Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Met die intrapslag het 2022 met sy uitdagings vir landbou begin. Oeste, wat met geweldige hoë insetkoste geplant is, het versuip of groot skade gekry.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Die jaar het omtrent uiteenlopend begin. In sekere streke waar daar sowat agt jaar intense droogte was, het daar met groot dankbaarheid deurdringende reën geval.

Jongboer-
konferensie

Die jaarlikse Jongboer-konferensie vind plaas op 25 Maart en die tema is #DiversifiseerJou-
BoerderyPraktyk
.

 

 
Om ekonomies te oorleef

Elke plaas is ’n besigheidsentiteit in eie reg. Die ondernemer moet die onderskeie produksiefaktore naamlik grondstowwe, kapitaal en arbeid bestuur tot by winsgewendheid.

Rampe en die hantering daarvan

Almal is bewus dat rampe deel van landbou is. Die vraag is waar lê die verantwoordelikheid in die hantering daarvan? Daar word bevind dat sommige boere versekering uitneem vir al die moontlike risiko’s.

Om te
herstel? 

Na die jarelange droogte in dele van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap word ervaar dat na die onlangse reën die veld begin herstel het. Weiding is beskikbaar, maar van die boere het reeds hul kuddes verloor soos die droogte voortgeduur het.

Herdenking van die Slag van Majuba

Jaarliks word daar by Majuba oor ’n hele naweek die Slag van Majuba herdenk.  Die herdenking vind plaas oor die naweek naaste aan die datum van die slag wat op 27 Februarie 1881 plaasgevind het. Navrae en besprekings kan gerig word aan Cobus Pretorius by 084 554 4770.

 
 
Sensus
2022

Statistiek SA is gereed om gedurende Februarie en Maart vanjaar ’n nasionale sensus uit te voer wat ten doel het om al die inwoners in die RSA te tel en relevante informasie in te samel.

 

AVKB se Schildpaddop Selfbehoudkamp

Die kamp is ’n heerlike avontuur vir Graad 6-12 kinders wat binne bepaalde waardes in die natuur vir kinders padkos gee vir hul lewenstog vorentoe.

 

Persoonlike interaksie

Tydens die inperkingstyd weens Covid-19 het baie instellings soos organisasies en kerke die probleem ervaar van persoonlike skakeling tussen hul lede of lidmate en het mense al hoe verder van mekaar begin dryf.

Gebruik sosiale
media veilig

Laat jou familie, vriende en gemeenskap hierdie wenke volg om sosiale media veilig te geniet. Kom meer te wete oor en gebruik die privaatheid- en sekuriteitstellings op jou sosiale netwerke.

 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
IS DIE NUWE BESEMS GEREED?

Die plaaslike regering verkiesing op 1 November 2021 was die begin van ’n plaaslike regeringraad vir die volgende vyf jaar in die munisipaliteit wat in meeste gevalle nuwe raadslede aangewys het. Die regering met sy wispelturige besluitneming of stemming wel moet plaasvind, asook met die regerende party wat besef sy kiesers is keelvol vir die swak prestasie, het daartoe gelei dat die verkiesing op die laaste oomblikke moes plaasvind.

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Die afgelope paar jaar het TLU SA ’n totaal van 72 verskillende Veiligheidsriglyne en -bulletins bekendgestel. Die omvang van gedokumenteerde advies wat ’n breë spektrum van veiligheidsverwante situasies toelig, kan daartoe bydra dat die kwesbaarheid van boere, ander plaasbewoners asook eiendom (met inbegrip van lewendehawe) verminder.

Die oorgrote meerderheid van daardie rigtinggewende produkte is van sodanige aard dat dit met vrymoedigheid aan medeboere gedeel kan word aangesien enige kriminele aktiwiteit in landbougebiede op een of ander wyse die volhoubaarheid van die sektor en gevolglik ook uiteindelik voedselsekerheid in die RSA, kan bedreig. Nodeloos om te sê, dit kan boere baat om hulself van tyd tot tyd te vergewis met die inhoud van die beskikbare materiaal.

 
OMGEWINGSBESTUUR

Die onwettige myn van sand in rivierlope bly ’n probleem en blyk dit dat die verskillende staatinstellings wat hiermee gemoeid is hulle nie veel steur aan die kort- en langtermyn skade wat hierdie praktyk veroorsaak.

Besoedeling van riviere veral in die Vhembe-gebied gaan steeds voort desnieteenstaande die onderneming wat deur die Distrik Burgermeester gegee is dat veral die Levubu rivier opgeruim sal word nie. Die boere het self skoongemaak.

Die nuwe minimumloon hou ook ’n bedreiging vir sekere arbeidintensiewe boerdery in. Die Noordelike provinsie is weens ons klimaat baie geskik vir gewas verbouing, sitrus, neute en tafeldriuwe, wat almal hoë arbeid verg. Kleiner boere beoog om eerder hierdie tipe boerdery te staak en oor te skakel na veeboerdery. Met gepaardgaande werkverlies.

TLU SA is verheug oor die aanstelling van dr Phillips as DG van die Dept. Water en Sanitasie, ons vertrou dat ons hom binnekort sal ontmoet. Intussen blyk dit dat die vergaderings met DWS uiteindelik op koers is. Die Omgewingsake komitee versoek ander streke om omgewingkwessies na ons te verwys in ’n poging om oplossings te vind.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

Daar het buitengewoon hoe reënval in Vrystaat en dele van Noordwes voorgekom. Dit het gely tot skade van 1000de hektare as gevolg van verspoeling en versuiptoestande.

