MEER OOR DIE TLU
TLU SA ondersteun en praat namens boere. Sedert 1897

TLU SA het nog altyd die boer se standpunt aan die regering verkoop. Nooit die regering se standpunt aan die boere nie. Ons praat nie vir die boere nie – die boere praat self. Daarmee saam is TLU SA se krag op grondvlak – daar waar dit vir die boer regtig saak maak in sy dag tot dag oorlewing.

Landbou in Suid-Afrika is gekompliseerd met die dat ons in vergeleke met ander lande as ‘n marginale landbou-omgewing beskou word. Die onseker beleidsomgewing wat deur die ANC-regering geprojekteer word vererger die situasie.

Daar is drie aspekte waarop TLU SA tans fokus wat noodsaaklik is om stabiliteit te verkry.

Eerstens die veiligheid van die boere en hul naasbestaandes en werkers op die plase. Die werklikheid is dat die regering grootliks beheer verloor het oor die veiligheid van die inwoners van die land. Die veiligheidskomitee is gevestig waar daar realistiese en haalbare planne geïmplemteer word om na ons eie veiligheid om te sien. Verskeie ander instansies het op die TLU SA model voortgebou.

Verder is die onsekerheid oor eiendomsreg wat baie duidelik met ‘n politieke agenda geskep word vir geen belegger positief nie. Landbou kan nie gedy onder sulke onseker omstandighede nie en TLU SA is deurlopend besig om nie die ANC se glybaan na sosialisme te ondersteun nie, maar klem te plaas op daardie beginsels wat nodig is om seker te maak dat landbou sal leef.

Derdens het die boer op die plaas onder uiterste ekonomiese druk gekom om verskeie redes waarvan die uitmergelende droogte in groot dele van die land seer sekerlik die grootste rede is. TLU SA het op 6 Desember 2018 ‘n volhoubaarheidskonferensie gehou waarna ‘n komitee begin werk het aan ‘n manier hoe daar gekyk moet word om die risiko nie hoofsaaklik op die produsent alleen te plaas nie, maar om dit te verskans en te versprei.

TLU SA het deur al die jare daarby gestaan dat die rol van die familieboerdery die basis vorm van landbou en dat dit juis hul bydrae in die landelike omgewing is wat werk skep en die plattelandse dorpe laat leef.

TLU SA dra die laaste aantal jare die boodskap uit dat dit tyd is vir saamstaan. Dit kan net gedoen word saam met mense en instansies wat uit innerlike oortuiging dieselfde ideale nastreef. Die regte beginsels moet uiteraard nagestreef word en is die waardes wat TLU SA sedert sy ontstaan gevestig het steeds daardie waardes wat in belang van elke boer is. Dit word in die Manifes en die Grondwet uiteengesit.

Die belangrikste hiervan is steeds die vaste geloof in God Drie-enig soos geopenbaar in sy Woord die Bybel.

Daarmee saam staan TLU SA vir die beskerming van eiendomsreg en die feit dat die markkrag beginsel bepalend is in prysvasstelling.

struktuur

Ons praat nie vir die boere nie – die boere praat self. Maar omdat die boerderybedryf baie arbeidsintensief is, het ons strukture geskep om kommunikasie te vergemaklik.

Kongres
Bestaande uit

  • President (Verkies tydens Kongres)
  • Adjunk-president (Verkies tydens Kongres)
  • Streekvoorsitters (Verkies tydens Kongres)
  • AR-lede (insluitend DLU/BU Voorsitters / Nas komitee voorsitter)
  • BV verteenwoordigers (1 per BV)
  • Tweede DLU verteenwoordiger
  • Verteenwoordigers Geaffilieerde Bedryfsorganisasies
  • Verteenwoordigers Geaffilieerde Landboumaatskappye

Algemene Raad
Bestaande uit

  • UK-lede
  • Voorsitters DLU’s/BU’s
  • Voorsitters Nasionale komitees
  • Verteenwoordigers Geaffilieerde Bedryfsorganisasies
  • Verteenwoordigers Geaffilieerde Landboumaatskappye

