Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Junie 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Om veilig in en om jou huis te wees, is nie veronderstel om ’n arm en ’n been te kos nie, maar ons almal weet hoe duur is tegnologie wat help met veiligheid.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Vrae sonder antwoorde is vandag aan die orde indien ons kyk na alles wat onseker is. Ons kan maklik verward raak indien ons menslik gesproke antwoorde probeer soek vir daardie dieper aspekte van die lewe.

Jongboer-konferensie

Graag wil ons ’n woord van groot dank rig aan almal wat betrokke was by die reëlings van die Jongboer-konferensie. ’n Spesiale woord van dank aan die borge wat ons ondersteun het.

 
Jongboer-
kompetisie

Die onderskeie streke kan elk drie finaliste vir die jaarlikse Jongboer-kompetisie inskryf. Daar is nog geleentheid tot einde Junie om in te skryf. Diegene wat graag wil inskryf moet dus vinnig spring. Kontak jou streekkantoor om die nodige inligting te verkry. Die kompetisie gee jongboere die geleentheid om hulself te evalueer ten opsigte van die onderskeie boerdery aspekte wat bepalend is vir sukses al dan nie.

Kragdag
2022

TLU SA se span sien met opgewondenheid uit na 2022 se Kragdag TLU SA Landbou Ekspo wat 11-13 Augustus plaasvind. Ons rig’n uitnodiging aan lede om asb. betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun.

TLU SA Kongres in September

Die 2022 TLU SA jaarlikse Kongres is op 7 September by die TLU SA-hoofkantoor. Die geleentheid – met die tema: Reik na die Toekoms – kan ook per Zoom bygewoon word. Sperdatum vir registrasie is Vrydag, 26 Augustus. Die gasspreker is dr. Dawie Roodt. Sy tema is: Die impak van die regering se beleid op die breë ekonomie en die gevolge daarvan vir die landbouer in Suid-Afrika.

 
Armoede
 

Die armoede onder alle groepe in die land raak al hoe erger. Met ’n onaanvaarbare hoë werkloosheidsyfer en die regering wat ongelukkig al die verkeerde dinge doen wat ekonomiese groei kelder maak dit dinge nie maklik nie.

 
LWO
 

Tydens die LWO se jaarvergadering is TLU SA se Adjunk-president, Wannie Scribante verkies as voorsitter van die raad. Graag wil ons vir Wannie baie sterkte toewens met die taak wat op hom wag. TLU SA en die LWO het ’n jarelange gesonde werksverhouding gevestig wat vir ons lede van groot waarde is.

 
Gesprekke met die kerke

Die gebruik van TLU SA om al om die tweede jaar met die Susterskerke in gesprek te tree het weens die inperkingmaatreëls rondom Covid-19 bietjie skipbreuk gely.

Virtuele of simboliese staptog

Graag wil ons ’n woord van groot dank rig teenoor elkeen wat deel geneem het op welke wyse ook al aan die virtuele staptog teen plaasaanvalle en – moorde.

Pretoria
Boeremark

Na ’n tydperk van ses jaar wat Henri Combrink as direkteur op die Pretoria Boeremark se direksie gedien het, het hy as direkteur die amp neergelê.

 
Padvergadering
 

TLU SA het die inisiatief geneem om ander rolspelers uit te nooi om die haglike toestand van ons paaie te bespreek en te besin oor wat gedoen kan word.

Target Actual Control Market

Ons is genader deur TACM (Target Actual Control Market) wat ’n verbruikers vriendelike platform is wat boere in beter beheer plaas in terme van verwagte en finale pryse wanneer hulle produkte mark toe stuur.

Manifes
(Artikels 7 en 8)

Die krag van TLU SA is in sy lede gesetel. Dit is elkeen se meelewing en insette wat maak dat daar kollektief planne gemaak kan word.

verootmoediging-
sondag

Lig in Duisternis Uitgewers poog om op Sondag 24 Julie 2022 soveel as moontlik gemeentes en predikers, ongeag van kerkverband, te kry om dieselfde preek te preek.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Op 15 Junie 2022 is die stand van sake deur Netwerk24 deurgegee soos verslaggewing ontvang is van die Ouditeur-Generaal oor munisipaliteite se oudit vir die boekjaar tot einde Junie 2021.

Munisipaliteite het geensins verbeter in terme van deursigtigheid nie en slegs 16% het ongekwalifiseerde oudits sonder enige bevindings gekry. Dit beteken slegs 16% kon finansiële state van gehalte produseer waar daar nie foute is nie. Hulle is geloofwaardig en betroubaar. Daar is verder ook aan die nodige wetgewing voldoen.  Wat kommerwekkend is, is dat hierdie 16% groter plaaslike owerhede en metropolitaanse owerhede is. 

Lees meer hier.

 

 
ARBEIDSAKE

Die Departement van Arbeid is tans in verskeie provinsies besig met arbeidinspeksies op plase. Lede word versoek om seker te maak dat daar aan die nodige wetgewing voldoen word. Sien meegaande riglyn rakend arbeid inspeksies. Indien daar enige navraag is, kontak vir Mauritz Lombard by 012 804 8031 of epos beleid@tlu.co.za

Lees meer hier

 
OMGEWINGSAKE

TLU SA se Omgewingsake-komitee sluit ook watersake in, dit is nie net watersake, waterbesoedeling, skoon water vir dop en dam nie, die komitee nooi u uit om deel te neem aan debatte en kwessies in die verband. Eerstens om gemeenskaplike probleme op te los maar ook om die kwessie van bewaringslandbou ’n stap verder te neem en begin om bewaringslandbou wetenskaplik toe te pas.

Lees meer hier

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Veediefstal bly ’n groot probleem in albei streke. Stuur asseblief alle onopgeloste sake se nommers deur sodat ons op die Nasionale Prioriteitskomitee vir terugvoer kan vra. Enige produkdiefstal-sake se nommers sal ook hanteer word.

Brandseisoen is op hande, maak seker dat alle brandvoorbereiding in plek is.

Ons gaan hierdie jaar nie streekkonferensies hou nie, maar wel streekvergaderings sodat ons werklik interaksie met die lede het. Vrystaat se streekvergadering is op 7 Julie 10:00 by Ventersburg-rolbalklub. Noordwes se streekvergadering is op 11 Augustus 10:00 by Lichtenburg DLU-kantoor.

Almal is welkom ons het elke lid se insette nodig. Verkiesing van die streeksbestuur sal ook plaasvind.

Huidige Vrystaat-bestuur – Streekvoorsitter: Bertus van der Westhuizen; Onder-Voorsitter Frannie Pieterse; Dagbestuurslid Frannie Pieterse.

Huidige Noordwes-bestuur – Streekvoorsitter: John Rankin; Onder-Voorsitter: Steyn Marnewick; Dagbestuurslid Theunis Kruger.

Bevestig bywoning of afwesigheid by Jannie Raath (079 246 0013) of  jannieraath@yahoo.com. Stuur ook nominasies deur vir die bestuur.

Indien ’n voorsitter van ’n BU nie kan bywoon nie moet hy asseblief ’n afgevaardigde stuur. Ons sal sakelyste per epos uitstuur.

 

 
Oos & KZN
 

Boere word gemaan om uiters bewus te wees van die brandgevaar in die seisoen. Ons stroop heerlik in die Streek en die grootste persentasie soja is klaar gestroop, die mielies gaan nog ’n tydjie in beslag neem. Opbrengste per hektaar lyk belowend. Veediefstal bly egter ’n probleem, maar ons vertrou dat die kamera-projekte ’n groot bekampings effek op veediefstal gaan hê.

 

 
SENTRAAL
 

Die Streekbestuur wens die nuwe TLU SA Jongboerspan baie geluk met hul verkiesing tydens die onlangse Jongboer-konferensie. Die brandgevaar indeks bly hoog en verskeie groot brande is reeds aangemeld.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

LEDE VOORDELE
 

SARS...ONGELYKE SPEELVELD

Vuisvoos belastingbetalers word gewetenloos verder en verder beroof van hul geld. 

Lees meer hier.

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.

 
 

ADVERTENSIES

 

Helpende Hand

AgriColleges

KOMPETISIE TYD!
Staan ’n kans om een van drie landbou inleidingskursusse te wen!

Lees meer hier.

 

PIONIER

Lees meer hier

ABSA

Lees meer hier.

 

KINGPRIce