Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het ’n soldaat in ’n geveg afgedwaal van sy peloton en was hy alleen in die veld. Die vyandige Duitsers het dit gesien en agterna gesit.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Wat is sukses? Inderdaad ’n eenvoudige vraag wat op die oog af ook ’n eenvoudige antwoord het. Uiteraard indien ons na besighede soos byvoorbeeld ’n boerderyeenheid kyk kom gedagtes soos winsgewendheid

 
Jongboer-konferensie
 

Die jaarlikse Jongboer-konferensie vind plaas op 25 Maart 2022. Die geleentheid vind plaas by ons Hoofkantoor, maar ook per Zoom bygewoon word.

Aftrede van Genl. Maj. Chris van Zyl

Na bykans 20 jaar diens aan die lede van TLU SA, maar selfs baie wyer as dit gaan Chris van Zyl welverdiend aftree aan die einde van Februarie 2022.

TLU SA nuwe
aanstellings

Na die aftrede van Gen. Maj. Chris van Zyl is daar besluit om twee persone aan te stel by TLU SA se Hoofkantoor.

 
Jaarlikse besoeke by rolspelers

Dit is TLU SA se Hoofbestuurder se gebruik om jaarliks die onderskeie rolspelers in die landbou waardeketting te gaan besoek om te besin oor die landbou realiteite en persepsies oor die pad vorentoe met mekaar te deel. Die gesprekke word as baie waardevol beskou. Stewige brûe word gebou tydens die gesprekke en word daar wedersyds begrip gevestig vir die rol wat gespeel word. TLU SA se standpunte word tydens die gesprekke oorgedra. Die besoeke is grootliks afgehandel.

 
Breë linie van belanghebbendes

Die Uitvoerende Komitee het besluit om gedurende 2022 uit te reik na soveel as moontlik ander rolspelers ten einde kundigheid saam te poel en saam te werk om seker te maak dat ons die nodige kan doen om ons omstandighede te kan stabiliseer.

 

Voortrekkermonument en Erfenisstigting

TLU SA, die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting het op Woensdag 16 Februarie ’n boom geplant in die historiese trekroetetuin by die Voortrekkermonument ter herdenking van die Voortrekkers wat op 16-17 Februarie 1838 by Bloukrans en Weenen vermoor is en ook vir die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle wat die land vandag beleef.

 
Staatskoerant
 

Dit is vir TLU SA belangrik dat lede so ingelig is as moontlik is oor wat in die land aangaan. Om die rede deel ons van nou af artikels – met betrekking tot landbou en ons boere – wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

 

Goliat van Gat Pampoenfees

Die Goliat van Gat Pampoenfees is op 19 Maart 2022. Dit is van 09:30 tot 11:00 en toegang is gratis. Dit vind plaas by Pretoria Boeremarkterrein, Moreletastraat 665.

Vir meer besonderhede kontak: Henri Combrink (082 552 9428 of culliboer@gmail.com

Manifes
 

Ons besoek vlugtig die volgende twee artikels van ons Manifes. Die Manifes moet nie iets wees waarvan net terloops kennis geneem kan word nie, maar sê ons daarin waarin ons glo en waarvoor staan ons op. 

 
Son gee krag aan MegaVoice se Bybels

Ongelukkig is die begrip van morele degenerasie nie ’n nuwe idee in ons land nie, die Bybel as oplossing is ook nie, maar die manier wat die Bybel in klank gebruik word is wel ’n nuwe idee in terme van toepassings in Suid-Afrika.

 

   
 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Die eerste kwartaal van elke jaar word gekenmerk deur die Algemene of Aanvullende Waardasierolle wat bekend gemaak word. Die aanpassing met Covid-regulasies het ook ’n invloed op die plaaslike regering aangaande die openbare konsultasie oor besluite en aksies wat geneem word.

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Dit is toenemend duidelik dat talle plaasaanvalle op goeie informasie met betrekking tot  roetes, die plaasbewoners se roetine, kwesbare veiligheidstelsels en kosbaarhede soos kontant, vuurwapens, juweliersware en ander maklik verhandelbare items tot die beskikking van plaasaanvallers gestel word.

Dit is ewe duidelik dat in sommige gevalle sodanige informasie moontlik deur plaaswerkers of ander plaasbewoners self (hetsy vrywillig, onwetend of onder dwang) verskaf word en dat dit die moontlike gevolg van arbeidsverwante verwikkelinge mag wees. Derhalwe word werkgewers en grondeienaars aangemoedig om so ver moontlik kopieë van identiteitsdokumente, vingerafdrukke en self foto’s van sodanige persone op rekord te hou, aangesien dit moontlik ondersoekwerk deur die SAPD kan vergemaklik.

