Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Wat ’n jaar was dit nie vir ons as Suid-Afrikaners. Daar is nog net ’n paar weke oor en dis nou vasbyt-tyd.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

BOODSKAP VAN
BENNIE

Ons gaan in die volgende aantal Pitkos-uitgawes ons Manifes in oënskou neem. Met elke Pitkos gaan ons twee van die klousules bespreek.

Jaareinde
 

TLU SA se kantore sluit op Woensdag 15 Desember en open weer op Dinsdag 4 Januarie. Indien daar enige nood is. kontak jou streekvoorsitters of vir Gen. Maj. Chris van Zyl by 072 716 9299 of Mnr. Bennie van Zyl by 082 466 4470.

 
 
Feestyd
 

Ons gaan in ’n feestyd in waar ons saam kuier en heel moontlik verslap rondom ons sekuriteit. 

Geloftedag
 

Dit is ons erns om Geloftedag te respekteer. ’n Aantal jare gelede het wyle Mnr. Larry Collet as ’n Engelssprekende lid tydens ’n Algemene Raad ons vermaan om ons Gelofte gestand te doen. 

Seisoene
 

Ons beleef al hoe meer dat daar in verskillende plekke in die land veranderinge in die weerpatrone is. Tradisioneel het dit gereën in die somerreënval gebiede wanneer die winterreënval verby is.

Nuwe
Jaar

Te midde van vele werklikhede lê die Nuwe Jaar vir ons op die horison en wag. Die wonderlike van die landbou-omgewing is die gesindheid waarmee die toekoms aangepak word.

 
Kennis bly
maar mag

Die belangrikheid om keuses met kennis uit te voer, kan nie genoeg beklemtoon word nie. In dié dae ervaar ons vreeslik baie vals berigte – fopnuus! – wat die rondte doen. Die kwaliteit van besluitneming is direk in lyn met hoe korrek die feitestel is waarop die besluit geneem is. Sosiale netwerke het dit binne elkeen se bereik gebring om standpunte op ’n maklike manier te versprei. Die ou gesonde reël - naamlik indien dit te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik – is altyd ’n goeie maatstaf. Indien enige stukkie kommunikasie nie ten minste die naam van die opsteller, kontakbesonderhede, die datum en tyd meld nie, hanteer dit baie omsigtig. Die uiters omstrede aspekte sal gewoonlik baie vinnig in die hoofstroom media gedra word en kan dit ook benut word as ’n evaluerings meganisme vir geloofwaardigheid. 

 
TLU SA
ondersteuners

Daar word van tyd tot tyd uitgereik na TLU SA deur verskillende organisasies wat spesiale aanbiedinge aan ons lede maak wat gewis voordele inhou. Gewoonlik is daar vir TLU SA ook voordele daarby ingebou. Dit bly uiteraard elke lid se keuse met wie hy besigheid doen. 
Ons versoek dat hierdie instansies ten minste ’n geleentheid gegee moet word wanneer besigheid in daardie rigting oorweeg word. Vir die borgskap wat hulle gee sou dit vir hulle belangrik wees om ten minste navrae te kry. Ons wil ons lede versoek om uit te reik na hierdie instansies wat wel na ons toe uitreik.

 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Die verkiesing is vasgeskryf in die geskiedenis van die land, uittredende raadslede het hul finale take voltooi en die nuwe raadslede is ingelyf, opgelei en aktief in die portefeuljes soos aangewys.

Beloftes is gemaak tot aanloop van die verkiesing en is die grootste enkele kwessie verseker korrupsie en bedrog wat die hoogty vier in die plaaslike regering tans. 

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Desember is feestyd. Vir gesinne, families, bure en vriende om in ’n gesellige luim bymekaar te kom, is ’n algemene kenmerk na ’n veeleisende jaar. Daarmee saam bestaan die geneigdheid om in gemaklike sosiale omstandighede te ontspan en in baie gevalle gaan die ontspanning gepaard met ’n verslapping van waaksaamheid – iets waarop kriminele staatmaak.

Derhalwe maak TLU SA erns daarmee om lede asook mede-boere en die breë publiek te sensitiseer om die vreugde van die Feesgety (en Kersfees in besonder) te geniet en te herdenk, MAAR om nie die werklikheid van ons huidige omstandighede te onderskat nie.

Skerp paraatheid in alle opsigte op: wees bewus van die omgewing, dink twee keer om alle situasies op sigwaarde te ag, sien om na mekaar – ook na jou bure.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes
 

In die Vrystaat kan ons met trots rapporteer dat die Ventersburg SAPD reaksie groep goeie vrugte afwerp. Daar word suksesvol opgetree teen die onwettige jag met honde. Groot dank ook aan Kol. Van Zyl, Kol. Gelderblom en Kaptein Odendaal van SAPD.

In Noordwes is ons deel van die Provinsiale veediefstal forum wat hierdie maand vergader het. Die kwessie oor die jag met honde word nasionaal as ’n probleem beskou en die vervolgingsgesag en staatsaanklaers is in hierdie gesprek betrek om suksesvol te kan vonnisse oplê.

Ons wil lede asseblief. versoek om ekstra maatreëls in te stel teen veediefstal oor die feestyd. Rapporteer onmiddellik verdagte insidente of gedrag aan jou plaaslike veiligheids of reaksie groep.

Baie sterkte ook vir die boere wat moet plant.

Lede kan gerus met my - Jannie Raath 0792460013 - gesels indien hulle ’n versugting van TLU SA af het.

