Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Junie 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Vriende, die span van Pediatric Care Africa het na my uitgereik om hulle On Trac-Tor for Charity trekkerreis te ondersteun. Hierdie reis van 2 500km op ‘n Mahindra 86-110 trekker, is ten bate van mediese behandeling vir kinders en bewustheid oor plaasaanvalle. Hierdie sake lê my na aan die hart en daarom het ek namens TLU SA ingestem.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

Die seisoen het gedraai en ons is op pad somer toe, maar ons moet ook vir mekaar sê ons is op pad na ‘n verkiesing toe. En beleef ons dit nie intens nie. ‘n ANC-regering wat nou spartel en enigiets doen om sy posisionering ten opsigte van die kiesers in Suid-Afrika so te herstruktureer sodat dat hulle weer moet glo dat die ANC vir hulle daar is en vir hulle iets gaan beteken.

 

NET VIR LEDE

 

Agri Securitas

Die Agri Securitas Raad van Trustees het tydens ‘n onlangse raadsvergadering oorweging geskenk aan die beskikbaarheid van die trustfonds se fondse vir bewilliging aan landelike beveiligingsprojekte op boereverenigingvlak om by te dra tot die beveiliging van boerderygemeenskappe.

Aangesien daar slegs beperkte fondse beskikbaar is, het die Raad besluit dat aansoeke vir befondsing op ‘n prioriteitsbasis deur boereverenigings ingedien kan word tot en met Vrydag, 30 Junie 2023.

Daar is ook deur die Raad besluit dat daar voorkeur gegee sal word aan :

  • Boereverenigings wat nog nie voorheen finansieel deur die trustfonds ondersteun is nie;
  • Boereverenigings wat in hoë misdaadrisiko areas geleë is.

Om die afhandeling en verwerking van die aansoeke te bespoedig, is die aansoekprosedure vereenvoudig en moet die vereenvoudigde vorm gebruik word.

Aansoekvorms kan verkry word by TLU SA hoofkantoor, Bestuurder Dienste, dienste@tlu.co.za.

Aansoeke moet vanaf ‘n DLU /  BV gerig word en nie ‘n individu nie.

 

 

STANDPUNTE

 

Die waarde van woorde

Die benutting van ‘n taal is inderdaad ‘n wonderlike ervaring van ontdekking en die gepaardgaande verryking van ‘n mens se eie vermoë. Dit is altyd heerlik om te luister na iemand wat ons pragtige taal suiwer besig en inhoud help gee aan ‘n taal met begrip soos min ander tale dit kan doen. Ons taal het sy ontstaan te danke aan ‘n harde leerskool en ervaring in die praktyk van vele uitdagings wat oorbrug moes word – vir dit alles het die pragtigste beskrywende woorde en uitdrukkings die lig gesien.

 

Die vergryp van die gepeupel

Die land se ekonomie en infrastruktuur is besig om te verbrokkel en selfs in hierdie omstandighede is daar nie 'n keer aan die vergrypingsaksies van die minderbevoorregtes om hulle rol as allerlaaste gebruiker te speel nie. In die opsig wil ek graag kortliks verduidelik die wyse waarop ons infrastruktuur se prosesse misbruik word in uitbuiting van die belastinggeld waar daar pogings aangewend word om ons paaie te verbeter aangesien ons belastingbetalers in werklikheid nie besef wat daar buite besig is om te gebeur nie.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Sonder water het ons nie kos nie.

Die Departement van Waterwese en Sanitasie het dit goedgedink om nou ook raskwotas aan waterlisensies te koppel.

Die voorgestelde wysigings bepaal waterlisensies sal net as volg toegeken word:

  • Waterverbruik tot 500 000m³ en plase tot 500h – 25% swart aandeelhouers
  • Waterverbruik tot 1 000 000m³ en plase tot 1 000h – 50% swart aandeelhouers
  • Waterverbruik meer as 1 000 000m³ en plase groter as 1 000h – 75% swart aandeelhouers

Kommersiële boere – ons lede – voorsien kos aan ongeveer 70% van Suid-Afrika. Sonder water is daar nie landbou nie. Sonder landbou is daar nie kos nie. 

Dit is van uiterste belang om hieroor kommentaar te lewer sodat die regulasies nie deurgevoer word nie.

 

TLU SA het 'n petisie by die parlement ingedien waarin 'n persoonlike belastingvoordeel vir Suid-Afrikaners wat geld spandeer aan hul eie veiligheid gevra word.

Misdaad is 'n onvermydelike deel van die alledaagse lewe, en die regering se onvermoë om dit te voorkom, vereis dat individue self optree. Alhoewel besighede reeds toegang het tot sulke belastingvoordele, wil ons beklemtoon dat misdaad nie net besighede raak nie, maar ook verbruikers, insluitende dié wat afhanklik is van ons TLU SA-lede vir kos.

As gevolg van die stygende misdaadvlakke is dit vrugteloos om te wag vir die regering om misdaad aan te spreek. Ons glo dat 'n aanpassing aan die inkomstebelastingwette nodig is om mense se veiligheid op privaat eiendom te verseker en die land se ekonomiese situasie te stabiliseer.

Ondersteun die petisie saam met ons.

 

 

ONS DOEN SELF

 

Val
Boeredag

TLU SA stal op 5 Julie 2023 by die Val boeredag uit. Die TLU SA en TLU SA Jongboer-klerereeks sal beskikbaar wees om te koop. As jy die geleentheid bywoon, kom maak gerus ‘n draai. Inligting oor die boeredag is op die Facebookblad beskikbaar.

 

Lamb Champs

Die jaarlikse Saai Lamb Champs kompetisie vind plaas op 29 Julie 2023 by Loftus in Pretoria en ‘n hele paar van TLU SA se lede neem deel. 

‘n Honderd boere van regoor Suid-Afrika neem deel om gekroon te word as die beste spitbraaier in die land.

Indien jy deelneem, stuur asb. jou besonderhede na sentraal@tlu.co.za.     

Sakeliga Kragdag TLU SA Landbou Sub-ekspo

Stal jou vee en landbouprodukte by die Sakeliga Kragdag Landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA uit. Die geleentheid vind plaas tussen 9 en 12 Augustus by die Diamantvallei Landgoed. 

Besoek https://www.kragdag.co.za/webtuiste/stal-uit/landbou en bespreek jou plek.

Veekampies is 3m x 3m vir beeste en perde en 1,85m x 1,85m vir skape, bokke en miniatuurperde.

Elke uitstaller word ook van ‘n 3m x 3m bemarkingspasie langs die veekampies voorsien. Skadu vir die diere geskied by wyse van ‘n oorhoofse skadunet of rektent. 

Ablusiegeriewe asook ‘n kombuistent met ‘n stofie, tafel en gasbottel word in die veehanteerders huisvestingarea voorsien.

Elke uitstaller is verantwoordelik vir eie kos, eet- en kookgerei, beddegoed en tente.  

Vir enige navrae kontak Lynette du Plessis 082 82 33399 of sentraal@tlu.co.za

 

AANKONDIGINGS

 

Staatskoerant Aankondigings | Junie 2023

 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is vir verwysing.