Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. September 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die nuwe plantseisoen het aangebreek. Ons maak van die geleentheid gebruik om die boere wat plant sterkte toe te wens vir die proses wat voorlê.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwer.

BOODSKAP VAN
BENNIE

Die laaste tyd was daar heelwat bespreking in die openbare omgewing oor finansiële instellings en veral oor Land Bank.

SON SA inisiatief -
dringende opname!

TLU SA het met Kragdag 2022 met ander organisasies saamgespan om ’n inisiatief te begin om die geleentheid en nodigheid van die alternatiewe elektrisiteitverskaffing te benut.

 
Kongres
2022

Die kongres met die tema “Reik na die Toekoms” is afgehandel en lê die groot werk nou voor. Vanjaar was daar gefokus op die aspekte wat knelpunte is op grondvlak vir boere.

Nampo Kaap te Bredasdorp

TLU SA se stalletjie by Nampo Kaap het vir ons heelwat blootstelling teweeg gebring. Baie gesprekke met uiteenlopende rolspelers is gevoer . 

Transformasie en die toekoms

Die wyse hoe ’n pragtige woord soos transformasie verwronge gemaak is deur politici is hartseer. Soos dit vandag geraak het sou ’n definisie daarvan kon wees die verabsolutering van ras bo meriete.

My Gebed
vir ’n Boer

Nico Schamrel, ’n skrywer, klein uitgewer en deel van 'n radioprogram wat op verskeie radiostasies uitgesaai word, het in 2019 ’n inisiatief begin waarmee hy fondse vir slagoffers van plaasaanvalle insamel wou insamel.

 
Maksimum oes is
nie maksimum wins

Dr. Gawie du Toit se bemestingsproef met mielies in samewerking met Hoërskool Ermelo en TLU SA, het vir soveelste keer bewys die najaag van maksimum oeste moet getemper word met realistiese bemesting vir maksimum wins.

Goeie dag
AVKB Kampeerder

Hou jy van uitdagings?  Wil jy jou horisonne verskuif?  Dan is hierdie net die kamp vir jou, voorskool- tot Gr 7 leerling. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Vind aangeheg die kampbrief met al die besonderhede. 
Volg gerus die volgende skakel om aanlyn in te skryf:

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Is ons munisipaliteite nog op koers vir herstel?

Tydens TLU SA se jaarlikse kongres gehou op 7 September 2022, was die klem weereens geplaas op die funksie van munisipaliteite en die tekortkominge wat ondervind word by die plaaslike regering komitee.

Plaaslike regering bevind homself in ’n ernstige penarie en word hierdie kwessie afgewentel na die grondeienaar en inwoner van die gebied wat ernstig benadeel word. Wanneer die situasie van nie-funksionerende munisipaliteite beoordeel word veral in die lig van die tekortkoming van dienste, moet daar oorweging geskenk word aan die vlak van die tekortkominge en die probleme wat ondervind word om die oplossing binne daardie raamwerk te vind.

Lees meer hier.

 

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Bek-en-klouseer bly ’n bekommernis in die Vrystaat en Noordwes. Maak asseblief seker dat wanneer diere ingekoop word daar duidelik bewys kan word waar die diere vandaan kom. Biosekuriteit op plaasvlak bly die belangrikste voorsorgmaatreël teen die siekte. Ontsmet voertuie en persone wat op die plaas kom en rapporteer verdagte vee of voertuie by die naaste SAPD.

So bietjie inligting rondom die verspreiding van B&K virus ‘spore’

  • Sou ’n persoon voor ’n besmette bees staan en die bees hoes, dan kan die spore vir ongeveer 48 uur dmv jou klere oorgedra word met kontak na ander beeste.
  • Die mens self kan die spore in sy lugweë lewendig hou vir so lank as 2-3 dae.
  • Virus spore op ’n pad word vernietig bo 32oC.
  • Spore word dmv sonlig in sowat 24 uur vernietig.
  • Besmette mis van diere kan baie lank aktief bly.
  • Slegs baie hoë konsentrasies van spore soos bv. groot volumes gekontamineerde bloed wat in varswater vrygelaat word kan virus versprei.

Die mis van varke, bokke en beeste bly ons grootste risiko en bekommernis op die pad. Nadat ’n bees geënt is, kan hy na ses ure nie meer aansteeklike spore produseer en versprei nie.

Bronne: dr. Shaun Morris, dr Mundia

Voorkomings maatreëls

  • Veewagters moet hul klere elke aand was in F10, Sitroensuur (Citric acid) of selfs Asyn
  • Hulle moet elke dag skoon klere aantrek
  • Wagters moenie wissel tussen bees troppe nie.
  • Merk van kalwers of ander direkte kontak met beeste, laaste taak vir die dag.
  • Ontsmetting van voertuie se bande en onderstelle voordat hul ’n plaas inbeweeg is van kardinale belang.
  • Alle produkte van besmette diere soos melk, vleis, velle, wol ens. mag nie vervoer word nie.

Prosedures ten opsigte van positiewe diere:

  • Omliggende plase van die uitbreek plaas word ondersoek deur Veeartse van die staat.
  • Indien positiewe diere gevind word wat nie produserende diere is nie. Word hulle geënt deur die Staats veeartse met ’n opvolg enting na 14 dae. Daarna word die diere gevoer en geslag in slegs twee goedgekeurde Abattoirs in SA nl. Welkom en Tzaneen.
  • In die geval van produserende teeldiere behoort daar binnekort ’n uitsluitsel bekend gemaak word.

 

 
Oos & KZN
 

Oos en Natal streek is in rep en roer. Orals is ons boere besig met voorbereiding vir die aanplant van somer gewasse. Plek-plek het van ons boere alreeds begin plant.

Op 8 September het TLU SA in samewerking met Hoërskool Ermelo ’n suksesvolle dag aangebied waar daar terugvoer aan ons boere gegee is ten opsigte van die mielieprojek: BOER JY VIR WINS OF BOER JY VIR OPBRENGS? Baie goeie terugvoer is van ons boere ontvang.

Veediefstal is steeds kommerwekkend hoog in die streek. Bek-en-Klouseer was ’n groot bekommernis, maar hopelik is die uitbreek daarvan nou in die kiem gesmoor.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 
 

LEDE VOORDELE

SARS: VAN TOEKA TOT NOU

Ek het groot geword op ’n plaas – in dieselfde omgewing as my niggies en neefs. Beide oupas en oumas was sommer net 10-minute se ry weg.

Lees meer hier.

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Deel jou Onteieningswet realiteit
 

TLU SA stel die volgende twee aksie voor in die lig van impak van die Onteieningswet.

  1. Die beskuldigings dat ons die grond gesteel het, is nou al so baie keer gebesig dat dit nou as die waarheid aanvaar word. Dit is egter naamskending om betrokke partye valslik te beskuldig. Ons moedig ons ondersteuners aan om telkens wanneer iemand sodanige aantyging maak ’n formele klag by die SAPD te gaan lê vir crimen Injuria en versoek dat dit ondersoek moet word. Iets moet gedoen word om die leuen wat ongehinderd wyd verkondig word nek om te draai.
  2. Deel in die onderstaande vorm jou persoonlike kommentaar oor die ompak van die Onteieningswet op jou sal hê sodat ons dit kan deel met die regering.

Vir meer besonderhede besoek die webblad.

 
 
Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.

 
 

ADVERTENSIES

 

Helpende
Hand

 

Boere, dis kompetisie tyd!

Lees meer hier

 

 

 

PJA

 

C-track

Lees meer hier

 

 

Om aan te hou floreer moet die landbousektor op volhoubaarheid fokus

 

Shawn Stapelberg, Nedbank se landboustreeksbestuurder vir Gauteng

Hoewel landbou se persentasie-aandeel in Suid-Afrika se ekonomie relatief klein is – net 2,3% van die algehele BBP – kan dié sektor se algehele bydrae tot die ekonomie nie geïgnoreer word nie.

 

Lees meer hier

 
 

agricolleges international

 

LAEVELD
AGROCHEM