Op 5 Januarie 2022 het ons in skrywes, gerig aan die Vrystaat en Noordwes Departemente van Landbou, versoek dat daar 'n opname van hierdie skade geneem moet word en dat boere wat die swaarste getref is, skadevergoeding moet ontvang.

Lees meer hier.

 

 
Oos & Natal
 

Die Oos- en Natalstreek is nie uitgesluit uit die buitengewone hoe reënval gedurende Desember 2021 nie. In sekere gedeeltes was dit só nat dat boere nie klaar kon plant nie.  Daar is boere wat nie top bemesting kon gee nie en opvolg bespuitings is ook baie agter.  Die beskikbaarheid van spuit vliegtuie is ook ’n probleem en daar is lang waglyste.  Alternatiewe prosesse vir die bespuiting van gewasse soos helikopters en hommeltuie word ondersoek en oorweeg. Die gewasse is tans geel en kort son en hitte. Van die oudste mielies hanteer die toestande beter en begin nou in saad kom. Tans is dit moeilik om met sekerheid te sê, maar wil dit voorkom of die potensiaal laer is as die langtermyn gemiddeld.

Lees meer hier.

 

 
NOORD
 

Die nuwe jaar gaan op dieselfde tempo voort waarmee die ou jaar tot ’n einde gekom het, asof daar nie ’n ruskansie was nie. In die Noordstreek lyk die kort tot medium termyn landbou toestande gunstig, goeie reën oor die meeste plekke het tot gevolg dat gras al in saad kom, damme is vol, weiding lyk goed minstens tot die middel van winter.

Ons wat daagliks in die natuur kom weet ook dat gunstige toestande oornag kan verander, nogtans is ons bly en is waarlik geseënd. Ons harte gaan uit na daardie boere wat nog droogte ervaar, die reënseisoen is gelukkig nie verby nie.

Die pryse op die varsprodukte markte was ook swak desnieteenstaande gerigte van hoë pryse en skaarstes in supermarkte. Waatlemoenboere het veral deurgeloop.

Ons het geen ernstige rampe en infrastruktuur skade nie, die paaie is net weer in ’n baie slegte toestand. Met swak infrastruktuur, hoë diesel, kunsmis en ander insetkoste wat baie hoog is en hoër dreig, bring dit nuwe uitdagings en word boere genoodsaak om anders na hulle boerderye en metodes te kyk.

Die opskorting van Spesiale Zimbabwiese Permitte (wat intussen weer uitgestel is) hou vir ons landelike veiligheid groot bedreigings in. Daar is nie werk, of ander maniere in Zimbabwe om lewensmiddele te bekom nie, die werkers sal na verstryking van hul permitte net in groepe begin ronddwaal en ons veiligheid bedreig.

 

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

ADVIESDIENS

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Lees meer hier.

 

Finansiële prestasie

Ek het in my vorige artikel verwys na die finansiële prestasie van die boerdery onderneming en hoe dit gemeet kan word deur die regte boerdery bestuursinkomstestaat.

Lees meer hier.

 

 

belê in 2022

Daar is so baie menings en opsies as dit by beleggings kom dat die gemiddelde persoon verlore voel en nie weet wat om te doen nie. Dié gebrek aan kennis en inligting, of dan eerder die oormaat opsies, veroorsaak dat baie mense hulle kontant net in die bank los...wat beslis nie ’n positiewe opbrengs gaan realiseer nie.

Die huidige rentekoerse is die laagste in byna 50 jaar, daar word geleidelike verhogings in die rentekoerse verwag, wat opbrengste dus laer as inflasie dwing.

Lees meer hier.

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 


Lees hier vir meer inligting.

GOEDKOPER DIESEL

Santam Landbou in samewerking met Veeplaas en Stockfarm nooi jou uit om deel te neem aan die 2022 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

Alle inskrywings of navrae kan aan Deidré Louw gerig word by 066 231 2430 of deidre@plaasmedia.co.za

Lees meer hier.

 

 
 
 

ADVERTENSIE

 

Gholfdag ten bate van Pres Kruger-kinderhuis, Pretoria

Die opbrengs van die golfdag is ter ondersteuning van fondse vir die installasie van ’n akwaponiese-stelsel by die Kinderhuis, vir meerdoelige funksies naamlik om selfversorgend te wees in die voorsiening van varsprodukte en vis vir eie gebruik, en meer oor die verantwoordelikheid, dissipline meegaande met so ’n stelsel, en beroepsgerigtheid in die akwaponiese-stelsels vir die kinders, te ondersteun. 

Kruger Kinderhuis: Lees meer hier

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat veediefstal getalle kan toeneem as daar nie daadwerklike optrede is nie.

Boere gaan moet bereid wees ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek https://tluveldtogte.co.za/veediefstal/

 
 
Verstaan ons die prys van OSV?
 

Daar is steeds ’n groot mate van onkunde onder Suid-Afrikaners oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn. Inwoners van die land moet weet dit is nie net ’n landbouprobleem nie. Dit is ’n Suid-Afrika probleem.

Kyk gerus hierdie video.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier