Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Desember 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die afgelope jaar was omtrent propvol. Dit het sekerlik meer as een keer gevoel asof dinge uit hul nate bars! Met God se genade en seën het ons egter die einde van nog ’n jaar bereik.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

BOODSKAP VAN
BENNIE

Ek wil graag persoonlik baie dankie sê vir al die ondersteuning en die wense van sterkte wat mense vir my deurgegee het in hierdie tyd.

 
Saai en
TLU SA  

TLU SA se Uitvoerende Komitee en Saai se Direksie het op 8 Desember bymekaargekom om ’n samewerkings- ooreenkoms te bespreek.

Geloftedag
 

Dit is gewoonlik die tyd van die jaar wanneer mens meer as gewoonlik die behoefte het om stil te raak aan die voete van ons Skepper.

My Gebed vir
’n Boer

Vanjaar het die skrywer Nico Schamrel, weer die liefdadigheidsprojek aangepak om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle en -moorde. 

 
Hoofkantoor
 

TLU SA se kantore sal om 15 Desember sluit vir die jaar 2022 en sal weer dienste hervat op 4 Januarie 2023. Ons wens vir almal ’n geseënde Feestyd toe en dat elkeen ’n ware Christusfees sal ervaar in hierdie tyd wat ons saam met ons geliefdes gaan deurbring. Ons hoop dat almal dit doen tot die eer van God en met dankbaarheid vir die groot genade wat ons het elke dag ervaar en daar ons sal stil raak daaroor en met mekaar kan deel. Maar dat ons ook in die verband moet veilig wees en waaksaamheid nie laat verslap in hierdie tyd nie.

Phala
Phala

TLU SA neem kennis van wat besig is om te gebeur rondom Phala Phala, die president en al sy kornuite wat speel met woorde en die begrippe soos integriteit, geloofwaardigheid, verantwoordelikheids -aanvaarding wat deesdae woorde is waarvan die ware betekenis vervaag en “bestuur” word.

 

Staatskoerant Desember 2022

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING
 

Tekens van verbetering afwesig

Die jaar 2022 was met groot verwagtinge ontmoet met nuwe raadslede wat soos blink besems vanuit die winkelrakke nou gaan vee en al die ongerymdhede uit die weg ruim, prestasie gaan ondersteun en vinnige en effektiewe diens sal lewer. Hierdie verwagting was egter gou die hok
geslaan met net nog raadslede aanstellings wat slegs dien vir die finansiële voordeel terwyl die inwoners van die land die spit moet afbyt met swak onderhoud, dienste wat ontbreek, korrupsie en kaderontplooiing gaan voort en daar is net nog 'n nuwe era van die regerende party wat deel in die goudpot van die belastingbetalers. 

Lees meer hier

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes

Inligtingsvergaderings is die afgelope maand gehou met Noordwes- en Vrystaat-boere wat verliese gely het onder Bek-en-klouseer. Tans is die siekte onder beheer en daar was nie nuwe gevalle aangemeld in die laaste ses weke nie. Ons maan boere om versigtig te wees waar diere gekoop word en om Biosekuriteit op die plaas te implementeer en toe te pas.

Vir ons boere wat plant wens ons baie sterkte toe. Baie dankie vir die volgehoue produksie onder uiters moeilike omstandighede.

Die reënseisoen is op hande en die baie reën kan uitbreek van Knopvelsiekte, Slenkdalkoors en Bloutong teweeg bring, tree dus voorkomend op om verliese te verhoed.

Tref ook addisionele voorsorgmaatreëls teen veediefstal en algehele veiligheid oor die Feestyd.

Ons hoop dat al ons boere ’n geseënde Feestyd en goeie seisoen sal beleef.
Baie dankie ook vir almal se volgende ondersteuning.


 

HULP EN VERSTERKING

 
 

LEDE
VOORDELE

SARS oudit – Ken jou regte!

Lees meer hier.

 

ADVERTENSIES

 

Hail, locusts, and fire – the biggest risks farmers face this summer

Read more here

 

 

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Publieke Veiligheid
 

Suid-Afrikaners is oor die algemeen op hulself aangewese as hulle vry van geweld wil lewe. Sekuriteit en veiligheidstoe- rusting is nie goedkoop nie. Dit is ’n hengse uitgawe, maar ’n uiters nodig een. Om dié rede wil TLU SA ’n daadwerklike aksie begin om Artikel 23 (b) van die Inkomstebelastingwet – wat die publiek verhoed om sekuriteitsuitgawes van inkomste- belasting af te trek – te verander.

Met genoegsame ondersteuning kan en gaan TLU SA ’n petisie aan die parlement rig.

Klik hier

 
Privatisering van Eskom
 

Suid-Afrika staan voor ’n keerpunt met sy kragkrisis. TLU SA doen ’n beroep op die regering om Eskom te privatiseer, want die huidige stand van sake kan die land oor die afgrond stuur.

  • Privatisering van Eskom is die enigste antwoord en oplossing vir die land se energie- en ekonomiese krisis.
  • Eskom se probleme is operasioneel en finansieel.
  • Klein veranderinge en die heen-en-weer skuif van Eskom se skuld gaan nie die probleem oplos nie.

MAAK JOU STEM DIK: ONDERSTEUN TLU SA SE VELDTOG EN WEES SO DEEL VAN DIE OPLOSSING

klik hier