Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die slagtings van vee langs paaie en in die veld neem geweldig toe. So ook skaap-diefstal. Groot getalle word gesteel.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Gedurende 2021 het verskeie gevalle reeds voorgekom waar die wenkbroue gelig is oor die wyse hoe sekere arrestasies uitgevoer is.

Jongboer-konferensie

Weens praktiese probleme wat botsings met ander geleenthede insluit, is daar besluit om die Jongboer-konferensie eerder op 10 Junie 2022 te hou.

 
Gesprek oor
SEB  

Die BEE-wette is besig om te verskerp en nuwe fase in te gaan. Daar is tans ’n hofsaak deur Sakeliga gedryf teen BEE-regulasies.

Projekte
 

TLU SA reik soos dit moontlik is uit na ander instansies om sekere voordele vir ons lede te beding.

Krag voorsiening by Hoofkantoor

Die TLU SA-geboue maatskappy het na deeglike navorsing oor alle moontlikhede om deurentyd krag by die hoofkantoor te verseker.

Streekvergaderings en Boeredae

Na die tydperk van inperking word ervaar dat die behoefte om fisies te skakel groot is. Ons wil graag ook die streke aanmoedig om groot geleenthede en die tradisionele konferensies en boeredae te hou.

 
Manifes | Klousule nr. 5 & 6

Klousule nr. 5: Ek vereenselwig my met TLU SA se standpunt dat die toepassing van vrye mark beginsels met minimum staatsinmenging in die ekonomie.

Keuses vir optimale winsgewendheid

Kosmostyd bring jaarliks in sekere dele van die land ’n stukkie sprankel met hul voorkoms in die veld.

 

Staatskoerant
 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons artikels wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

Goliat van Gat Pampoenfees

Die Goliat van Gat Pampoenfees is op 19 Maart 2022. Dit is van 09:30 tot 11:00 en toegang is gratis. Dit vind plaas by Pretoria Boeremarkterrein, Moreletastraat 665. Vir meer besonderhede kontak: Henri Combrink (082 552 9428 of culliboer@gmail.com

 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

As jy van mening is jou eiendomsbelasting is billik dan moet jy werklik een van die min gesaaides wees wat in ’n ongelooflike bevoorregte posisie is. Ongelukkig is die meerderheid inwoners van die land in ’n situasie waar kaderontplooiing die munisipaliteit se prioriteit is, wanadministrasie aan die orde van die dag is en korrupsie daagliks plaasvind. 

Nou is die tyd om betrokke te raak.

Besoek jou munisipaliteit se webtuiste en kyk na die ontwikkelingsplan en begroting. Indien dit nie daarop verskyn volgens die wetsvereistes nie, kontak jou munisipaliteit en versoek die dokument - wanneer dit beskikbaar gaan wees vir openbare deelname.

Indien die dokument ontvang word, vervang jou koerant in die kleinhuisie met die ontwikkelingsplan en werk hom deur daar waar jy gemaklik sit en tyd op hande het! ’n Paar bladsye ’n dag sal ’n verskil maak. Wees ingelig oor die inhoud en skryf sommer ’n briefie vir jou munisipale bestuurder en stel hom in kennis dat jy wel die dokument wat die raad met soveel moeite daargestel het (ons hoop in elk geval dit is nie ’n kopie en invul aksie nie) vir jou tot insigte gebring het en kommentaar daarop wil lewer.

Lig jou mening, jy is die entiteit wat hierdie aksies gaan befonds - jy mag daaroor kommentaar lewer oor wat is jou siening, waar dink jy gaan dit ’n verskil maak en is dit werklik nodig om ontwikkeling te doen waar die raad voel dit noodsaaklik is.

Jy is die enigste persoon wat 'n verskil kan maak.  Doen dit!

 
ARBEID

Nasionale Minimumloon (NML) het op 1 Maart 2022 inwerking getree. 

Daaglikse loon

Weeklikse loon

Maandelikse loon

R23,19 x 8 ure = R185,52

R23,19 x 40 ure = R  927,60

R   927,60 x 4,333 = R4 019,29

R23,19 x 9 ure = R208,71

R23,19 x 45 ure = R1 043,55

R1 043,55 x 4,333 = R4 521,70

Wie word as ’n plaaswerker geag:

  • Plaaswerkers betrokke in alle plaas aktiwiteite in Suid-Afrika
  • ’n Huiswerker wat in diens geneem word op ’n plaas
  • ’n Sekerheidswag wat in diens geneem word om wag te hou op ’n plaas of ander persele waar plaas aktiwiteite onderneem word, wat nie in diens is van die privaat sekerheid industrie nie.

