Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ek wil sommer met die intrapslag aan al die boere wat saai ’n goeie plantseisoen toe wens! Aan die wat besig is, ek hoop alles verloop voorspoedig en aan dié wat nog moet plant sterkte.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

 

 

BOODSKAP VAN
BENNIE

Deur al die jare het TLU SA se beleidsinstellings naamlik die Kongres, Algemene Raad en Uitvoerende Komitee duidelik beleid bepaal wat deur die lede vasgelê word. 

 

Wat is die prys
van my stem?

Die munisipale verkiesing is agter die rug en die stemgeregtigdes van Suid-Afrika het hulle wens uitgespreek. Met die aanloop tot die verkiesing reeds het mens verstom gestaan dat daar nog enigsins iemand is wat dit sal oorweeg om vir die regerende party te stem.

 
Gesprek met ander rolspelers

Deur die jare was dit nog altyd TLU SA se beleid om te skakel met ander rolspelers en ons standpunte aan hulle oor te dra.

Ons
erfenis

Die geskiedenis se ontvouing beklemtoon op vele terreine trotse oomblikke waarop ons gewis trots kan wees.  

Verstaan ons transformasie?

Ons sit vandag in Suid-Afrika met twee botsende beskouinge oor hoe die ekonomiese prosesse moet funksioneer.  

 
 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Gaan plaaslike regering die dooie perd kan ry?

Op 13 September 2021 het Xolile George, die Hoof Uitvoerende Beampte van SALGA – wat ’n nasionale vereniging is as verteenwoordigende liggaam vir die 257 munisipaliteite in Suid-Afrika – ’n beëdigde verklaring onderteken waarin hierdie instansie ’n mosie in die Gauteng se Hooggeregshof aanhangig gemaak het, insake elektrisiteit lewering in SA. Hoewel die aanvanklike mosie gerig is aan instansies soos onder andere Eskom en die Ministers van Minerale Sake asook Openbare Ondernemings, COGTA en NERSA, is hierdie ’n aangeleentheid wat elke inwoner in SA gaan raak. 

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Brandstigting: Tydens ’n onlangse vergadering van die Nasionale Prioriteitskomitee vir Landelike Veiligheid is die kwessie van toenemende gevalle van brandstigting in landbou gebiede bespreek en was die volgende beklemtoon en versoek:

  • Brandstigting is een van die geïdentifiseerde misdrywe in die SAPD se nuutste weergawe van die Landelike Veiligheid Strategie en daarom verg dit prioriteitsaandag van die SAPD.
  • SASRIA-versekeringsdekking in sodanige gevalle toeganklik moet wees aangesien die omvang van finansiële skade aan lewende hawe, weiding, heinings en infrastruktuur omvangryk is en tot finansiële ondergang vir boere kan lei. Daar heers derhalwe ook ’n verantwoordelikheid by landbouers om te verseker hul huidige versekering voorsiening maak vir sodanige dekking.

Aggressiewe uitlokking: By herhaling bly dit belangrik dat daar deeglik verslag gehou word van verwikkelinge en in hierdie verband is die volgende belangrik:

  • Bevestiging van tydige waarskuwing aan die plaaslike SAPD asook Veiligheidsdienste
  • Tydige toegang tot regsadvies
  • Besonderhede van ooggetuies
  • Stawende video-/fotografiese vaslegging van persoonlikhede en verwikkelinge
  • Gedokumenteerde volgorde van gebeure
  • Stawende verklarings deur ooggetuies
 
OMGEWINGSBESTUUR

Die Omgewingsbestuurkomitee het onlangs met DWS in gesprek getree hoofsaaklik om die onderhandelinge wat in 2019 skipbreuk gely het, weer op koers te kry.

Die grootste vordering uit die vergadering is dat DWS ingestem het om die verjaringsklousule te ondersoek, ’n aspek waarby die departement in die verlede viervoet vasgesteek het.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat
 

Ons het in die Vrystaat positiewe kontak met Vodacom en by ’n paar lede seinversterkers ingesit om te help met dienslewering.

Met groot dankbaarheid kan ons noem dat daar in sommige gebiede in die Vrystaat, SAPS rapporteringgroepe gestig en reeds met reuse-sukses aangewend is. Op die groepe word verdagte voertuie, en gedrag asook foto’s vanaf die plaas-kameras gedeel en ’n senior-offisier op die groep wil onmiddellik terugvoer ontvang van die stasiebevelvoerder oor die hantering van die saak. Die nodige wetlike vereistes en stappe word gedeel wat help dat sake voor die hof verskyn en nie uitgegooi word nie. Hierdie rapporteringgroepe word gestig saam met ander rolspelers naamlik: RPO, VL en Saai. Dit is ons doelwit om te help sodat soortgelyke groepe in elke distrik in Noordwes en die Vrystaat gevestig word.

Ons is baie dankbaar vir die goeie reën wat geval het in Noordwes- en Vrystaat Provinsies. Ons boere is besig om te plant en ons wil hulle alle sterkte toewens op ’n suksesvolle seisoen.

Graag wil ons ook klem lê dat boere veral in Noordwes moet dophou vir enige sprinkaan probleme en indien hulle opmerk onmiddellik die volgende departementele nommers te skakel: Mulalo Matodzi 0833267773, Vuyokazi Mpumlwana 0847608176, Ikalafeng Kgakatsi 0721989882 en Verdoorn 0824468946.

