Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
April 2023  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Boere, ons sê maklik en gereeld ons moet boere by georganiseerde landbou betrek want hulle is die toekoms van landbou en landbousekerheid. Die vraag is, hoe doen ons dit?

BESTUUR BESOEK –
Noord-Kaap

TLU SA se Noord-Kaaptoer het na ‘n week in Orania geëindig ná 'n reeks suksesvolle vergaderings in verskeie gemeenskappe. Ons het groot waardering teenoor Jannie Roux en Louwtjie Kruger wat die toer meegemaak het.

BOODSKAP VAN
BENNIE

Almal verwag 'n groot aanslag op eiendomsreg deur die ANC in aanloop tot die verkiesing. Hulle het inderdaad niks in hul mou oor om aan hulle ondersteuners te belowe anders as grond nie.

 

KOMITEES & STREKE

 
PLAASLIKE REGERING
 

BANKROTSKAP TE WYTE AAN EIENDOMBELASTING?
Deur Erika Helm

Munisipaliteite is soos besige bye wat zoem om ontwikkeling en befondsing vir projekte met hulle ontwikkelingsplanne en begroting wat tans veronderstel is om aan publieke deelname onderwerp moet word.  As jy dus by hierdie aspekte enige belang het en daar was nog geen sprake van publieke konsultasie met die ontwikkelingsplan en begroting nie, moet jy dus baie bekommerd wees.  Hierdie tipe aksies kan eensydig gedryf word met konsultasie onder die gekose kieserskorps terwyl die werklike belastingbetalers geensins enige insae het nie, maar tog vir die beursie geld verantwoordelik is.

Lees meer hier

 
JONGBOER VAN DIE JAAR 2023
 

Dit is weer tyd om in te skryf vir ons jaarlikse Jongboer-kompetisie. Die inskrywingsvorms is aan die onderskeie streke (voorsitters en bestuurders) gestuur. Elke streek moet self beoordeel en kan tot en met drie finaliste nomineer. Inskrywings vir die streke se finaliste moet die hoofkantoor op of voor 23 Junie 2023 bereik. Finaliste word gedurende die week van 10-14 Julie op hulle plase besoek.


 
NUUS UIT DIE OOSSTREEK
 

Sojaboonoes lyk belowend!
Deur Pieter Pretorius (Streeksvoorsitter)

In die Oosstreek se Chrissiesmeer-omgewing is ons besig om sojabone te stroop. Ons is tevrede dat die soja-opbrengs hier goed lyk, veral na die uiterste omstandighede van die 2022-oes. Ongelukkig is daar sekere dele wat nie die gemiddelde oeste stroop nie weens droogte in Januarie en haelskade in die seisoen.

Ons wil graag ons boere se aandag weer vestig op veiligheid wanneer hulle laataande besig is om te stroop. Wees altyd paraat.

Ons boere bewerk en doen alles op die aarde en dit is deur God se genade en liefde vir ons. Ons kan net op ons knieë bly en dankie sê.

 

HULP EN VERSTERKING

 

IN DIE STAATSKOERANT

 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan.

Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is vir verwysing.

Lees meer oor Grondeise, Landbou, Watersake, Eskom en Eidomsreg.

Lees meer hier.

 

Grafbesoekers – wat nou?

 

Deur Erika Helm (Voorsitter: Plaaslike regering komitee)

Grafbesoekers op privaat eiendom bly 'n nagmerrie ervaring veral as hierdie geleentheid ontaard buite die beheer van die grondeienaar.  Met die druk op eienaarskap van privaat eiendom en onteiening word ervaar daar is toename in eise van grafte op plaaseiendom en moet die grondeienaar homself goed vergewis van al die aspekte en gevolge wat daarmee kan saamgaan.

Die familie met hulle gevolg daag op die plaas op - sonder afspraak of kennisgewing. 

Lees meer hier.

 

ADVERTENSIES

 

 

 

 

GOED OM TE WEET

 
LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK
 

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:

Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.