Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
April 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Benutting van strukture
Georganiseerde landbou behoort aan die boere. Die dinamika en riglyne waarin elke organisasie gaan beweeg, lê in die hande van die boere. Ons het aan die een kant algemene sake organisasies, soos TLU SA wat fokus daarop om die mees gunstige beleidsomgewing te beding. Aan die ander kant het ons bedryfs- of kommoditeitsorganisasies wat vir die spesifieke kommoditeit fokus op onder andere produkontwikkeling, bemarking en navorsing.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Landbou volhoubaarheid
Landbou bloei tans in vele opsigte. Om die werklikhede waaronder baie boere te buk gaan op te noem, is omvangryk. Tans is die omstandighede van vele bedryfsvertakkinge nie baie gunstig nie. Die uiterste hittetoestande saam met weinig reën oor groot dele van die somersaaigebiede, het ‘n onmeetbare letsel gelaat en die skade is ontsettend groot. Pryse wat vir vee verkry word bring in baie gevalle nie die toue bymekaar om winsgewend te wees nie.

 

2024 JONGBOER-KONFERENSIE BORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die 2024 Jongboer-Konferensie vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

 

Goud

 

 

 

 

Silver

 

 

Brons

 

 

 

 
 

STANDPUNTE

 

Plaasmisdaad is meer as net statistiek

TLU SA is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse owerhede meer op misdaadstatistiek as op misdaad self fokus. Volgens TLU SA se nuutste statistiek is 18 plaasaanvalle en twee plaasmoorde tydens Januarie en Februarie 2024 aangemeld. Hoewel dit laer as in Januarie en Februarie 2023 is toe 38 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde aangemeld is, moet ons waak om nie net met ‘n statistiese oefening besig te wees nie. Agter die syfers is die werklikheid van traumatiese lewensverlies, voedselsekerheid wat bedreig word en werksgeleenthede wat in gedrang kan kom.

 

Onteieningswetsontwerp – ‘n direkte gevolg van ANC-faksiepolitiek

Eiendomsreg is een van die pilare van stabiliteit in menige land wat suksesvol is en suksesvol bly ontwikkel. Onteiening van eiendom – hoe ook al verdoesel – bring onsekerheid en wanneer dit ideologies toegepas word bring dit rampspoed en ellende. Die Zimbabwe-opsie het die laaste paar jaar momentum in Suid-Afrika verkry met die ANC se nasionale konferensie in Desember 2017 rondom die aanvaarde voorstel van onteiening sonder vergoeding.

 

Waterkrisis: Ander moet nou ingryp waar ANC verbrou het

TLU SA het kennis geneem van adjunk-president Paul Mashatile se voorneme om die waterkrisis in die land aan te spreek deur die landbousektor, Afriforum en Solidariteit te betrek. Die feit dat daar dringend aan toekomstige watervoorsiening aandag gegee moet word, is reeds aan die begin van sy termyn aan oud-president Jacob Zuma genoem.

 

‘n Ope brief aan die boere van Suid-Afrika

Beste Boere van Suid-Afrika,
In die aangesig van meedoënlose teenkanting skyn julle toewyding helderder as ooit tevore. Terwyl julle sorg vir jul lande en vee, en uitdagings wat min kan begryp trotseer, weet dat julle nie alleen is nie. TLU SA staan saam met julle, onwrikbaar in ons ondersteuning en solidariteit.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Goliat van
Gat 2025

2025 se Goliat van Gat pampoenfees sal op 15 Maart 2025 in Silverton, Pretoria plaasvind en pitte sal weer vanaf begin Mei 2024 beskikbaar wees.

Kontak Mariëtte Minnaar op 012 804 8031 of Henri Combrink op 082 552 9428 | culliboer@gmail.com vir pitte.

Schildpaddop AVKB Selfbehoudkamp: 17 – 24 Junie 2024

Is jy jonk, behoudend en opsoek na avontuur?

