Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Mei 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Gebeurlikheidbeplanning

Suid-Afrika beweeg in ‘n onseker politieke tydperk, en ons versoek lede om seker te maak dat gebeurlikheidsplanne in hulle gemeenskappe in plek is. Selfs na die verkiesing is daar groot onsekerheid oor ekonomiese beleggings of onttrekking van internasionale maatskappye en beleggings.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Meelewing en betrokkenheid is vandag ‘n faktor wat wyd bevraagteken. Met ander woorde, hoe betrokke is mense vandag by hulle organisasies, kultuurverenigings, skole, kerke, sportklubs? Hoe aktiveer mense hulle bepaalde interne proses ten opsigte van dinamika om dit waarby hulle betrokke is, te ondersteun, te benut of uit te brei?

 

2024 JONGBOER-KONFERENSIE BORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die 2024 Jongboer-Konferensie vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

 

Goud

 

 

 

 

Silwer

 

 

Brons

 

 

 

 
 

STANDPUNTE

 

Uitdagings in Suid-Afrikaanse landbou vereis dringende aandag

Landbou-omstandighede in Suid-Afrika het ‘n kritieke punt bereik met wisselende opbrengste as gevolg van droogtes en ander faktore. Suid-Afrika se boere word met ‘n verskeidenheid uitdagings gekonfronteer, droogte teister reeds oor jare heen in verskeie provinsies. Buitengewone hitte-eenhede en die afwesigheid van reën in kritieke tye het die afgelope seisoen nie net somer saaigebiede beïnvloed nie, maar ook die veebedryf. Verder gaan boere gebuk onder ernstige misdaad en swak infrastruktuur.

 

Nuwe TLU SA streekbestuurder: Beginselvaste regskenner

TLU SA kondig met dankbaarheid aan dat prof Andries Raath, emeritus professor in Publieke Reg by die TLU SA-span aansluit as bestuurder van die Vrystaatstreek. Prof. Raath se ondervinding in die regswêreld word hoog aangeskryf en gerespekteer. Hy het in sy loopbaan verskeie publikasies die lig laat sien, maar ook in breër verband sy stempel afgedruk. TLU SA en samewerkende landbou- en ander organisasies gaan gewis baie baat uit prof. Raath se kundigheid as senior professor in administrasie-en konstitusionele reg met betrekking tot wetgewing van toepassing op polisiëring, onteiening en die impak van wetgewing op die verskillende terreine van landbou in Suid-Afrika.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Dagboek Die Datum:
4 September 2024 | 2024 Kongres

Dagboek die datum vir ons jaarlikse kongres en dinee op 4 September 2024!

Tema: Landbou móét seëvier

Vir die program en om te registreer, kliek hier.

Goliat van
Gat 2025

2025 se Goliat van Gat pampoenfees sal op 15 Maart 2025 in Silverton, Pretoria plaasvind en pitte sal weer vanaf begin Mei 2024 beskikbaar wees.

Kontak Mariëtte Minnaar op 012 804 8031 of Henri Combrink op 082 552 9428 | culliboer@gmail.com vir pitte.

 

Jongboer van die Jaar 2024-kompetisie

Inskrywings is oop vir TLU SA se 2024 Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Die sluitingsdatum is 21 Junie 2024 en plaasbesoeke sal tussen 15 - 19 Julie 2024 plaasvind. Die wenner, naaswenner en derde plek sal later vanjaar tydens die TLU SA Kongres bekend gemaak word.

Navrae kan gerig word aan Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za of Clemens Senekal by clemens@picrsa.co.za.

Skryf vandag in!
Inskrywingsvorm: Kliek hier

Ons borge vir 2024 tot dusver:

 

Oppi-Plaas Fees:
15 - 16 Junie 2024

Die Oppi-Plaas Fees vind vanjaar weer in Dullstroom plaas op 15 en 16 Junie 2024.

TLU SA reël die landbou gedeelte en die fees beloof om nog ‘n groter sukses te wees as die vorige jaar.

Moet dit nie misloop nie!

Schildpaddop AVKB Selfbehoudkamp: 17 – 24 Junie 2024

Is jy jonk, behoudend en opsoek na avontuur?

Die Schildpaddop Selfbehoudkamp bied die geleentheid om jou Afrikanerskap op ‘n opwindende manier uit te leef. Die Afrikaner Volkskultuurbeweging (AVKB) reël die Schildpaddop Selfbehoudkamp vir hul lede. Elke volwassene en kind wat op Schildpaddop kamp moet die grondslag, wese, roepingsverbintenis en doelstellings van die AVKB onderskryf.

Kry meer inligting hier.
 

ONS DOEN SELF

 

Die krag van komitees

TLU SA se komiteestelsel bestaan uit ‘n baie dinamiese samestelling, waar lede uit ons eie geledere gekies word volgens ervaring of kundigheid vir ‘n spesifieke komitee. Hierdie komitees is oor jare heen gestig in terreine waar bepaalde probleme ontstaan en waar ‘n komitee opgerig is binne TLU SA om die probleem te analiseer, bespreek en oplossings te vind. ‘n Voorbeeld van so ‘n komitee is die Eiendomsregkomitee waar mense vanuit boerevereniging-, boere-unie-, DLU-, streek en uiteindelik op nasionale vlak aangewys word om op die Eiendomsregkomitee te dien.

 

Beleidstandpunte en -riglyne vir lede se gebruik

As voorstanders van beleidsinisiatiewe binne die landbousektor, erken TLU SA die noodsaaklikheid om standpunt oor dringende sake wat die volhoubaarheid van ons lede direk beïnvloed, in te neem. Sentraal tot ons missie is die behoud van boere se lewensbestaan en die blywende rentmeesterskap van hul grond. Dit is dus uiters belangrik vir ons om omvattende riglyne wat ons lede bemagtig om effektief volhoubare uitkomste na te streef, te skep.
Hieronder is die riglyne wat noukeurig deur ons komitees saamgestel en deur die uitvoerende komitee gesanksioneer is:

  1. Arbeid
    • Riglyne vir verskeie arbeid-sake.
  2. Eiendomsreg
    • Riglyn vir oortreding, betreding en besetting.
    • Riglyn vir die besoek van grafte en oprigting van grafstene.
    • Riglyn t.o.v. die ESTA Wetgewin.
  3. Plaaslike regering
    • Riglyne vir verskeie munisipale kwessies.
    • Riglyne vir ramptoestande / rampbestuur kwessies.
  4. Ekonomiese volhoubaarheid
    • Riglyn vir winsgewendheid.
    • Riglyn vir infrastrukstuur.
    • Riglyn vir ekonomie van skaal.
    • Riglyn oor die minimum loon.
    • Riglyn oor veiligheid.
    • Riglyn oor onteiening sonder vergoeding.
  5. Veiligheid
    • Riglyne vir die gemeenskapveiligheidsplan.
    • Riglyne tydens die verkiesing.

 

Nuus uit die
Noordstreek

TLU SA Noord bied op 21 Augustus 2024 hul konferensie en verkiesing van ampsdraers aan. Loskopvallei Boereunie tree op as gasheer van die geleentheid wat by die saal in Groblersdal sal plaasvind. Die tema is "Verjonk die Platteland".

Ons bring dan verder die Baltimore Boeredag onder u aandag wat op 9 en 10 Augustus plaasvind.

Landbou groete uit die Noordstreek

Nuus uit die
Oos/Natalstreek

PROJEKTE
Oosstreek – Landbougeleenthede in die vooruitsig

Daar is drie heerlike geleenthede wat voorlê in die Oosstreek. Die eerste geleentheid is die TLU SA Oppi-Plaas Landbouskou te Dullstroom wat op 15 en 16 Junie plaasvind. Die Val Boeredag vind op 3 Julie plaas. En die Chrissiesmeer Boerevereniging bied ‘n Knockdu 4x4-dag aan op 3 Augustus 2024.  

GEWASSE
Ons Boere in ons streke is redelik ver gevorder met die stroop van mielies en sojas en alhoewel die opbrengste in sekere gebiede nie so goed soos die vorige jaar is nie, bly ons boere positief.   

MISDAAD
Die Streekkantoor moet ongelukkig hierdie baie sensitiewe saak ophaal. Dit het die afgelope tyd baie vorendag gekom dat daar sommige boere is wie geen of baie min weerstand kan bied sou daar ‘n aanval of situasie op sy plaas ontstaan. Hierdie aangeleentheid moet ernstige, dog dringende aandag geniet en ons doen ‘n beroep op alle landbouers om ernstige aandag hieraan te gee. Niemand is noodwendig gevrywaar nie en die woorde “dit sal nie met my gebeur nie” kan nie gewaarborg word nie.

JONGBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE  2024
Ons is baie trots op ons jongboere want die TLU SA Jongboer 2023 kom uit die Oosstreek. Ons is bevoorreg met ‘n dinamiese groep jongboere en derhalwe moedig ons julle aan om vir die 2024 Jongboer van die Jaar kompetisie in te skryf.

Landbougroete vanuit die Oos/Natalstreek

 

Sluit aan by
DALRRD-projek

Dr Riana Jacobs-Venter bestuur ‘n projek wat op swamme in grond en hul rol in grondgesondheid.

TLU SA lede is uitgenooi om deel te neem aan hierdie projek. Lede wat sou besluit om deel te neem, se inligting is vertroulik en die monsters sal almal net op nommers in die groter datastel ingesluit word. Die projek het ten doel om na die veranderinge wat menslike aktiwiteite (nie net landbou) op grondswamgemeentskappe het, te bepaal. Die projek sluit verskeie metodes van ontleding in, om seker te maak dat die geheelbeeld so volledig en bruikbaar as moontlik is. Die boer kan soveel monsters instuur as wat hy sou wou. Die befondsing is reeds daaroor verkry. ‘n Monster moet uit 5 submonsters bestaan, 15 m uit mekaar en elke monster van landbougrond moet ‘n monster van ‘onversteurde grond’ vir vergelyking insluit.

Indien daar lede is wat belangstel om monster vir ontleding in te stuur, is dr Riana (JacobsR@arc.agric.za) beskikbaar vir navrae.
Die ontleding sluit ‘n swam en nematode profiel asook abiotiese aspekte in.

Landbouspore
 

TLU SA tree gereeld op Landbouspore met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek .

Ons nuutste opnames:

  1. Landbouspore: Veiligheid en plaasaanvalle
    Kyk gerus die video hier:
    https://youtu.be/FxzoGq4L1JA
  2. Landbouspore: Skuld en die invordering daarvan
    Kyk gerus die video hier:
    https://youtu.be/vLNwXY304bA
Landbouspore: NWK 4SURE Makelary
 Kyk gerus die video hier:
https://youtu.be/8qGIsWnuK14
 

“On Trac-Tor” vir Liefdadigheid - 6 Provinsies Trekkerrit

Wêreldrekord trekkerrit 2024
3500KM per trekker vir Charity
Ons 3de jaarlikse “On-Trac-Tor” liefdadigheidstrekkerrit
Begindatum: Sondag 21 Julie 2024 - Sondag 11 Augustus 2023

"21 dae van pure vasberadenheid op 'n Mahindra-trekker"

Doel: Om deur 6 provinsies te ry vir nie minder nie as 3500km km op 'n Mahindra-trekker met sleepwa as deel van ons Pediatric Care Africa "On-Trac–Tor" 2024 liefdadigheidsfondsinsamelingsveldtog.

Ons wêreldrekord trekkerritpoging sal Sondag 21 Julie 2024 om 09h00 by Mahindra Nelspruit begin en Sondag die 11 Augustus om ongeveer 13h00 by Mahindra in Nelspruit eindig.

Sluit aan by die roete vir kort afstande:
Persone wat vir kort afstande by die rit op die roete aansluit vir morele ondersteuning word toegelaat .

Die doel van hierdie rit is drieledig:

  • Om internasionale aandag te vestig op die uiters hoë aantal plaasmoorde en plaasaanvalle in Suid-Afrika aangesien die hele boeregemeenskap in Suid-Afrika geraak word.
  • Om fondse in te samel vir arm kinders wat groter en meer komplekse operasies benodig.
  • Om bewustheid te skep oor die skokkende vlakke van geweld wat voortgaan om kinders se lewens regoor Suid-Afrika te vernietig, met 285 kinders wat vermoor is en 2 707 wat poging tot moord, aanranding of ernstige liggaamlike besering slegs tussen Oktober en Desember 2023 oorleef het. (UNICEF Suid-Afrika).

Hoe kan jy betrokke raak:
Die kinders in ons gemeenskappe het jou hulp nodig en pleit vir jou bystand?

  • Borg ons drywer Dr Andre Hattingh per kilometer wat hy per trekker ry.
  • Maak 'n eenmalige of 'n maandelikse skenking om ons te help om siek en weerlose kinders te help.
  • Skenk diesel vir die trekkerrit.
  • Word 'n vrywilliger by Pediatric Care Africa.

Wêreldrekord “On-Trac-Tor-roete:

  • 21 Julie 2024 Sondag: Nelspruit na Burgersfort via Sabie en Lydenburg R537,
  • 22 Julie 2024 Maandag: Burgersfort na Mokopane (Potgietersrus) via Zebediela R37
  • 23 Julie 2024 Dinsdag: Mokopane (Potgietersrus) via Bela Bela na Thabazimbi R37, R518
  • 24 Julie 2024 Woensdag: Thabazimbi na Magaliesburg via Rustenburg R510 & R24
  • 25 Julie 2024 Donderdag: Magaliesburg na Randfontein R24, R28 (3 ure in Randfontein by Mahindra) na Carletonville R559
  • 26 Julie 2024 Vrydag: Carletonville na Parys via Potchefstroom R501 & R53
  • 27 Julie 2024 Saterdag: Parys na Welkom via Bothaville R59, R30 (Bly oor x 2 nagte) Let wel: Indien nodig om ekstra km's op te bou, ry na Bothaville via Viljoenskroon terug na Welkom om enige moontlike kortval op die totale afstand van die roete te vergoed .
  • 28 Julie 2024 Sondag: Welkom (Rus)
  • 29 Julie 2024 Maandag: Welkom na Bloemfontein via Bultfontein R710 & R700
  • 30 Julie 2024 Dinsdag: Bloemfontein na Trompsburg R706 & R704
  • 31 Julie 2024 Woensdag: Trompsburg na Venterstad via Colesburg R717, R58
  • 1 Augustus 2024 Donderdag: Venterstad na Cradock R390
  • 2 Augustus 2024 Vrydag: Cradock na Dordrecht via Queenstown R61 & 392
  • 3 Augustus 2024 Saterdag: Dordrecht na Macleer (Bly oor x 2 nagte)
  • 4 Augustus 2024 Sondag: Macleer (Rus) Ry die Naude se nekpas tot by Elandshoogte, die 2de hoogste grondpad en die 4de hoogste hoogte in Suid-Afrika op 2920m hoogte.
  • 5 Augustus 2024 Maandag: Maclear na Kokstad R56
  • 6 Augustus 2024 Dinsdag: Kokstad na Underberg R617
  • 7 Augustus 2024 Woensdag: Underberg na Nottingham-pad via Howick R617
  • 8 Augustus 2024 Donderdag: Nottingham-pad na Dundee via Greytown R622, R33
  • 9 Augustus 2024 Vrydag: Dundee na Piet Retief R33
  • 10 Augustus 2024 Saterdag: Piet Retief na eManzana (Badplaas) via Carolina en Amsterdam R33, R36
  • 11 Augustus 2024 Sondag: Badplaas na Nelspruit R38 & R40

Vir verdere inligting of om by ons aan te sluit, besoek asseblief ons webwerf by www.pediatriccareafrica.org of kontak ons ​​by: on-trac-tor@pediatriccareafrica.org | Kantoor: 0762295663

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Mei 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE

 

 

Lees meer hier

 

Vitam International is a leader in mycotoxin risk control, gut health, rumen efficiency, and quality silage production. Leveraging over two decades of expertise in Southern Africa, we harness advanced technology and deep industry knowledge to foster sustainable livestock production. Our commitment to profitability, environmental stewardship, and operational efficiency underscores our dedication to true sustainability. At the heart of our mission lies a strong emphasis on building lasting relationships, trust, and responsibility. This ethos, combined with our highly qualified team and exceptional on-farm service, establishes us as a reliable long-term partner for our producers.