pitkos header
Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Desember 2019
WAT GEBEUR BY TLU SA

Belangrik om te weet

Ons groet 2019

tlu

Die jaar snel nou vinnig tot ‘n einde. Ons kantore sluit op 13 Desember en open weer op 6 Januarie 2020.

Dié jaar het inderdaad vele uitdagings na vore gebring waarvoor daar baie moeilik suksesvolle uitkomste bereik kon word. Die uitmergelende droogte het sy tol geëis en daar is velerlei boere wat die nuwe jaar tegemoetgaan met omstandighede wat uiters negatief is.  Die feestyd bring die geleentheid om saam met geliefdes te kuier en dit is ons bede dat elkeen in die tyd ‘n ware Christus-fees sal ervaar en dat die genade en seën van ons Hemelse Vader in vele opsigte ruimskoots ervaar sal word. 

Ons herdenk ook in Desember Geloftedag. Mag ons in diepe afhanklikheid ook hier ons verantwoordelikheid gaan nakom.

Wanneer daar ontspanne en rustig saam gekuier word, kan ons so maklik in die gees van saamwees, onsself kwesbaar maak. Ons moet tydens die Kersseisoen daarop let om nie ons waaksaamheid te verslap nie, maar dit eerder verskerp.
Die positiwiteit van ons boere laat ons glo dat die volgende jaar ‘n goeie een sal wees. Kom ons stap 2020 met daardie gesindheid tegemoet. Ons gaan nog beter planne beraam en dan in vaste geloof ons kultuuropdrag uitleef.


Onteiening sonder vergoeding

tlu

Die Parlement het ‘n mosie aanvaar dat grondonteiening sonder vergoeding in die grondwet ingeskryf moet word. Tydens ‘n vergadering (op 6 November) van die ad hoc-komitee wat getaak is om die bewoording van dié wysiging vas te stel, is verskeie persone uitgenooi om insette te gee. Die ANC en EFF wou egter nie toelaat dat die meriete en gevolge van so ‘n wysiging enigsins bespreek word nie. 
Tydens die volgende stap in die proses, sal die publiek geleentheid gegee word om kommentaar te lewer op die voorgestelde bewoording. TLU SA sal dié bewoording vir kommentaar versprei sodra dit beskikbaar is. Daarna moet soveel as moontlik lede en ondersteuners aan die kommentaarproses deelneem.

Die dagbestuur van die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Privaat Besitreg het reeds in die verband begin gesprek voer ten einde groter betrokkenheid teen die voorstel by verskeie instellings te verenig. 

Die Parlement wil teen einde Maart die voorstel hanteer om die grondwet sodanig te verander.  Ons elkeen se deelname gaan nodig wees om hierdie kortsigtige voorstel nek om te draai.


Werksaamhede van onderskeie komitees

tlu

Die uitvoerende komitee (UK) het verskeie komitees byeengeroep wat in belang van ons lede navorsingswerk doen om sodoende die UK te kan adviseer oor optredes en besluite. 

Die onderskeie komitees is die Veiligheidskomitee, Waterkomitee, Eiendomsregkomitee, Waterkomitee, Arbeidskomitee en Ekonomiese Volhoubaarheidskomitee.  Die komitees het na die Dagbestuursvergadering van 9 Desember ‘n vorderingsverslag van hulle werksaamhede beskikbaar gestel. 

Ons wil graag die komiteelede in die onderskeie komitees bedank, maar ook sterkte met jul uitdaging toewens.


Navorsing oor agente

tlu

Graag wil ons die lede versoek om ‘n navorsingsprojek oor agente te ondersteun. Dit neem min tyd op, en die resultate is vir ons ook baie waardevol.

Die verhouding tussen die Boer en Verteenwoordigers van landbouverskaffers (Reps of Agente in gewone taal) is baie uniek. Die verteenwoordiger kom bemark sy produkte of dienste en probeer natuurlik sy beste voetjie voor sit. Die vraag bly egter hoe die boer oor die saak voel? Is die verteenwoordiger eerlik? Dra hulle by tot die sukses van jou boerdery? Is hulle net daar om geld te maak?

Met die kort vraelys probeer ons bepaal hoe effektief inligting vanaf die kliënt na die maatskappye vloei sodat hulle die beste bemarkingsbesluite kan neem en ook die omgekeerde. Hoe dra die maatskappye die inligting aan die boer oor, sodat u die beste produksiebesluite kan neem? Die navorsing is heeltemal onafhanklik en anoniem, geen spesifieke maatskappy sal enige voordeel daaruit trek nie. Die resultate sal op ’n latere geleentheid beskikbaar gestel word.

Hieronder is twee skakels. Dit lei na ‘n Google-vraelys wat op enige rekenaar of slimfoon ingevul kan word. Die eerste vraelys is vir boere en die tweede vir verteenwoordigers. Dit kan ook na die verteenwoordigers aangestuur word.
Meer voltooide vraelyste sal natuurlik beter resultate lewer.

Die vraelys vir boere: Klik hier

Die vraelys vir verteenwoordigers: Klik hier

Skakel gerus met Renier Boshoff oor enige navrae:
Renier Boshoff
Rebos111@gmail.com
079 043 0597


Vakature vir Sekretaresse by Hoofbestuurder

Die sekretaresse van die Hoofbestuurder, Elanza Joubert het ‘n baie goeie aanbod vir werk gekry baie naby aan haar huis en maak die voordele wat dit vir haar inhou dit eintlik onmoontlik om dit nie te aanvaar nie.  Sy het bedank en verlaat TLU SA se diens einde Desember.  Graag wil ons vir Elanza baie dankie sê vir die tyd wat sy hier werksaam was en wil ook vir haar baie sterkte toewens met haar nuwe werk. 

Ons wil dan ook hiermee kennis gee dat indien daar enige belangstellendes is wat graag sal wil aansoek doen vir die pos van Sekretaresse Hoofbestuurder hul asb hul CV moet stuur na bennievz@gmail.com  voor 6 Januarie 2020.  Die salaris is onderhandelbaar en ander byvoordele is ook van toepassing.  Belangstellendes kan ook vir Bennie van Zyl skakel by 082 466 4470.

 

SAMEWERKING & GELEENTHEDE

Die 4IR saam met IQ Logistica

geskenk

TLU SA het ‘n baanbrekerstap geneem om volhoubare voedselsekerheid en -produksie in die bestek van die TLU SA-mandaat teweeg te bring, deur die gebruik van die moderne tegnologie van die Vierde Industriële Rewolusie (ook bekend as 4IR of Industry 4.0).

‘n Samewerkingsooreenkoms met IQ Logistica beloof uitkomste in makliker marktoegang, bestuursvermoë en samewerking. Dié maatskappy het ‘n naspeurbaarheidsplatform ontwikkel wat onder andere primêre landbouproduksie, verwerking, logistiek en transaksies fasiliteer tot by die eindverbruiker. Die werksaamhede van rolspelers in die waardeketting sal effektief vanuit ‘n geïntegreerde inligtingsbestuur perspektief herontwerp word. 

“TLU SA het met groot opgewondenheid verneem hoe die katoenbedryf dramaties as gevolg van dinamiese inligtingsbestuur jaar-op-jaar gegroei, verbeter en versterk het,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “IQ Logistica het sedert 2014 ‘n merkwaardige bydrae gemaak tot die katoen-waardeketting in Suid-Afrika. Die tegnologie werk baie goed, soos bewys met die sigbare resultate in die katoenbedryf.”

TLU SA en IQ Logistica sal voortaan saam werk aan die stelselmatige uitbreiding van die sake-intelligensie-, naspeurbaarheid- en handelsplatform na waardekettings waarin TLU SA-lede rolspelers is, hoewel toegang tot die platform en die voordele daarvan beskikbaar sal wees aan alle rolspelers en belanghebbendes.

Die skaal waarop die projek aangepak word vereis noodwendig samesprekings met  belanghebbendes, vir welke rede TLU SA ‘n kommunikasieplan sal daarstel en fasiliteer waaruit insette verkry en verwerk sal word.
“Lede word aangemoedig om aktief deel te neem aan die uitdagende, maar konstruktiewe groeiproses wat vir ons voorlê,” sê mnr. Meintjes. 

Meer inligting oor die vordering en vooruitsigte van die projek sal deurgaans versprei.

Besoek gerus die volgende platforms vir meer inligting:

 

VEILIGHEID

Landelike Beveiligingskoördineringsforum

saps

Die 53 moorde wat vanjaar deur TLU SA en Agri SA aangeteken is, in vergelyking met die 54 wat verlede jaar voorgekom het, is onrusbarend en kan nog styg tot die einde van die jaar. Daar is vanjaar reeds 383 plaasaanvalle aangeteken, teenoor die 394 van 2018. Dit is aanduidend van die misdaadrisiko waaraan boere en plaaswerkers daagliks blootgestel is.

Beide organisasies se veiligheidstrukture is ten gunste van die vestiging van ‘n Landelike

Beveiligingskoördineringsforum om samewerking en eenheid oor landelike veiligheid binne die hersiene Landelike Beveiligingstrategie te bevorder. Die forum sal ook ‘n rol speel in die koördinering van ‘n eenvormige standpunt en/of beleid oor landelike veiligheid en samewerking tot op grondvlak bevorder. Aangesien veediefstal die grootste misdaadbedreiging vir veeboere is, sal die Veediefstalvoorkomingsforum deel van die Veiligheidskoördineringsforum wees.

Die naderende feestyd bied geleenthede aan misdadigers om toe te slaan op niksvermoedende mense. Dit is daarom noodsaaklik dat die boerderygemeenskap hulle paraatheid sal opskerp en voortdurend waaksaam sal wees. Beide organisasies het ‘n dringende beroep op die polisie gedoen om in hulle beplanning vir die feestyd ‘n verskerpte poging aan te wend om die landbougemeenskap te beskerm, deur verhoogde sigbare polisiëring en deur misdaadvoorkomingsoperasies.

Die volgende goeie gewoontes ten opsigte van veiligheid gedurende die feestyd behoort ernstig oorweeg te word:

  • Die grondeienaar moet die protokol vir plaastoegang toepas en op sy regte as eienaar van sy plaas staan. Pas effektiewe toegangsbeheer toe en wees altyd bewus van wie jou plaas besoek;
  • Grondeienaars moet betrokke raak by hulle plaaslike georganiseerde landboustrukture en plaaswagte;
  • Maak seker dat alternatiewe kommunikasiemiddele soos radio’s beskikbaar is vir noodkommunikasie tydens krag- en selfoononderbrekings;
  • Vermy sover moontlik die verkoop van plaasprodukte direk van die plaas, veral noudat bek-en-klouseer sy kop uitgesteek het. Dit het die lewens van talle boere reeds gekos, soos die onlangse skietdood van die boer van Wolmaranstad, waar misdadigers onder die voorwendsel om skape te koop, die boer koelbloedig doodgeskiet het. In ‘n voorval in Clocolan is ‘n boer ernstig aangerand deur voornemende veekopers;
  • Maak seker dat behoorlike kontrole uitgeoefen word oor landbou-insette en -toerusting en dat dit in die nag behoorlik toegesluit word;
  • Maak seker van die beskikbaarheid van regsverteenwoordiging en watter staatsaanklaers beskikbaar is;
  • Wees daarop bedag dat veediefstal in die tyd mag toeneem, tel jou vee gereeld en wees bewus van waar jou vee wei;
  • Wanneer jy op vakansie gaan, maak seker dat waardevolle besittings soos onder andere vuurwapens, veilig geberg is; en
  • Maak besoekers deel van jou veiligheidsbeplanning, sodat hulle ten volle ingelig is hoe om in ‘n noodsituasie op te tree.

Geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat ‘n plaasaanval of misdaad nie sal plaasvind nie, maar dit kan ‘n aanval vertraag of bemoeilik en inwoners die geleentheid gee om alarm te maak. ‘n Beroep word op die landbougemeenskap gedoen om in die tyd hulle vlakke van paraatheid en veiligheid te verhoog en die basiese beveiligingmaatreëls soos huis- en haardbeskerming, streng toe te pas. Meld alle verdagte optrede en -persone by jou naaste polisiestasie aan. Goeie kommunikasie met die plaaslike polisie is noodsaaklik en moet gehandhaaf word.

 
DANKIE
 

tlu

Dankie is ‘n klein woordjie, maar tog met so baie bedoeling en betekenis.

Aan die einde van 2019 wil ons graag baie dankie sê aan elke lid wat gehelp het om ‘n verskil te maak. Die afgelope jaar het ons reeds meer as 2 275 nuwe ondersteuners bygekry.