Die Schildpaddop Selfbehoudkamp bied die geleentheid om jou Afrikanerskap op ‘n opwindende manier uit te leef. Die Afrikaner Volkskultuurbeweging (AVKB) reël die Schildpaddop Selfbehoudkamp vir hul lede. Elke volwassene en kind wat op Schildpaddop kamp moet die grondslag, wese, roepingsverbintenis en doelstellings van die AVKB onderskryf.

Kry meer inligting hier.
 

Nampo 2024:
14 – 17 Mei 2024

Ontmoet die span van TLU SA vanjaar weer by Nampo in Bothaville op 14 - 17 Mei 2024.

Dagboek Die Datum:
4 September 2024 | 2024 Kongres

Dagboek die datum vir ons jaarlikse kongres en dinee op 4 September 2024!

Tema: Landbou móét seëvier

Die formele uitnodiging en registrasievorm sal eersdaags volg.

 

Oppi-Plaas Fees: 15 - 16 Junie 2024

 

Die Oppi-Plaas Fees vind vanjaar weer in Dullstroom plaas op 15 en 16 Junie 2024.

TLU SA reël die landbou gedeelte en die fees beloof om nog ‘n groter sukses te wees as die vorige jaar.

Moet dit nie misloop nie!

 

TLU SA Groeiprojek

TLU SA het deur die jare silograanleweringsnommers bekend gemaak waar lede, indien dit vir hulle moontlik sou wees, graan kan lewer op TLU SA se nommer.

Ons besef dat vanjaar ‘n uitsonderlike jaar is en dat daar baie boere is wat nie die toue bymekaar gaan kan bring nie. TLU SA het steeds navraag ontvang vanaf persone wat in die posisie is om graan te lewer om die nommers te plaas vir gebruik.

Gegewe hierdie versoeke plaas ons die siolograanleweringnommers weer in Pitkos. Ons het groot begrip en deernis vir baie boere wat vanjaar moet fokus op hulle eie belange en verstaan dat dit nie vir almal moontlik sal wees nie. TLU SA wens vir elke boer sterkte toe in die tyd wat voorlê.

TLU SA silograanleweringnommers:
·        NWK: X170613TLU
·        Afgri: 152622
·        VKB: N3108912

 

Jongboer van die Jaar 2024-kompetisie

Inskrywings is oop vir TLU SA se 2024 Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Die sluitingsdatum is 21 Junie 2024 en plaasbesoeke sal tussen 15 - 19 Julie 2024 plaasvind. Die wenner, naaswenner en derde plek sal later vanjaar tydens die TLU SA Kongres bekend gemaak word.

Navrae kan gerig word aan Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za of Clemens Senekal by clemens@picrsa.co.za.

Skryf vandag in!
Inskrywingsvorm: Kliek hier

Ons borge vir 2024 tot dusver:

 

ONS DOEN SELF

 

Landboutoestande – Spesiale vergadering van die uitvoerende komitee

In die lig van die harde werklikhede waaronder boere tans gebuk gaan, het die uitvoerende komitee (UK) ‘n spesiale vergadering belê om op aspekte wat TLU SA kan aanspreek te fokus en omstandighede so gunstig as moontlik te maak.

‘n Paar aspekte is opnuut beklemtoon, naamlik dat Suid-Afrika gebuk gaan onder ‘n regeringsbeleid wat in die praktyk streef om eerder geleidelik ‘n benadering van sosialisme en kommunisme te vestig as om privaatbesitreg en ‘n markgerigte ekonomie bestel te bevorder en versterk. Dit het ‘n groot impak op die beleidsomgewing wat die beïnvloeding daarvan bitter moeilik maak.

 

Dispuut: TLU SA en Departement Watersake en Sanitasie

Graag wil ons by wyse van hierdie skrywe vir u inlig oor die saak waarby meeste van ons lede en ook nie-lede betrokke is in terme van die dispuut wat verklaar is met die Departement Watersake en Sanitasie. Soos u bewus is, word hierdie dispuut vir jare uitgerek deur die Departement en daar geen werklike poging is vir ‘n dispuut oplossings meganisme nie.

Advokaat Jan Saunders is ‘n spesialis op die gebied van die Waterwet en Watersake in SA en is sy opinie reeds in September 2016 verkry. ‘n Opvolggesprek is in November 2022 met Adv Saunders gefasiliteer en is die regsopinie weereens bevestig. Verskeie gesprekke was met die Departement geneem in 2023 met die laaste vergadering op 17 Oktober 2023 te Polokwane.

 

Winterseisoen: Die begin van veldbrande

Die brandseisoen is voor die deur en dit is nou tyd om seker te maak dat alle toerusting vir die bekamping van veldbrande in ‘n werkende toestand is.  Lede moet seker maak dat hulle deel is van die brandvereniging in hul omgewing en dat daar aan die nodige reëls voldoen word.  Tref veral reëlings dat arbeid wat in die bekamping van vure ingespan word oor die nodige opleiding beskik en van die nodige veiligheidsklere en -toerusting voorsien is.

Kommunikasie en
standpuntstelling

TLU SA is deurlopend besig om die breër omgewing van standpunte te voorsien oor wat in beste belang van volhoubare landbou is.  Ons kry gereeld versoeke van ‘n verskeidenheid tydskrifte, koerante, radio- en TV-stasies daarvoor, nie net vanuit ons land nie, maar ook internasionaal.  Ons stuur ook maandeliks ‘n internasionale bulletin na elke moontlike adres in die buiteland, na regerings, opposisiepartye en ander rolspelers, om die omstandighede waaronder die Suid-Afrikaanse boer gebuk gaan onder hul aandag te bring.

 

Nuus uit die Vrystaat en Noordwes Streek

Ons is bewus van die moeilike omstandighede in landbou in Suid-Afrika en ons deel graag met ons mede-boere dat ons ernstig daarna kyk om te bepaal hoe ons kan intree en verligting bring waar moontlik.

Die SA nasionale verkiesing lê voor en daar is ‘n moontlikheid vir politieke onstuimigheid en opstande. As voorbereidingsmeganisme is gesprekke tussen TLU SA (Vrystaat en Noordwes streek), Agri NW, AfriForum en Sakeliga gevoer oor die veiligheidsituasie.

Die algehele munisipale verval is bespreek, asook oplossings en bestaande werkbare modelle oor hoe ‘n gemeenskap kan ingryp.

Soortgelyke gesprekke sal ook met VL en Saai gevoer word.

Ons wil graag al ons lede versoek om waaksaamheid op te skerp en enige verdagte gedrag onmiddellik aan die streekbestuurder deur te gee, veral grondbesettings.

Landbou-groete uit die Vrystaat en Noordwes streek

Nuus uit die
Noordstreek

Tot dusver het ons hier in die Noordstreek ‘n redelike moeilike seisoen gehad. Daar was heelwat droogte en in sekere gebiede het oeste misluk. Hier aan die einde het sekere gebiede goeie reën gekry, maar dit was vir ‘n paar net te min, te laat, en vir ander te veel op die verkeerde tyd.

Ons verwag dus dat die komende wintertyd ‘n moeilike seisoen gaan wees met weidings wat onder druk is en riviere wat nie genoeg water gekry het nie.

Ons moedig alle boere aan om so gou as moontlik hulle bank of finansierders te kontak indien hulle druk ervaar of voorspel in die nabye toekoms.

Hier in die Noordstreek het ons elke Dinsdagoggend ‘n WhatsApp-groep vergadering waar al ons lede bymekaar kom om aan die streekbestuurder terugvoer gee en ook anders om. Enige lid in die Noordstreek wat nie deel van die groep is nie en wil deel word, moet asseblief met die streekbestuurder kontak maak en versoek om deel te word.

