Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ek wil die maand oor baie twee baie ernstige, belangrike onderwerpe praat: Veiligheid en Veediefstal.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Die chaos op alle lewensterreine is nou reeds ’n bekende vir elkeen. Die ineenstorting van ons infrastruktuur en dienste het min van ons nie al getref nie.

Jongboer-konferensie

Die 2022 Jongboer-konferensie is 10 Junie by die Voortrekkermonument in Pretoria. Ons versoek ons Jongboere om in groot getalle saam te kom en die dag te kom geniet.

 
TLU SA en
Sakeliga  

TLU SA en Sakeliga het na samesprekings ’n samewerkingsverhouding daargestel wat onder andere behels dat TLU SA ook by Sakeliga sal affilieer. Die waardes wat die onderskeie organisasies rig stem ooreen.

Die Agricultural Agro Master Plan

Daar word tans gewerk aan die soveelste landbouplan deur die regering naamlik die AAMP. Rolspelers in die waardeketting het die geleentheid gehad om insette te gee.

Vloede in Kwazulu-Natal

TLU SA neem met skok kennis van die geweldige verliese wat die vloede in die land, maar in besonder in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, veroorsaak het.

Agriseta-beurse
 

TLU SA is dankbaar dat ons weer hierdie jaar befondsing vanaf Agriseta kon bekom om aan ses studente beurse toe te ken. Agriseta stel jaarliks ’n lys van skaars beroepe in die land bekend en alle aansoeke moet aan Agriseta se riglyne voldoen. Geen aansoeke vir 2023 kan tans ingedien word nie en inligting oor die 2023 aansoeke sal in die Pitkos verskyn sodra dit vanaf Agriseta ontvang word.

 
Vee identifikasie brandmerk aansoek

Kostes vir die aansoek vir ’n vee-identifikasie-merk is verhoog na R180 vanaf 1 April 2022.

Restitusie eise/Huurarbeider eise wenk

Watter inligting is belangrik wanneer jy gekontak word deur ’n amptenaar van die Departement en meegedeel word dat daar ’n eis op jou eiendom is wat die departement wil ondersoek?

Staatskoerant
 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons artikels wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

April is die maand van veranderinge. Tans in die land is dit ’n maand van baie tragedies gesien in die lig van die vloede wat menigte in weemoed gelaat het.  Op plaaslike regering gebied is April gekenmerk as die maand van konsultasies met die inwoners van die munisipale gebiede. Die ontwikkelingsplan en begroting word bekend gemaak en daarmee ook saam die nuwe eiendomsbelasting tarief vir die volgende finansiële jaar. Selfs daar is die winde van verandering duidelik sigbaar in die nuwe raad en burgemeesters wat hulle merk wil maak.

U as inwoner moet deel neem in die proses om kennis te neem wat word van belastinggeld - is dit verkwisting of is daar werklik goeie ontwikkeling tot voordeel van die inwoners. Teen einde April moet die proses van konsultasie afgehandel wees en die raad oorweeg dan die insette van die gemeenskap en rolspelers.  Dit is dus uiters belangrik dat elke inwoners die sake aanspreek wat hulle raak.

In terme van die waardasierol is hierdie ook die afsnydatum vir besware wat ingedien moet word op hetsy die algemene of aanvullende waardasierol wat moontlik in Januarie bekend gemaak is. Hierdie tydperk is dus die laaste geleentheid om seker te maak jou eiendom se waardasie is nie gewysig nie en beswaar te maak waar ’n waardasie bo markwaarde bepaal word. U as inwoner moet besef dat hierdie die enigste geleentheid is om die aksie aan te spreek. Indien die waardasierol aanvaar word, is daar nooit weer ’n geleentheid om op die spesifieke waardasie enige aksie te neem nie. Moet dus nie onkant gevang word nie.

Indien daar ’n waardasierol vir die termyn 2023 onderneem word, sal daar tans advertensies wees vir die indien van tenders.

Die munisipaliteit sal gedurende April enige wysigings op verordeninge adverteer vir insette vanaf die publiek. U as inwoner moet op die munisipaliteit se webtuiste hierdie inligting nagaan en seker maak dat daar nie enige van hierdie beleidmakende dokumente stilweg verbygaan wat u moontlik kan benadeel of beïnvloed nie.

Relatief klein aksies om besluite van die munisipaliteit aan te spreek kan groot voordeel meebring - gebruik die geleentheid.

 
ARBEID

Die NML geld vanaf 1 Maart 2022 met die uurlikse tarief van R23,19.

Maandelikse loon vir 40 uur werkweek R4 019,29
Maandelikse loon vir 45 uur werkweek R4 521,70  

 
OMGEWINGSAKE

Die afgelope tyd praat almal oor water. Die beskikbaarheid, prys, verdeling, bruikbaarheid is op konvensie na konferensie na werkwinkel na beraad en warmberaad bespreek. Die regering, plaaslike owerhede, landbou, mynbou, industrie, huishoudelike water, almal het al gereël en deelgeneem...niks tasbaar het daaruit voortgevloei nie.

Van nuwe damme, die behoorlike bestuur van afvalwater, bestryding van besoedeling, tot die uitroei van bloekom en wattel het niks van gekom nie. Ons moes al water uitkomste gesien het, die amptenary en politici aan die eenkant en die verbruiker aan die ander kant. As ons nie nou gaan optree met die daarstelling van tasbare wateruitkomste nie, sal dit vir almal te laat wees.

