Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Maart 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Neem ‘n boere-buurman aan: Versterking van gemeenskapsbande
Laat my toe om ‘n inspirerende inisiatief voor te stel: Neem ‘n boere-buurman aan. In die aangesig van uitdagende weersomstandighede en ekonomiese druk bevind baie boere hulle in ‘n stryd met hoë insetkoste en onsekere opbrengste. Verder, met die naderende verkiesing, hang bekommernisse oor moontlike negatiewe gevolge, insluitend ‘n toename in misdaad, groot.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Realisme en emosie
Ons kan tereg vra hoe elkeen van ons ons emosies oor die daaglikse realiteit ervaar. Dit is nie net landbou wat onder die knypende werklikheid van ‘n sukkelende ekonomie en al die aspekte wat negatief inspeel op volhoubare besigheid gebuk gaan nie.

 

2024 JONGBOER-KONFERENSIE BORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die 2024 Jongboer-Konferensie vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

 

Goud

 

 

 

 

Silver

 

 

Brons

 

 

 

 
 

STANDPUNTE

 

Jongboere boer vir die toekoms

Ons Jongboere is die leiers in Suid-Afrika se toekomstige landbou-omgewing en die tema van vanjaar se TLU SA Jongboer-Konferensie was een wat hoop skep en ons Jongboere die pad wys vir boer in die toekoms. Die TLU SA 2024 Jongboer-Konferensie het vanjaar op 15 Maart weer by die ikoniese Voortrekkermonument plaasgevind, waar sprekers ingesluit het Irmarie Taljaard van PICRSA, Madeleine Ackermann van LWO, Christian Zimelka van Zedworks, en GP van Rheede van Oudtshoorn.

 

20ste Goliat van Gat Pampoenfees

Gaan ons by die 20ste Goliat van Gat Pampoenfees ‘n rekordbreek-bieliepampoen te siene kry? Die huidige rekord van 890kg word gehou deur Wykus Lamprecht. Die gewilde Pampoenfees vind vanjaar op 16 Maart 2024 vanaf 13:00 tot 18:30 by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton plaas. “Ons hoop is om vanjaar ‘n een ton pampoen te kry en daarom het ons ‘n groot addisionele prysgeld van R25 000 (geborg deur Laeveld Agrochem) daargestel om kwekers aan te spoor,” se Henri Combrink, voorsitter van TLU SA se Cullinan Boere-Unie.

 

Die landboudepartement mors geld

Woorde begin opdroog om die wanbestuur waarmee Suid-Afrika daagliks gebombardeer word te beskryf. Die wanaanwending van fondse in die landboudepartement wat deur die portefeuljekomitee in hul begrotingshersienings- en aanbevelingsverslag blootgelê is, moet nog deur die nasionale vergadering oorweeg word.

 

Suid-Afrika het ekonomiese groei nodig, nie net ‘n groter begroting nie

Die 2024 begrotingsrede skep vir Suid-Afrika ‘n dooie ekonomie. Ons staatskuld het met ons weg gehardloop en dit kan nie meer onderhou word nie. ‘n Mens, of in dié geval, ‘n land, kan hulself nie uit skuld uit leen nie, jy moet jouself daaruit presteer. Die inwoners van Suid-Afrika is vuisvoos van al die wanaanwending van fondse en korrupsie. Jaar na jaar word daar van Jan Alleman verwag om al hoe meer te betaal sonder om daarby te baat.

 

Geregtigheid geld vir almal

In ‘n land waar rassespanning telkens dreig om op te vlam, is dit verontrustend om waar te neem dat dit wil voorkom of die wet selektief toegepas word. Dit is onaanvaarbaar en sal geen bydrae lewer tot die stabiliteit van die land nie. In Groblersdal word Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Willem Petzer en Francois van der Merwe aangehou terwyl mnr. Dries Olivier ook gevra was om hom aan die polisie oor te gee.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

Die 20ste Goliat van Gat pampoenfees het die afgelope naweek plaasgevind.

Dit was ‘n groot sukses met 19 inskrywings en ‘n totale inweeg van 3 214kg altesaam.

