Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
November 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Eerlikheid oor ons werklikheid.
Suid-Afrika is tans nie op ʼn goeie plek nie en ons landbou-industrie gaan onder die bestuur van die nasionale regering daaronder lei. Enige persoon wat eerlik met hom- of haarself is, besef dit. Oor ‘n lang tydperk is ons gekondisioneer om te leer hoe om mislukkings te “bestuur” en in baie gevalle het dit wat verkeerd is, al die norm geword en het die strewe na uitnemendheid in die niet verdwyn om plek te maak vir gelykmatigheid om die falende stelsels en sisteme te probeer versag.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Gemeenskap Sukses: Waar pas ek in?
Daar is een ding wat soos ‘n paal bo water uit staan: Niks gebeur vanself nie, veral nie in gemeenskappe nie. Daar is gewoonlik ‘n enkele gewilliger wat op alle terreine gesien word vir dit wat hulle vir hul gemeenskap doen.

 

STANDPUNTE

 

Beperkte groei in 2023, ‘n toename in skuld, wanaanwending van fondse –
‘n balanseertoertjie vir Suid-Afrika?

TLU SA se hoop op behoorlike beplanning en ‘n herstrukturering van die bestaande kruppelende ekonomiese beleidsomgewing blyk verniet te wees. Die mediumtermyn-begrotingsrede het weereens klem geplaas op die grootste probleme in Suid-Afrika en slegs beperkte groei uit ‘n handjievol sektore vir die eerste ses maande van die jaar getoon.

 

Die regering het opnuut ‘n fokus op hul
onsuksesvolle uitvoering
van BEE regulasies geplaas.

TLU SA is bekommerd oor die groot onsekerheid wat deur die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se beleidsomgewing oor tyd heen geskep is. Hierdie onsekerheid het weer navore gekom na die herpublisering van regulasies oor die uitvoer van sommige landbouprodukte na die Europese Unie (EU) en Brittanje in die Staatskoerant op 31 Oktober en 1 November 2023. Die ANC regering volhard reeds die afgelope 30 jaar op dieselfde vernietigende pad.

 

Misdaadstatistieke in Suid-Afrika:
Steeds buite beheer en kommerwekkend.

Die jongste misdaadsyfers wat vandag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, het verontrustende landbou-verwante misdade aan die lig gebring. Die verslag, wat die tydperk tussen Julie en September 2023 dek, beklemtoon verskeie kommerwekkende tendense in misdaad teen boere en landbougemeenskappe regoor die land.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

 

Het jy jou pitte geplant vir volgende jaar se Goliat van Gat-kompetisie?

Die organiseerders – Cullinan Boere-unie (TLU SA) – van die jaarlikse Goliat van Gat-kompetisie is hoopvol dat volgende jaar se wenpampoen by een ton sal uitkom.

Die kweekseisoen vir volgende jaar se kompetisie is nou in volle swang.

Neem asseblief kennis dat die Goliat van Gat 2024 datum verander het.

 

ONS DOEN SELF

 

Gesinsbeskermer - Tree nou voorkomend op!

Plaasaanvalle het met 21% gestyg in vanjaar se derde kwartaal. T&E FinOps is baie bewus van die toenemende, onveilige toestande landwyd en besef dat die platteland, wat ons landbouers insluit, al hoe meer die teiken word van misdaad en groeiende onveilige omstandighede. Dit vind plaas terwyl ons boere voedsel- en vesel- sekerheid vir die land moet waarborg.

Die GESINSBESKERMER VERSEKERINGS-PRODUK is al vir baie jare beskikbaar, aanvanklik net vir Landbou maar ook sedertdien HOLLARD VERSEKERING die onderskrywing hiervan in November 2019 oorgeneem het, vir elke gesin in Suid Afrika!

‘n Uitstaande kenmerk van hierdie produk is die beskerming wat lede van Plaaswagte/Gemeenskaps-beskermings-eenhede en ander plaaslike soortgelyke dienste geniet tydens die uitvoer van hulle take.

Lees meer hier.

Laai die aansoekvorm hier af

Konstante kragvoorsiening, ‘n noodsaaklikheid vir boere.

Boere speel ‘n belangrike rol om voedselsekerheid en omgewingsbewaring te verseker. Beurtkrag het 'n diepgaande impak daarop, wat essensiële landbou-operasies ontwrig, operasionele kostes verhoog en tegnologiese vooruitgang strem. Dit dwing boere om op dure dieselkragopwekkers te vertrou, wat lei tot finansiële verliese en omgewingsdegradasie.

Beurtkrag belemmer ook die aanneming van moderne landboupraktyke wat afhanklik is van 'n stabiele kragvoorsiening. Om hierdie uitdagings te oorkom, moet boere oorweeg om alternatiewe energie-oplossings soos sonpanele, windturbine en energiedoeltreffende praktyke te gebruik. Hierdie oplossings verminder nie net afhanklikheid van die netwerk nie, maar dra ook by tot volhoubare landboupraktyke, wat langtermyn-produktiwiteit en omgewingsverantwoordelikheid verseker.

TLU SA het ‘n ooreenkoms met MarketVest om te verseker dat jy as boer die beste, hoë kwaliteit, alternatiewe energie produk kry wat by jou behoeftes pas. TLU SA motiveer elke boer om kontak te maak met Helgard Hancke om ‘n evaluering en kwotasie te kry wat jou boerdery sal bevoordeel in die langduur.

Kontak gerus vir Helgard Hancke, TLU SA se kontak by MarketVest op 083 651 0909 vir meer inligting.

 

Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika

Gelukwensing aan Almayne Hughes wat die PHASA Professionale Jagter van die jaar toekenning ontvang het.

TLU SA 2023
Mediafunksie

Hier is ‘n paar foto’s van TLU SA se 2023 Mediafunksie.

Lees meer hier.

 

Majuba 2024

TLU SA se Uitvoerende Komitee het besluit om tesame met die Majuba Trust volgende jaar se Majubafees op 23 tot 25 Februarie 2024 as gasheer-organisasie aan te bied. Dit is vir ons ‘n gulde geleentheid om ons verbintenis in ons Manifes oor ons erfenis te help beslag gee.

Ons wil dit nou reeds onder u aandag bring, so ook die feit dat ons baie hulp gaan nodig hê om al die take sinvol te kan uitvoer. Elke streekvoorsitter het volle besonderhede oor watter take verrig moet word.

Enige lede wat as vrywilligers wil optree gedurende die naweek deur te help met hekdiens of terreinskoonmaak, word ook versoek om kontak te maak met Bennie van Zyl. Hoe meer persone (mans en dames) hul hand opsteek om te help, hoe makliker sal dit wees vir almal. Ons verneem graag van elkeen in die verband.

Vir meer inligting kontak Bennie van Zyl:
082 466 4470
hb@tlu.co.za

Vind meer uit hier.

 

LANDBOUSPORE

 

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld in gesprek met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou.

Ons nuutste opnames:

  • Risikobestuur en versekering, ʼn belangrike komponent in landbou. Kyk gerus die video hier.
  • Die onwettige jag met honde op plase, wat is die riglyne en prosesse. Kyk gerus die video hier.

Alle vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

Gelofteherdenking by Bloedrivier Erfenisterrein

Kom vier die Gelofteherdenking by Bloedrivier Erfenisterrein op 14 tot 16 Desember 2023.

Kom beleef self en sien in jou geestesoog:

  • Die spesifieke plek waar die bekende Gelofte op 15 Desember 1838 afgelê is.
  • Een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika.
  • ‘n Museumuitstalling wat die oorspronklike laer en ligging voorstel, asook ‘n granietwa-monument.
  • ‘n Uitstalling oor die Zoeloekultuur oorkant die rivier by die Ncome-museum.
  • ‘n DVD in die museum oor die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838.

TLU SA wil ook graag die volgende behoeftes onder ons lede se aandag bring:

  1. Die ablusieblok projek.
  2. Finansiële bydraes vir opnames en uitsendings tydens die feesverrigtinge ter wille van volksgenote oor die hele land en selfs in die buiteland.
  3. Finansiële bydraes vir die vervoer van trekosse en waens.

Vir meer inligting kontak Bennie van Zyl:
082 466 4470 of hb@tlu.co.za

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant | November 2023

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Daarom deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat vir verwysing in die Staatskoerant gepubliseer is.

Nuus vanaf Koedoesrand

Die Koedoesrand omgewing ervaar tans groot droogte. TLU SA doen ‘n beroep op alle lede om asseblief bystand te bied waar moontlik.

Vir meer inligting of om hulp te bied, kontak Danie Prins: 072 904 7070

 

ADVERTENSIE

 

 

KONGRESBORGE

Baie dankie aan al ons borge wat die Kongres 2023 vir ons moontlik gemaak het. Julle laat landbou leef!

Diamant

 

Hatfield Motor Groep

Manitou

 

Pretoria FM

Santam Landbou

 

Winfield

 
 

Platinum

 

Hollard

NWK

SAVPO/SAPPO

 

goud

 

absa

Impac Cropsure

Nedbank