Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
Mei 2023  
 

VAN DIE BESTUUR

 

OP HENRY SE HART

Ons staan op die vooraand van ‘n nuwe brandseisoen, veral in die somerreënvalgebiede. In die verlede het boere groot verliese gely as gevolg van brande, insluitende veeverlies en weidingstekorte. As boere nasionaal voorsorg tref kan dit bydra dat brande minder versprei en tot rampe lei.

 

BOODSKAP VAN BENNIE

TLU SA belei in ons grondwet en manifes ons absolute afhanklikheid en geloof in God-drie-enig. Dit is ‘n baie belangrike fondament want ons weet as Christene waar ons krag, insig en wysheid vandaan kry. Ons weet ook deur Wie word ons geseën met talente.

 

NET VIR LEDE

 

 

Windscreen Master

 

TLU SA kondig graag aan dat enige lede of ondersteuners by Windscreen Master kan aanklop om hulle beskadigde windskerms kundig te laat herstel. Dit word op jou plek van keuse gedoen en Windscreen Master hanteer alles – kontak die makelaar/versekeraar, registreer die eis, en reël vir herstelwerk – sonder dat jy veel moeite hoef te doen.
 
Lede skakel Windscreen Master by 012 335 4672 of stuur ‘n e-pos aan windscreen@iburst.co.za met die makelaar/versekeraar se besonderhede en inligting oor die voertuig. Hulle hanteer die res.

Die maatskappy werk in Gauteng, Heidelberg, Brits, Hartbeespoortdam, Cullinan, Rayton, Middelburg, Witbank, Rustenburg en Warmbad.

TLU SA sal ‘n persentasie van die bruto-wins van elke transaksie ontvang.

 

STANDPUNTE

 

Landboubegroting

Dit is bitter moeilik vir kommersiële boere om positief te bly wanneer die staat – deur die Departement van Landbou se begroting – eeder fokus op die ontwikkeling van bestaansboere en min belangstelling het om HULLE by te staan, terwyl die meganismes soos Onderstepoort wat hulle na bewering moet ondersteun nie eers daarin slaag om entstowwe vir skape en perde beskikbaar te hê nie.

 

TLU SA vat MRK aan oor Cosatu

TLU SA verwerp die Menseregtekommissie se besluit om nie teen Cosatu op te tree nadat hulle boere verkragters en moordenaars genoem het nie.

Vir ons lede is sulke uitsprake die ergste vorm van haatspraak en nie bloot kwetsend nie. Ons sal graag by die MRK wil uitvind hoe hulle onderskei tussen haatspraak en kwetsende uitsprake.

 

Minimum loon en werkloosheid

Die landboubedryf is steeds een van die sektore wat keer op keer groei wys wanneer dit kom by indiensneming van werknemers. Dit, afgesien van uitdagings soos die minimum loon en wanpersepsies oor die werksverhouding tussen boere en plaaswerkers.

Die landboubedryf kan natuurlik baie meer vir werkverskaffing in die land beteken as dit nie vir onrealistiese arbeidswetgewing was nie.

 

Misdaadsyfers

Die Suid-Afrikaanse misdaadsyfers vir die laaste kwartaal wys ‘n skokkende drie moorde, drie pogings tot moord, 20 gevalle van ernstige aanvalle, 19 huisbrake en drie aangemelde gevalle van huisroof per uur, tesame met 66 gevalle van veediefstal per dag. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, se planne het gewis nie die verlangde impak nie en bevraagteken die regering se beleidsrigting, kaderontplooiing en swak bestuur van die land.

 

Die chaos om ons – Stem in 2024

Deur Erika Helm – Voorsitter: Plaaslike regering komitee

Hoewel daar in munisipale kringe gegons word oor begrotings en ontwikkelingsplanne, is daar op landbouvlak nooit sprake van ontwikkeling nie. Jou eiendom is te ver buite die bedieningsarea van die munisipaliteit, maar nie te ver vir hoër eiendomsbelastingtariewe nie. Om te voorsien vir die behoeftige werklose massa. Dit, terwyl die landbougrondeienaar werk verskaf aan die wat geen ander heenkome kan vind nie.

 

ONDERSTEUN ONS

 

Animated thumbnail for video

HOEVEEL IS JOU VEILIGHEID WERD?

In Suid-Afrika is dit lankal nie meer ‘n luukse om jouself te beskerm nie. As die regering jou nie gaan beskerm nie, raak dit jou eie sak. Behoort jy dan nie ook daarvoor vergoed te word nie?

TLU SA ondersoek maniere vir INDIVIDUE om voordeel uit veiligheidsuitgawes te trek. Ondersteun ons petisie om die bal aan die rol te kry.

 

Groot boere, klein boere
Ervare boere, beginner boere
Eerste generasie, sesde generasie

Enige jongboer (40 en jonger) staan die kans om as TLU SA se Jongboer van die Jaar 2023 aangewys te word.

Ons kyk na die  finansiële-, operasionele-, infrastruktuur-, produksie-, arbeid-, en risikobestuur, instandhoudingsprogramme, die gebruik van meganisasie en tegnologie en gemeenskapsbetrokkenheid om vas te stel wie hierdie gesogte prys wen.

Kontak ons hoofkantoor by info@tlu.co.za om jou inskrywingsvorm te kry.

 

ONS DOEN SELF

 

Nampo 2023

Nampo was vanjaar weer ‘n groot sukses. TLU SA se stalletjie was oudergewoonte nommer een in die Nampo-saal en besoekers het gereeld ingeloer.

TLU SA het die geleentheid gebruik om sake wat ons lede en die toekoms van landbou in Suid-Afrika na aan die hart lê met rolspelers en die media te bespreek. Ons is reeds besig om op hierdie sake voort te bou en sal ons lede deur mediaverklarings en skrywes op hoogte hou van nuwe verwikkelinge.

Wêreld Landbou Organisasie

Bennie van Zyl en Henry Geldenhuys het tusssen 21 en 24 Mei die Wêreld Landbou-organisasie of World Farmers Organisation Algemene Jaarvergadering by Sun City bygewoon.

Die WFO se besprekings het beklemtoon dat boere die middelpunt van die landbou waardeketting is. Die verteenwoordigers het koppe bymekaar gesit oor hoe landbou aan die lewe gehou kan word.

 

TLU SA help Namakwaland-boere

TLU SA het gedurende Mei ‘n groep boere in Namakwaland gehelp om aartappels vanaf Christiana te vervoer.

Die versoek het gekom van Sybil Visagie van Save the Sheep, saam met wie TLU SA al ‘n lang pad stap.

Ons help graag waar ons kan en soos wat ons kan.

Rooiwal BV weer op die lug

Dis vir ons lekker wanneer ons 'n probleem suksesvol kan oplos! Die Rooiwal Boerevereniging het TLU SA se Jannie Roux (streeksvoorsitter Noord-Kaap) genader om te help toe 'n nuwe transformator hulle verhoed het om tweerigtingradio's te gebruik wanneer die krag aan is.

Die regte kontak, en 'n vriendelike, ferm boodskap later, werk die radio's weer klopdisselboom, met of sonder beurtkrag!

 

Ermelo se
jong jongboere

TLU SA dra die bemagtiging van ons jong en opkomende boere na aan die hart. Gedurende Mei-maand het dr. Gawie du Toit en Gerrie van Rensburg in samewerking met Ermelo Hoërskool dit weereens bewys deur die landbouskoliere aan die praktiese/teoretiese gedeeelte van die verbouing van mielies bekendstel.

Gedurende Oktober is daar mielieproewe op Van Rensburg se plaas geplant en dis nou tyd om te stroop en te leer. Die boodskap is baie duidelik dat daar geplant moet word vir wins en nie vir opbrengs nie.

TLU SA bedank die rolspelers vir hierdie uitstekende inisiatief.

Landbouspore

Op Landbouspore tree TLU SA gereeld in gesprek met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het vandeesmaand gesels met:

Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

TLU SA/MarketVest Sonpaneel Kompetisie

Tydens vanjaar se Nampo het TLU SA in samewerking met MarketVest ‘n kompetisie aangebied waarin die wenner tien sonpanele ter waarde van R60 000 kon wen.

Die wenner – Stefan Muller – is op die laaste dag van Nampo aangekondig en het sy dank uitgespreek vir die “verskriklike groot prys”. Die simboliese oorhandiging van die prys sal later vanjaar plaasvind.
MarketVest spesialiseer in alternatiewe kragopwekking met die klem op sonkragenergie. Die maatskappy het onlangs as fasiliteerder opgetree om ‘n sonkragopwekkingseenheid vir die Universiteit van Botswana te installeer.

Die projek is deur die Botswana-regering met finansiering deur Nederland aangevra en het die installering van ‘n 1 080-sonpaneelstelsel behels. MarketVest het ook reeds met groot sukses vir TLU SA ondersteuning gebied tydens onderhandelinge met verskeie handelsbanke oor finansiering van alternatiewe energieverskaffingsbronne.

Enige persone wat steeds belangstel om die donker dae sonder elektrisiteit vaarwel toe te roep, kan Helgard Hancke van MarketVest kontak by 083 651 0909 of stuur ‘n e-pos aan helgard@marketvest-int.com sodat hy ‘n pasgemaakte stelsel en kwotasie kan voorstel.

TLU SA sal ‘n persentasie van elke transaksie ontvang.

 

AANKONDIGINGS

 

Nuwe Noordstreek bestuurder

TLU SA, en spesifiek die Noordstreek, is trots om aan te kondig dat Danie Prins van 1 Junie 2023 amptelik dié streek se nuwe bestuurder is. Dit volg nadat Drickus Botha einde Februarie afgetree het.

Danie Prins het 25 jaar diens in verskillende afdelings van die polisie gedoen. Dié ervaring is uiters waardevol veral rakende landelike veiligheid, wat ‘n deurlopende probleem bly. Sy laaste klompie jare se ervaring in die private sektor en sy passie vir landbou is ook ‘n aanwins vir TLU SA en sy lede. Hy het homself in sy loopbaan op verskeie vlakke bewys as ‘n goeie, dog ferm onderhandelaar wat van groot waarde kan wees in skakeling met owerheidsinstellings.

Ons sien uit na Danie se toekomstige bydraes, maar wens Drickus terselfdertyd ook alle voorspoed met sy nuwe lewensfase toe. Ons bedank hom vir sy lojale, getroue en waardevolle diens in sy tyd by TLU SA.

Danie Prins kan gekontak word by 072 904 7070 of bestuurder@ntlu.co.za.  

Jongboer Gholfdag: Datum verander

 

 

Staatskoerant Aankondigings

 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is vir verwysing.