Uitvoerende Komitee
Bestaande uit

  • President
  • Adjunk-president
  • Streeksvoorsitters
  • Nasionale Komiteevoorsitters

Streek
Bestaande uit

  • Streekvoorsitter (verkies by Kongres)
  • Streek Algemene Raad
  • Streek Uitvoerende Komitee
  • Streek Dagbestuur
DLU/BU  struktuur 
Algemene raad
Bestaande uit
  • DLU/BU Voorsitter
  • DLU/BU Vise-voorsitter
  • Uitvoerende Komitee
  • Kommoditeitsvoorsitters
  • Add lede soos deur AR bepaal
Uitvoerende Komitee:
Bestaande uit
  • DLU/BU Voorsitter
  • DLU/BU Vise-voorsitter
  • Verkose Dagbestuurslede
  • Voorsitters
Dagbestuur
Bestaande uit
  • DLU/BU Voorsitter
  • DLU/BU Vise-voorsitter
  • Verkose lede
BV Struktuur 
Dagbestuur
Bestaande uit:
  • BV Voorsitter
  • BV Vise-Voorsitter
  • Verkose lede
Algemene vergaderings
Bestaande uit
  • BV Voorsitter
  • BV Vise-voorsitter
  • Dagbestuur en alle lede van BV
bestuur

Die leierskap van TLU SA word jaarliks op die Kongres, wat normaalweg in September plaasvind, verkies.



HOOFKANTOOR
Mnr. Louis Meintjes : President

President

Mnr. Louis Meintjes

082 461 7262 meintjes.louis@gmail.com
Mnr. Henry Geldenhuys : Adjunk-President

Adjunk-President

Mnr. Henry Geldenhuys

083 560 1273 henryg@homemail.co.za
Mnr. Bennie van Zyl : Hoofbestuurder

Hoofbestuurder

Mnr. Bennie van Zyl

082 466 4470 hb@tlu.co.za
Genl maj Chris van Zyl : Assistent-Hoofbestuurder

Assistent-Hoofbestuurder

Genl maj Chris van Zyl

072 716 9299 dienste@tlu.co.za


Natal
Mnr. Herman de Wet : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Herman de Wet

082 541 6310 hjdewet1@absamail.co.za
Mnr. Danie du Plessis : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Danie du Plessis

082 929 3347 berodadaan@lantic.net


Noord
Mnr. Henk van de Graaf : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Henk van de Graaf

076 563 3800 vandegraafhenk@gmail.com
Mnr. Drickus Botha : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Drickus Botha

082 774 9287 drickusb@gmail.com


Noord-kaap
Mnr. Wollie Burger : STREEKKOöRDINEERDER

STREEKKOöRDINEERDER

Mnr. Wollie Burger

083 303 7762 wollieburger@lantic.net
Mnr. Gert Cruywagen : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Gert Cruywagen

082 497 0386 gertc10@gmail.com


Oos
Mnr. Nico Uys : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Nico Uys

082 557 2612 hannetjieu@hotmail.co.za
Mnr. Danie du Plessis : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Danie du Plessis

082 929 3347 berodadaan@lantic.net


Oos-Kaap
Mnr. Johan Steyn : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Johan Steyn

072 594 4626 info@patriotboerbokke.co.za


SENTRAAL
Mnr. Wannie Scribante : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Wannie Scribante

083 442 5414 wanniehan@gmail.com
Mev. Lynette du Plessis : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mev. Lynette du Plessis

012 804 8031 sentraal@tlu.co.za


Vrystaat
Mnr. Bertus van der Westhuizen : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Bertus van der Westhuizen

082 336 8569 bertus@heilbronmassey.co.za
Mnr. Gert Cruywagen : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Gert Cruywagen

082 497 0386 gertc10@gmail.com


Wes
Mnr. John Rankin : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. John Rankin

082 700 8106 rankin@webmail.co.za
Mnr. Gert Cruywagen : VERTEENWOORDIGER

VERTEENWOORDIGER

Mnr. Gert Cruywagen

082 497 0386 gertc10@gmail.com


Wes-Kaap
Mnr. Bennie Liebenberg : VOORSITTER

VOORSITTER

Mnr. Bennie Liebenberg

083 366 0247 liebenberg@breede.co.za
geskiedenis

Gedurende die vroeë dae van die Zuid-Afrikaansche Republiek het boere nie eintlik ‘n behoefte gevoel aan ‘n liggaam, soos ‘n boerevereniging, wat spesiaal boerebelange moes behartig nie. Hul griewe is gelug by die veldkornet of landdros en as dit geen uitwerking gehad het nie, by die volksraadslid.