Kom ons neem die inisiatief en hou ’n suiwer tasbare waterberaad. Daar moet ’n groep in die land kom wat besoedeling moet hokslaan, so ook ’n groep wat kyk na die land se kort- tot langtermyn waterbehoeftes en die verdeling daarvan.

 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Die belangrikste hierdie maand was die Bek-en-Klouseer uitbraak in Noordwes. Ons in direk betrokke by die JOC vergaderings twee keer per week. Jannie Raath is die NWAHF-voorsitter en dra die rooivleisprodusente se belange by die JOC. Enige navrae in hierdie verband kan aan hom gerig word. 

Daar is ook ’n positiewe geval in Viljoenskroon in die Vrystaat. Ons wil graag ’n beroep op ons lede doen om hulself op te skerp oor die simptomatiese tekens van Bek-en-Klouseer en versigtig te wees waar diere gekoop word. Sorg dat al die nodige dokumentasie in plek is en moet nie vee aankoop wat twyfelagtige of geen naspeurbaarheid het nie. Biosekuriteit op plaasvlak bly die belangrikste. Ek sal lede op hoogte hou van die stand van sake op die groepe.

Na die goeie reën die afgelope tyd is die padtoestande ’n geweldige probleem in Noordwes en die Vrystaat en ons is op soek na oplossings met verskillende rolspelers om hierdie probleme te probeer aanspreek. Ons kry tans egter geen samewerking van die staatsdepartemente nie.

Ons wil namens die streke vir Mauritz Lombaard en Gawie Lotter baie welkom sê by ons bestuurspan, en dankie ook vir die hulp en waardevolle insette wat hulle alreeds vir ons in die Provinsies lewer.

Saaknommers van sake wat by SAPD aangemeld is en waarop geen reaksie gekry word nie kan aan ons gestuur word.

 

 
Sentraal
 

Sentraal-streek is betrokke by die Gauteng Diere Gesondheid Forum waar daar op gereelde basis met alle rolspelers in Gauteng vergader word oor die uitbreek van Bek-en-Klouseer.
  
Die kontaknommers vir die Gauteng Staatsveeartse is as volg:

Germiston – Dr Duma Mpofu 071 543 3028
Randfontein- Dr Jaison Mpofu 072 900 0869
City of Tshwane – Dr Farah Abdool-Khader 072 904 5024

Lede wat navrae het, is welkom om die Streekkantoor te kontak.

Positiewe gevalle in Gauteng is by Onderstepoort en Blaauwbank, Randfontein.  Die toetse vir Fochville en Tarlton was negatief.

 

 
noord-kaap
 

Garies Boere-unie is ’n nuwe TLU SA-tak wat gestig is en die bestuur wil graag ’n fondsinsameling hou om te help met boere-unie uitgawes en het jou hulp nodig. Daar is lekker pryse te wen.

Eerste prys is ’n wegbreek naweek vir vier in Lambertsbaai 3-5 Junie 2022; tweede prys ’n heel lam; derde prys ’n halwe lam. Vir die tweede en derde pryse kan daar met die wenners se naaste slaghuis gereël word en vleis sal dan daar afgehaal kan word.

Kostes beloop R30 per lootjie en die vraag wat gevra word wat op die vorm ingevul moet is :  Watter dorp lê in die hartjie van Namakwaland?

Om deel te neem kontak vir Drienie Visser tlu.garies@gmail.com , 027 652 8708 of WhatsApp 083 825 2060

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

Inkomste uit vee-vertakkings

 

Die  inkomste van veeboerdery kan op twee metodes bereken word:

  1. KONTANT METODE
  2. BRUTO PRODUKSIE WAARDE (BPW)

 

Lees meer hier.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

#SonSafari is ’n belegging in jou toekoms! Landbou-ekonome, tegniese landboukundiges en mentors op plaasvlak gaan ons landbouprodusente toerus met kennis sodat ons SAAM vooruit kan boer. 

Die Son-Safari Landbouskou word aangebied van 30 April tot 5 Mei 2022 by Sugar Beach, A Sun Resort, Mauritius deur Laeveld Agrochem en Agri Technovation SA.

   

Laeveld Agrochem bied innoverende oplossings aan die landbousektor en streef daarna om ‘n belangrike rol in die voedselveiligheidsketting in Suider-Afrika te speel.

Agri Technovation is Laeveld Agrochem se offisiële tegnologie vennoot en saam bied die maatskappye ’n groot reeks presisiedienste en produkte. Hierdie vennootskap is jare gelede gevorm om spesialisdienste aan produsente te bied.

Lees meer hier

   

Nasionale Boere Makelaars - Die vennote van korttermynversekering

Garrun Boere Makelaars (gestig in 2005) is welbekend vir die uitstekende diens wat hulle al vir jare lank in Mokopane en in Limpopo lewer. Hulle is veral gefokus op boere- en kort termyn versekeringe. Ons stel u van vandag af voor aan Nasionale Boere Makelaars (NBM). NBM is die her-gestruktureerde Garrun Boere Makelaars en lewer steeds dieselfde uitstekende dienste as waaraan u gewoond was.

Lees meer hier

 

VELDTOGTE EN AKSIES

Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
 
Boere, beskerm jou uitvoerstatus
 

Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

TLU SA en Sakeliga vat hande om vir die boere die nodige bystand te verleen. In die beëdigde verklaring wat jy saam met jou sertifikaat moet voorsien, stel TLU SA en Sakeliga voor jy voeg vier paragrawe by om jou te beskerm en te help met die oog op die toekoms.

Vir meer besonderhede: klik hier

 
 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek ons webblad hier.