Nuutste verklarings

Lede voordele

TLU SA het verskeie dienste spesifiek vir lede op die been gebring om te verseker dat ons lede volhoubaar kan boer met al die nodige ondersteuning.

Klik op enige van hierdie prentjies om meer te sien.

In 'n neutedop

TLU SA het verskeie dienste spesifiek vir lede op die been gebring om te verseker dat ons lede volhoubaar kan boer met al die nodige ondersteuning.

Pitkos

Lees meer

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.

Aksies

Lees meer

TLU SA bemoei ons met die totale lewenstog van ons lede, want kommersiële boere is die spilpunt van landbou en die land se ekonomie. Ons stuur ons gereeld aksies van stapel wat kommersiële boere en ons verbruikersvriende kan beïnvloed.

Komitees

Lees meer

Om te verseker dat TLU SA aandag skenk aan alle aspekte wat ons lede en verbruikers raak, het ons verskeie vaste komitees geskep waar kundiges raad en insette gee en aksies van stapel stuur. Dit word verdeel in Arbeidsake, Eiendomsreg, Ekonomiese volhoubaarheid, Omgewingsbestuur, Plaaslike regering en Veiligheid.

Samewerkingsooreenkomste

Lees meer

TLU SA sluit samewerkingsooreenkomste met bondgenote en potensiële bondgenote in verskeie sektore om sy beleid, standpunte, en strategiese vermoëns te versterk om as ‘n vesting vir die kommersiële boer diensbaar te bly in die landbou.

Strukture

Lees meer

Affiliasies word betrek op grond van hul beginsels, vermoë en standpunte en is gefokus op spesifieke sake. TLU SA is voortdurend besig om met alle affiliasies gesprek te voer oor die volhoubaarheid van landbou.

TLU Koöperasie

Lees meer

TLU SA wil graag die boer en die verbruiker nader aan mekaar bring en daarom het ons Plaasvars op die been gebring om dié twee makliker bymekaar te bring. En vir die boer of boer-in-die-hart wat daarvan hou om spoggerig te lyk het ons die TLU SA Klerewinkel.

Sosiale media

Facebook

Cover for TLU SA
19,811
TLU SA

TLU SA

Die vesting van die kommersiële boer in Suid-Afrika.

6 days ago

TLU SA
𝗪𝗲𝗲𝗸𝗹𝗶𝗸𝘀 𝘂𝗶𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗪𝗼𝗼𝗿𝗱Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,PSALMS 104:14 ... See MoreSee Less
View on Facebook

6 days ago

TLU SA
Danie de Villiers, TLU SA se nuwe bestuurder vir die Wesstreek, gesels 'n bietjie met Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Welkom, Danie! Ons is opgewonde oor die tyd wat voorlê. #TLUSA ... See MoreSee Less
View on Facebook

TikTok

YouTube