Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Augustus 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer. Die vlak van geweld en die wreedheid wat met die misdade gepaardgaan is skrikwekkend en onrusbarend.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwer.

BOODSKAP VAN
BENNIE

TLU SA se profiel as daardie saakmakende beginselgedrewe organisasie is daagliks besig om positief te groei.

 
Biodiesel en alterna-
tiewe energie

Die beskikbaarheid en ook bekostigbaarheid van diesel en elektrisiteit is van kardinale belang vir die landbou.

KragDag-
hoogtepunte

KragDag kan as een groot hoogtepunt beskryf word en is ons van TLU SA se kant baie dankbaar vir al die geleenthede wat daar ontsluit het.

TLU SA Kongres
in September

Die 2022 TLU SA jaarlikse Kongres is op 7 September by die TLU SA-hoofkantoor. Die geleentheid – met die tema: Reik na die Toekoms – kan ook per Zoom bygewoon word. Sperdatum vir registrasie is Vrydag, 26 Augustus. Die gasspreker is dr. Dawie Roodt. Sy tema is: Die impak van die regering se beleid op die breë ekonomie en die gevolge daarvan vir die landbouer in Suid-Afrika.

 
 
Noord-Kaap
besoek

Gedurende die week van 22 Augustus gaan die Noord-Kaap Streekvoorsitter, Jannie Roux vergesel van die Hoofbestuurder van TLU SA besoek aflê in die Noord-Kaap waartydens daar moontlik nuwe Boere-unies gestig gaan word. Daar sal onder ander draai gemaak word by Sutherland, Calvinia, Garies, Clanwilliam, Brandvlei en Vanwyksvlei.

Manifes
(Klousule 11 en 12)  

Ons gaan voort met die reeks oor ons Manifes:

Klousule 11 en 12.

Staatskoerant
 

Staatskoerant Augustus 2022

     

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Die vraag ontstaan gereeld veral met die toepassing van munisipaliteite se verordeninge of die grondwetlike reg van die grondeienaar enigsins benadeel word deur die toepassing van die munisipaliteit se wetlike bepalings. 

Munisipaliteite se magte word toegeken deur die Grondwet veral in Bylaes 4 en 5 waar die funksionele areas van plaaslike regering gelys word. Provinsiale wetgewers is geregtig om wetgewing te maak terwyl in skedule B van die administratiewe bevoegdheid van funksionele gebiede aan munisipaliteite toegeken word. Binne die Grondwet word wetgewende magte toegeken aan plaaslike regering deur die promulgering van verordeninge. Verder bepaal die Grondwet dat dit die verantwoordelikheid is van provinsiale regering om munisipaliteite te vestig asook die monitering en ondersteuning aan hierdie entiteite. Binne die nasionale en provinsiale regering is daar wetgewende en uitvoerende gesag wat moet toesien dat die munisipaliteite hul funksies effektief verrig. Dit is dus slegs ’n regulerende rol wat oor munisipaliteite uitgeoefen word. 

Lees meer hier.

 

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Die Departement van Arbeid doen rondtes landswyd en word vergesel met die Gesondheid- en Veiligheidsinspekteurs. Maak dus asseblief seker dat alle dokumentasie van werknemers, dienste van toerusting en opleiding in plek is. Vir enige navrae kontak TLU SA.

Die Bek-en-klouseer uitbreek in Noordwes en die Vrystaat skep groot kommer onder veeboere. Koop slegs vee aan van bronne waarvan die oorsprong bekend is en kry ’n biosekuriteitsplan in plek. Wees versigtig vir winskope. Ons sal gereeld die nuutste inligting uitstuur op die WhatsApp groepe.

Daar het navrae gekom in verband met grafbesoeke op plase. Kontak gerus vir Jannie Raath, jannieraath@yahoo.com, 0792460013, om die riglyne aan te vra oor die stappe wat gevolg moet word. 

 

 
Oos & KZN
 

Dit is Augustus en almal is reeds bewus van die brande. Oos-streek is beslis nie hiervan uitgesluit nie en buiten spontane brande word ons ook geteister deur brande wat gestig word. Boere word weereens daar op gewys dat dit van kardinale belang is dat kriminele sake geregistreer moet word in sodanige gevalle.

Bek-en-klou seer het ook ’n invloed op ons streek en as dit nie streng bekamp word nie kan dit die vleisbedryf ’n groot knou toedien.

Die Departement van Arbeid is dan ook besig met deurlopende inspeksies en ons lede word gevra om seker te maak dat arbeidsake korrek is.

Voorbereiding word alreeds getref vir die volgende plantseisoen.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 
 

LEDE VOORDELE
 

SARS: TOT DIE DOOD ONS SKEI

Daar is ’n spreekwoord in die volksmond: “Niks in die lewe is ooit seker behalwe die dood en belasting nie”.

Lees meer hier.

 

Boerdery risiko

Hierdie onderwerp is al soveel keer deur kundiges uitmekaar getrek, bespreek en weer op verskeie maniere aanmekaar gesit dat risiko in die boerdery al herhaaldelik holrug gery is. Ons kan boerdery risiko’s primêr in twee klasse plaas, te wete interne risiko’s en eksterne risiko’s.

Lees meer hier.

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.

 
 

ADVERTENSIES

 

Helpende Hand

Laeveld Agrochem

 

ABSA

Klimaatskwessies en volhoubaarheid is iets wat toenemend onder verbruikers en aandeelhouers aandag kry. Daar is dus druk op besighede om strategieë te ontwikkel om hulle bydraes te maak om aardverwarming te verminder en hulpbronne volhoubaar te gebruik. Landbou is nie kwytgeskeld hiervan nie. Inteendeel, landbou, in die algemeen, maar ook spesifieke landbousubsektore, word gereeld as groot rolspelers in die vrylating van kweekhuisgasse uitgewys (sien figuur 1 hier onder).

Lees meer hier