Teen die draai van die eeu het boere se verantwoordelikhede meer geword en die behoefte aan ‘n simpatieke oor van iemand met gedeelde belange het al sterker geword.

Boereverenigings het spontaan begin en stemme vir verteenwoordiging by die regering het oral opgegaan.

Die stigting van die Transvaalse Landbou-unie kan vandag beskou word as die geboortedatum van georganiseerde landbou in Suid-Afrika.

Die Gebou

Deur Edith O’Connor (stigter van die TVLU) se fondsinsameling word die eerste TLU-gebou in Pretoria in 1956 in gebruik geneem. Dit is geleë te Strubenstraat 279, tussen Andries- en Van der Waltstraat.

Die TLU SA Gebou in Silverton, Pretoria is in 1970 voltooi en betrek. Dit is op 23 April 1971 deur adjunk-minister Hendrik Schoeman ingewy.

Vandag huisves die gebou steeds TLU SA se Hoofkantoor-personeel.

Benewens die kantore op die eerste vloer wat deur TLU SA self gebruik word, word die ander kantore uitverhuur aan Camira Accountants & Auditors, Maree Attorneys en TLU SA Welstandslessenaar.

Kantoorspasie op die boonste vloer is beskikbaar om te huur. Vir meer inligting kan Ute by 012 804 8031 gekontak word.

Konferensiefasiliteite

Die Org Wenhold-konferensiesaal word gebruik om TLU SA-funksies aan te bied. Dit is vernoem na die voorsitter van die Boukomitee. Verskeie ander maatskappye maak ook gereeld van die konferensiefasiliteite gebruik.

Die konferensiesaal kan sowat 110 mense gerieflik akkommodeer, en kan teen billike tariewe gehuur word. Die saal het ‘n aangrensende kombuis vir gebruik tydens konferensies en breekware kan bykomend gehuur word.

Kontak Sekretaresse vir meer inligting oor die huur van die Org Wenhold-konferensiesaal by 012 804 8031.

tlu sa beleide

EENHEID IN LANDBOU

Sedert TLU SA (op daardie stadium nog die Transvaalse Landbou-unie) en die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) se paaie geskei het, het die bestuur van TLU SA voortgegaan om uit te reik na ander rolspelers in die kommersiële landboubedryf. Die doel is om ‘n gesamentlike standpunt oor landbousake in te neem.

Hoewel die sukses van hierdie pogings in die verlede gewissel het, hou TLU SA vol in die strewe na eenheid onder en vir die belange van kommersiële boere.

Sekere uitgangspunte geld vir enige inbinding om voort te gaan:

  1. Dit moet ‘n beginsel inbinding wees;
  2. Die kommersiële boer se beste belang moet voorop gestel word;
  3. Georganiseerde landbou kan op geen wyse toelaat dat dit ‘n politieke naprater van enige politieke party word nie;
  4. Daar moet ‘n gesonde afstand van die regering van die dag gehandhaaf word;
  5. Die organisasie (georganiseerd) is ‘n middel tot ‘n doel. Dit mag nooit toegelaat word dat die organisasie die doel word nie;

‘n Kommersiële landbou-organisasie se doel moet wees om te poog om kommersiële boere in veiligheid, volhoubaar op hul grond te hou.  Die krag van kollektiewe bedinging skep juis daardie vermoë.

VEILIGHEID

Die status quo is onaanvaarbaar.

Moord, aanranding, verkragting, roof, diefstal (insluitend vee- en wilddiefstal), brandstigting, betreding, onwettige grondbesetting en intimidasie duur voort nadat die Kommandostelsel uitgefaseer is.

Die Sektorpolisiëringstelsel is nie na behore geïmplimenteer nie. Dit bied nie vir landbouers ‘n geloofwaardige alternatief nie. Gevolglik versleg die situasie met betrekking tot landelike veiligheid nog meer.

Die negatiewe invloed van die Wet op die Beheer van Vuurwapens verswak enersyds die weerbaarheid van boere terwyl dit andersins ‘n onaanvaarbare ingryping in privaatbesit impliseer. Die koste verbonde aan die hernuwing van vuurwapenlisensies en wat daarmee gepaardgaan, is ewe onaanvaarbaar.

TLU SA aanvaar dat wettige en verantwoordelike eienaarskap van vuurwapens ‘n kritiese element van privaat besitreg is.

Daarbenewens het landsburgers die reg om lewe en eiendom teen bedreiging te beskerm. Gevolglik ag TLU SA die Wet op die Beheer van Vuurwapens as ‘n aantasting wat beide privaatbesit en persoonlike veiligheid bedreig.

Gevolglik sal TLU SA alle legitieme optredes oorweeg om eienaars van gelisensieerde vuurwapens in staat te stel om hul wapens te behou.

Die voorgeskrewe maatreëls wat die aankoop en lisensiëring van nuwe vuurwapens bepaal, word as onprakties, duur en omslagtig geag. Gevolglik sal TLU SA alle opsies oorweeg en toepas om die proses tot so mate te beïnvloed, dat verdienstelike aansoekers nie negatief daardeur beïnvloed sal word nie.

Ander implikasies

As gevolg van swak polisiëring, word boere gedwing om teen eie koste veiligheidsmaatreëls te tref. Uitgawes in hierdie verband kan nie by produkpryse ingewerk word nie.

Onvoldoende grensbeheermaatreëls lei tot ‘n gevaarlike toename in onwettige vreemdelinge en dieresiektes.

EKONOMIESE VOLHOUBAARHEID

Talle nuwe wette en regulasies het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die landbousektor. In die meerderheid van gevalle, is hierdie nuwe maatreëls eensydig in werking gestel sonder dat die landbousektor sinvolle insette kon lewer. Landbouers is prysnemers, en elke addisionele koste wat produksie beïnvloed, is in werklikheid vir die produsent se eie rekening aangesien dit nie deur die prysstruktuur geabsorbeer kan word nie. Die impak van die volgende aspekte het ‘n wesentlike negatiewe uitwerking op die ekonomiese volhoubaarheid van landbou:

Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004) asook Strukture wet (Wet 117 van 1998)

Ongeag die persentasie heffing, sal boere aan addisionele uitgawes onderwerp word – in baie gevalle vir dienste wat in ieder geval nie in die landelike gebiede gelewer word nie.  Hierdie wet word deur die boere in die algemeen as onaanvaarbaar ervaar. Die invloed van addisionele belastings op produksiemiddele (grond) is uniek in al die ekonomiese sektore.  Voorts verteenwoordig dit ‘n koste element wat nie by produkpryse gevoeg en sodoende verhaal kan word nie.

Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998)

Hierdie wet impliseer reeds ‘n element van onteiening en onderwerp die boer aan belastings wat voorheen nie betaalbaar was nie. Vir alle praktiese doeleindes is al die water in die land reeds genasionaliseer. TLU SA se standpunt is dat daar slegs betaal word vir die lewering van hoë kwaliteit en volhoubare dienste. Tot tyd en wyl die tersaaklike infrastruktuur daargestel word, sien TLU SA nie sy weg oop om die departement te subsidieer om infrastruktuur te ontwikkel nie.

Wet op Minerale en Petroleum Ontwikkeling (Wet 28 van 2002)

Ou Orde Reghouers het minder as een jaar gehad om hul prospekteer- en mynregte op te neem anders verval sodanige regte. Gevolglik verloor die huidige eienaar ook potensiële inkomste. TLU SA ag die toepassing van die Mineralewet as konstruktiewe onteiening. Gevolglik trag die organisasie daarna om die individu se eiendomsreg te beskerm en te verseker of om alternatiewelik, markverwante vergoeding vir elke eienaar van mineraleregte te verseker. Die voorgeskrewe proses om mineraalregte te behou, is ingewikkeld en as sulks kompliseer dit die proses. In die praktyk is die proses nie haalbaar nie.

PLAASLIKE OWERHEDE

TLU SA onderskryf die uitgangspunt dat daar verskillende gesagdraende liggame (regeringsvorme) is, naamlik die van die individu, die gesin, die kerk en kultuur, en burgerlike gesag.

Alle gesag van die staat is afgeleide gesag en plaaslike owerhede kan nie anders optree as deur gesag wat wetlik van hoër regeringsinstellings afgewentel word nie.

Die plaaslike owerheid het daarom ‘n aanspreeklikheid teenoor die hele gemeenskap, en nie net teenoor die regerende politieke party nie, om die reg te handhaaf en kriminaliteit te straf, onpartydig op te tree in regsake, ’n vrye en veilige omgewing te skep vir produksie in ’n vrye ekonomie, en om tirannie en monopolie te voorkom.

Die plaaslike owerheid het ook die verantwoordelikheid om nie op die terrein van die burgerlike gemeenskap te oortree en dit te wil beheer en bestuur nie, aangesien so ’n optrede die basis van die diktatuur van die party in die gemeenskap is.

TLU SA tree binne regverdige wetgewende gesag op sonder die opgawe van regte om sodoende die kommersiële landbouer se belange te verteenwoordig en te bevestig. TLU SA is by plaaslike bestuur betrokke sonder partypolitieke verbintenis en sal voortdurend as landbou organisasie die bestuur en lewering van dienste moniteer en daarvolgens vir boerebelange optree.

SKAKELING MET OWERHEID EN ANDER LANDBOU-ORGANISASIES

TLU SA benut elke geleentheid om die belange van sy lede aan die owerheid oor te dra. Persoonlike gesprekke met die betrokke minister van Landbou en Grondsake vind elke twee maande plaas. Voorts is TLU SA deurlopend in gesprek met senior amptenare van departemente en organisasies wat die kommersiële landbou beïnvloed.

Tydens die gesprekke is dit TLU SA se uitgangspunt om telkens die kommersiële boer se beste belang voorop te stel in reguit eerlike kommunikasie.

Vind uit hoe ons skakeling tot jou voordeel is. Klik hier

VOEDSELSEKERHEID

Voedselsekerheid is ’n kritieke element van enige staat se strategiese profiel.

Suid-Afrika is in die bevoorregte posisie om tot nou in die binnelandse behoefte te voorsien en waardevolle buitelandse valuta te verdien. Hierdie toedrag van sake is egter in gedrang na aanleiding van vele faktore soos veiligheid, politieke ingryping met betrekking to privaatbesit en oneweredige internasionale kompetisie.

Die versekering van voedselsekuriteit bly ’n primêre verantwoordelikheid van die owerheid en TLU SA eis dat dit gehandhaaf word.

TRANSFORMASIE IN LANDBOU

TLU SA se uitgangspunt oor transformasie in die landbousektor, is dat ekonomiese volhoubaarheid en stabiliteit in die sektor in die belang van almal betrokke, gehandhaaf word.

Die produksie van voedsel en vesel, asook die verdienste van buitelandse valuta moet nie nadelig deur die proses beïnvloed word nie.

Die staat het die verpligting om nuwe toetreders na behore te bemagtig met inbegrip van redelikheid en winsgewendheid sonder dat ander deelnemers in die sektor met hierdie verantwoordelikheid belas word.

Waar daar van mentorskap gebruik gemaak word, moet sodanige betrokkenheid en oordrag van kundigheid op ‘n vrywillige basis geskied sonder dat die finansiële situasie van mentors benadeel word.

Die proses se sukses tot hede, moet geëvalueer word.

