Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. November 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die jaar is amper op sy rug. Ek loer vinnig in met ’n kort maar belangrike boodskap!

 

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

BOODSKAP VAN
BENNIE

TLU SA, die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument het ’n ooreenkoms oor die instandhouding en uitbouing van ons erfenis gesluit.

Sprinkane
 

Die afgelope twee seisoene het veral die Noord-Kaap en dele van ander provinsies gebuk gegaan onder intensiewe sprinkaanplae.

 
Mediafunksie
 

Die jaarlikse mediafunksie het op 21 November plaasgevind. Vanjaar het ons ook van ons netwerk vennote genooi na die geleentheid.

Feestyd of seerkry-tyd?

Hierdie tyd van die jaar is die meeste van ons kliphard besig om beplanning te doen oor hoe gaan familie en geliefdes rondom die feestyd bymekaar kom.

Ons nooi jou en jou familie uit!

Vanaf 9-16 Desember kuier ons saam soos in die ou dae by die Voortrekkermonument. Kom doen jou Kersinkopies by ons Boeremark of Kersmark wat elke aand tydens die Gelofteweek uitstal.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING
 

Munisipaliteite is tans besig om die finale implimentering te bewerkstellig van waardeerders waar algemene Waardasierolle onderneem moet word vir implimentering in die finansiële jaar 2023/2024.  Die aangestelde waardeerder sal dus in die volgende paar maande baie aktief wees in die bepaling van eiendomwaardasies binne die munisipale gebied. Dit is dus van uiterste belang dat alle grondeienaars deeglik bewus is van die aspekte wanneer waardasie op eiendom gedoen word vir die doel van die opneem van die eiendomswaarde in die waardasierol wat direk die berekening van
eiendomsbelasting gaan beïnvloed.

U as grondeienaar moet bewus wees dat die wetgewing voorsiening maak die waardeerder het die opsie om ’n oorsig studie te maak van eiendom en die waardasies daarvolgens te doen. Dit beteken dat die waardeerder geensins die eiendom hoef te besoek nie. Veral in landbou-eiendom het die waardeerder die opsie om te bepaal wat die bedrag per hektaar vir spesifieke eiendom beloop en eiendom wat aan daardie beskrywing voldoen, per hektaar te bereken teen die vasgestelde bedrag.

Lees meer hier


 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes

Baie goeie reën het in die Vrystaat en Noordwes streke geval. Baie sterkte aan al ons boere wat moet plant. Ons vertrou dat dit ’n goeie seisoen sal wees.

Saam met die goeie reën kom die siektes so ent vroegtydig teen knopvel, bloutong asook slenkdalkoors. Bek-en-klouseer lyk asof dit onder beheer is, wees egter nog steeds bedag op aankope of skuif van diere. Maak naspeurbaarheid en biosekuriteit deel van kuddebestuur.

Skerp ook veiligheid op tydens die feestyd wat voorlê.


 
Oos & KZN

Soos seker in die hele land is ons baie bekommerd oor die stand van sake met Eskom. Ons boere se werksaamhede word erg in die wiele gery deur die kragonderbrekings en boere word genoodsaak om alternatiewe oplossings te vind om die probleem die hoof te bied, dit is nie egter altyd so maklik nie. Dit wil ook nie voorkom of hierdie probleem binnekort opgelos gaan word nie. Die vraag wat gevra word, is dan of die regering van die dag werklik belangstel om ’n oplossing te vind?

Ons streek was ook besonder geseën met mildelike reën en kon ons boere in alle erns begin plant.


 

HULP EN VERSTERKING

 
 

LEDE
VOORDELE

SARS – Verwag ’n oudit met grafika

Lees meer hier.

 

ADVERTENSIES

 

MIRO

Die landboubedryf word jaarliks gekonfronteer met herhalende probleme soos droogte, soutgehalte en uiterste temperature, wat lei tot aansienlike gewasvernietiging en gevolglike inkomsteverliese. Sonder behoorlike en voldoende tegnologie sal hierdie faktore voortgaan om te seëvier en tot nog meer uitdagings lei vir boere.

Lees meer hier

 

 

 

Beur teen die winde wat ’n impak op Suid-Afikaanse landbou het.

 

deur John Hudson, Nedbank se Nasionale Hoof van Landbou

Soos wat ons die einde van 2022 nader, het beduidende teenwinde steeds ’n impak op die Suid-Afrikaanse landbousektor. Sommige uitdagings – infrastruktuur, elektrisiteit, belegging, logistiek, siektebeheer en dienslewering – is al vir ’n geruime tyd met ons, terwyl ander faktore, soos klimaatsverandering en marktoegang, ’n voortdurende impak op bedrywighede en groei het.  

Lees meer hier

 
 

WENNERS IN 2022 SANTAM LANDBOU NASIONALE KUILVOERKOMPETISIE AANGEKONDIG

 

Die negende Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie was ’n reuse-sukses en ’n voormalige kuilvoerkoning het vanjaar weer die kroon gedra.

Lees meer hier

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Privatisering van Eskom
 

Suid-Afrika staan voor ’n keerpunt met sy kragkrisis. TLU SA doen ’n beroep op die regering om Eskom te privatiseer, want die huidige stand van sake kan die land oor die afgrond stuur.

  • Privatisering van Eskom is die enigste antwoord en oplossing vir die land se energie- en ekonomiese krisis.
  • Eskom se probleme is operasioneel en finansieel.
  • Klein veranderinge en die heen-en-weer skuif van Eskom se skuld gaan nie die probleem oplos nie.

MAAK JOU STEM DIK: ONDERSTEUN TLU SA SE VELDTOG EN WEES SO DEEL VAN DIE OPLOSSING

klik hier