pitkos header
Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Oktober 2019
WAT GEBEUR BY TLU SA

Belangrik om te weet

Kongres 2019

kongres

Ons wil graag ‘n woord van dank uitspreek teenoor elke lid wat vanjaar die kongres bygewoon het, veral diegene wat hul weg oopgesien het om ook Dag Twee by te woon.

Die terugvoer wat ons ontvang is baie positief. Uiteraard is daar enkele aspekte wat uitgelig is waarop verbeter kan word en dit sal in die toekomstige beplanning in ag geneem word. Die vier noordelike streke se leiers, sowel as die president en adjunk-president is tydens die kongres eenparig herkies. Die ander streke verkies hulle leiers tydens die onderskeie streekskonferensies. Ons wens al ons leiers geluk en sterkte toe.

Die uitvoerende komitee gaan binnekort al die insette tydens ‘n strategiese werksessie verwerk. TLU SA pak die realiteite van die tyd vanuit ‘n vaste beginsel-grondslag aan om ‘n toekoms vir ons lede te verseker.

Borge en vriende van TLU SA

kongres

Die instansies wat deur die jare na TLU SA uitgereik en as borge by die kongres betrokke geraak het, het vir ons al vriende geword. Dit is vir ons net so lekker om hulle te sien as ons lede.

Ons wil graag versoek dat lede hierdie instansies ondersteun wanneer hulle in daardie rigting besigheid doen. Dit is billik om hulle ook te oorweeg.

Vanjaar het een van ons goue borge as gevolg van onvoorsiene haakplekke nie betyds voor die kongres hulle borgskap bekend gemaak nie en het hulle dus nie die nodige blootstelling ontvang nie.

Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Pioneer te bedank vir die borgskap wat steeds voortgaan en terugwerkend toegepas word.

Die lys van borge aan wie ons groot dank verskuldig is, word op ons webwerf aangedui.

Kongres Dag Twee

Die waardevolle insette wat uit die sindikaatbesprekings ontwikkel was, is reeds verwerk en sal die aandag van die Dagbestuur en die Uitvoerende Komitee geniet. Die kwessies wat aandag geniet het, betrek veiligheid, onteiening sonder vergoeding, sindikering en/of samewerking tussen landbouers, die energiekwessie en water.

Die uitkoms en toepaslike besluite sal binnekort bekendgemaak word.


Ambassadeurs van landbou

kongres

Soos ons as TLU SA lede optree en standpunt inneem is ons elkeen inderwaarheid ‘n ambassadeur vir die landbousaak.  Ons fokus is baie sterk om op soveel as moontlik plekke in die media ons boodskap uit te dra. 

Op die sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en Instagram word daar gereeld insette gelewer. Deel gerus die insette van TLU SA wyd op verskillende forums ten einde ons boodskap uit te dra.   

Daarmee saam is ons webblad by www.tlu.co.za ‘n saambindende meganisme waarop TLU SA beleef kan word. 
Ons nuwe embleem is reeds gevestig as ‘n saakmakende beginsel entiteit wat met trots vertoon kan word. Dit simboliseer inderdaad beginselvaste mense wat met integriteit optree en wat in die beste belang van landbou se toekoms, keuses maak. Gebruik ons embleem wyd om sodoende ons naam te verstewig en te vestig as daardie rolspeler wat die regte beginsels tafel toe bring sodat ons ‘n toekoms in landbou kan hê.


Groeiende ondersteuningsbasis

kongres

Tydens die kongres is dit aan ons meegedeel dat daar reeds sedert die begin van die jaar meer as 2 000 nuwe ondersteuners by TLU SA aangesluit het.

Dit is verblydend dat ons hierdie ondersteuning ontvang. TLU SA bou vir die toekoms op grond van vaste beginsels – die dividende wat dit oplewer is ondersteuning in die breër samelewing.


Wins of opbrengs?

kongres

Die kwessie rondom boer vir opbrengs of wins, het soms meer toeligting nodig.

Uiteraard is ‘n goeie opbrengs altyd ‘n goeie ding, maar daar moet dan gekyk word teen watter koste. Om as saaiboer te begin by jou grond en dan optimum produksie na te jaag, is die norm.

Dit is wel belangrik om seker te maak dat dit ook optimum wins moet wees. 

Dr Gawie du Toit en ‘n span kundiges het oor jare navorsing gedoen om te bepaal waar balans benodig word om volhoubaarheid na te streef. Met die plantseisoen wat op hande is kan dit goed wees om met hom in gesprek te tree en te kyk in hoe ‘n mate ‘n verskil in wins gemaak kan word. Skakel hom gerus by 083 630 1330.  


Waterkomitee vergadering

dws

'n Eerste vergadering met verteenwoordigers van die Departement van Water en Sanitasie het op 6 September plaasgevind. Tydens die vergadering is opsies om die bestaande dooiepunt in terme van die verklaarde dispuut op te los, ter tafel gelê. Die departementele afvaardiging was bereid om opsies te oorweeg en ‘n werksessie is vir 1 en 2 Oktober by TLU SA se hoofkantoor belê.


Netwerk van besighede in Israel

Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder, was op 26 September ‘n gas tydens ‘n funksie by die Israelse ambassadeurswoning. Tydens die geleentheid is beklemtoon dat die Israeli’s sterk fokus op  die ontginning van ekonomiese geleenthede en tegnologie wat in verskeie velde – spesifiek landbou – van groot waarde sal wees.

'n Lys van die Israeliese maatskappye wat in Suid-Afrika besigheid doen sowel as van die ander wat graag hier wil bande bou, is beskikbaar om by hierdie skakel af te laai.


Veevoer- en Kunsmiswet

Die openbare deelname-proses oor wysigings aan die Veevoerwet asook die Kunsmiswet word in Oktober regoor die land deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Plaaslike Ontwikkeling aangebied.
Die publiek, relevante bedrywe, boere, akademici en ander rolspelers word genooi om deel te neem aan die openbare werksessies oor dié wette.

SAMEWERKING & GELEENTHEDE

‘Business How To’ deel van die Finansiële Welstand Lessenaar

saps

Om in vandag se ekonomiese klimaat en politieke uitdagings te oorleef en te groei is effektiewe bestuur van jou besigheid krities belangrik. Ten einde besigheidsdoelwitte te behaal, vereis deeglike beplanning, organisering, kontrole en monitering van alle besigheidsaktiwiteite.

Goeie bestuur dra by tot effektiewe aanwending van bronne, vervul ondernemings aan belangegroepe, verleen kompeterende voordeel en verhoog langtermyn volhoubaarheid.

Effektiewe bestuur moet deel vorm van noodsaaklike prosesse en daaglikse beplanning in jou besigheid. 
“Business How To” (BHT) bied aan vandag se besige boer / sakeman ‘n een-stop diens wat die totale landboubedryf insluit, asook ‘n volledige handleiding oor hoe om jou besigheid effektief te bestuur. 

Ons bied ‘n spesiale jaarlikse ledegeld van R480 per TLU lid.

Besoek hierdie skakel vir meer inligting.

Gebruik hierdie skakel om dadelik aan te sluit, of skakel Gerrie Strydom by 083 454 5129 vir meer besonderhede.

TLU SA Spaar- en Krediet Koöperasie

kongres

Tydens die kongres is die voorneme om ‘n TLU SA Spaar- en Krediet Koöperasie vir finansiering vir ons eie lede daar te stel, bekend gemaak.

Ons het reeds tydens die kongres die 200 moontlike nuwe lede gewerf wat benodig was om die bal aan die rol te sit.

Ons het kundige persone uit die koöperatiewe bankwese wat ons met die ontwikkeling van die instelling gaan bystaan en ondersteun.

Indien daar nog enige TLU SA-lede is wat graag wil lid word van die te stigte Koöperatief moet die vorm ingevul en aan sekretaresse@tlu.co.za gestuur word.  

Persone wat wil lid word moet ten minste vyf aandele van R100 opneem. Fakture sal sodra die struktuur gevestig en die bankrekening geskep is, aan voorgenome lede gestuur word.  

 

VEILIGHEID

Gesprek met die SAPD

saps

n Opvolggesprek met die Nasionale Kommissaris wat vir 10 September geskeduleer was, moes noodgedwonge uitgestel word aangesien die Kommissaris na Kaapstad ontbied was vir die bekendstelling van die jaarlikse Misdaadverslag. Tans word bevestiging van ‘n opvolggesprek met hom en sy adjunkte afgewag.

SAPD Landelike Veiligheidstrategie

Die bekendstelling van die SAPD se opgedateerde Landelike Veiligheidstrategie is vir 11 Oktober in Limpopo geskeduleer. TLU SA se streekskantoor in Pietersburg is tans betrokke by die reëlings en dit word vertrou dat die nuwe strategie aan verwagtinge sal voldoen.

Veiligheidskomitee

Veiligheidskomitee

Die Voorsitter van die Veiligheidskomitee het goedgekeur dat ‘n uitnodiging aan die TLU SA Jongboere gerig moet word om ‘n lid te identifiseer wat voortaan die belange van die Jongboere in die Veiligheidskomitee kan bevorder. Hopelik sal dit bydra om die belangrikheid van landbouveiligheid verder uit te dra.

Veiligheidsinformasie

Danksy die hulp van ‘n voormalige kollega, is TLU SA besig met die ontwikkeling van ‘n afstandsgebaseerde opleidingsbenadering wat van hulp behoort te wees om op plaaslike vlak beskikbare informasie te identifiseer, in te win en te orden wat hopelik sal bydra om 'n volledige prentjie van aktiwiteite in die verantwoordelikheidsgebied saam te stel. 

 

HULP EN VERSTERKING

Droogtehulp deur Traumafonds

droogte

Die mees effektiewe manier vir weldoeners om droogtegeteisterde boere te ondersteun, is om fondse aan die TLU SA Traumafonds te skenk.

Die fondse word so gekanaliseer dat boere in nood by hulle plaaslike verskaffers kan aanklop vir droogtepille en diesel, waarna die Traumafonds die koste sal dek.

Vervoer van skenkings word ook altyd benodig.

Boere in nood en donateurs kan sekretaresse@tlu.co.za kontak om reëlings te tref.

Die TLU SA Traumafonds is ‘n geregistreerde Art.18A-organisasie, wat beteken dat daar ‘n belastingvoordeel vir skenkers is.

 
VELDTOGTE & AKSIES
Rooivlae-veldtog

Die omstrede Grondpaneelverslag sal nie net verreikende gevolge op landbou hê nie, maar ook op enige ander grondeienaars in die land. TLU SA het besef dat die algemene publiek onbewus is van die implikasies wat die implementering van die voorstelle in die verslag op hulle eiendom kan hê.

TLU SA bou reeds ‘n geruime tyd aan die TLU SA Eiendomregsfonds wat hoofsaaklik aangewend sal word vir hofsake rondom grondonteiening.

Die Rooivlae-Veldtog is bekendgestel waardeur die publiek aangemoedig word om hierdie fonds te ondersteun.
Vir meer inligting oor die Rooivlae Veldtog, besoek die webblad hier.

#BLF

‘n Brief is gerig aan die Dirtekteur Openbare Vervolging met die versoek dat TLU SA binne veertien dae terugvoer verlang oor die stand van die aanklag teen en vervolging van die leier van die BLF, Andile Mngxitama na aanleiding van sekere uitsprake wat in die opinie van TLU SA blatante haatspraak verteenwoordig.

Ondersteun gerus die veldtog by hierdie skakel.