EKONOMIE EN VRYEMARK

Die benadering om landbou se rol in die ekonomie te meet aan die bydrae wat gemaak word tot die bruto binnelands produk (BBP) is tegnies korrek. Aspekte wat egter ook in ag geneem moet word indien die rol van landbou in die ekonomie verreken word is:

  1. Die strategiese waarde wat voedselsekuriteit vir ‘n land teweeg bring;
  2. Die rimpeleffek deur die res van die ekonomie indien primêre kommersiële landbou tot stilstand kom of selfs net ‘n redelike insinking beleef kan moeilik bereken word.

Aspekte wat maklik uit die oog verloor word indien landbou se rol in die ekonomie verreken moet word is onder meer die volgende:

  1. Die rol wat gespeel word om die landelike gebiede te stabiliseer;
  2. Die instandhouding van die plattelandse besighede as gevolg van landbou se ekonomiese inspuiting;
  3. Werksgeleenthede wat geskep word;
  4. Die invloed op alle insetverskaffers indien hul produkte nie meer aangekoop word nie.

Die owerheid se taak is om ‘n klimaat te skep waarin die ekonomie kan gedy. Enige verantwoordelike regering sal die waarde en belangrikheid van landbou in die totale ekonomie besef en seker maak dat die speelveld sodanig gelyk gemaak word dat kommersiële landbou oor ekonomiese redes in stand gehou sal word.

SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

Die proses rondom AgriSEB het sedert die eerste fase – waarby TLU SA nie betrokke was nie – heelwat interaksie teweeggebring.

Met die daarstelling van die Stuur Komitee is TLU SA betrek en is daar deurlopend duidelik standpunt op skrif ingeneem oor die posisionering van TLU SA. Die tekortkominge ten opsigte van die proses en die nadelige effek wat dit op voedselsekerheid gaan hê is telkens uiteengesit.

TLU SA is van mening dat:

  1. Die eise en teikens in die besprekingsdokument nie haalbaar is nie. Nie alleen bedreig dit wettig verkreë eiendomsreg nie, maar dit verdeel ekonomiese eenhede in onekonomiese eenhede. Dit sal lei tot die ondergang van kommersiële landbou;
  2. Verantwoordelikhede van die staat met betrekking tot opvoeding en geletterdheid eensydig gedelegeer word na ‘n ekonomiese sektor wat nie oor die nodige bronne (finansieel en kundigheid) beskik nie;
  3. Die gesag wat aan die Minister van Landbou en Grondsake en gevolglik ook aan die Grondeisekommissarisse verleen word in die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte om sonder behoorlike regsproses, grond te onteien, onaanvaarbaar is;
  4. Die element van dwang wat in die dokument vervat word, onaanvaarbaar is;
  5. Daar haalbare, praktiese en voldoende alternatiewe bestaan om die toetrede van swart boere tot die landbousektor moontlik te maak sonder die toepassing van beide die Wet op die Herstel van Grondregte sowel as AgriSEB. Die benutting van staatsgrond, grond wat op die ope mark beskikbaar is en die beginsel van Gewillige Verkoper – Gewillige Koper sal tot beter resultate asook gesindhede lei.
  6. TLU SA bevorder binne die raamwerk van aanvaarbare wetgewing, die konsep van Breë Basis Ekonomiese Bemagtiging (BBEB) waarin die betrokkenheid van die staat tot ‘n minimum beperk word en die breë basis van ekonomiese bemagtiging deur kundigheid, vermoëns en bestuurbare ekonomiese kragte bepaal sal word.
  7. Die Telkaart-proses en raamwerk ‘n vorm van polisiëring en dwang ten opsigte van SEB is. Dit plaas ‘n verdere administratiewe las op die landbousektor. Gevolglik is dit uiters nadelig vir die diversiteit binne die kommersiële landbousektor. Daarom word die Telkaart nie aanvaar nie.
  8. Daar geen verantwoordelike besluit oor sodanige proses geneem kan word alvorens daar nie wetenskaplik gefundeerde impakstudies gedoen is waarin die gevolge van die proses uiteengesit word nie.