Dit was ‘n spanpoging van elke ambassadeur wat help bou het aan ons beeld van begrond, standvastig, toekomsgerig en konsekwent in belang van landbou en sy toekoms. 

Gewis ‘n trotse beeld waarop ons die toekoms kan aanpak.

VELDTOGTE & AKSIES
Droogte

TLU SA het in Desember ‘n veldtog bekendgestel waarmee die regering versoek word om droogtehulp sonder voorbehoud aan boere te verskaf.

“In gebiede soos Fraserburg in die Karoo (Noord-Kaap), waar die droogte al vir drie jaar lank knel, is die situasie reeds by kritiek verby,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Uit die Graaff-Reinet, Murraysburg en Aberdeen-omgewing kry ons boodskappe wat smeek vir weiding vir beeste, skape en bokke. Daar is so te sê geen weiding in die veld oor nie.

“Ons verneem elke dag persoonlik hoe verskriklik swaar dit met ons boere gaan – sommige boere is so moedeloos dat hulle hulle eie lewens neem. Die droogte dwing boere om hulle brandmaer vee te slag omdat hulle eenvoudig nie meer vir hulle voer het nie en die diere ly. Saaiboere sit met opgehoopte skuld en finansierders wat in hulle nekke blaas, omdat hulle in sekere streke die afgelope vyf jaar geen noemenswaardige oeste kon maak nie. Implemente moet verkoop word om net aan die lewe te bly. “Maar steeds word daar nie rampgebiede verklaar nie en word droogtehulp net selektief, meestal aan opkomende boere, gebied. Dit is onaanvaarbaar en wreed.”

Met die veldtog word die regering versoek om – soos die droogte – nie te diskrimineer wanneer dit by droogtehulp kom nie. Suid-Afrikaners kan deur die veldtog ook bydra om TLU SA se Droogtefonds, wat reeds uitgeput is, finansieel te versterk.

TLU SA tree as ‘n middelman op om verskaffers in die waardeketting te vra om die risiko – veral in droogtetye – te versprei sodat die boere die mas kan opkom. TLU SA verskaf ook fondse aan onder meer die koöperasies om droogtepille direk aan boere te verskaf sodat daar nie nog ekstra geld aan vervoer en logistiek spandeer hoef te word nie. Plaaslike boere-unies onder TLU SA se vaandel span kragte saam om voer en selfs kos aan die boeregemeenskappe te lewer.

“Die naweek het ons by Williston in die Noord-Kaap gesien hoe boere kilometers ver staan en wag om voer en kos wat vir hulle gesinne en werkers geskenk is, te ontvang,” sê mnr. Meintjes. “Groot boere staan en huil van dankbaarheid en mismoedigheid. Ons sal aanhou help soos wat ons kan, maar ons het hulp van buite die tradisionele landboustrukture nodig.”

Ondersteun die veldtog deur hierdie skakel te volg: Klik hier/

#BLF

TLU SA het ‘n veldtog bekend gestel om Suid-Afrikaners aan te moedig om kommentaar te lewer teen die wysiging van art. 25 van die grondwet rakende grondonteiening sonder vergoeding.

“Ons uitgangspunt is, en was nog altyd, dat grondonteiening sonder vergoeding ‘n bedreiging tot privaat besitreg is,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Dit regverdig diefstal en sal ‘n noodlottige effek op die Suid-Afrikaanse ekonomie en voedselsekerheid hê.

”Grondonteiening is níé belangriker as kos op die tafel nie.”
Die publiek het net tot Februarie geleentheid om oor die wysigings kommentaar te lewer.

“Die konsepwetgewing oor hierdie wysiging word eenvoudig deur die parlement gestoomroller,” sê mnr. Meintjes. “Tydens die vorige vergadering van die ad hoc-komitee wat deur die parlement getaak is om die proses te bestuur, was dit baie duidelik dat die komitee eerder kyk na hoe die wet gewysig moet word as om die gevolge van die wysigings te oorweeg.

“Dit is vir ons baie verdag dat die kommentaartydperk grotendeels oor die feesseisoen val. Dit lyk asof die ANC-regering wil verseker dat so min as moontlik mense teen die konsepwet kommentaar lewer.”

Die veldtog sal dit vir die publiek makliker maak om besware aan die komitee te stuur.

Suid-Afrikaners kan kommentaar lewer deur die volgende skakel te volg: Klik hier