Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Februarie 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

TLU SA Jongboer-konferensie
Die TLU SA Jongboer-konferensie stap nader en ons wil graag elke jongboer nooi om saam met mede jongboere te kuier en by mekaar kers op te steek oor maniere om hulle boerdery te groei.

Majuba 2024
TLU SA het vanjaar gedurende die naweek van 23-25 Februarie 2024 die Majubafees saam met die Majuba-trust aangebied.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

… en steeds boer ons voort!
Die jaar het skaars weggetrek en die emosie wat die verkiesing ontketen word op vele fronte ervaar. Onrealistiese beloftes wat onrealistiese verwagtinge skep is aan die orde van die dag, en die bydrae van daardie politici is inderdaad besig om die land te destabiliseer.

 

STANDPUNTE

 

TLU SA Jongboer-konferensie 2024

Die TLU SA Jongboer konferensie vind vanjaar op 15 Maart plaas, weereens by die ikoniese Voortrekkermonument. Die tema is ‘Boer vir die toekoms.’ Die konferensie bied vir jongboere in Suid-Afrika die geleentheid om saam met mede jongboere te kuier en by mekaar kers op te steek oor maniere om hulle boerdery te groei. Daar gaan gepraat word oor die gemeenskaplike uitdagings wat boere daagliks ervaar.

 

Suid-Afrika het ekonomiese groei nodig, nie net ‘n groter begroting nie.

Die 2024 begrotingsrede skep vir Suid-Afrika ‘n dooie ekonomie. Ons staatskuld het met ons weg gehardloop en dit kan nie meer onderhou word nie. ‘n Mens, of in dié geval, ‘n land, kan hulself nie uit skuld uit leen nie, jy moet jouself daaruit presteer.

 

Kweek voorspoed, nie ideologie nie

Die nuwe minimum loon vir 2024 is aangekondig ten spyte van verskeie menings dat die landboubedryf nie die verhoging kan absorbeer nie. ‘n 8.5% styging is bloot nie volhoubaar nie. TLU SA loods vandag ‘n veldtog om landbouers te bemagtig om, ten spyte van die nuwe minimum loon, voorspoed te kweek vir hulle boerdery, en nie ideologie nie.

 

Geregtigheid geld vir almal

In ‘n land waar rassespanning telkens dreig om op te vlam, is dit verontrustend om waar te neem dat dit wil voorkom of die wet selektief toegepas word. Dit is onaanvaarbaar en sal geen bydrae lewer tot die stabiliteit van die land nie. In Groblersdal word Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Willem Petzer en Francois van der Merwe aangehou terwyl mnr. Dries Olivier ook gevra was om hom aan die polisie oor te gee.

 

SONA: Laat geen (kaders) agter nie.

President Cyril Ramaphosa se staatsrede op 8 Februarie 2024 was weereens ‘n blote vertoning wat opgevoer is met die doel om stemme te werf in die opkomende verkiesing. Die tema vir die 2024 SONA is “Laat niemand agter nie”, maar die vraag is, na wie word verwys? ANC kaders? Dit is die voedselvoorsieners wat agter gelaat word gegewe dat 96% van grondhervormingsprogramme misluk. Kaders word bevoordeel en landbou benadeel.

 

Nuwe minimum loon gaan tot afleggings lei

Dit is verkiesingsjaar en ons besef dat daar nie rasionele besluite geneem word nie, maar eerder populistiese en emosionele besluite. Die aankondiging van die nuwe minimum loon wat op 1 Maart 2024 van krag sal wees is bewys hiervan. Eerder as om op werkskepping te fokus, gebruik die ANC ‘n verhoogde minimum loon om stemme te koop.

 

ONDERSTEUN ONS

 

TLU SA se minimum loon veldtog || Kweek voorspoed, nie ideologie nie

Ten spyte van verskeie aanduidings dat landbou nie ‘n verhoging van die minimum loon kan absorbeer nie, is dit steeds deurgevoer.

Ons stel graag ‘n werkswinkel waar u gratis regsadvies kan ontvang bekend. Vind uit hoe om u werknemers se kontrakte te hersien en te verhoed dat u boerdery nie onder die gevolge van ‘n onrealistiese minimum loon ly nie.

Datum: Donderdag, 29 Februarie 2024
Tyd: 10:00 - 11:00
Plek: TLU SA kantoor in Pretoria OF aanlyn via Zoom

Die werkswinkel gaan ook opgeneem word en daar kan versoek word om die opname na die sessie te ontvang

Registreer hier

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

Gaan ons vanjaar ‘n een ton wen-pampoen sien?

Kom woon die 20ste Goliat van Gat Kompetisie op 16 Maart 2024 op die Pretoria Boeremark terrein in Silverton by en vind uit.

2024 Jongboer-konferensie:
15 Maart 2024

Woon die 2024 TLU SA Jongboer-konferensie op Vrydag 15 Maart 2024 by.

Registreer hier voor 3 Maart 2024

 

Landbou-
korrels

Landboukorrels Boeredag Pekanneute Inligtingsdag is op 25 April 2024 by die Cullinan Boere-Unie Saal.

Vir meer inligting kontak:

Henri Combrink op culliboer@gmail.com | 082 552 9428

of

Lynette du Plessis op sentraal@tlu.co.za | 082 823 3399

Clocolan Plaaskultuurfees: 1-2 Maart 2024

TLU SA stal vanjaar by die Clocolan Plaaskultuurfees op 1 - 2 Maart 2024 uit. Kom ontmoet ons daar.

Klik hier vir die program.

 

KragDag Wes-Kaap: 21-23 Maart 2024

Ontmoet die TLU SA-span vanjaar weer by KragDag Wes-Kaap op 21 tot 23 Maart 2024.

Die jaarlikse KragDag ekspo bied 'n inspirerende, leersame 3 dae in 'n karnaval atmosfeer. Hoewel daar 'n groot hoeveelheid genot en vermaak gaan wees, is die geleentheid uniek daarin dat jy nie net ‘n toeskouer gaan wees nie. Jy gaan ‘n deelnemer wees met dinge wat 'n verskil in jou lewe kan maak.

Die effek van die vryweesfilosofie, wat 'n integrale deel van KragDag en die uitstallings wat daarop fokus is, kan 'n groot impak op jou lewe maak.

Koop jou kaartjies vandag hier

KragDag Wes-Kaap program: klik hier

 

ONS DOEN SELF

 

Keusemaking in TLU SA

TLU SA se waardes word in ons manifes vervat en dit rig ons optrede. Waar ‘n wêreld deurmekaar en in ‘n sekere sin siek geword het, beleef ons dat al hoe meer mense verward raak wanneer hulle moet keuses maak. Wat moet ons denke vorm en hoe pas ons dit in die praktyk toe?

Die Woord van God is steeds die enigste waarheid waaraan ons denke getoets moet word. Die hedendaagse benadering waar mense hulself in die middelpunt plaas en nie vir Christus nie, is dalk die een groot rede hoekom ons hierdie Babelse verwarring toenemend beleef.

TLU SA erken en belei onbevange ons geloof in God Drie-enig soos geopenbaar in Sy Woord, die Bybel. Dit is wie ons is en dit is wat ons streef om uit te leef.

Facebook en aanhangers daarvan

TLU SA se Facebook-blad het ongeveer 19 700 volgelinge - dit is reeds ‘n groot voetspoor op sosiale platvorms. Indien al ons lede na die TLU SA Facebook blad toe gaan en hulle vriende uitnooi om ook van TLU SA te hou (“like”), kan ons die getal drasties verhoog. Baie meer mense sal dan blootstelling aan ons aktiwiteite kry.

Dit is heel eenvoudig, volg net hierdie stappe:

  1. Maak die TLU SA Facebook-blad op jou rekenaar of slimfoon oop. Bo is daar drie kolletjies langs mekaar waarop gekliek kan word. ‘n Keuselys sal verskyn.
  2. Kliek op die “invite friends” opsie en merk vriende wat dan uitgenooi sal word om van die TLU SA Facebook-blad te hou.

Kom ons kyk of ons die TLU SA voetspoor op sosiale media kan vergroot!

 

Aros groei van krag tot krag

Verskeie staatsinstellings voldoen nie meer aan die noodsaaklike vereiste om ons jeug vir die toekoms voor te berei nie. Ons ervaar dus al hoe meer dat onderrig en opvoeding belangriker geag word. 

TLU SA het groot waardering vir die privaatinstellings wat na vore gekom het en hoë gehalte en begronde opleiding aan studente en skoliere bied. Dit is belangrik dat ons lede kennis neem van die goeie werk wat hierdie onderskeie instansies doen. Ons dink op skoolvlak aan privaatskole wat Christelik begrond is, soos die BCVO beweging. Op ‘n tersiêre vlak beleef ons dat meer instellings die tree na hoë gehalte opvoeding gee. 

Ons wil graag alle voornemende studente aanmoedig  om ondersoek in te stel na die hoë gehalte onderrig wat instansies soos Aros, AP Akademie, Akademia, Sol-Teck, en Bo-Karoo Opleiding aanbied. 

Die onderwys landskap in Suid-Afrika is dinamies. Tans is daar heelwat uitdagings waarvoor die onderwys te staan kom. ‘n Beduidende tekort aan onderwysers is een hiervan. 

Aros is ‘n privaat, Christelike hoëronderwysinstelling wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer is. Aros se doel is om roepgerigte opleiding te verskaf sodat studente na hul studies die onderwysprofessie met kundigheid kan betree.  

Aros poog om jaarliks onderwysers van hoogstaande gehalte te lewer. Tans bied Aros ‘n Hoër Sertifikaat in Onderwys, B.Ed in Grondslagfase, B.Ed in Intermediêre Fase, B.Ed in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding, asook die Nagraadse Onderwysdiploma aan. Meer as 2 900 Aros-studente van regoor Suid-Afrika volg die afstandsonderrigmodel. 

Die eerstejaarsgetalle groei jaarliks en vanjaar spog Aros met ‘n rekordgetal nuwelinge. Ongeveer 1 100 studente is by die Aros-familie verwelkom. 

In Maart 2024 sal meer as 300 roepingsgedrewe studente hul graad ontvang en die onderwysprofessie betree. 

Aros bied vanjaar vir die eerste keer die B.Ed Hons in Leerondersteuning aan, ons eerste honneursgroep. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het tydens ’n glansgeleentheid op 8 Februarie 2024 aan die top vyf Aros-studente beurse vir dié graad toegeken. 

Die B.Ed Honneurs in Leerondersteuning het ten doel om studente se teoretiese kennis van leerondersteuning te konsolideer en verdiep ten einde leerders in die grondslag- en intermediêre fases met diverse leerhindernisse doeltreffend te assesseer, ondersteun en bemagtig. Die kwalifikasie sal studente in staat stel om diverse en unieke leervermoëns en -uitdagings te identifiseer en binne die gees van inklusiewe onderwys te akkommodeer. Verder het dit ook ten doel om studente vir M.Ed-studie voor te berei deur op navorsingsvaardighede te fokus.

Aros se onderrigmodel bied die ideale geleentheid vir voornemende onderwysers om hul studies en praktiese onderwyservaring te kombineer. Aansoeke om in 2025 te studeer, open op 2 April 2024. Voornemende studente kan ook gedurende die week die splinternuwe Aros-kampus in Montanapark besoek. Afsprake met die bekwame studentewerwers kan ook virtueel geskied.

 

Woon en boer
in Australië

'n Instansie in Australië bied geleenthede met 'n volledige ondersteuningsbasis aan vir persone wat daar wil belê, veral in die landbou-omgewing.  Dit is moontlik om belange hier te behou en ook daar aktiwiteite te begin.  

TLU SA en ander rolspelers het via Zoom 'n konstruktiewe gesprek met die instansie gevoer. 

Die gesprek is opgeneem en indien iemand dit wil luister, is hulle welkom om dit by Mariëtte aan te vra by sekretaresse@tlu.co.za 

Nuwe inisiatief om militêre veterane as byeboere te bemagtig

Na aanleiding van gesprekvoering tussen TLU SA en die Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) het die behoefte ontstaan om die lede van TLU SA in te lig oor ‘n Byeboerdery projek wat ontstaan het in samewerking tussen die ATTSA en die Militêre Veterane. 

Die projek se oogmerk is om militêre veterane te bemagtig en finansieel sterker te maak, asook om die ekonomie en die landbousektor te bevoordeel. Dit het in 2023 afgeskop met ongeveer 30 militêre veterane.

Lees meer hier.

 

Die Landbousektor Voorsorgfonds

Die Landbousektor Voorsorgfonds verbeter reeds sedert 1991 die lewens van duisende werknemers in die landbousektor.

Gedurende 2023 het die trustees van die fonds besluit om die naam te verander na die Agri en Verwante Sektore Voorsorgfonds en sodoende die geleentheid aan ander sektore te bied om by die fonds te affilieer.

TLU SA is een van die stigterslede van die fonds.

Voordele wat die fonds bied:

  • Maandelikse bydrae dek die lede se aftreebesparing en risikovoordele.
  • Werknemers het gemoedsrus wetende dat hulle uitstekende voordele geniet.
  • Werknemers se opgeloopte fondswaardes kan van een werkgewer na ’n ander oorgeplaas word.
Die fonds word beheer en bestuur deur ’n raad van trustees wat bestaan uit verteenwoordiging van TLU SA, LWO en AgriSA.

Die raad word deur ’n uitvoerende beampte ondersteun wat toesien dat besluite uitgevoer en deeglik geïmplementer word.

Die fonds word jaarliks onderwerp aan finansiële oudits.

“The fruits of your labour will bear the fruits of your success.”

  • Jon Jones

Vir meer inligting aangaande die buigbare voordeelplanne, kontak Ben de Jager.

Sel : 071 495 3333

E-pos : ben@verso.co.za

 

LANDBOUSPORE

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek.

Ons nuutste opnames:

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Februarie 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE

 

 

KONGRESBORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die Kongres 2023 vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

Hatfield Motor Groep

Manitou

 

Pretoria FM

Santam Landbou

 

Winfield

 
 

Platinum

 

Hollard

NWK

SAVPO/SAPPO

 

goud

 

absa

Impac Cropsure

Nedbank