Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Januarie 2024  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

‘n Nuwe jaar vol nuwe uitdagings is hier. Dit is verkiesingsjaar en ons weet dat baie politieke onsinnighede gaan plaasvind. Ten spyte van al die negatiewe wat ons ervaar, soos stygende brandstofpryse, deurlopende beurtkrag en die verhoging van minimum lone, moet ons probeer positief bly oor die jaar wat voorlê.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

2024 is reeds stewig op koers en heelwat onsekerheid wag op almal. Die verwagting is allerweë dat die wyse waarop die verkiesing gaan ontvou nie noodwendig stabiliteit gaan teweegbring nie. As landbouers is ons daarop ingestel om seisoenaal die regte dinge op die regte tyd te doen sodat die moontlikheid van produksiesukses hoër kan wees.

 

STANDPUNTE

 

TLU SA lê insette vir 2024 begroting aan minister van finansies voor

TLU SA het verlede week ‘n skrywe aan die minister van finansies gerig om sake wat lewensbelangrik vir volhoubare voedselvoorsiening is onder sy aandag gebring. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, het vriendelik, dog dringend, die waarde van kos op die tafel as die belangrikste stabiliserende faktor in ons land beklemtoon.

 

Die wêreld staan saam met ons boere

Die afgelope week het rye trekkers die paaie in Duitsland versper en chaos in stede en hoofpyne vir pendelaars veroorsaak. Maar dit is niks nuuts nie. In die laaste jare het boere in Wes-Europa met toenemende vurigheid teen beleide gestry wat volgens hulle doeltreffende boerderypraktyke aan bande lê.

 

Landbou neem ‘n standpunt in teen die minimumloonbeleid in Suid-Afrika

Hoe lank sal die Suid-Afrikaanse ekonomie die impak van die ANC se beleidsomgewing kan weerstaan? In die lig van gedeelde bekommernisse en toewyding aan die belange van Suid-Afrikaanse werkers en werkgewers, dring TLU SA, die South African Parastatal and Tertiary Institutions Union (Saptu), die Nasionale Werkgewersorganisasie (NEASA) en die Suid-Afrikaanse Agri Initiatief (Saai) daarop aan dat die Departement van Arbeid in konstruktiewe gesprek moet tree en die bestaande minimumloonbeleid moet heroorweeg.

 

Laat landbou selfversorgend wees

TLU SA het weereens met skok kennis geneem van die antwoord van Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, dat die regering in hierdie krisistyd van duur insetkostes net hulp aan klein bestaansboere afgewentel het.

 

TLU SA Traumafonds – ‘n baken van hoop vir baie

Terwyl hulle wonder hoe hulle die diere gaan voer en ‘n spesiale kerstyd vir hul geliefdes gee, is TLU SA se traumafonds ‘n baken van hoop vir baie boere. Dis in ‘n boer se geaardheid om vir ander te sorg en hulle is ook die waardevolste deel van ons voedselwaardeketting. Geen boer wil sien hoe die diere een vir neersak weens honger nie, en nog minder wil hulle nie hul rol in die waardeketting volstaan nie.

 

Onteiening – ‘n nuwe benadering word benodig.

Wysiging aan die onteieningswetsontwerp is nie in Suid-Afrika se belang nie en moet verwerp word. TLU SA volstaan steeds by die ekonomiese beginsels wat bepaal dat elkeen wat ekonomies aktief wil wees ook verantwoordelikheid aanvaar vir dit wat daarmee saamgaan. Landbou lewer ‘n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) en daarom is fokus op markkragbeginsels belangriker as ideologiese beginsels wat ‘n transformasie agenda dryf.

 

Waar word my energie aangewend om ‘n toekoms te soek?

Die werklikheid vandag is dat baie mense die sogenaamde nuwe Suid-Afrika ter goeder trou ‘n kans gegee het met ’n oortuiging dat dit kan werk. Hulle het egter nie rekening gehou met die gevolge van die beleidsproses wat sedert 1994 toegepas is nie. Een ding is seker, die ANC was inderdaad eerlik in hul geskrifte en besluite en dit was daar vir almal om te sien. Hul nasionaal demokratiese rewolusie, vryheidsmanifes en Strategy And Tactics dokumente verklaar klinkklaar waarheen hulle oppad is en mense is vandag nog naïef oor die toekoms wat die ANC van elkeen ontneem.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

Gaan ons vanjaar ‘n een ton wen-pampoen sien?

Kom woon die 20ste Goliat van Gat Kompetisie op 16 Maart 2024 op die Pretoria Boeremark terrein in Silverton by en kyk saam.

 

Landboukorrels

Landboukorrels Boeredag Pekanneute Inligtingsdag is op 25 April 2024 by die Cullinan Boere-Unie Saal.

Vir meer inligting kontak:

Henri Combrink op culliboer@gmail.com | 082 552 9428

of

Lynette du Plessis op sentraal@tlu.co.za | 082 823 3399

 

2024 Jongboer-konferensie

Woon die 2024 TLU SA Jongboer-konferensie op Vrydag 15 Maart 2024 by.

Registreer hier voor Maandag 11 Maart 2024

 

ONS DOEN SELF

 

Majubafees

TLU SA koester nog altyd ons trotse kultuurerfenis. Dit is vandag meer as ooit tevore noodsaaklik dat ons seker maak die jeug neem kennis van ons trotse geskiedenis.

Die ANC-regering het oor tyd heen ’n doelbewuste poging om ons geskiedenis te steel aangewend en dit met ’n verdraaide weergawe vervang. Dit het inderdaad ons kinders oor ons herkoms verwar. Die Majubafees vind gedurende die naweek van 23-25 Februarie 2024 plaas en is ’n gulde geleentheid om saam met volksgenote stil te raak en ons volkshelde van weleer te onthou.

TLU SA bied vanjaar saam met die Majuba-trust die fees aan. Ons benodig hulp vir onder andere hek-, terrein- en kleedkamerdiens. Hoe meer mense hand opsteek om te help, hoe kleiner sal elkeen se las wees.

Almal wat die naweek diensbaar is sal ook opnuut ons geskiedenis ervaar op die slagveld waar die beslissende slag van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 plaasgevind het.

Indien u bereid is om te help stuur asseblief ‘n boodskap aan Bennie van Zyl op 082 466 4470.

Die twee wêrelde waarin ons leef

Daar word vandag deurentyd verskillende standpunte teen mekaar afgespeel. Ook ons eie mense huldig vaste oortuigings en daar is dikwels diepliggende verskille oor wat reg of verkeerd is.

Onder eie geledere is daar sterk standpunte, byvoorbeeld Covid-inenting of nie? Rusland of Oekraine; Israel of Palestina? In Suid-Afrika ervaar ons by veral die ANC en hul meelopers ’n sterk rassekeuse. Dinge word afgespeel teen mekaar op ’n wit of swart grondslag.

By TLU SA wil ons eerder op ons verbintenis tot waardes wat gebou is op ons kultuurverbintenis, fokus. Dit beteken ons kies vir iets wat vir ons belangrik is en dit lei ons besluite. Ons fokus is dus om keuses wat oor tyd heen sukses bewys het te maak. Die rede hoekom ons nie die ANC se transformasie agenda kan ondersteun nie, is omdat die agteruitgang van instellings soos Eskom, SAL, Denel, ens. bewys dat dit nie werk nie.

Kom ons fokus vanjaar op daardie dinge wat vir landbou sukses sal bring en laat mislukking oor aan diegene wat daaroor opgewonde wil raak.

 

Konstante Kragvoorsiening – MarketVest

Effektiewe kragvoorsiening is ononderhandelbaar in enige boerdery, maar indien ons op Eskom gaan staatmaak, blyk deurlopende kragvoorsiening al hoe meer ’n mite te wees. MarketVest, ’n bewese spesialis in alternatiewe kragvoorsiening, het ’n suksesvolle voetspoor van sonkragopwekking in Afrika. Die organisasie bied nou aan die lede van TLU SA ’n spesifieke oplossing om met behulp van sonkrag volhoubaar te kan boer.

In samewerking met ’n span kundige ingenieurs kan MarketVest ’n sonstelsel vir elke boerdery se unieke omstandighede ontwerp. Opsies sluit in om heeltemal onafhanklik van Eskom te wees of om eers beurtkrag te oorbrug met die vooruitsig om die stelsel uit te brei na totale onafhanklikheid.

MarketVest het vir boere wat in sonkrag belangstel nasionale en internasionale finansiering beding. Afhangend van elke plaas se unieke omstandighede bied hulle lenings en/of huurkoop ooreenkomste aan, selfs teen prima-rentekoerse. Dit is dus moontlik om met bekostigbare finansiering sonkrag te bekom.

Die boer se maandelikse Eskom-rekening, wat jaarliks onrealisties drasties eskaleer, mag selfs gelykstaande wees aan die paaiement van die lening/huurkoop van ’n sonstelsel. Die kragrekening eskalasie word dan inderwaarheid ’n besparing en is bo en behalwe die geleentheid om die totale kapitale investering in ’n sonkragstelsel van inkomstebelasting te kan verhaal. Elke boerdery se finansiële omstandighede sal die afbetalingstermyn bepaal en kan selfs so min as vyf jaar wees.

Kontak gerus vir Helgard Hancke by 083 651 0909, of stuur ‘n epos na helgard@marketvest-int.com vir meer besonderhede.

Woon en boer in Australië – Registreer jou belangstelling!

Oorweeg jy ‘n nuwe begin en lewe in Australië, met veiligheid en geleenthede vir jou gesin? 

Wil jy dadelik jou eie werkende plaas kan betree en permanente verblyfreg in Australië hê? 

Sal jy trek as die regte geleentheid ontstaan? 

As jy ‘ja’ geantwoord het op een of meer van hierdie vrae, moedig ons jou aan om ‘n sessie van Libertas Holdings Group by te woon.

Hulle kundiges kan help met alle aspekte van die aankoop van ‘n werkende plaas in Australië, die bestuur van die migrasieproses en verseker dat jy die plaas met voortdurende ondersteuning kan bestuur. 

Wanneer:
Donderdag, 22 Februarie 2024 om 13:00 

Waar:
TLU SA – 194 James Drive, Silverton, Pretoria, 0184 (As jy nie in-persoon kan bywoon nie, sal daar ook ‘n aanlyn Zoom-sessie wees) 

Om te registreer vir die eerste sessie, stuur asseblief ‘n e-pos na sekretaresse@tlu.co.za 


 

 

Soeke na werksgeleentheid

Philip Marais is aktief opsoek na nuwe werksgeleenthede. Met ‘n bewese geskiedenis van suksesvolle projekbestuur en ‘n toewyding aan die lewering van kwaliteit resultate, het Philip konsekwent leierskap- en spanmotiveringsvaardighede gedemonstreer. Hy blink uit daarin om met kliënte saam te werk, hul behoeftes te identifiseer en uitstekende diens te lewer. 

Philip se diverse agtergrond sluit ervaring van gesondheid en veiligheid, individuele projekbestuur, en ‘n spesialisasie in vloeistofbewaring in. Hy besig ook ‘n soliede begrip van finansiël besluitneming en projekbegroting. 

As julle enige vakatures of geleenthede ken wat met Philip se vaardighede en kundigheid ooreenstem, of as julle sy volledige CV wil kry, kom asseblief met hom in aanraking. Met sy toewyding en prestasies sal hy ‘n onmisbare bate vir enige organisasie wees. 

Philip Marais kan gekontak word op 072 726 9170 of philip.a.marais@gmail.com 

Nuus uit die Vrystaat en Noordwes

Alle voorspoed vir ons boere vir 2024. 

Reën het wydverspreid voorgekom en ons is veral dankbaar vir reën in die gebiede waar brande verlede jaar verwoesting gesaai het. 

Ons het kontak gemaak met Vodacom en ‘n vergadering tussen boere van die Brits- omgewing en Vodacom is geskeduleer om oplossings te vind vir diefstal en sabotasie van selfoontorings. 

‘n Vergadering tussen onvergenoegde boere en SAPD in Ventersburg oor die voortslepende misdaad krisis en die onvoldoende bystand van SAPD het op 25 Januarie 2024 plaasgevind. Ons vertrou dat die nodige uitkomste gevind sal word. 

Groete
TLU SA Vrystaat en Noordwes

 

Plaaslike Regering | Buit jou munisipaliteit jou uit?

Dit is weer die begin van ‘n nuwe jaar – 2024. Vanaf Januarie tot Mei word munisipaliteite getaak om publieke deelname vir die volgende finansiële jaar se eiendombelasting tariewe te verkry. Hierdie tariewe moet op 1 Julie 2024 geïmplementeer word.

Waar laat dit ons as belastingbetalers?

Die doel van eiendombelasting is om ‘n finansiële bydrae tot die munisipaliteit te lewer ten einde openbare dienste te lewer, sowel as om by te dra tot die munisipale begroting. Hierdie bydrae tot die begroting is ‘n groot bekommernis vir grondeienaars. Daar word dan gekyk na munisipaliteite se finansiële situasie en tot watter mate gaan ek, die belastingbetaler verantwoordelik gehou word vir finansiële bydrae.

Lees meer hier.

 

LANDBOUSPORE

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld met verskeie rolspelers wat ‘n bydrae lewer om boere volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek.

Ons nuutste opnames:

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Januarie 2024

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE

 

 

KONGRESBORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die Kongres 2023 vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

Hatfield Motor Groep

Manitou

 

Pretoria FM

Santam Landbou

 

Winfield

 
 

Platinum

 

Hollard

NWK

SAVPO/SAPPO

 

goud

 

absa

Impac Cropsure

Nedbank