Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Mei 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Jy is jou eie karakter. Van die 350 biljoen mense ter wêreld en ongeveer 35 000 boere in die land is daar net een van jou...net een.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Na ’n proses van bykans 18 maande het minister Thoko Didiza saam met sommige rolspelers in die waardeketting die sogenaamde AAMP afgeteken.

Jongboer-konferensie

Die 2022 Jongboer-konferensie is 10 Junie by die Voortrekkermonument in Pretoria. Ons versoek ons Jongboere om in groot getalle saam te kom en die dag te kom geniet.

 
Veldbrand seisoen voor die deur

Die afgelope goeie reënseisoen oor feitlik die hele land het uiteraard baie plantmateriaal gegenereer wat die potensiaal van brande baie hoog maak in die komende veldbrand seisoen.

Veediefstal
 

Soos die sosio-maatskaplike toestande in die land versleg, word daar al hoe meer veediefstal ervaar. TLU SA is deel van die nasionale veediefstalforum waar Gawie Lötter ons verteenwoordig.

TLU SA Kongres in September

Die 2022 TLU SA jaarlikse Kongres is op 7 September by die TLU SA-hoofkantoor. Die geleentheid – met die tema: Ryk na die Toekoms – kan ook per Zoom bygewoon word. Meer besonderhede sal binnekort gedeel word.

 
Kragdag
2022 

TLU SA se span sien met opgewondenheid uit na 2022 se Kragdag TLU SA Landbou Ekspo wat 11-13 Augustus plaasvind. Ons rig’n uitnodiging aan lede om asb. betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun.

 
Schildpaddop AVKB Selfbehoudkamp

Die Schildpaddop Selfbehoudkamp van die Afrikaner Volkskultuur beweging het sy ontstaan gehad op die plaas Schildpaddop in 1999 in die Thabazimbi-distrik waar ons Hoofbestuurder geboer het.

Staatskoerant
 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons artikels wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Op 18 Mei 2022 is die oorsig verslag in terme van die statistiek opname en die vordering met ontwikkelingsplan binne SA aan die Parlementêre komitee voorgelê. 

2022 word gekenmerk as die eerste digitale sensus wat in SA onderneem is en moet die uitslag van deelname en inligting baie nou ondersoek word. Daar was drie metodes van vaslegging van inligting naamlik die aanlyn metode, telefoniese metode en persoonlike interaksie met data vasleggers.  Die amptelike "tel" proses het op 2 Februarie 2022 begin. Daar was ’n geleentheid vir aanlyn registrasies en het die amptelike persoonlike besoeke op 14 Februarie begin. Die opsommende verslag sal onderneem word vanaf 1 Junie 2022.  Die algemene aanlyn opname was egter nie na wense nie met slegs 33% van geregistreerde persone wat die opname aanlyn onderneem het. Van die persone wat wel die aanlyn vorm oopgemaak het, het 80% daarvan die vorm voltooi terwyl daar ongeveer 200 000 vorms aanlyn voltooi is. Die rekenaar gebaseerde onderhoude het heelwat beter presteer met 18,2 miljoen huishoudings wat daaraan deelgeneem het. Ongeveer 68 000 huishoudings het aangedui dat hulle deur telefoniese onderhoude deelname sal onderneem.

Lees meer hier.

 

 
ARBEID

Die sperdatum van die Departement van Arbeid vir die indien van die jaarlikse opgawe van verdienstes is 31 Mei 2022. Die opgawe moet aanlyn ingedien word by https://roe/labour.gov.za

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Die Brandseisoen is in aanvang en ons wil lede attent maak om hulle brandbeplanning in plek te kry. Onthou ook om jou brandversekering op te dateer en ook aanspreeklikheidsdekking uit te neem.

Versekeringsmaatskappye stel ook ’n vereiste dat jy moet kan bewys gee dat jy aan ’n brandvereniging behoort.

Ons is nouliks betrokke by die JOC op bek-en-klouseer in NW en sal ons aanhou om ons lede se belange te dra.

Lede word ook uitgenooi om saaknommers wat nie opgelos of terugvoer kry nie, op 'n maandelikse basis vir Jannie Raath deur te gee.

Voorspoedige strooptyd sonder onderbrekings!

 

 
Oos & KZN
 

MISDAAD
Veediefstal is steeds ’n eskalerende probleem in ons streek, alhoewel dit blyk dat dit ’n nasionale probleem is. Ons is egter besig om sisteme in plek te kry om hierdie misdaad te probeer hokslaan.

GEWASSE
Tans is ons boere besig met die stroop van gewasse, waarvan Soja die meeste is. Die stroop proses word egter bemoeilik deurdat lande in sommige gedeeltes nog baie nat is.

ANDER
Ons voorsien dat brande ’n groot probleem tydens die komende seisoen gaan wees. Boere word daar op gewys om brandtoerusting vroegtydig te diens.

 

 
Noord
 

Dit is so dat ons weens verskeie redes nie meer oor sport praat nie. Wie onthou nog hoe Springbok-rugby die hoofonderwerp van bespreking was voor ’n toets teen een van die grotes en daarna vir nog ’n week was die wedstryd uitmekaar getrek en herleef; so ook wedstryde tussen Noord-Transvaal en die WP. Deesdae praat ons nie meer sport nie, nie krieket, atletiek of Dallas nie. Tog is Pretoria weer Hollands na Tuks se oorwinning oor Maties, en dit in die Danie Craven altemit. As alles maar so goed  gegaan het…

Landbou-toestande vir die winter lyk belowend, winter gewas aanplantings is in volle swang, jagplekke is amper vol bespreek, die sitrusoes is besig om af te kom, slegs een grusame plaasmoord en dit is die orde van gebeure, ons praat ook nie meer oor plaasaanvalle nie. Het ons so verstok geraak, is ons verslaan, het plaasaanvalle en moorde nou na enkele sinne op bl. 4 geskuif? Hoe het ons dit toegelaat? Is dit die media se skuld?

In ’n kort tydperk verwys twee vroue landdroste namekaar na TLU SA se slagspreuk: “Het jy geëet vandag?” in hulle uitsprake. Ons is dankbaar daarvoor, dit gaan egter nie die probleem alleen aanspreek nie, die bekamping van landelike misdaad is ons elkeen se plig. Almal het klagtes oor plaasprodukdiefstal, TLU SA begin ’n bekamping strategie, minder as vyf mense neem deel die projek. Moet dit gestaak word of wat? Ons besef ons boere is onder druk, ons is hier om te help en sal ons net ons beste gee om u veilig en volhoubaar op u grond te hou.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.