 
Oos & Natal
 

Op 3 Desember het TLU SA Natalstreek erkenning aan ’n aantal lede van die SAPD, wat verbonde is aan ’n spesiale taakspan vir die ondersoek en bekamping van geweldsmisdade in KZN, gegee. Die geleentheid is bygewoon deur TLU SA President, Mnr. Henry Geldenhuys, die bestuur van TLU SA Natalstreek, verskeie lede van die boere-gemeenskap en media. TLU SA Natalstreek is bewus van die uitstekende werk wat die groep onderleiding van Brigadier Mbele, KZN Provinsiale Hoofkantoor, ressorteer.

In sy toespraak het Mnr. Mort Mortassagne, Nasionale Voorsitter van TLU SA Veiligheidskomitee, klem gelê op die belangrikheid van samewerking tussen die SAPD en landbou-organisasies op veiligheidsvlak. Hy het ook die lede individueel bedank vir elkeen se besonderse bydrae in die ondersoek en bekamping van geweldsmisdaad. Lede is vereer met ’n sertifikaat van waardering en daar is ook aan Brigadier Mbele en die bevelvoerder van die taakspan ’n baie toepaslike trofee oorhandig. 

TLU SA Natalstreek is van mening dat erkenning gegee moet word aan wie dit toekom. Ons beskou die gebaar as uitreiking na die SAPD vir samewerking op ’n veiligheid terrein.

GEWASSE
Ek dink ons kan met veiligheid sê dat ten minste 95% van ons boere in Oos- en Natalstreek hulle somergewasse in die grond het. Hoewel daar gedeeltes is wat steeds deur droogte geteister word, is goeie reënval in die grootste gedeeltes van beide streke gemeet.

 
Sentraal
 

Met ’n vinnige kyk, ons boere is baie dankbaar vir die reën wat geval het, inbrake op plase en veediefstal bly ’n probleem en daar is twee grondeise vir Gauteng in die Staatskoerant gepubliseer en plaasbesoeke is op sewe bestaande eise gedoen.

Heelwat boere is deur die Streekkantoor gehelp om hul aansoeke vir brandmerke te bekom. Indien daar nog lede is wat ’n aansoek ingedien het en nog geen brandmerk ontvang het nie, kan hul die aansoekvorm en bewys van betaling deurstuur na sentraal@tlu.co.za tesame met ’n ID afskrif. 

Die streekkantoor sluit op Woensdag 15 Desember 2021 en open weer op 10 Januarie 2022.

Boodskap van Derick Kuun, Streekvoorsitter: Sentraal:  Dit was in baie opsigte weer ’n uitdagende jaar vir boere en ons het medelye met almal wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Baie dankie aan elke lid wat hierdie jaar ten spyte van al die uitdagings, steeds aanhou boer. Dankie vir elke lid wat deelneem aan veiligheid inisiatiewe in die onderskeie gebiede en reageer wanneer daar hulp benodig word. Die waarde van georganiseerde landbou kom telkens na vore wanneer daar krisisse ontstaan. Aan elke bestuurslid, dankie dat jy tyd afstaan aan jou boere-unie en aan elke lid, dankie vir jou ondersteuning aan TLU SA.  Mag jul en jul families ’n Geseënde Kersseisoen beleef.   

 
NOORD-KAAP
 

Mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder, en Jannie Roux (Streeksvoorsitter) het onlangs ’n week in die streek spandeer en groot doelwitte vir TLU SA bereik. In Garies en Strydenburg is boere-unies gestig en in verskeie van die dorpe is daar groot ontvanklikheid vir sulke strukture in die nabye toekoms.

In Springbok het ons met plaaslike organisasies gepraat oor die grootskaalse stroping van vetplante in die Namakwaland, ons was ook vinnig in Porterville in die Wes-Kaap.

Dit was omtrent ’n besige week en wat uitgestaan het, is die volgende:

  • Daar is groot dankbaarheid vir die hulp wat TLU SA se Traumafonds lewer – ons vra dat mense asseblief aanhou skenk waar moontlik, alles word uitgedeel en niks word teruggehou nie.
  • Mense het ’n behoefte om te weet hulle is nie alleen nie en dat die land agter hulle staan.
  • Mense wil betrokke wees en daarom het ons 17 nuwe lede met Presidentlidmaatskap gewerf. Ons maak staat op hul integriteit om te sê wanneer hulle in posisie gaan wees om lidmaatskap te betaal. So het ons lede vir die toekoms.

Daar het heelwat reën geval en daarvoor is ons dankbaar. Daar is egter nog streke wat onder ramptoestande gebuk gaan. Ons bid vir hulle.

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

ADVIESDIENS

 

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 

Lees hier vir meer inligting.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

Dit is 'n strategiese spel wat spelers lei deur die gebeure van in Anglo-Boere Oorlog.

Lees meer hier.

9 HA Hoewe met ruim woonhuis te koop.

Klik hier vir die vol grote advertensie.

Sukkel jy om te registreer by die Vergoedingskommissaris?

Lees meer hier.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat met die feesseisoen om die draai gaan veediefstal getalle toeneem. 
Boere gaan moet bereid wees om gedurende die feesseisoen ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom.

Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek https://tluveldtogte.co.za/veediefstal/

 
 
Verstaan ons die prys van OSV?
 

TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.

Daar is steeds ’n groot mate van onkunde onder Suid-Afrikaners oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn. Inwoners van die land moet weet dit is nie net ’n landbouprobleem nie. Dit is ’n Suid-Afrika probleem.

Kyk gerus hierdie video.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier