Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Augustus 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Dit is met groot trots in my hart dat ek terugkyk na vanjaar se Kongres. Dit was goed om weer ons mede-boere en landbou-ondersteuners in die oë te kyk en om die positiwiteit te sien wat in ons bedryf heers, ten spyte van die uitdagings. Ek wil weer ons lede prys vir julle aanpasbaarheid deur al die seisoene van ‘n boer se lewe, of dit nou as mens, deur uitdagings of die fisiese seisoene is.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Op koers na die toekoms is die boodskap wat TLU SA se Kongres vanjaar dinamies uitgestraal het. TLU SA is bekend daarvoor dat ons ‘n saak by die naam noem en hierdie kongres was geen uitsondering nie. Ons herverkose presdident, Henry Geldenhuys, het in sy rede duidelik die koers aangedui wat nodig is om landbou in produksie te hou. 

 

KONGRESBORGE

 

Diamant

 

Hatfield Motor Groep

Manitou

 

Pretoria FM

Santam Landbou

 

Winfield

 
 

Platinum

 

Hollard

NWK

SAVPO/SAPPO

 

goud

 

absa

Impac Cropsure

Nedbank

 

STANDPUNTE

 

Landbou finansiering

Landbou finansiering se uitdagings bly groot en ons verneem al hoe meer van uitdagings wat lede daarmee ervaar. Na ’n besoek by die Landbank het hulle bevestig dat hulle primêr fokus op bestaande kliënte en sal na moontlike nuwe kliënte op ’n beperkte skaal kyk indien dit ’n stabiele kliënt te blyk.

 

Vloedbestuur

Na aanleiding van die vloede wat vroeër vanjaar grootskaalse skade berokken het langs verskeie riviere en veral die Vaal/Oranjerivierstelsel het TLU SA verskeie gesprekke met kundige mense en ook die verantwoordelike persone in die Departement van Waterwese gevoer oor die wyse hoe vloede hanteer word.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Jongboer Gholfdag – 22 September 2023

Die TLU SA Jongboerkomitee bied met trots vanjaar weer ‘n gholfdag ten bate van die TLU SA Traumafonds aan. Dit vind op 22 September 2023 by die Silver Lakes Gholfbaan in Pretoria plaas.

Daar is nog enkele vierbal-opsies beskikbaar en belangstellendes kan Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za of 012 804 8031 kontak om te bespreek.

 

Goliat van Gat 2024 – 20ste Kompetisie

 

Die organiseerders – Cullinan Boere-unie (TLU SA) – van die jaarlikse Goliat van Gat-kompetisie is hoopvol dat volgende jaar se wenpampoen by een ton sal uitkom. Die kweekseisoen vir volgende jaar se kompetisie is nou in volle swang.

Daar is nog geleentheid om in te skryf en pitte te bestel vir die seisoen en kompetisie.
Navrae kan gerig word aan Henri Combrink by 082 552 9428 of culliboer@gmail.com of aan TLU SA se hoofkantoor by 012 804 8031.

 

ONS DOEN SELF

 

Jongboer van die Jaar

Nicky van der Linde (36), ‘n saaiboer van Standerton, is aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar 2023.

Nets Turvey (37) van die Tuinplaas Boerevereniging in Limpopo is as die naaswenner en Francois Prinsloo (36) van Stoffberg in Belfast is in die derde plek aangewys.

“Ons het vanjaar letterlik regoor Suid-Afrika gery om die 15 semi-finaliste vir ons Jongboer van die Jaar-kompetisie te besoek. Dit was net so ‘n groot uitdaging om al die besoeke in te pas as om die drie finaliste en uiteindelike wenner aan te wys,” sê Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van TLU SA. “Elkeen van hierdie boere het ons harte laat swel van trots met hulle positiwiteit, innovering en boerderyvernuf en ons is vol vertroue vir die toekoms met hierdie jongboere in die bedryf.”

Kragdag 2023

TLU SA was vanjaar weer die trotse landbouvennoot van die jaarlikse Kragdag Ekspo. Dit is tussen 9 en 12 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, oos van Pretoria aangebied.

Afgesien van die verskeidenheid van demonstrasies en rastentoonstellings tesame met stalletjies rondom die landboubedryf, het TLU SA ook besprekings oor voedselsekerheid en beplanning rondom welvaart aangebied. Dit was egter die paneelgesprek tussen TLU SA, Saai en AgriSA oor die Landboumeesterplan wat groot aftrek gekry het. Kyk die gesprek hier:

 

Krugergenootskap

 

Die Krugergenootskap nooi enige belangstellende persone om op 10 Oktober 2023 aan die Krugerdagvieringe deel te neem. Die verrigtinge begin om 14:00 by die Heldeakker in Pretoria.

Registreer by hierdie skakel
 

Lig in Duisternis Uitgewers

 

As landbouorganisasie is TLU SA baie bewus daarvan dat die stryd waarin ons hier in Suid-Afrika gewikkel is, nie ’n stryd is wat ons net op ons eie kan stry nie. Die aanslae wat ons mense beleef, is nie beperk tot ’n enkele front of twee nie. As landbouorganisasie wat weet hoe afhanklik ons van ons hemelse Vader is, besef ons dat die geestelike aanslag dikwels groter as die fisiese aanslae en uitdagings is wat ons elke dag beleef. Dit is nodig dat ons mense nie net paraat en gereed moet wees om hulself te verdedig wanneer dit by plaasveiligheid kom nie, maar dat hulle ook geestelik toegerus is om staande te bly wanneer die ideologiese winde dreig om hulle soos die golwe van die see heen en weer rond te slinger. Ons het ’n stewige fondasie nodig.

Om hierdie rede is TLU SA dankbaar om met Lig in Duisternis Uitgewers hande te vat. Ons deel dieselfde lewens- en wêreldbeskouing en daarom wil ons graag ons lede aanmoedig om met vrymoedigheid hul leesstof by hierdie uitgewery aan te skaf. Dit is ’n uitgewery wat fokus op die daarstelling van Bybelsgetroue en ander behoudende Afrikaanse literatuur. Vir elke aankoop op hulle webblad, is daar ’n geleentheid om ’n R10-skenking aan TLU SA te maak. Ondersteun hulle gerus by www.liginduisternis.co.za

 

LANDBOUSPORE

 

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld in gesprek met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het vandeesmaand gesels met:

  • Ben de Jager van die Landbousektor Voorsorgfonds gesels met Koot van der Ryst oor die lewensgehalte van werknemers.  

Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

Vakature: TLU SA Streeksbestuurder: Wesstreek en Noord-Kaap

VAKATURE VIR POSISIE
STREEKBESTUURDER TLU SA WESSTREEK EN NOORDKAAP
(Gestasioneer in Noordwes)

Omskrywing van posisie:
Voltydse pos vir bestuurder wat as verteenwoordiger vir die oudste landbou-unie in die land, TLU SA, optree om lede-belange in die onderskeie streke te hanteer.  Dien as skakel tussen lede, hul affiliasies en instansies wat ʼn invloed op lede/boere se welvaart uitoefen.

Kwalifikasies en ervaring benodig:

  • Hoë vlak taal en kommunikasievermoë – intern sowel as ekstern (Afrikaans en Engels magtig)
  • Sterk bestuursvermoë (Ten minste 5 jaar ondervinding in bestuur)
  • Sterk skakelvermoë – grondvlak, provinsiaal, nasionaal,  beide in openbare as private sektore
  • Moet kan skakel met media – grondvlak sowel as provinsiaal
  • Sterk organisatoriese en administratiewe vermoëns
  • Geldige bestuurderslisensie
  • Moet bereid wees om te reis
  • Hoogstaande rekenaarvaardigheid
  • Moet onder druk kan funksioneer, inisiatief kan neem en die vermoë hê om te implementeer
  • Suksesvolle kandidaat moet ‘n entoesiastiese persoon wees wat dinamies en selfstandig kan funksioneer
  • Ervaring van bemarking
  • Agtergrond van die landbou-omgewing

Standaard voordele:

  • Pensioenskema
  • Mediese toelaag
  • Vervoer bystand
  • Selfoon toelaag
  • Salaris onderhandelbaar

Sluitingsdatum: 

Alle potensiële kandidate se volledige CV’s tesame met kontakbesonderhede van vorige werkgewers moet ons bereik by hb@tlu.co.za teen 30 September 2023.

Vir enige navrae kontak gerus die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, by 082 466 4470

 

Staatskoerant Aankondigings | Augustus 2023

 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is vir verwysing.