Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Junie 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Ons staan in die sesde maand van 2024. So het die jaar dan nou ook al halfpad verbygevlieg en het daar ‘n paar interessante gebeure plaasgevind. Een daarvan was natuurlik die verkiesing. Ons sit vandag met ‘n nuwe Regering van Nasionale Eenheid. Wat dit alles vir ons inhou, sal ons met tyd sien. Met mnr. John Steenhuisen wat as die nuwe Minister van Landbou aangewys is, glo ons dat hy ‘n nuwe dimensie in landbou vir ons sal bring, mits die regering dit toelaat. Ons is opgewonde oor sy aanstelling en hoop dat dit voordelig sal wees vir boere in georganiseerde landbou.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Die verkiesing is afgehandel en is ons tans in tydperk van onsekerheid oor hoe gaan beleid ontsluit.  In die regering van nasionale eenheid (RNE) is daar groeperinge saamgevoeg wat oor sekere sake radikaal verskil.  Dit bly ’n ope vraag oor hoe gaan beleid dan geformuleer word.  Dit kan teweegbring dat besluite nog langer sal neem om geneem te word en dan natuurlik is daar ook vrae oor die uitvoering daarvan.  

 

2024 JONGBOER-KONFERENSIE BORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die 2024 Jongboer-Konferensie vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

 

Goud

 

 

 

 

Silwer

 

 

Brons

 

 

 

 
 

STANDPUNTE

 

Dringende Oproep: TLU SA eis aanspreeklikheid te midde van toename aan plaasmoorde

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd en hartseer oor die brutale moord op ‘n prominente sakeman en gerespekteerde boer in KwaZulu-Natal op 13 Junie 2024. Hierdie gruweldaad is ‘n tragiese toevoeging tot die ontstellende toename in plaasaanvalle en -moorde wat Suid-Afrika die afgelope twee weke geteister het.

 

Landbou die hoeksteen: TLU SA se oproep aan nuwe ministers

Die landbou-organisasie TLU SA neem kennis van president Cyril Ramaphosa se aankondiging rakende die nuwe kabinetsvorming op 30 Junie 2024. In hierdie uitdagende regeerproses, met uiteenlopende partye en verskille in beleidsbenaderings, is die uitdaging om te sien watter koers die kabinet gaan inslaan in die beste belang van die land se mense.

 

Ope brief aan President

Geagte Mnr. President,

Die toestand in Suid-Afrika, soos u self weet, is beroerd. Misdaad is buite beheer, en ekonomiese groei skep nie die nodige kapasiteit om werkloosheid aan te spreek nie. Infrastruktuur sowel as die instellings wat die publiek moet dien, stotter voort in grootliks oneffektiwiteit. Hierdie is alles aspekte waarvoor die regering die verantwoordelikheid volledig moet aanvaar.

 

Pres. Ramaphosa vra samewerking, dept. van landbou ondersteun onwaarhede, so hoe nou?

Die tema van samewerking en eenheid was deurgaans duidelik in President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens sy inhuldiging op Woensdag 19 Junie in Pretoria. Na ‘n verkiesing waarin geen party ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie, het hy beklemtoon dat samewerking tussen partye nou van die grootste belang is. “Ons verbind ons tot die taak van demokratiese hernuwing, maatskaplike en ekonomiese transformasie sodat niemand agtergelaat word nie,” het hy gesê.

 

Plaasaanvalle en -moorde is terreur en sabotasie

TLU SA verklaar dat plaasmoorde nie langer as misdaad beskou kan word nie, maar terreur en sabotasie.  “Wanneer ‘n boer en sy werkers, of enige onskuldige burger met AK47’s en R4- of R5-aanvalsgewere gejag en koelbloedig geskiet word, besef ons dat dit nie gewone misdaad is nie, dit is ‘n terroriste-aanval en ‘n daad van sabotasie teen die land,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. 

 

ONDERSTEUN ONS

 

Dagboek Die Datum:
4 September 2024 | 2024 Kongres

Dagboek die datum vir ons jaarlikse kongres en dinee op 4 September 2024!

Tema: Landbou móét seëvier

Vir die program en om te registreer, kliek hier.

Goliat van
Gat 2025

 

TLU SA
Groeiprojek

TLU SA het deur die jare silograanleweringsnommers bekend gemaak waar lede, indien dit vir hulle moontlik sou wees, graan kan lewer op TLU SA se nommer.

Ons besef dat vanjaar ‘n uitsonderlike jaar is en dat daar baie boere is wat nie die toue bymekaar gaan kan bring nie. TLU SA het steeds navraag ontvang vanaf persone wat in die posisie is om graan te lewer om die nommers te plaas vir gebruik.

Gegewe hierdie versoeke plaas ons die siolograanleweringnommers weer in Pitkos. Ons het groot begrip en deernis vir baie boere wat vanjaar moet fokus op hulle eie belange en verstaan dat dit nie vir almal moontlik sal wees nie. TLU SA wens vir elke boer sterkte toe in die tyd wat voorlê.

TLU SA silograanleweringnommers:

  • NWK: X170613TLU
  • Afgri: 152622
  • VKB: N3108912

 

Boerdery volhoubaarheid –
‘n Seminaar

Boedelbeplanning, testamente, trusts, finansiële beplanning en meer word by hierdie seminaar bespreek. TLU SA Finansiële Welstandlessenaar is gestig met die doel om TLU SA lede by te staan met persoonlike Finansies.

Opvolg beplanning in ‘n boerdery is van kardinale belang, en dit vorm die basis van ons proses van beplanning. Ons hou op 7 Augustus 2024 ‘n seminaar te Ermelo om lede in die streek by te staan.

Om die seminaar by te woon, voltooi die vorm op ons webblad.

  • 7 Augustus 2024   |  11:00 tot 13:00
  • TLU SA Ermelo (Ermelo Hoërskool)

‘n Ligte middagete sal voorsien word. Beperkte spasie beskikbaar, kontak Retha by vir bespreking.

 

KragDag
Sentraal 2024

Tydens Kragdag wat 8 – 10 Augustus 2024 plaasvind, gaan TLU SA weer ’n patente-kompetisie aanbied. 

Met die landelike veiligheid wat steeds onaanvaarbare afmetings aanneem wil ons versoek dat planne vir tuisgemaakte stelsels wat plaaswerf kan beveilig, voor 8 Augustus 2024  ingestuur word na sekretaresse@tlu.co.za.

 Kaartjies is tans beskikbaar teen 50% afslag op KragDag se webblad: www.kragdag.co.za.

911 Riders by
KragDag Sentraal 2024

Die 911 Riders kom jaarliks by KragDag bymekaar as deel van hulle projek: Gebed vir ‘n Boer. Klik hier vir meer:

 

Jongboer van die Jaar 2024-kompetisie

Inskrywings vir TLU SA se 2024 Jongboer van die Jaar-kompetisie het gesluit.

Plaasbesoeke sal tussen 15 - 19 Julie 2024 plaasvind. Die wenner, naaswenner en derde plek sal  tydens die TLU SA Kongres bekend gemaak word.

Navrae:
Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za
Clemens Senekal by clemens@picrsa.co.za

Ons borge vir 2024 tot dusver:

 

ONS DOEN SELF

 

Suikerbos Distriks Boere Unie

Suikerbos Distriks Boere Unie het vroeg in die plantseisoen reeds vir TLU SA mielies geplant. Woensdagoggend was die eerste stroopdag en TLU SA was teenwoordig. Suikerbos Distriks Boere Unie ontvang borge en donasies vir saad, chemikalieë kunsmis en diesel. Die opbrengs word aan TLU SA geskenk.

Dit was 'n heerlike dag, ons het 'n vleisie  gebraai en lekker saam gekuier. TLU SA het groot waardering vir wat julle vir ons doen.

 

Dispuut: TLU SA en Departement Watersake en Sanitasie

Graag wil ons by wyse van hierdie skrywe vir u inlig oor die saak waarby meeste van ons lede en ook nie-lede betrokke is in terme van die dispuut wat verklaar is met die Departement Watersake en Sanitasie. Soos u bewus is, word hierdie dispuut vir jare uitgerek deur die Departement en daar geen werklike poging is vir ‘n dispuut oplossings meganisme nie.

Advokaat Jan Saunders is ‘n spesialis op die gebied van die Waterwet en Watersake in SA en is sy opinie reeds in September 2016 verkry. ‘n Opvolggesprek is in November 2022 met Adv Saunders gefasiliteer en is die regsopinie weereens bevestig. Verskeie gesprekke was met die Departement geneem in 2023 met die laaste vergadering op 17 Oktober 2023 te Polokwane.

 

Winterseisoen: Die begin van veldbrande

Die brandseisoen is hier en dit is nou tyd om seker te maak dat alle toerusting vir die bekamping van veldbrande in ‘n werkende toestand is.  Lede moet seker maak dat hulle deel is van die brandvereniging in hul omgewing en dat daar aan die nodige reëls voldoen word.  Tref veral reëlings dat arbeid wat in die bekamping van vure ingespan word oor die nodige opleiding beskik en van die nodige veiligheidsklere en -toerusting voorsien is.

Kommunikasie en
standpuntstelling

TLU SA is deurlopend besig om die breër omgewing van standpunte te voorsien oor wat in beste belang van volhoubare landbou is.  Ons kry gereeld versoeke van ‘n verskeidenheid tydskrifte, koerante, radio- en TV-stasies daarvoor, nie net vanuit ons land nie, maar ook internasionaal.  Ons stuur ook maandeliks ‘n internasionale bulletin na elke moontlike adres in die buiteland, na regerings, opposisiepartye en ander rolspelers, om die omstandighede waaronder die Suid-Afrikaanse boer gebuk gaan onder hul aandag te bring.

 

Basiese veiligheidswenke

Hugo Pretorius Smitfield, TLU SA se Nasionale Veiligheidsvoorsitter, deel basiese veiligheidswenke:

  1. ‘n Vuurwapen beteken niks terwyl dit in jou kluis lê nie. As ‘n aanvaller jou of jou gesin skielik in die huis aanval, is daar nie tyd om kluis toe te hardloop nie.
  2. Moenie uitloop om te gaan ondersoek instel as jy ‘n geraas buite hoor nie. Die feit dat jy die behoefte het om te gaan kyk wat aangaan, beteken jy vermoed iets is verkeerd. Ontbied eerder hulp. Gebruik tegnologie soos kameras om te kyk wat buite jou huis aangaan.
  3. Jy kan onmoontlik oorleef as jy altyd alleen wil staan. Word deel van jou plaaslike veiligheidsgroepe en plaaswag.
  4. Proaktiewe aksies is wesenlik vir jou én jou gesin se veiligheid. 

Landbouspore

TLU SA tree gereeld op Landbouspore met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek .

Ons nuutste opnames:

  1. Landbouspore: Veiligheid en plaasaanvalle
    Kyk gerus die video hier
  2. Landbouspore: Skuld en die invordering daarvan
    Kyk gerus die video hier
  3. Landbouspore: NWK 4SURE Makelary
    Kyk gerus die video hier
 

Nuus uit die Vrystaat en Noordwes Streek

Die posisionering van die TLU SA Vrystaatstreek se landboustrukture bring nuwe fokusse op sowel die interne as eksterne funksionering van ons organisasie.

Interne versterking van die ledebasis en uitbouing van sowel die traumafonds as regsfonds geniet daadwerklike aandag. Die nuut aangestelde streeksbestuurder, prof. Andries Raath, en streeksvoorsitter, mnr. Bertus van der Westhuizen, deel die visie van ʼn kragtige streeksorganisasie met besondere klem op die jongboerekomponent. Nuwe inisiatiewe wat in die vooruitsig gestel word, sluit in die loods van die kosmandjieprojek vir armoedeverligting in die landbougemeenskap en insameling van voedselvoorrade vir inwoners van pakkerskampe in die streek. Die Vrystaatstreek se rol in die huidige ekonomiese en politieke klimaat, bring klem op spesifieke prioriteite mee: Samewerking met ander georganiseerde landbou- en bedryfsorganisasies, betrokkenheid by veiligheidstrukture en ondersteuning aan boere wat probleme met bemarking van produkte ondervind.

