

ONS BOERE VERLOOR MOED TEEN DIE KNELLENDE DROOGTE

Maar die regering bied net selektiewe droogtehulp aan opkomende swart boere.

Ons boere het jou hulp nodig. Klik hier