Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Maart 2023  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ek en Henk van de Graaf, TLU SA se Noordstreek voorsitter, het onlangs die geleentheid gehad om ’n afvaardiging van die ID-groep (Identiteit en Demokrasie) in die Europese parlement in Kaapstad ontmoet.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

BOODSKAP VAN
BENNIE

TLU SA versoek ons lede wat hul weg oopsien om ’n bydrae te maak vir die regskoste van ’n Appèlsaak. Hierdie versoek word gerig omdat die gevolge van ’n Grondeise Hof uitspraak onberekenbare skade kan doen.

Voortrekkermonu- ment kort honde

Die  misdaad in ons land spaar niemand nie. Die afgelope tyd het die Voortrekkermonument ook gebuk gegaan onder misdadigers wat daar kom plunder.

 
Begronde
opleiding

Die afgelope tyd het ons van verskeie privaatinstansies verneem wat hul gradeplegtighede in hierdie tyd afhandel. Dit te midde van betogings en stakings wat by verskeie akademiese instansies ervaar word. 

Jongboer-konferensie

Die jaarlikse Jongboer-konferensie het op 17 Maart by die Voortrekkermonument plaasgevind. Die deel van kennis was ervaar veral rondom weiding- en veekudde-bestuur.

Staatskoerant | Maart 2023

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan.

Beleef jy
beurtkrag?

Beurtkrag is op almal se lippe en glo my dit is ’n groot krisis. Vandag beleef ons egter ook persoonlike beurtkrag. Ja, ons energievlakke begin laag hardloop en dit kom nie sommer net reg nie.

 
2023 Jongboer-kompetisie

Dit is weer tyd om in te skryf vir ons jaarlikse Jongboer-kompetisie. Die inskrywingsvorms is aan die onderskeie streke (voorsitters en bestuurders) gestuur. Elke streek moet self beoordeel en kan tot en met drie finaliste nomineer. Inskrywings vir die streke se finaliste moet die hoofkantoor op of voor 23 Junie 2023 bereik. Finaliste word gedurende die week van 10-14 Julie op hulle plase besoek.

Goliat van Gat-kompetisie

Cullinan Boere-unie het vroeër die maand die 19de Goliat van Gat-kompetisie aangebied en daar is ’n nuwe Goliat van Gat-rekord opgestel met ’n pampoen gekweek deur Wykus Lamprecht met ’n gewig van 890kg. As mense belangstel om deel te neem aan ons 20ste kompetisie op 9 Maart 2024 kan hulle TLU SA-kantore of vir my kontak vir meer inligting. Henri Combrink Sel no.: 0825529428

   
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING
 

Eiendomsbelasting en bekostigbaarheid weer onder die vergrootglas

In hierdie week publiseer die Daily friend dat Suid Afrika in die tweede staat van ’n ramptoestand sedert 2020 is. Vir landbou soveel meer is dit ’n uitdaging aangesien daar eskalerende uitdagings vir die toekoms van die sektor is. 

Voedselsekerheid is nou meer onder die vergrootglas as ooit tevore. Ten spyte van die kragkrisis is die eskalerende toename in kostes as gevolg van die faktor en verhoging in elektrisiteitskoste ’n bitter pil om te sluk wat die moontlikheid inhou dat landboubesighede nie hierdie toestand gaan oorleef nie. Landboubesighede wat nie alternatiewe krag kan bekostig nie, is uitgelewer aan die ewigdurende beurtkrag wat binne minute soms verander en lande droog en verdor laat met aanplantings wat nie realiseer nie. Daar moet besef word die impak van landbou op die ekonomie en is hierdie negatiewe faktore nie net op die plaas self gesentreer nie, maar die algehele ekonomie van die land.  

Lees meer hier

 
VEILIGHEID
 

Gemeenskapsveiligheid belangriker as ooit

Die belangrikheid van gemeenskapsveiligheid en dié strukture kan en mag nie onderskat word nie. Indien jy reeds deel is van jou gemeenskapsveiligheidstrukture, maak seker jy is op datum van alle belangrike inligting en deel van kommunikasie-groepe.

As jy nog nie ingeskakel het nie, is nou die tyd om dit te doen. Vind uit wie die persone is om te kontak en kom dadelik in aanraking met die gepaste persone. Jou, jou gesin en jou werkers se veiligheid kan net hierby baat.

Dan, met al die beurtkrag, maak deurentyd seker al jou batterye is vol gelaai en dat die paniekknoppies nie afhanklik van krag is nie. Ook jou manier van kommunikeer moet voortdurend reg wees. Maak seker jy het bystand-battery krag ook as nodig.

En dan jou gebeurlikheidsbeplanning moet ’n lewendige dokument wees. Jy moet sekermaak alles is op datum en maak die nodige aanpassings soos jy maniere vind om dit te verbeter.

 

HULP EN VERSTERKING

 

Lede voordele

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
PUBLIEKE VEILIGHEID
 

Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoe- rusting is nie goedkoop nie. Dit is ’n hengse uitgawe, maar ’n uiters nodig een. Om dié rede wil TLU SA ’n daadwerklike aksie begin om Artikel 23 (b) van die Inkomstebelastingwet – wat die publiek verhoed om sekuriteitsuitgawes van inkomste- belasting af te trek – te verander.

Met genoegsame ondersteuning kan en gaan TLU SA ’n petisie aan die parlement rig.

Klik hier