Toelaatbare aftrekking
’n Plaasboer mag ’n bedrag, wat nie 10% oorskry nie, aftrek van ’n plaaswerker se loon vir akkommodasie wat die werker normaalweg bewoon en wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • Die huis moet ’n dak hê wat weerbestand is
  • Die huis moet ’n glasvenster hê wat oopgemaak kan word

Waar die infrastruktuur op ’n plaas bestaan, indien elektrisiteit binne-in die huis beskikbaar is:

  • Indien ’n plaaswerker egter vir sodanige elektrisiteit moet betaal, mag daar nie ’n addisionele 10% ten opsigte van akkommodasie afgetrek word nie
  • Indien veilige drinkbare water binne in die huis beskikbaar is
  • Indien daar ’n spoeltoilet of put-latrine beskikbaar is binne-in of naby die huis
  • Die huis is nie minder as 30 vierkante meter in grote is nie.

’n Plaasboer mag aftrekkings maak vir verliese gely of beskadiging slegs in die volgende gevalle:

  • Dit was die fout van die plaaswerker
  • ’n Regverdige proses gevolg was om die werker ’n redelike tyd te gun om te bewys waarom die aftrekking nie gemaak behoort te word nie
  • Die totale bedrag van die skade nie meer is as die werklike bedrag van die verlies of skade nie
  • Die totale aftrekking vanaf die werker se loon nie meer as een kwart van die plaaswerker se loon oorskry nie

Watter rekords moet bygehou word
’n Betaalstaat moet aan elke plaaswerker uitgereik word:

  • Afskrifte van die betaalstaat moet gehou word vir drie jaar, omdat dit sal dien as bewys dat die werkgewer voldoen aan al die finansiële bepalings van die Wet.

Inligting op die betaalstaat:

  • Volle name en adres van die werkgewer
  • Naam en beroep van die plaaswerker
  • Spesifieke periode waarvoor betaling gemaak word
  • Plaaswerker se loon tarief en oortyd betalings tarief
  • Aantal gewone werksure gewerk gedurende die periode
  • Aantal oortydure gewerk deur die plaaswerker gedurende die periode
  • Aantal ure gewerk deur die plaaswerker op ‘n betaalde vakansiedag of op ’n Sondag
  • Plaaswerker se loon
  • Besonderhede van enige ander lone wat spruit uit die plaaswerker se indiensneming
  • Besonderhede van aftrekkings gemaak
  • Werkgewer se registrasienommer by die Werkloosheidsversekeringsfonds en die werkgewer se bydraes tot die Fonds
  • Werklike bedrag aan die plaaswerker betaal

Skriftelike besonderhede van diens:

  • Dit is die verantwoordelikheid van die werkgewer om hierdie besonderhede uit te reik
  • Die werkgewer moet hierdie skriftelike besonderhede van diens aan die werker uitreik
  • Die werkgewer moet verseker dat die plaaswerker die inhoud van wat verwag word verstaan.

Inligting wat vervat moet word in die skriftelike besonderhede van diens:

  • Volle name en adres van die werkgewer
  • Naam en beroep van die plaaswerker, of ’n kort beskrywing van die werk waarvoor die plaaswerker in diens geneem is
  • Plek van werk en waar van ’n plaaswerker verlang word of toegelaat word om op verskeie plekke te werk, ’n aanduiding van die reëling
  • Datum waarop indiensneming begin
  • Plaaswerker se gewone werksure en dae van werk
  • Plaaswerker se loon of die tarief en betalingsmetode
  • Tarief vir oortydbetaling
  • Enige ander kontantbetalings waarop die werker geregtig is
  • Enige kos of akkommodasie betaling waarop die plaaswerker geregtig is en die waarde van die kos of akkommodasie,
  • Enige ander nie-kontant betalings wat ontvang word van die werkgewer
  • Hoe dikwels die lone betaal sal word
  • Aftrekkings wat vanaf die plaaswerker se lone afgetrek sal word
  • Verlof waarop die plaaswerker geregtig is
  • Kennisgewing periode vir diensbeëindiging, of indien die indiensneming van ‘n tydelike aard is, die datum wanneer sodanige diens beëindig sal word
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

In Vrystaat en Noordwes wys die 12 maande statistiek van SAPD dat daar ’n styging in veediefstalle was en ons vra ons lede om vir ons terugvoer te gee oor brandpunte in die streke. 

Die sprinkane is nog nie in die Vrystaat en Noordwes nie. maar boere moet asseblief vroegtydig gif koop. Indien sprinkane opgemerk word kan die volgende persone gekontak word wat gifspuite sal reël: Mulalo Matodzi 0833267773; Verdoorn 0824468946; Riaan Badenhorst 0824983662.

TLU SA vat hande saam met ander organisasies en sal binnekort ’n voorlegging aan die Premier van Noordwes doen oor die faktore wat ekonomiese groei strem in die provinsie.

Vir ons veldtog teen die toestande van die paaie benodig ons foto’s en padnommers en dit kan aan Jannie Raath gestuur word per epos: jannieraath@yahoo.com.

 

 
Oos & Natal
 

VEEDIEFSTAL
Dit is kommerwekkend oor hoeveel vee tans gesteel word. In die Oos-streek probeer ons op elke vlak moontlik betrokke raak om die hoë veediefstal gevalle te probeer hokslaan. Daar is verskeie redes wat aangevoer kan word, maar ongeag hierdie redes gaan daar ’n daadwerklike poging deur die regering moet kom om te help met hierdie bedreiging. Die TLU SA streekkantoor by name die streekbestuurder, streekvoorsitter en lede van die Veiligheidskomitees is op ’n daaglikse basis besig in vergaderings om die probleem aan te spreek.

GEWASSE
Alhoewel ons in die streek ook groot skade gelei het met baie reën is die vooruitsig vir mielie- en soja-oeste nie te sleg nie. Dit is egter wel so dat in groot gedeeltes daar al weer reën benodig word.

PROJEKTE
Dit mag miskien nie onder projekte ressorteer nie, maar in die streek is dinge besig om stadig maar seker na normaal terug te keer. Boereverenigings hou weer vergaderings en is daar reeds ’n paar baie suksesvolle Boeredae in die streek aangebied en is dit verblydend om te sien hoeveel boere dit bywoon en hoe dit ondersteun word. Laastens kan ons noem dat daar ’n groot poging aangewend word in die streek met die oprigting van kameras ter voorkoming van misdaad. ’n Projek wat werklik ’n enorme hulp in ons gebied gaan wees en waarmee daar al reeds groot sukses behaal is.

 

 
Sentraal
 

Boeredae:

  • Cullinan BU bied ’n Boeredag aan op 2 April 2022. Tema: Wintervoer. Navrae: Henri Combrink 082 552 9428
  • DeWildt BV bied ’n Boeredag aan op 8 April 2022. Tema: Kleinvee Boerdery: skape. Navrae: Hanna Scribante 083 417 4699
  • Losberg BU en studiegroep bied ’n Groendag aan op 23 April 2022. Navrae: James Tolmay 083 288 8437

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

ADVIESDIENS

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Lees meer hier.

 

belê in 2022

Verlede maand het ons gekyk na die belegging geleenthede in Tegnologie. Ons het die reeks begin en die vier globale sektore uitgewys as oorweging naamlik: tegnologiese vooruitgang, omgewing volhoubaarheid, toekomstige gesondheidsorg en nuwe-era denke.

Lees meer hier.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 


Lees hier vir meer inligting.

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

#SonSafari is ’n belegging in jou toekoms! Landbou-ekonome, tegniese landboukundiges en mentors op plaasvlak gaan ons landbouprodusente toerus met kennis sodat ons SAAM vooruit kan boer. 

Die Son-Safari Landbouskou word aangebied van 30 April tot 5 Mei 2022 by Sugar Beach, A Sun Resort, Mauritius deur Laeveld Agrochem en Agri Technovation SA.

   

Laeveld Agrochem bied innoverende oplossings aan die landbousektor en streef daarna om ‘n belangrike rol in die voedselveiligheidsketting in Suider-Afrika te speel.

Agri Technovation is Laeveld Agrochem se offisiële tegnologie vennoot en saam bied die maatskappye ’n groot reeks presisiedienste en produkte. Hierdie vennootskap is jare gelede gevorm om spesialisdienste aan produsente te bied.

Lees meer hier

   

BEGIN 2022 OP ’n POSITIEWE NOOT MET HIERDIE FINANSIËLE WENKE VIR JOU ONDERNEMING

Vir ‘n kleinsake-eienaar is finansiële beplanning ongetwyfeld kritiek vir oorlewing.

Lees meer hier

 

VELDTOGTE EN AKSIES

Padveiligheid
 

Paaie vorm die fondament van lewenstandaarde in ’n land, en die veiligheid daarvan raak elke jaar duisende Suid-Afrikaners se lewens direk. Afgryslike verhale van die verlies van geliefdes weens slaggate en swak onderhoude paaie word oral in Suid-Afrika gehoor. TLU SA is baie bekommerd oor die toestand van die land se paaie. Dit het reeds en gaan net ’n groter impak op die ekonomie hê.

Boere ly grootskaalse skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om dié spesifieke paaie te gebruik terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog as hulle by boere – tot wie toegang net op die verwaarloosde paaie gekry kan word – aflewerings moet doen of kos markte toe moet vervoer.

BOERE HET JOU NODIG. RAAK BETROKKE. klik hier

 
 
Boere, beskerm jou uitvoerstatus
 

Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

TLU SA en Sakeliga vat hande om vir die boere die nodige bystand te verleen. In die beëdigde verklaring wat jy saam met jou sertifikaat moet voorsien, stel TLU SA en Sakeliga voor jy voeg vier paragrawe by om jou te beskerm en te help met die oog op die toekoms.

Vir meer besonderhede: klik hier