Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Julie 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

TLU SA rig ’n uitnodiging aan lede en vriende om betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwer.

BOODSKAP VAN
BENNIE

’n Redelike groot debat het in die media ontstaan oor die AAMP wat afgeteken is sonder dat TLU SA se insette ooit hanteer is.

 
Kragdag
2022

TLU SA se span sien met opgewondenheid uit na 2022 se Kragdag TLU SA Landbou Ekspo van 11-13 Augustus.

Jongboer-
kompetisie

Die evaluering van die jongboere vir vanjaar se kompetisie is afgehandel. Gewis een van die moeilikste jare tot nog toe om die wenner te kies sedert die kompetisie begin is.

TLU SA Kongres
in September

Die 2022 TLU SA jaarlikse Kongres is op 7 September by die TLU SA-hoofkantoor. Die geleentheid – met die tema: Reik na die Toekoms – kan ook per Zoom bygewoon word. Sperdatum vir registrasie is Vrydag, 26 Augustus. Die gasspreker is dr. Dawie Roodt. Sy tema is: Die impak van die regering se beleid op die breë ekonomie en die gevolge daarvan vir die landbouer in Suid-Afrika.

 
 
Hoë
insetkoste

Na aanleiding van die uitermatige hoë insetkoste wat die laaste tyd elke plaas negatief beïnvloed, is daar heelwat navrae gedoen om te kyk of ons moontlik goedkoper kunsmis.

Manifes
(Artikels 9 en 10)  

Ons gaan voort met die reeks oor ons Manifes:

Artikels 9 en 10.

 

Hoe
kommunikeer ek?

Deur te weet, bring insig na vore in besluitneming oor enige saak. Dit is vir ons belangrik dat elke TLU SA lid so goed moontlik ingelig moet wees.

     

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Na die verdoemende oudit verslae van die Ouditeur-generaal op die stand van munisipaliteite ondervind die inwoner van die land dat daar in werklikheid ’n algehele verval van die omgewing om ons is.

Die nuwe raad na die verkiesing het weinig beter gevaar en is dit duidelik in die omstandighede wat ervaar word. Met reg kan ons vra: Wat nou? Wat staan die belastingbetaler nou te doen? Die weerhouding van eiendomsbelasting is nie die gewenste opsie nie en moet altyd as die laaste en enigste uitweg gesien word indien alle ander opsies reeds benut is. Binne die munisipaliteit-grense is optogte en betogings aan die orde van die dag. Bande word gebrand op paaie, toegangspaaie word versper, besighede en inwoners word benadeel en die polisiediens kyk toe hoe hierdie misdadigers algehele chaos veroorsaak. Die swak prestering van die munisipaliteit voorsien redes vir hierdie chaos wrekende massas waar politieke agendas verskuil word in klagtes wat nie water dra nie.

Lees meer hier.

 

 
VEILIGHEID

Die langverwagte landelike veiligheidstrategie-spitsberaad onder leiding van die SAPD en die minister van polisie, wat hoofsaaklik oor die Landelike Veiligheidstrategie se hersiening en implimentering gegaan het, het van 27-28 Junie in die Vrystaat plaasgevind.

Dit is onder andere deur die President van TLU SA, Henry Geldenhuys, Gawie Lotter (Bestuurder: Dienste) en Drickus Botha (Streekbestuurder: Noord) bygewoon. Henry het die geleentheid gehad om die kongresgangers en die minister toe te spreek oor die huidige stand van die Veiligheidstrategie en dat dit nie tot op grondvlak toegepas en geïmplementeer word nie, hoewel dit reeds teen einde 2018 goedgekeur en afgeteken is.

Lees meer hier

 

 
OMGEWINGSAKE

Water, of die toekomstige gebrek daaraan, weens nie beskikbaarheid te wyte
aan besoedeling, oorbevolking, swak bestuur of wat ook al die rede, bly ’n warm
gesprekpunt tussen boere, die algemene publiek, akademici; selfs die Departement
Waterwese en die Water Navorsing Instituut neem deel.

Die president en die minister van waterwese besoek droogte geteisterde dorpe en stede, waar hulle verkondig dat infrastruktuur en planne op die tafel is vir ontwikkeling, fondse is beskikbaar en kontrakteurs is aangestel wat op die punt staan om te begin. Die publiek moet net geduldig wees.

Lees meer hier

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Daar is weer gevalle van bek-en-klou-seer aangemeld. Ons sal deurentyd verwikkelinge dophou en ook ons lede op hoogte hou soos nodig.

Indien jy egter enige vra het, kontak Jannie Raath by jannieraath@yahoo.com

Met die Vrystaat se streekvergadering is die dagbestuur en voorsitter herverkies.

Noordwes se streekvergadering is op 11 Augustus om 10:00 op Lichtenburg.

 

 
Oos & KZN
 

Die stroop is amper iets van die verlede. Dit was nie sonder haakplekke nie, maar daar is relatief goeie opbrengste as daar in die algemeen na die boere geluister word.

Die jaar het gedraai en ons wens almal sterkte toe vir die volgende vyf maande van 2022.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

SARS: Skuldig
tot onskuldig

Al te dikwels het SARS die vermoë om ’n lieflike dag sommer net goor te maak en dit nogal in ’n oogwink. Jy sal opstaan met ’n lied in jou hart. Jou oggendkoffie is sommer ekstra lekker. Buitekant is daar ’n stoomwolkie terwyl jy doelgerig oor jou grond stap. Die son kruip uit in ’n vriendelike rooi.  Voëls word wakker en fluit. ’n Lieflike winteroggend.  Ryp kraak onder jou skoene. Jou harde werk, jou hartland, jou trots...jy is gegrond.

Lees meer hier

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.

 
 

ADVERTENSIES

 

Helpende Hand

Laeveld Agrochem

 

PIONIER

Lees meer hier

ABSA

Lees meer hier.

 

KINGPRIce

 

 

 

Ctrack

Lees meer hier

Grondpaaie

Lees meer hier.

 

Landbou Opname

Lees meer hier

SANTAM

Lees meer hier.

 

Nedbank se borgskap van die
TLU SA Jongboer-konferensie

 

By Nedbank weet ons dat een van die land se grootste sterkpunte ons jeug is. Die jongelinge se unieke vermoëns en talente kan beslis gebruik word om ’n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te skep. In die landboubedryf beteken dit om juis die vaardighede en eienskappe wat eie aan die jeug is in te span om groei en vernuwing te dryf. Jongmense is uiteraard passievol, gedrewe en vol idees om die wêreld te verander. Hulle is digitaal ingestel en het grootgeword met die krag van tegnologie.

Lees meer hier