Landbou groete uit die Noordstreek

 

Nuus uit die Oos/Natalstreek

PROJEKTE
Die Dullstroom Musiek/Landboufees kom al hoe nader en ons bring dit weereens onder almal se aandag. Dit beloof regtig om hierdie jaar nog beter as vantevore te wees, so dagboek die datum en kom geniet dit saam met TLU SA.

NAMPO 2024
Die Oos/Natalstreek beman op Vrydag 17 Mei die TLU SA stalletjie en ons nooi graag al ons Oos/Natal lede om betrokke te wees, asook al ons ander boere om ‘n draai te maak vir ‘n geselsie.

JONGBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE  2024
Ons is baie trots op ons jongboere want die TLU SA Jongboer 2023 kom uit die Oosstreek. Ons is bevoorreg met ‘n dinamiese groep jongboere en derhalwe moedig ons julle aan om vir die 2024 Jongboer van die Jaar kompetisie in te skryf.

MISDAAD
So word ons ook geteister deur misdaad in ons streke. Dit wil voorkom asof daar ‘n tendens ontwikkel van kriminele wat nou transformators in as geheel steel en nie net die koper dele nie. Ons versoek graag ons lede om sulke insidente aan die streekskantoor deur te gee.

VERKIESING 2024
Die verkiesing is op hande en die streekskantoor doen ‘n dringende, ernstige beroep op alle boereverenigings en -unies om toe te sien dat alle gebeurlikheidsbeplaning in plek is en dat alle lede vertroud is met die inhoud daarvan.

Landbougroete vanuit die Oos/Natalstreek

 

Verkiesingstyd – Blink gepoets is die voorgee

Op munisipale vlak gons dit van die bedrywighede.  Vergaderings word geskeduleer met hoofmanne van stamme en gemeenskappe word bymekaar geroep.  Duisende rande word aan kos en verversings spandeer en te midde van die partytjiegees word daar weereens beloftes aan potensiële kiesers gemaak.  Ontwikkelingsplan- en begrotingsvergaderings word gekenmerk aan die bekendstelling van die party wat aan die stuur van die munisipale raad is.

Die teikenmark moet besef wie is wie – asof die vorige vyf  jaar in 'n algehele duisternis gehul is en niemand weet wat aangaan nie.  Die gehoor word sommer so tussenin versoek om applous aan enige bekendstelling te gee.  Dit is 'n gespog met enige prestasie moontlik en die raad word vir elke daad wat dalk 'n verskil kon gemaak het, geprys.

 

Agri en Verwante Sektore Voorsorgfonds

‘n Begrip van die tweepot-aftreestelsel.

Hoekom gaan die regering die tweepot-stelsel implementeer?

  1. Om in noodgevalle toegang tot ‘n klein gedeelte van jou aftreespaargeld toe te laat terwyl jy nog werk.
  2. Om die aftree-inkomste wat lede by aftrede ontvang te verbeter. Lede sal eers met aftrede toegang tot die grootste deel van hul aftreespaargeld kry.

Die voorgestelde implementerigsdatum vir die tweepot-stelsel is 1 September 2024.

Lees meer hier.

Sluit aan by Lig in Duisternis Uitgewers se WhatsApp-groep

Lig in Duisternis Uitgewers is 'n vooruitstrewende Christelike uitgewery, gevestig op 'n gereformeerde fondasie, wat streef na die bevordering van Bybelgetroue en behoudende Afrikaanse literatuur in Suid-Afrika en onder Christene wêreldwyd.

Hierdie groep is geskep sodat jy dadelik van enige nuusgebeure, nuwe publikasies, winskopies en ander geleenthede by Lig in Duisternis Uitgewers kan weet.

Klik hier om aan te sluit en versprei dit gerus aan alle belangstellendes.

 

Oppas vir
geestelike mentalpause

Deur Stephan Joubert

Veels te min volwassenes hou lewenslank aan om op kreatiewe maniere te leer en te groei. Volgens die fisikus, Moshé Feldenkrais, leer die meeste volwassenes slegs nog daardie dinge aan wat hulle benodig om binne hulle eie omstandighede te oorleef. Hulle kreatiewe leerprosesse het tot stilstand gekom. Is dit dalk hoekom so baie grootmense vandag aan mentalpause ly? Hulle lewens gebeur op autopilot. Dieselfde roetines, dieselfde holrug geryde praatjies en dieselfde opinies kom oor en oor in hul lewe voor. Hul lewens raak vaal, vervelig en voorspelbaar.

Verharding van die hart en stagnasie is goor simptome van hierdie toestand. Dieselfde gebeur ook op geestelike gebied. Na jare se kerkbesoek en godsdienstigheid raak sommiges so gewoond aan God dat niks hulle meer op geloofsterrein kan verras nie. Dieselfde ou idees, preke, musiek, gesprekke en geestelike klagtes word oor en oor gehoor. Alles op die geloofsfront gebeur dan op autopilot. Systap asseblief hierdie lewensgevaarlike toestand deur leergierig te bly. Laat toe dat God jou gedurig verras. Wees voortdurend op die uitkyk vir nuwe Goddelike skatte in al die saailande van die lewe waar jy jouself bevind. Wees kinderlik opreg voor God. Leef met ‘n gesonde naïwiteit en nuuskierigheid. Leef met verwondering. Dan systap jy alle vorms van geestelike mentalpause.

Samewerkingsooreenkoms – TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie

TLU SA en die LWO Werkgewersorganisasie is begerig om met mekaar saam te werk en die werklike behoefte van werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, aan te spreek.

Ter samewerking bied die LWO ‘n praktiese en koste-effektiewe oplossing vir die lede van TLU SA.

TLU SA lede kan nou die LWO basiese pakket teen ‘n verminderde prys verkry. Die pakket het ‘n verpligte aansluitingsfooi van R995.00 en daarna ‘n maandelikse lidmaatskapfooi van R330.00 per lid.

Lede kan die aansoek hier voltooi en ook al die voordele wat die pakket insluit besigtig:

Afrikaanse aansoekvorm
Engelse aansoekvorm

Lede kan voltooide aansoeke stuur na Mauritz Lombard by beleid@tlu.co.za

 

Beleidstandpunte en -riglyne vir lede se gebruik

As voorstanders van beleidsinisiatiewe binne die landbousektor, erken TLU SA die noodsaaklikheid om standpunt oor dringende sake wat die volhoubaarheid van ons lede direk beïnvloed, in te neem. Sentraal tot ons missie is die behoud van boere se lewensbestaan​​ en die blywende rentmeesterskap van hul grond. Dit is dus uiters belangrik vir ons om omvattende riglyne wat ons lede bemagtig om effektief volhoubare uitkomste na te streef, te skep.

Hieronder en aangeheg is die riglyne wat noukeurig deur ons komitees saamgestel en deur die uitvoerende komitee gesanksioneer is:

  1. Eiendomsreg:
  2. Plaaslike regering:
  3. Ekonomiese volhoubaarheid: Lees meer hier.
    • Riglyn vir winsgewendheid
    • Riglyn vir infrastrukstuur
    • Riglyn vir ekonomie van skaal
    • Riglyn oor die minimum loon
    • Riglyn oor veiligheid
    • Riglyn oor onteiening sonder vergoeding
 

Seleksie Tegnologie vir die Toekoms: Voorbeelde uit die Vark industrie

Volhoubaarheid in enige onderneming hang af van langtermyn winsgewendheid. Baie faktore dra hiertoe by, insluitend die optimale gebruik van beskikbare hulpbronne. Een so 'n hulpbron, tegnologie, speel 'n belangrike rol in suksesvolle veeproduksie.

As genetiese maatskappy in die vark industrie, is ’n groot dryfkrag doeltreffendheid en seleksie vir ekonomiese sukses van ons produsente. Diereteling en Genetika fokus daarop om 'n permanente verskil aan veeproduksiedoeltreffendheid te maak.  Daar is ‘n groot verskeidenheid eienskappe, byvoorbeeld prestasie, produkgehalte, doeltreffendheid, koste-doeltreffendheid en robuustheid, waarvoor genetiese maatskappye selekteer. Die klem op ‘n spesifieke eienskap moet dinamies bly soos wat druk vanaf verbruikers en dierewelsyn die manier van boer beinvloed.

 

2024 Red ‘n Plaas, Red ‘n Gemeenskap Camino: Stappers en boere vertel

Vrydag 12 April was die laaste stapdag van 2024 se Red ‘n Plaas, Red ‘n Gemeenskap Camino. Vanaf 6-12 April het 50 stappers van regoor die land in die Karooveld om Victoria-Wes reën, wind en son as deel van hierdie staptog trotseer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode, en DJ Muller, inhoudvervaardiger by Kaapkerk, het met van die stappers en plaaslike boere gesels oor wat hierdie projek vir hulle beteken.

Kyk gerus hier.
 

LANDBOUSPORE

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek.

Ons nuutste opnames:

  1. Landbouspore: Veiligheid en plaasaanvalle
    Kyk gerus die video hier
  2. Landbouspore: Skuld en die invordering daarvan
    Kyk gerus die video hier
  3. Landbouspore: NWK 4SURE Makelary
    Kyk gerus die video hier

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

VAKANTE POS: TLU SA VRYSTAAT

(Gestasioneer in die Vrystaat)

Omskrywing van posisie:

Voltydse pos vir bestuurder wat as verteenwoordiger van TLU SA, oudste landbou-unie in die land, optree om ledebelange in die streek te hanteer. Dien as skakel tussen lede, hul affiliasies en instansies wat ʼn invloed op lede/boere se welvaart uitoefen.

Kwalifikasies, ervaring en karaktereienskappe benodig:

  1. Uitstekende taal- en kommunikasievermoëns – intern sowel as ekstern (Afrikaans en Engels magtig).
  2. Sterk bestuursvermoë (Minstens vyf jaar ondervinding in bestuur).
  3. Sterk skakelvermoë – grondvlak, provinsiaal, nasionaal, beide in openbare as privaat sektore.
  4. Moet met media kan skakel – grondvlak sowel as provinsiaal.
  5. Sterk organisatoriese en administratiewe vermoëns.
  6. Geldige bestuurderslisensie.
  7. Moet bereid wees om te reis.
  8. Uitstekende rekenaarvaardigheid.
  9. Moet onder druk kan funksioneer, inisiatief kan neem en die vermoë hê om planne te implementeer.
  10. Suksesvolle kandidaat moet ʼn entoesiastiese persoon wees wat dinamies en selfstandig kan funksioneer.
  11. Ervaring in bemarking.
  12. Agtergrond van die landbou-omgewing.

Standaard voordele:

  1. Vervoerbystand
  2. Selfoontoelaag
  3. Salaris onderhandelbaar

Alle potensiële kandidate se volledige CV’s tesame met kontakbesonderhede van vorige werkgewers moet ons teen Vrydag 3 Mei 2024 bereik by hb@tlu.co.za

Vir enige navrae kontak gerus vir Bennie van Zyl, TLU SA hoofbestuurder, by 082 466 4470.

 

Staatskoerant | April 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE

 

 

Lees meer hier

 

Vitam International is a leader in mycotoxin risk control, gut health, rumen efficiency, and quality silage production. Leveraging over two decades of expertise in Southern Africa, we harness advanced technology and deep industry knowledge to foster sustainable livestock production. Our commitment to profitability, environmental stewardship, and operational efficiency underscores our dedication to true sustainability. At the heart of our mission lies a strong emphasis on building lasting relationships, trust, and responsibility. This ethos, combined with our highly qualified team and exceptional on-farm service, establishes us as a reliable long-term partner for our producers.