Ons wenners is:

  • 1ste plek: Cornelis Bester – 730.8kg
  • 2de plek: Wykus Lamprecht – 568kg
  • 3de plek: Dirk Smal – 467.4kg

Daar is reeds groot opgewondenheid vir volgende jaar se kompetisie en ons mik steeds vir daardie 1 ton wen-pampoen.

Pitte sal weer in Mei 2024 beskikbaar wees.

 

KragDag Wes-Kaap: 21-23 Maart 2024

Sakeliga KragDag Wes-Kaap het plaasgevind op 21-23 Maart 2024 by Môreson Plaas, Malmesbury.

Daar was:

  • 110 Uitstallers
  • Inligting, inspirasie en gereedskap vir 'n selfstandige leefstyl
  • 'n Landbou sub-ekspo Alternatiewe onderwys opsies
  • Jong entrepreneurs kompetisie in samewerking met Fergusmor
  • 'n Pretpark
  • 'n Kuns- en Koumark
  • Wyntuin in samewerking met Swartland Wyn en Olywe
  • 'n Biertuin
  • 'n Kopskuif ateljee waar verskeie aktuelle en informatiewe gesprekke aangebied was
    • Die volgende vyf jaar: Van sleg na slegter - Dawie Roodt
    • Landbouveiligheid: Alternatiewe planne - Richard Bands, Theo de Jager, Gideon Joubert
    • Die derde golf van SEB - Piet le Roux
    • Privaat energie-opwekking - Chris Bosch, Carel Ballack, Chris Opperman, Francois Mellet
    • Jag red spesies - Richard York
    • Wanneer die regering beheer oor onderwys wil oorneem - Bouwe van der Eems, Coenie Venter, Wikus Breetzke, Aletna Strauss
    • Stokkie aangee - opvolgbeplanning in familieboerdery - Willem van Jaarsveld, Bennie van Zyl
    • Orania - 'n toekoms alternatief - Du Preez de Villiers
    • Veiligheid in 'n misdaadbesmette staat - Ian Cameron, Daniel Eloff, Bennie van Zyl
    • Die wat en waarheen met ons wyn? - Theo de Jager, Schalk Burger
    • Oplossings vir verval in die platteland - Piet le Roux, Chris Burgess
    • Hoe SEB ek my boerdery? - Theo de Jager, Bennie van Zyl, Lennox Plaatjies, Jannie Strydom
    • Moontlike Wes-Kaap afstigting - Heinrich Wyngaardt, Jack Miller, Phil Craig, VF+ verteenwoordiger

Opnames van die Kopskuif ateljee gesprekke kan gekry word op KragDag se Facebook-blad.

 

Landbou-
korrels

Landboukorrels Boeredag Pekanneute Inligtingsdag is op 25 April 2024 by die Cullinan Boere-Unie Saal.

Vir meer inligting kontak:

Henri Combrink op culliboer@gmail.com | 082 552 9428

of

Lynette du Plessis op sentraal@tlu.co.za | 082 823 3399

Dagboek Die Datum:
4 September 2024 | 2024 Kongres

Dagboek die datum vir ons jaarlikse kongres en dinee op 4 September 2024!

Tema: Landbou móét seëvier

Die formele uitnodiging en registrasievorm sal eersdaags volg.

 

Jongboer van die Jaar 2024 Kompetisie

Inskrywings is oop vir TLU SA se 2024 Jongboer van die Jaar-kompetisie. 

Inskrywings sluit op 21 Junie 2024 en plaasbesoeke sal tussen 15 – 19 Julie 2024 plaasvind.

Die wenner, naaswenner en derde plek sal later vanjaar tydens die jaarlike TLU SA Kongres bekend gemaak word. 

Navrae kan gerig word aan Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za of Clemens Senekal by clemens@picrsa.co.za

Skryf vandag in! 

Inskrywingsvorm: Klik hier 

Ons borge vir 2024 tot dusver: 

 

 

TLU SA en Agri Skills Transfer Jongboer van
die Jaar Beurskompetisie 2024 sluit op 15 April 2024

Agri Skills Transfer het tesame met TLU SA ‘n Jongboer van die Jaar beurskompetisie vir 2024 by die TLU SA Jongboer-Konferensie geloods. 

Die kompetisie bied ‘n uitsonderlike geleentheid vir jongboere om hul stemme oor die toekoms van boerdery in Suid-Afrika te laat hoor. Ses beurse vir aanlynkortkursusse van Agri Skills Transfer, wat jongboere sal help om hul vaardighede te ontwikkel en hul loopbaan in die landboubedryf te bevorder, kan gewen word.

Jongboere word genooi om ‘n opstel van 400 woorde wat die toekoms van boerdery in Suid-Afrika uitbeeld te skryf.

Inskrywingsvereistes: 

  • Die opstel moet in Afrikaans geskryf word. 
  • Beperk die opstel tot 400 woorde. 
  • Inskrywings moet teen 15 April 2024 ontvang word. 
  • Inskrywings moet per e-pos gestuur word na Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za

Beoordeling: 

  • Die inskrywings sal deur ‘n paneel van beoordelaars op kreatiwiteit, insig, en taalgebruik beoordeel word. Die ses mees indrukwekkende opstelle sal elk ‘n beurs vir ‘n aanlynkortkursus van Agri Skills Transfer ontvang. 

Dit is ‘n unieke geleentheid vir jongboere om hul idees oor die toekoms van boerdery te deel. Ons sien uit na julle deelname en inspirerende bydraes! 

Vir enige navrae of verdere inligting, kontak asseblief Laurika du Bois by laurika@agriskills.net of Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za

 

ONS DOEN SELF

 

Nuus uit die Oos/Natalstreek

  1. Projekte in die Oos/Natalstreek 
    Ons weet dit is nog vroeg, maar hier aan die begin van die jaar waar al ons boere baie besig is, gaan ‘n ding so maklik by ‘n mens verby.

    Ons kondig graag aan dat die Oppi-Plaas Fees in Dullstroom plaasfind op 15 en 16 Junie 2024. 

    Die landbou gedeelte word deur TLU SA gereël en die fees beloof om vanjaar nog ‘n groter sukses te wees as die vorige jaar. Moet dit nie misloop nie! 

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Ronnie Schilling op 083 642 7230 of Retha Gibbon op 084 860 4759. 

  2. Gewasse
    Ons is, soos in die res van die land, uiters bekommerd oor wat die mielie en soya opbrengste gaan wees. Daar is dele in die Oos/Natalstreek waar dit bitter droog is en dit het ‘n baie ernstige nadelige invloed op hierdie gewasse. 

    Die vreeslike hitte het ook met haelstorms gepaard gegaan en sommige van ons boere se totale oeste is vernietig. ‘n Mens sou verwag dat boere deur hierdie gebeure platgeslaan gaan wees, maar van die provinsiale kantoor af kan ons sê dat ons boere se gemoedere steeds hoog is. Soos by TLU SA, gee ons dit oor aan die Vader. 

  3. Algemene nuus 
    Lede moet die media dophou vir komende boeredae soos: 
    • Val Boeredag 
    • Wonderfontein Boeredag 

    Kom breek weg vir ‘n wyle en vergeet vir ‘n oomblik van al die negatiewe. Herlaai vir die jaar se menigte uitdagings.  

Landbou groete hier uit die Oos/Natalstreek 

 

Uit die Noord-streek

Elke DLU lid, man, vrou en kind.

Neem asseblief drie minute en lees die boodskap van ons DLU voorsitter, Hendrik Botha. Dis kardinaal dat ons dit elkeen weer opnuut deel van ons gesin maak.

Wanneer mens rondkyk en die verterende son se uitwerking op voorheen belowende oeste sien, om nie eers te praat van al die politieke onheil en vernederende diskriminasie teen ons mense nie, is dit moeilik om Habakuk 3 te lees, te verstaan, en te gehoorsaam. En aan te hou glo dat alles sal regkom.

Gelukkig is daar dan nog 'n klomp bladsye wat ons kan omblaai om by die Nuwe Testament uit te kom. Want "kyk", so het 'n ou tannie van ons gemeenskap my eenmaal geïnspireer, "Kyk man, daar is nie ‘n vraag of kwessie waarvoor daar nie vir ons baie antwoorde in die Bybel te kry is nie. Jy moet hulle net soek. En hoe meer jy soek, hoe makliker kry jy hulle."

Ek wil graag vandag enkele woorde van inspirasie, dank en bemoediging aan ons hele gemeenskap bring. Omdat Jesus Christus vir ons aan die kruis gesterf het, en ons dit net hoef te glo, is ons verseker van 'n ewige lewe. Watter aardse omstandighede rondom ons kan ons hiervan beroof? Geen enkele ding nie.

Ek merk op dat daar tussen ons mense is wat uit menslikheid moedeloos word. Kom ons vat mekaar se hande en tel mekaar op in hierdie tyd.

Baie, baie dankie aan almal wat probeer, wat meer as hul kant bring. Julle weet wie julle is, julle is van graniet en yster aan mekaar gesit en 'n reuse plesier om mee saam te werk.

Julle besef dit nie altyd nie, maar julle is die inspirasie en motivering vir die betrokkenes om te verander en ons span nog sterker te maak.

Ek het elke jaar die twyfelagtige voorreg om vir vyf weke in 'n verre eerstewêreldland deur te bring. Elke keer oor 25 jaar wat ek dit gedoen het, het ek trotser op my herkoms en Afrikanerwortels geword. Om nie eers te praat van wat my mense in uitdagende omstandighede vermag nie. Daar is nêrens in die wêreld nog so 'n voorbeeld nie en daarom kan dit net die Almagtige God se hand wees wat ons dra. Daarvoor kan ons nie anders as om innig dankbaar te wees nie.

Ek wil vir almal vra, HOU UIT. Dit sal weer beter gaan.

As jy reeds baie van jou sweet vir die voortbestaan van ons unieke gemeenskap bydra, doen meer. As jy nog moet betrokke raak, dit is vyf minute voor 12, jy kan nog 'n verskil maak.

Groete
Hendrik Botha

 

Eskom klagtehantering-
proses

Konstante kragvoorsiening is ‘n noodsaaklikheid vir boer en tans ervaar ons meer probleme as net beurtkrag.

Kliek hier vir ‘n verduideliking van die proses om klagtes aan te meld.

Om te verseker dat die nodige hulp so spoedig as moontlik ontvang word, volg dan die skakels na u provinsie.

Minimum loon werkswinkel –
Opname beskikbaar

TLU SA het in Februarie ‘n werkswinkel aangebied waartydens landbouers gratis regsadvies kon ontvang. Die LWO werkgewersorganisasie het wetgewing en riglyne oor minimum loon wetgewing verduidelik.

TLU SA deel graag die opname van die werkswinkel om u te help om die nuwe minimum loon se impak op u boerdery te beperk.

Kyk die opname hier.

 

Samewerkingsooreenkoms – Pretoria Sakekamer en TLU SA Sentraal-streek

Pretoria Sakekamer en TLU SA se Sentraal-streek het hulle verbind tot samewerking spesifiek op munisipale geleenthede, maar ook ander verwante sake wat in belang van die verskeie rolspelers is.

Samewerkingsooreenkoms -
TLU SA en Die Afrikaanse
Toekomstrust (ATTSA)

TLU SA en ATTSA deel dieselfde waardestelsel en bevorder sommige gemeenskaplike belange. Dit skep moontlikhede vir samewerking. Derhalwe het TLU SA en ATTSA ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit. Lees gerus meer oor ATTSA hier.

 

Woon en boer
in Australië

'n Instansie in Australië bied geleenthede met 'n volledige ondersteuningsbasis vir persone wat daar wil belê aan, veral in die landbou-omgewing.

Dit is moontlik om belange plaaslik te behou en ook daar aktiwiteite te begin.

TLU SA en ander rolspelers het via Zoom 'n konstruktiewe gesprek met die instansie gevoer.

Die gesprek is opgeneem en indien iemand dit wil luister, is hulle welkom om dit by Mariëtte aan te vra by sekretaresse@tlu.co.za

Nuwe inisiatief om militêre
veterane te bemagtig

Bye bestuif baie gewasse en speel dus ‘n belangrike rol in landbou. Hierdie bestuiwing is noodsaaklik vir die voortplanting van tallose plante, insluitend vrugte, groente en neute. Sonder bye sal boere aansienlike uitdagings ervaar om suksesvolle opbrengste te behaal en biodiversiteit te handhaaf.

Na aanleiding van gesprekvoering tussen TLU SA en die Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) het die behoefte ontstaan om die lede van TLU SA in te lig oor ‘n byeboerderyprojek wat in samewerking tussen die ATTSA en die militêre veterane ontstaan het .

Lede van TLU SA wat belangstel om byeboere, of selfs net hul toerusting, op hul grond te akkommodeer, kan Bennie van Zyl op 082 466 4470 of hb@tlu.co.za kontak.

 

Agri en Verwante Sektore Voorsorgfonds

Elkeen moet aandag aan sy/haar eie finansiële beplanning gee, en daarom is dit ook belangrik dat TLU SA deelneem aan inisiatiewe om bekostigbare aftree-, ongeskiktheid-, sterfte- en begrafnisvoordele vir plaaswerkers te voorsien.

Die Agri en Verwante Sektore Voorsorgfonds (“die Fonds”) bied verskeie bekostigbare planne met unieke voordele aan werknemers.

Die Raad van Trustees het goedkeuring verleen dat die huidige bydraeplanne wat onder die Fonds aangebied word, vanaf 1 Maart 2024 gewysig word soos uiteengesit hier

Vir meer besonderhede kontak Ben de Jager.

E-pos: ben@verso.co.za

Sel: 071 495 3333

 

Staan mekaar by en maak die nodige planne in moeilike tye

Ons boerderye ervaar daagliks baie groot druk. Boere moet betyds en so effektief as moontlik bestuursbeginsels toepas en dink hoe die situasie te oorbrug. Elke plaas is ‘n besigheid in eie reg. Daar is nie een stel reëls wat by almal pas nie en boere moet nou kyk wat hulle kan doen om hierdie gevaar te oorbrug. 

Dalk sal boere moet vee verminder en dit is baie belangrik om dit betyds te doen. Daar moet ook met finansiële instellings gesprek gevoer word sodat daar saam ‘n plan beraam kan word om hoë insetkostes te oorbrug en in produksie te bly. 

Met hierdie harde realiteit wat aan sommige boere se deur klop gaan ons vanjaar beslis boere met ‘n negatiewe gemoedstoestand teëkom. Daarom wil ons dit weer onder ons lede se aandag bring dat daar in verskillende distrikte affiliasies is met programme wat minstens twee keer per week uitreik om boere te toets en traumabystand te bied waar nodig. Die doel is om ons boere se behoeftes betyds te identifiseer sodat die regte en nodige ondersteuning deur die traumanetwerk en traumaberaders aangebied kan word,  volgens ‘n ooreenkoms wat met AfriForum gesluit is. 

Ten midde van dit alles kan ons net vir mekaar sê dat ons moet bly vashou aan ons geloof. Iemand het eens vir my gesê: “Die oeste is verby, maar ons kan bid dat ons net ons geloof behou.” Met daardie fondament weet ons waar om antwoorde en krag te kry. Dit gee ook vir ons die gemoedsrus om te weet dat ons Skepper ook tydens hierdie moeilike toestande in beheer. Kom ons maak menslik gewys die planne wat ons kan maak, maar ons doen dit in ‘n vaste geloofsvertroue vir die pad vorentoe. Kom ons ondersteun mekaar om te verseker dat ons nie eendag met ‘n leë plaas langs ons sit omdat ons bure nie meer daar is nie. Kom ons staan mekaar by en versterk mekaar ook tydens hierdie moeilike jaar se finansiële en emosionele ervarings. 

Ons moet onderskei tussen dit wat opgaan in rook en dit waaraan ons iets kan doen. Kom ons staan mekaar by in vaste geloof en maak die beste planne denkbaar om die uitdagende kwessies te oorbrug en te verseker dat ons praktyke tot en met die volgende reënseisoen sal bly staan.  

Geskryf deur Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder

 

LANDBOUSPORE

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek.

Ons nuutste opnames:

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Maart 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE