|
Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
|
Januarie 2023 |
|
WAT GEBEUR BY TLU SA
|
|
|
|
|
|
|
|
TLU SA SE KOMITEES
|
|
PLAASLIKE REGERING |
|
Op 22 November 2022 het die Departement van Watersake en Sanitasie per staatskoerant 47558 sy voorlopige Water en Sanitasie dienste beleid op eiendom in privaat besit bekend gemaak. In die aanloop van die dokument is stam en kommunale eiendom ingesluit by die verklaring wat privaatbesit eiendom uiteensit hoewel die toepassing verder in die dokument geensins sigbaar is nie.
Die basis van die dokument is gegrond : Die inwoners in die land wat op privaateiendom werk en bly het dienste nodig! Hulle is van alle waardigheid ontneem weens die haglike toestand waarin hulle moet leef en werk. So in die kies word daar darem vermeld daar was nog nooit 'n sensus of opname onderneem om die vlak van dienste aan inwoners en werkers van privaateiendom te bepaal nie. Die sogenaamde dienste wat vermeld word sluit in sanitasie, basiese watervoorsiening en dienste wat daarmee gepaard gaan. As hierdie aspek mooi besin word, is die eerste gedagte - maar is dit nie die plaaslike munisipaliteit se plig soos duidelik uiteengesit in die Grondwet nie? Of het die regering uiteindelik besef dat die munisipaliteite heeltemal ineengestort het wat dienste betref.
Lees meer hier
|
|
|
ARBEIDSAKE |
|
Sodra die nuwe Nasionale Minimum Loon in die Staatskoerant gepubliseer word, sal dit na lede versend word. Verhogings tree jaarliks op 1 Maart in werking.
|
|
|
NUUS UIT DIE STREKE
|
|
Sentraal |
Balfour-hooidag terugvoer
TLU SA se Balfour affiliasie het op 19 Januarie weer ’n suksesvolle Hooidag aangebied met verskeie maatskappy wat demonstrasies gedoen het. Sowat 1 200 besoekers het die dag bygewoon en die bestuur bedank elkeen wat bygewoon en uitgestal het.
Agrimech Sa Pty Ltd het hierdie jaar, as simbool vir die landbougemeenskap in Balfour, ’n gedenksteen met fakkels op die plaas waar die Hooidag plaasvind, onthul. Hennie Breytenbach meld dat boere sowel as landbou maatskappye ’n baie moeilike twee jaar beleef het en dat boere en landbou-besighede steeds uitdagings in die bedryf het. As landbou gemeenskap is dit belangrik om saam en in geloof mekaar te ondersteun. Met dankbaarheid word erkenning gegee vir uitkomste en in geloof vorentoe gekyk.
|
Plaashek-borde
TLU Sentraal bedank Afgri se Cullinan en Bronkhorstspruit takke wat die veiligheidborde van lede wat nog nie hierdie borde ontvang het nie, geborg het. Groot waardering vir jul betrokkenheid. |
|
|
HULP EN VERSTERKING
|
|
|
LEDE
VOORDELE
|
|
|
Landbousektor Voorsorgfonds
|
Die Landbousektor Voorsorgfonds is gestig met die doel om aftreevoordele aan werkgewers (boere) en hul plaaswerkers te voorsien. Die fonds voldoen aan die vereistes van die Wet op Pensioenfondse en is dienooreenkomstig geregistreer.
Lees meer hier.
|
|
|
|
Wat is ’n BTW-terugbetaling?
|
|
Dit is ’n alombekende feit dat geregistreerde BTW-ondernemers van Suid Afrika in verskillende sektore van die ekonomie die vertraagde BTW-uitbetalings van die SAID moet verduur. Dit is deur ons bepaal dat boekhouers en ouditeure die SAID nader en in gevalle waar die BTW-krediete nie uitbetaal word nie, word die aangeleentheid geëskaleer, of ’n klagte word by die interne nakomings kantoor, bekend as “CMO”, ingedien, of ’n klagte word by die belasting ombudsman aanhangig gemaak sonder sukses in die meerderheid van gevalle.
Lees meer hier.
|
|
|
|
ADVERTENSIES
|
|
|
|
Klimaats- en landbouvooruitsigte
|
- Beide die La Nina en die Indiese Oseaan Dipool (IOD) neig na neutrale vlakke.
- Reënvalverwagtings word swakker as gevolg van die verswakkende La Nina, maar meer so as gevolg van die ontwikkeling van sterk laagdruksisteme in die gebied rondom Madagaskar.
- Ekstreme hoë temperature met moontlike hittegolf toestande kom voor oor die sentrale, westelike en suidelike dele van die land en kan voortduur.
- Daar is ’n groot bekommernis oor die damvlakke van die Wes-Kaap wat vinnig daal sowel as ’n negatiewe vooruitskouing vir winterreënval.
Lees meer hier |
|
|
|
|
|
VELDTOGTE EN AKSIES |
|
Publieke Veiligheid |
|
Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoe- rusting is nie goedkoop nie. Dit is ’n hengse uitgawe, maar ’n uiters nodig een. Om dié rede wil TLU SA ’n daadwerklike aksie begin om Artikel 23 (b) van die Inkomstebelastingwet – wat die publiek verhoed om sekuriteitsuitgawes van inkomste- belasting af te trek – te verander.
Met genoegsame ondersteuning kan en gaan TLU SA ’n petisie aan die parlement rig.
Klik hier |
|
|
Privatisering van Eskom |
|
Suid-Afrika staan voor ’n keerpunt met sy kragkrisis. TLU SA doen ’n beroep op die regering om Eskom te privatiseer, want die huidige stand van sake kan die land oor die afgrond stuur.
- Privatisering van Eskom is die enigste antwoord en oplossing vir die land se energie- en ekonomiese krisis.
- Eskom se probleme is operasioneel en finansieel.
- Klein veranderinge en die heen-en-weer skuif van Eskom se skuld gaan nie die probleem oplos nie.
MAAK JOU STEM DIK: ONDERSTEUN TLU SA SE VELDTOG EN WEES SO DEEL VAN DIE OPLOSSING
klik hier |
|
|
|