Samewerking met buite-organisasies het reeds vrugte en medewerking afgewerp met die verkiesing van prof. Raath op die RPO Vrystaatstreek se hoofbestuur en sy aanwysing as streekbestuurder van dié organisasie. Mnr. Hugo Pretorius se rol as nasionale verteenwoordiger van veiligheid neem toe in belangrikheid en mnr. Bertus van der Westhuizen se samesnoering van sowel TLU SA-lede as betrokkenes by gemeenskapsprojekte open moontlikhede van streeksamewerking oor ʼn wye terrein.

Die ondervoorsitter, mnr. Frannie Pieterse, en sy span se jaarlikse suksesvolle kultuurskou te Clocolan en hul uitreik na TLU SA in die Vrystaat, huisves die moontlikheid van projekgerigte samewerking om binne afsienbare tyd ʼn landbou-ekspo by dié gewilde skougeleentheid aan te bied.

Belangstellendes wat meer inligting benodig of wat in lidmaatskap van TLU SA belangstel, kan kontak maak met prof. Raath by die volgende nommers: 078 235 7013 of 079 660 7669.

Sy e-posbesonderhede is: raathandries51@gmail.com of a.raath@tlu.co.za

 

Samewerkingsooreenkoms – TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie

TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie is begerig om met mekaar saam te werk en die werklike behoefte van werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, aan te spreek.

Ter samewerking bied die LWO ‘n praktiese en koste-effektiewe oplossing vir die lede van TLU SA.

TLU SA lede kan nou die LWO basiese pakket teen ‘n verminderde prys verkry. Die pakket het ‘n verpligte aansluitingsfooi van R995.00 en daarna ‘n maandelikse lidmaatskapfooi van R330.00 per lid.

Lede kan die aansoek hier voltooi en ook al die voordele wat die pakket insluit besigtig:

Afrikaanse aansoekvorm: Kliek hier
Engelse aansoekvorm: Kliek hier

Lede kan voltooide aansoeke stuur na Mauritz Lombard by beleid@tlu.co.za

 

Nuus uit die Oos-streek

Die Oos-Streek beplan om al die slagoffers van plaasaanvalle te eer en te herdenk tydens ‘n jaarlikse kranslegging vir vriende en familie van hierdie slagoffers. Ons is tans besig om die inligting van die slagoffers bymekaar te maak. Lede van Mpumalanga word uitgenooi om kontak te maak met die Oos-Streek om seker te maak dat die name van hulle geliefdes op die lys is.

MISDAAD
So word ons ook geteister deur misdaad in ons streke. Dit wil voorkom asof daar ‘n tendens ontwikkel van kriminele wat nou transformators in as geheel steel en nie net die koper dele nie. Ons versoek graag ons lede om sulke insidente aan die streekskantoor deur te gee.

Aktueel met TLU SA

TLU SA reik weekliks ‘n kort video uit waarin Bennie van Zyl, ons hoofbestuurder, gesels oor dinge wat saakmaak.

Die eerste sewe video’s is reeds op YouTube en al ons sosialemediakanale beskikbaar.

Loer gerus hier
 

Sluit aan by Lig in Duisternis Uitgewers se WhatsApp-groep

Lig in Duisternis Uitgewers is 'n vooruitstrewende Christelike uitgewery, gevestig op 'n gereformeerde fondasie, wat streef na die bevordering van Bybelgetroue en behoudende Afrikaanse literatuur in Suid-Afrika en onder Christene wêreldwyd.

Hierdie groep is geskep sodat jy dadelik van enige nuusgebeure, nuwe publikasies, winskopies en ander geleenthede by Lig in Duisternis Uitgewers kan weet. Klik hier om aan te sluit en versprei dit gerus aan alle belangstellendes.

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Junie 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIES