Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Julie 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Ek wil namens TLU SA my dank uitspreek teenoor al ons lede wat op welke manier bygedra het om die On Trac-tor trekkerreis vir fondsinsameling vir mediese prosedures vir kinders en bewusmaking oor plaasaanvalle te ondersteun. Ons het ook van Dr André Hattingh en TJ Marais van die 911-motorfietsryers terugvoer ontvang waarin hulle TLU SA bedank vir hierdie bydraes.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Tydens vanjaar se besoeke aan die Jongboer van die Jaar-finaliste het die vraag: “Wanneer is ‘n boer suksesvol?” ter sprake gekom. In antwoord moet ons beklemtoon dat boere noodwendig volhoubaar moet wees om te boer. Dit beteken dat die plaas winsgewend moet wees. Winsgewendheid behoort die hooffokus te wees, want daarsonder sal die markkragte se evalueringstaak inskop en die boerdery tot stilstand dwing.

 

NET VIR LEDE

 

Kongres 2023:
Diamantborg – Santam Landbou

Baie dankie aan ons Diamantborg, Santam Landbou vir die 2023 Kongres.

Kongres 2023:
Diamantborg – Winfield

Baie dankie aan ons Diamantborg, Winfield vir die 2023 Kongres.

 

Boer in Dorp

 

Onder die leiding van die Nasionale Veiligheidskomitee kan boere nou veiliger reis deur die land. Die Boer in Dorp-diens word in samewerking met André Snyman van eBlockwatch en TLU SA aangebied.

Wanneer lede ‘n reis aanpak word hulle bygevoeg op ‘n groepie en deur die “live location” te deel kan groeplede – onder wie veiligheidsmaatskappye – jou reis monitor en bystaan indien jy teëspoed optel. Wanneer jy jou bestemming bereik, word jy van die groep verwyder.

Lede kan Henry Geldenhuys op 083 560 1273 of Hugo Pretorius op 073 841 7896 kontak om meer inligting te verkry.

 

STANDPUNTE

 

Om te rewolusie of nie te rewolusie

Na aanleiding van Pres Cyril Ramaphosa se aanmoediging van die ANC Jeuliga om militant en rewolusionê te word, het Bennie van Zyl die volgende meningstuk geskryf wat in verskeie media gepubliseer is.

Die voorsitter van die Jongboerkomitee, Clemens Senekal het verder ook ‘n ope brief aan die president geskryf. Lees dit gerus hier.

 

Nee vir rasgedrewe waterlisensies

Die toeken van waterlisensies op grond van ras, is vir TLU SA – ook uit ‘n ekonomiese oogpunt – totaal onaanvaarbaar. Ons is dankbaar vir die duisende mense wat ook hieroor kommentaar gelewer het.

TLU SA se amptelike kommentaar is by die Departement van Waterwese en Sanitasie ingedien. Lees dit gerus by die skakel hieronder.

 

TLU SA by die Landbank

TLU SA het op 21 Julie 2023 samesprekings gevoer met die Landbank se voorsitter van die raad, Thabi  Nkosi en die uitvoerende hoof, Themba Rikhotso oor die rol van die Landbank vir die toekoms en waar die kommersiële sektor in hul beplanning inpas. 

 

Verwikkelinge in die Landboumeesterplan

Na aanleiding van die aftekening van die Agricultural Agro-Processing Masterplan (AAMP) tydens 2022 se Landboubegroting het die onderskeie rolspelers hul onder andere verbind tot transformasie in die dokument. TLU SA is nie na die ondertekening genooi nie, maar het tydens die ontwikkeling van die plan deurlopend versoek dat daar ’n ekonomiese definisie aan die begrip transformasie gekoppel moet word vir die landbou-omgewing. 

 

ONDERSTEUN ONS

 

TLU SA kan met trots aankondig dat die Speaker van die Parlement ons petisie rondom belastingvoordele vir veiligheidsuitgawes na die parlementêre komitee vir finansies verwys het vir oorweging en terugvoer.

Dit is ‘n baie groot stap om hierdie wetgewing deurgevoer te kry.

Die petisie is in Junie by die Parlement ingedien sodat Suid-Afrikaners ‘n persoonlike belastingvoordeel kan ontvang vir uitgawes om hulleself te beveilig. Hoewel boere reeds aanspraak kan maak op hierdie voordeel, moet “gewone” Suid-Afrikaners – die verbruikers van landbouprodukte – steeds die werk van die regering en polisie doen, op eie onkoste.

Die petisie is steeds aktief op ons webwerf en ondersteuning daarvan sal die saak in die toekoms versterk. Ondersteun die petisie hier.

 

Dis nou tyd om te begin voorbereidings tref om jou reuse-Goliat van Gat-pampoen te kweek.

Kontak TLU SA by 012 804 8031 of Henri Combrink by 082 552 9428 vir pitte-bestellings.

 

ONS DOEN SELF

 

Hoender en gans kraai koning op skou in Bloemfontein

Dieter Labuschagne ken van hoenders! Dieter, TLU SA-lid en voormalige voorsitter van die BHS boere-unie se Indian Game-hoenderhaan is die afgelope naweek tydens die Nasionale Voël- en Pluimveeskou in Bloemfontein gekroon as die beste algehele hoender! Meer as 2 500 voëls en pluimvee is ingeskryf vir dié fees. Die donker veghoender van 5kg is aangewys as die beste in sy ras, beste in die hardevere-kategorie en ook die beste hoender. Baie geluk met dié uitstaande prestasie Dieter!

On Trac-tor trekkerreisspan van Pediatric Care Africa

Dit was vir TLU SA 'n groot voorreg om te sien hoe ons lede en bestuur die On Trac-tor trekkerreisspan van Pediatric Care Africa deur vyf provinsies ondersteun het. Dié trekkerreis samel fondse in om mediese sorg aan behoeftige kinders beskikbaar te stel en doen terselfdertyd ook saam met die 911-motorfietsryers bewusmaking oor plaasaanvalle. Die span het Sondag 16 Julie 2023 in Witrivier die reis van 2 500km afgehandel.

 

Jongboer van die Jaar – 2023: Evaluering

Die jaarlikse besoeke aan die finaliste is afgehandel en dit was vir die beoordelaars ‘n reuse voorreg om op die plase ‘n draai te kon maak. Vyftien finaliste is deur die land besoek en dit was omtrent ‘n kopkrap om te besluit wie die finale drie kandidate sal wees wat tydens ons jaarlikse kongres op 6 September aangekondig word.

Ons wil graag vir die jongboere en veral diegene wat ingeskryf het baie geluk sê vir jul positiwiteit en toekomsgerigtheid wat ons by elkeen van julle ervaar het. Ons was dit eens dat ons eintlik 15 wenners besoek het, maar moes ongelukkig keuses maak. Dit is vir TLU SA ‘n voorreg om die kaliber van persone as deel van ons ledebasis te mag hê. Ons wil vir elk baie sterkte toewens – landbou se toekoms is in jul hande en is dit baie duidelik dat jul hierdie uitdaging met oop arms aangryp.

TLU SA se Nasionale Veiligheidskomitee

TLU SA se Nasionale Veiligheidskomitee het ‘n aksie van stapel gestuur waar alle insidente waar daar growwe nalatigheid of swak ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebeur het, in ‘n nasionale databasis gestoor en, indien nodig, opgevolg kan word.

Daar is ‘n vorm beskikbaar by die onderskeie veiligheidsteenwoordigers en ons versoek dat hierdie voorvalle aangemeld moet word.

 

LANDBOUSPORE

 

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld in gesprek met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het vandeesmaand gesels met:

  • Victor Martins oor die prosedures rondom die opwekking van privaat-energie.

Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

AANKONDIGINGS

 

TLU SA Nasionale
Kongres 2023

Die TLU SA Nasionale Kongres 2023 is om die draai en uitnodigings is reeds aan lede en affiliasies gestuur. Registrasie sluit 18 Augustus 2023, maar ons versoek dat lede asb so spoedig moontlik hulle bywoning sal bevestig om die administrasie van die proses te vergemaklik.

Kontak Lynne Liebenberg by 079 170 2345 of register@tlu.co.za indien jy nog nie jou uitnodiging ontvang het nie.

TLU SA Landbou sub-
ekspo by Kragdag

Die Landbou Ekspo word vir die vierde maal aangebied by die Diamantvallei Landgoed oos van Pretoria. 600 stalletjies, demonstrasies, beeste, skape, bokke, perde, hoenders, kosstalletjies, vermaak,veiligheid, besprekingsprogramme en nog baie meer.

Toegang beloop R100 pp maar deur vooraf aanlyn te registreer kan jy 50% afslag bekom. 

TLU SA lede wat vee wil kom uitstal kan gratis aanlyn aansoek doen by www.kragdag.co.za. Kom geniet die ekspo saam met ons! 

 

Staatskoerant Aankondigings | Julie 2023

 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is vir verwysing.