Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Desember 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

2023 het verby gesnel met baie uitdagings en ‘n minder vriendelike landbou omgewing van die regering se kant, hoë insetkoste, wisselvallige reënval, hoër pryse van kunsmis en brandstof, om maar net ‘n paar te noem. Ons het ook gesien hoe plaasmoorde, plaasaanvalle en diefstal steeds plaasvind. Daar was ‘n klomp negatiewe situasies wat ons die heeltyd tegemoet gekom het. 2023 was vir baie mense beslis nie ‘n maklike jaar nie.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Die jaar is in sy laaste stuiptrekkings
2023 snel ten einde en dit is wanneer mens gewoonlik bestekopname doen van jou persoonlike lewe. Op plase het die produksieproses nooit ‘n afsluittyd nie, want die verantwoordelikheid om boer te wees is ‘n 24 uur per dag, 7 dae ‘n week taak.

 

STANDPUNTE

 

Weet jy wat is in jou drinkwater?

Op Dinsdag 5 Desember 2023 het die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, die “Blue Drop”, “Green Drop” en “No Drop” verslae bekend gemaak. Die Blue Drop-verslag is seker die verdoemendste inligting aangesien dit aangedui het dat bykans die helfte van die land se drinkwater van swak kwaliteit is. In 2014 het 44 watervoorsieningstelsels die Blue Drop status ontvang terwyl net 26 in 2023 daaraan kon voldoen. Dit is ‘n negatiewe koers van bykans 41% in ‘n tydperk van 9 jaar.

 

Limpopo Revitalisation of Agriculture and
Agro-processing Value Chain beraad

Tydens die onlangse Limpopo Revitalisation of Agriculture and Agro-processing Value Chain (RAAVC) beraad, was dit duidelik dat blanke boere weereens nie hoog op die prioriteitlys vir landboubevordering is nie.Die primêre doel van die beraad wat van 29 – 30 November 2023 in Modimolle gehou is, was om te poog om lewe in die plaaslike ekonomie te blaas. 

 

Sonder grond en water kan jy nie boer nie.

TLU SA vier Wêreldgronddag 2023 en beklemtoon die belangrikheid van gesonde grond en water vir boere. TLU SA, ‘n voorstander van volhoubare landbou, is verheug om by die internasionale gemeenskap aan te sluit en Wêreldgronddag 2023 op 5 Desember te vier. Vanjaar se tema, “Grond en Water, ‘n Bron van Lewe,” beklemtoon die kritiese verhouding tussen grondgesondheid en die welstand van ons landbougemeenskappe.

 

Weiding is op, ons diere tel houtjies op: Ondersteun boere in droogtegeteisterde areas

TLU SA stel vandag ‘n veldtog bekend waarmee Suid-Afrikaners versoek word om ons boere in droogtegeteisterde areas te ondersteun. In die hartjie van die droogte staar ons boere ‘n opdraande stryd in die gesig om hul diere te voer. “Ons het dusver nog nie ‘n druppel reën in die Koedoesrand omgewing gehad nie. Daar is nie ‘n grassie in sig nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord Streekbestuurder.

 

Tradisionele leiers kry hulle “verkiesingbonus”

In die strate van Limpopo drentel jong kinders met die hoop om iets te ete te kry voordat hulle terug gaan na ‘n “huis” wat net aan-en-af water en sanitasie het. Intussen het die Limpopo Premier Chupu Stanley Mathabatha Maandag 27 November 2023 in Polokwane tydens ‘n amptelike seremonie 57 splinternuwe voertuie soos suigstokkies uitgedeel aan tradisionele leiers.

 

Eerlikheid oor ons werklikheid by TLU SA se 2023 mediafunksie.

Die president van TLU SA, Henry Geldenhuys, het van TLU SA se jaarlikse mediafunksie op 20 November 2023 gebruik gemaak om eerlik te wees oor die werklikheid van landbou in Suid-Afrika terwyl hy die media bedank het vir die rol wat hulle in die bevordering van landbou speel.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Weiding is op, ons diere tel houtjies op.

In die hartjie van die droogte staar ons boere ‘n opdraande stryd in die gesig om hul diere te voer. Verbeel jou dat jy ‘n vyfde generasie boer is wat moet toesien hoe jou diere een vir een neersak, en jou boerdery daarmee saam onder gaan. Dis ‘n fisiese pyn wat jou laat krul.

“Ons het dusver nog nie ‘n druppel reën in die Koedoesrand omgewing gehad nie. Daar is nie ‘n grassie in sig nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord Streekbestuurder.

Saam kan ons vir boere ‘n reddingsboei bied. Jy kan ons boere help om hul diere te voer deur ‘n finansiële bydrae te maak aan TLU SA se traumafonds. Elke bydrae, groot of klein, gaan direk na ons boere en maak ‘n verskil.

TLU SA se traumafonds besonderhede is hier beskikbaar: https://www.tlu.co.za/droogte/

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

Het jy jou pitte geplant vir volgende jaar se Goliat van Gat-kompetisie?

Die organiseerders – Cullinan Boere-unie (TLU SA) – van die jaarlikse Goliat van Gat-kompetisie is hoopvol dat volgende jaar se wenpampoen by een ton sal uitkom.

Die kweekseisoen vir volgende jaar se kompetisie is nou in volle swang.

Neem asseblief kennis dat die Goliat van Gat 2024 datum verander het.

 

ONS DOEN SELF

 

Nuus uit die Vrystaat

TLU SA Vrystaat het in November 2023 deelgeneem aan 'n veiligheids werkswinkel saam met VL, Saai, Afriforum en privaat sekuriteit firmas om beter samewerking op die gebeid van veiligheid te bewerkstellig. Ons glo dat samewerking tussen organisasies belangrik is om 'n breë linie van belanghebbendes saam te snoer en 'n verskil te maak.

Ons wil graag ons lede bewus maak daarvan om oor die feestyd veiligheid op te skerp.

Sterkte vir al die boere wat plant. Mag elke lid 'n geseënde Christusfees beleef.

TLU SA Vrystaat sien uit om in 2024 van nog groter diens te wees vir die boere.

Vanaf die Oos/Natalstreek

Soos reeds bekend, het ons ‘n baie suksesvolle projek oor die onwettige jag met honde gehad. Dit moet gemeld word dat na die vergadering met die onderskeie departemente daar reeds goeie uitkomste was. Daar mag nog mense wees wat negatief is, maar die inkoop van ons boere ten opsigte van die hantering van sodanige gevalle is baie positief.

Meeste van ons boere se gewasse is mooi op dreef, maar verskeie boere het groot skade gehad met hael wat wyd verspreid voorgekom het .

Graag wil ons uit die Oos/Natalstreek vir al ons mede landbouers in Suid-Afrika ʼn geseënde Christusfees toewens.

 

Spoedtoerusting – Wat jy moet weet

Die vereistes vir draagbare spoedkameras
Hier volg ʼn paar wenke oor die spoedkamera regulasies wat verkeerspolisie moet navolg. Indien jy afgetrek word, mag jy vra:

  1. Jy mag die kamera se kalibrasiesertifikaat aanvra indien gesê word dat jy te vinnig gery het.
  2. Jy mag die operateur van die kamera se sertifikaat aanvra, aangesien dit ten alle tye beskikbaar moet wees waar spoedmetingtoerusting gebruik word.
  3. Jy mag daarop aandring om die spoedlesing op die kamera te sien.

Algemene operasionele vereistes
Geen vervolging mag plaasvind indien:

  1. Die spoedmeting binne 300 m van die begin van ʼn spoedlimietsone plaasvind nie.
  2. Indien ʼn verkeersbeampte ʼn foto vir vervolging wil gebruik, maar nie toestemming by die direkteur van openbare vervolging ontvang het nie.

Regulasies vir radarspoedtoerusting

  1. Die ligging van ʼn spoedradar moet tydens die dag geïdentifiseer word, ongeag of die oefening tydens die dag of nag gaan plaasvind.
  2. Daar mag geen groot, stilstaande of metaalvoorwerpe binne 50 m voor die radar wees nie.
  3. Geen meting mag verder as 500 m gedoen word nie.
  4. Daar mag geen ander voertuig binne 600 m van die voertuig wat gemeet word, wees nie.
  5. Daar mag geen metaalpadtekens of enige vertikale plat oppervlaktes binne 15˚  aan enige kant van die mikrigting wees nie.
  6. Daar mag geen metaalpadtekens of enige vertikale plat oppervlaktes binne 200 m van die antenna van die radar wees nie.
  7. Die toerusting mag slegs gebruik word waar die radar se uitsig skoon is, en dit moet binne 45˚ en 600 m van die uitsig wees.
  8. Daar mag geen hoogspanningkabels binne ʼn radius van 100 m van die antenna wees nie (soos byvoorbeeld kragkabels).

Regulasies vir laserspoedtoerusting

  1. Wanneer die ligging vir spoedtoerusting waar laser gebruik word, geïdentifiseer word, moet die operateur verseker dat daar ʼn skoon, ononderbroke spasie van die pad en die voertuig wat gemeet moet word, is.
  2. Geen meting mag verder as 500 m gedoen word nie.
  3. Die meetafstand moet op die aanklagtevorm aangedui word indien daar nie ʼn foto is om dit te bewys nie.
  4. Indien daar meer as een voertuig in sig is, moet daar ʼn duidelike spasie tussen die voertuie wees.

Regulasies vir spoedtoerusting waar foto’s van toepassing is

  1. Die foto moet ten minste die volgende inligting bevat:
    1. Die datum van die moontlike oortreding.
    2. Die tyd van die moontlike oortreding.
    3. Die spoed wat gemeet is.
    4. Die ligging van die moontlike oortreding.
    5. Die voertuig moet duidelik die moontlike oortreder se voertuig wees.
  2. Daar mag nie meer as een voertuig tussen die sensorlyne wees indien die lyne algemeen of nie baanspesifiek is nie. Indien baanspesifiek, moet die baan waar die oortreding plaasgevind het, sigbaar wees.

Die publiek word aangeraai om elke boete noukeurig deur te lees en te verseker dat alle inligting daarop korrek is. Indien nie, kan jy dit na AARTO verwys. Dikwels is hierdie boetes dan nie geldig nie.

Indien jy jou boete of verkeerskaartjie bevraagteken, kan jy die navraag op die korrekte vorm aan AARTO stuur. Klik hier
 

Vanaf die Noord Streek

As iemand wat van die stad na die platteland verhuis en in die landbousektor kom werk het, het ek ’n nuwe insig en waardestelsel gekry.

Dit is maklik in die stad.

Daar is ‘n bepaalde roetiene. Staan op, gaan werk toe, kom huis toe, ontspan, slaap en herhaal. Die dryfveer is geld, aansien en wie se “speelgoed” die duurste is. Daar is min dinge wat regtig pla. Daar is swaar verkeer tydens spitstyd, beurtkrag affekteer almal, veiligheid is nie ‘n baie groot probleem nie want daar is “veiligheid in getalle”, en daar is meer privaat sekuriteitsmaatskappye as polisiestasies. Alles wat jy aan kan dink is beskikbaar op die winkelrakke. Verderfbare produkte is volop. Inkopies is ‘n stokperdjie vir baie. Armoede is iets wat in die verbygaan waargeneem en eweneens ignoreer word. Duisende voertuie sal verby ‘n persoon wie se voertuig gebreek het ry,
ongeag die bestuurder se geslag. Die ongesproke reël is dat jy nie betrokke raak nie. Die meeste mense weet nie eers wie hulle bure is nie en stel ook nie besonder belang om uit te vind nie. Mense leef in hulle eie geskepte wêreldjies wat hulle, na gelang van “status”, van ander onderskei. Geld praat tussen die “have’s” en die “have nots”. Daar is orals klieks en as jy nie die regte “status” het nie, sal jy nooit ingelaat word nie. Dis die lewe in die stad…

Maar hier het ek iets anders ervaar.

Die platteland is wêrelde verwyder van die stad. Dit kan net sowel ‘n ander planeet wees. Mense het tyd vir mekaar. Mense het empatie vir hulle medemens. Daar is altyd ‘n bereidwilligheid om te help. Vreemde mense word vriende. Mense se lewensuitkyk is anders. Die lewe is stadiger en meer sinvol. Mense vertrap nie ander om bo uit te kom nie, inteendeel, hier beteken geloof, hoop en liefde presies dit - Geloof, Hoop en Liefde. Geen bymotiewe nie, geen “jy skuld my”
denkwyse of verwagting nie. Mense se woord is hul eer. Mense kyk jou in die oë. Mense is toeganklik en het ‘n trots in hul handel en wandel. En veral in die landbougemeenskap.

Ek het ander uitdagings hier ervaar; goed waaraan ek nooit eers gedink het nie.

Elke boer is ‘n potensiële slagoffer van landelike terrorisme, ontwrigting van werksaamhede, ‘n apatiese polisiediens en ‘n disfunksionele vervolgingsgesag. Dit weerhou hulle egter nie om uitmuntende diens te lewer nie – om kos op die winkelrakke te sit vir ondankbare mense. Ten spyte van al die aanslae, hetsy polities, ekonomies, psigologies of fisies, beur hulle vorentoe met arbeidsvreugde. Ek het deur die loop van die jaar vir verskeie boere gevra hoekom hulle boer. By uitstek was die antwoord, “Want dit is in my bloed.” Wanneer ek uitvra oor die probleme in die landbousektor en waarvoor hulle hoop, is die antwoord altyd, “Ons bid vir reën.” Boere het ‘n onwrikbare geloof in God en leef in geloof, hoop en liefde.

“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filippense 4:4-8).

Seënwese vir die kersseisoen en voorspoed vir 2024.

Bly waaksaam, bly veilig, bly vas in julle geloof.
Danie Prins, Streeksbestuurder: TLU SA Noord

 

Plaaslike Regering | Jy het die mag!

Op plaaslike regeringsvlak, veral as dit kom by eiendomsbelasting, is grondeienaars voos gedruk om te betaal vir dienste wat nie gelewer word nie, of skaars sigbaar is. Die munisipaliteite dwing betaling af, veral as die rekening gekoppel is aan dienste soos elektrisiteitsvoorsiening en water. Ons mense is moedeloos, negatief en voel magteloos.

Gun ons die geleentheid om aan elke leser 'n blik te gee op die mag wat jy in werklikheid het. Die struktuur wat die besluit oor betaling van belasting en vir dienste wat gelewer word of nie neem, is die munisipale raad. Die raad het uitvoerende magte binne die munisipaliteit wat alle besluite kan neem. Hulle magte is bo die besluite van enige ander plaaslike regering struktuur, solank dit aan die wetlike aspekte voldoen en nie ongeldig is nie. Die provinsiale en nasionale strukture kan slegs leiding en ondersteuning gee, maar hulle kan nie 'n besluit veto nie.

Dit is belangrik dat jy as inwoner en belastingbetaler ingelig is oor wie die raad is en wie hulle daar plaas. Die raad bestaan onder andere uit lede vir elke munisipale wyk.  Die raadslede moet tydens ‘n verkiesing die meerderheid stemme in 'n spesifieke wyk verwerf en word deur die munisipaliteit opgelei om behoorlik besluite te kan neem.

Lees meer hier.

 

TLU SA groet 2023.

Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder groet 2023 met ‘n spesiale boodskap waar hy reflekteer oor die jaar wat verby is en die belangrike rol wat die landbou-industrie speel vir voedselsekerheid.

Mag ons opnuut in 2024 saam werk om die groter doel te bereik.

Kyk die boodskap hier
 

LANDBOUSPORE

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld in gesprek met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou.

Ons nuutste opnames:

  • Landbouspore: Meer oor die Karoo en sy initiatiewe en praktyke. Kyk gerus die video hier
  • Landbouspore: Oesversekering en finansiering by iMPAC Cropsure. Kyk gerus die video hier
  • Landbouspore: Manitou – Telehandlers, forklifts, skid steers & other handling equipment. Kyk gerus die: video hier

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

Majuba 2024

TLU SA se Uitvoerende Komitee het besluit om tesame met die Majuba Trust volgende jaar se Majubafees op 23 tot 25 Februarie 2024 as gasheer-organisasie aan te bied. Dit is vir ons ‘n gulde geleentheid om ons verbintenis in ons Manifes oor ons erfenis te help beslag gee.

Ons wil dit nou reeds onder u aandag bring, so ook die feit dat ons baie hulp gaan nodig hê om al die take sinvol te kan uitvoer. Elke streekvoorsitter het volle besonderhede oor watter take verrig moet word.

Enige lede wat as vrywilligers wil optree gedurende die naweek deur te help met hekdiens of terreinskoonmaak, word ook versoek om kontak te maak met Bennie van Zyl. Hoe meer persone (mans en dames) hul hand opsteek om te help, hoe makliker sal dit wees vir almal. Ons verneem graag van elkeen in die verband.

Vir meer inligting kontak Bennie van Zyl:
082 466 4470
hb@tlu.co.za

Vind meer uit hier.

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | Desember 2023

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

ADVERTENSIE

 

 

KONGRESBORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die Kongres 2023 vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

Hatfield Motor Groep

Manitou

 

Pretoria FM

Santam Landbou

 

Winfield

 
 

Platinum

 

Hollard

NWK

SAVPO/SAPPO

 

goud

 

absa

Impac Cropsure

Nedbank