 
TLU SA KOMITEES

In Eksodus 18, van vers 13, staan daar dat Moses se skoonpa Jetro, by Moses kom kuier het en vir Moses naby uitbranding van te veel stres en harde werk gevind het. Moses werk hard, doen te veel dinge self en raak daarom agter met sy werk. Hy wat Moses is, doen die oubaas aan die hand, is om mense oor ander mense aan te stel om na hulle daaglikse probleme te luister en raad te gee, Hoofman oor 1000 oor 100, 50 tot by 10 en so vertel die Bybel.

Hulle sal die meer ernstige goed na Moses verwys en die dag tot dag probleme op hul vlak uitsorteer. Moses, sal oor meer ernstige dinge beslis en sal meer tyd hê om die daaglikse roete deur die woestyn te beplan en te lei. Die Skepping se heel eerste bestuursmodel, die komiteestelsel, of dan ’n gedelegeerde bestuurstelsel kom tot stand. Die woord delegasie het eintlik nog nie bestaan nie en die begrip komiteestelsel neem so sy plek in die rangorde van bestuursmodelle in.

TLU SA roem daarop dat ons ’n organisasie is waar lede namens lede praat. Hoe kan iemand op die Embankment weet wat in die lande en op die weiveld en boorde aangaan. TLU SA is ’n vrywillige lede gedrewe organisasie tot voordeel van ons lede en ander landbouers. TLU SA het daarom deur die jare sterk gegroei en menings gevorm deur komitees bestaande uit boere en nie deur kantoor gebonde personeel nie.

TLU SA se komitee stelsel begin op grondvlak. Op Boereverenig-vlak bestaan ’n komitee oor omgewingsake, op DLU vlak is daar ’n komitee oor omgewingsake, op streekvlak ’n komitee oor omgewingsake. Die BV Komitee voorsitter dien op die DLU komitee, die DLU voorsitter dien op streekvlak, die streekkomitee-voorsitter dien op nasionale vlak.

TLU SA het sy dinamiek en vooruitgang in die komiteestelsel gevind. Hierdie komiteestelsel het egter deur die jare in onbruik verval, TLU SA het op vele terreine ons kompeterende voordeel as gevolg hiervan verloor. In Noordstreek wil ons weer die komiteestelsel soos van ouds opnuut lewe gee, tegnologie maak dit moontlik, laat ons eie boere namens onsself praat.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Ons is dankbaar dat dit ’n sonnige maand was en dele waar versuipskade op oeste voorkom het kans gekry om af te droog. Muskiete en muggies het uitgebroei en die diergesondheid-forum het daarop gewys dat vee asseblief ingeënt moet word teen Bloutong, Slenkdalkoors, Knopvel- en ander siektes wat deur bytende insekte oorgedra word. 

Entstowwe van Onderstepoort Biologiese Produkte se beskikbaarheid bly ’n groot probleem. Daar is egter privaatinstansies wat lisensies het wat van hierdie entstowwe vervaardig. Sommige veeartse versprei ook van hierdie entstowwe.

Veediefstal het volgens SAPD ’n effense styging in Januarie getoon. Daar was egter ook goeie suksesse met die opspoor van gesteelde vee. SAPD in die Vrystaat het gevra dat ons die boere namens SAPD moet bedank vir die puik reaksie van veiligheidsgroepe en die installering van die sekuriteitskamera-stelsels langs die paaie.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

ADVIESDIENS

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Lees meer hier.

 

belê in 2022

Verlede maand het ons oorsigtelik gekyk na die beleggingsituasie en waarna om in die algemeen te kyk wanneer ons ‘n belegging wil maak.

Lees meer hier.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 


Lees hier vir meer inligting.

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 

Santam Landbou

 

Santam Landbou in samewerking met Veeplaas en Stockfarm nooi jou uit om deel te neem aan die 2022 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

Alle inskrywings of navrae kan aan Deidré Louw gerig word by 066 231 2430 of deidre@plaasmedia.co.za

 

 
 
 

ADVERTENSIE

 

#SonSafari is ’n belegging in jou toekoms! Landbou-ekonome, tegniese landboukundiges en mentors op plaasvlak gaan ons landbouprodusente toerus met kennis sodat ons SAAM vooruit kan boer. 

Die Son-Safari Landbouskou word aangebied van 30 April tot 5 Mei 2022 by Sugar Beach, A Sun Resort, Mauritius deur Laeveld Agrochem en Agri Technovation SA.

   
 

VELDTOGTE EN AKSIES

Boere, beskerm jou uitvoerstatus
 

Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

TLU SA en Sakeliga vat hande om vir die boere die nodige bystand te verleen. In die beëdigde verklaring wat jy saam met jou sertifikaat moet voorsien, stel TLU SA en Sakeliga voor jy voeg vier paragrawe by om jou te beskerm en te help met die oog op die toekoms.

Vir meer besonderhede: klik hier

 
 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek https://tluveldtogte.co.za/veediefstal/