 
Oos & Natal
 

In die Oos-streek is boere byna 100% klaar geplant! Reën het ook op die regte tyd gekom. Groot dankbaarheid vir hoe voorspoedig sake verloop.

Veediefstal bly egter ’n baie groot kommer in albei streke. Syfers is besig om te styg en die getalle vee wat op een slag gesteel word, is uiters kommerwekkend.

TLU SA in dié streek bied op 11 Desember ’n Ope Skietdag in samewerking met WILDMAN aan. Deelnemers sal in die volgende kategorieë meegeding: Gongbaan (Maksimum 300 win mag); Pistool en Semi Auto; Pistool en haelgeweer.

Vele kontantpryse asook gelukkige trekkings is op die spel. Inskrywingsgeld is R2000 per span van vier. Navrae kan gerig word aan: Elize Barnette (079 620 0275) of Ronnie Schilling (083 642 7230).

Die dag beloof om ’n hoogtepunt vir Desember te wees. Sien jou daar!

 
NOORD
 

Die meeste distrikte in die provinsie het goeie eerste reëns gekry. Toestande vir landbou lyk tans baie goed. Leë damme moet nog vol loop. Die aartappel-prys het gestabiliseer en ietwat gedaal. Ander produksie gebiede se oeste begin op die markte kom en lyk voorraad-vlakke op die markvloere goed. Tamatie-pryse het weer na ’n klein daling gestyg. Die produkte is van goeie gehalte.

Soos die Desember-vakansie nader kom is daar ook ’n toename in onwettige jag. Plaasveiligheid sal opnuut opgeskerp moet word. Daar is eersdaags ’n vergadering met die Provinsiale Kommissaris om maatreëls in te stel teen onwettige jag.

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

Sinopsis van Aan die Stuur – my leierskapsreis deur Brand Pretorius.

Baie boeke is reeds oor leierskap geskryf, maar slegs ’n paar is geskryf deur sakeleiers wat persoonlik die hoogte- en laagtepunte van die kuns en die wetenskap van leierskap ervaar het. Een so ’n boek is Aan die stuur – my leierskapsreis geskryf deur die gerespekteerde sakeleier en motorbedryfsveteraan, Brand Pretorius. Hy het ’n deurslaggewende rol gespeel in die vestiging van Toyota as markleier in die tagtigerjare en was in die tweede deel van sy loopbaan ook instrumenteel om ’n insolvente McCarthy-groep om te draai.

Hoewel die boek nie ’n outobiografie is nie, bevat dit wel ’n oorsig van sy kinderjare sowel as ’n weergawe van sy loopbaan, wat oor 38 jaar gestrek het.

Lees meer hier.

 

 
 

BOERDERY BY UITNEMENDHEID

Die moderne boer in Suid-Afrika bevind hom in ’n uitdagende omgewing wat buitengewone eise aan hom stel. Hierdie stelling mag ’n geykte een wees met vele herhaling, maar bly ’n voldonge feit. Ons ken almal hierdie uitdagings en dit is nie die doel van my artikel om dit te herhaal nie.

Die sukses gedrewe boer sal egter gedryf word deur die soeke na uitnemendheid in sy onderneming. Hy kan nie anders nie, dit word van hom vereis indien hy finansiële sukses wil behaal. Vanuit hierdie perspektief wil ek graag my kennis en ervaring met boere deel op die gebied van finansiële prestasie van boerdery ondernemings in praktyk.

Lees hier vir meer inligting.

 

 

Adviesdiens

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Met dié splinternuwe diens bring TLU SA bruikbare en praktiese kennis na sy boere om hul op die kort en langtermyn meer suksesvol te maak.

Lees hier vir meer inligting.

 

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 

Lees hier vir meer inligting.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

Dit is 'n strategiese spel wat spelers lei deur die gebeure van in Anglo-Boere Oorlog.

Lees meer hier.

9 HA Hoewe met ruim woonhuis te koop.

Klik hier vir die vol grote advertensie.

Sukkel jy om te registreer by die Vergoedingskommissaris?

Lees meer hier.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Tyd om die stryd teen veediefstal na die volgende vlak te neem
 

Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat met die feesseisoen om die draai gaan veediefstal getalle toeneem. 
Boere gaan moet bereid wees om gedurende die feesseisoen ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom.

Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

TLU SA wil graag daar wees om boere by te staan met praktiese raad en moontlike bronne in die stryd teen veediefstal. Vir meer besoek https://tluveldtogte.co.za/veediefstal/

 
 
Verstaan ons die prys van OSV?
 

TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.

Daar is steeds ’n groot mate van onkunde onder Suid-Afrikaners oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn. Inwoners van die land moet weet dit is nie net ’n landbouprobleem nie. Dit is ’n Suid-Afrika probleem.

Kyk gerus hierdie video.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier

 
 
Wys ons jou vuil water!
 

Die stand van Suid-Afrika se water is onaanvaarbaar. TLU SA het ‘n veldtog van stapel gestuur om die departement van water en sanitasie te dwing om die kwaliteit van ons waterbronne te verbeter. Deel van die veldtog is om voorbeelde van die vuil water te versamel om dit aan die departement voor te lê. Indien die departement en munisipaliteite nie binne ‘n sekere tydperk daarin kan slaag om ons waterbronne te herstel nie, sal TLU SA daarop aandring dat privaatinstellings hierdie taak oorneem.

Steun TLU SA se waterveldtog deur vir ons ‘n foto van jou vuil water te stuur.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier