Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ten einde die beleidsomgewing deurlopend aan te spreek bly ’n reuse-uitdaging. Die wêreld van privaatbesitreg en die toepassing van die markkrag-beginsels waar individue die keuse kan maak om hulself te bemagtig en te presteer tot by sukses (winsgewendheid) is inderdaad lynreg in botsing met die ideologiese pad wat die ANC-regering poog om te implementeer waar sentrale beheer die fokus is.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers in die gebruik van biotegnologie, politieke partye en vakbonde in die werksplek en KragDag. Ons het gesels met Stephan Naudé, Christo Bester en Henri Combrink.

 

 
BOODSKAP VAN
BENNIE

Wanneer TLU SA moet noem wat is die groot taak van die organisasie word daar onomwonde gemeld dat die doel is om ons lede, naamlik kommersiële boere, veilig en volhoubaar op hul grond te hou. Gegewe die realiteite van Suid-Afrika is dit inderdaad ’n omvangryke taak.

Ons jeug –
ons toekoms

Die geskiedenis leerplan gaan opnuut aangepas en in 2024 geïmplementeer te word. Die afgelope aantal jare se belewenis van hoe die geskiedenis verdraai, kern belangrike elemente uitgelos en selfs met leuens voorgehou word kan ons dan nie anders as om bekommerd te wees oor hoe die jeug in die toekoms gerig gaan word vanuit “ons” geskiedenis nie.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING

Verkiesing 1 November

Die horlosie stap aan na Maandag 1 November en dit wil voorkom of plaaslike munisipaliteite in stadige tempo die laaste treë stap. Dienslewering is op sy swakste wat nog ooit ervaar is. Binne die wetgewing en verpligtinge wil dit voorkom of daar ’n weerhouding is om aan verpligtinge te voldoen. Promulgering van tariewe word geensins as belangrik beskou nie en die voldoening is ook glad nie ’n prioriteit nie.

Het die algehele wanorde waarbinne Suid-Afrika vandag funksioneer, ook die plaaslike regerings oorgeneem? Ministers word gyselaar gehou, hawens word afgebrand en steeds is die belofte om die oortreders van die opstand wat die land tot stilstand geruk het tot verantwoording te bring, nog nie nagekom nie.

Lees meer hier.

 
VEILIGHEID

Brandstigting:
Tydens ’n onlangse vergadering van die Nasionale Prioriteitskomitee vir Landelike Veiligheid is die kwessie van toenemende gevalle van brandstigting in landbou gebiede bespreek en was die volgende beklemtoon en versoek:

  • Brandstigting is een van die geïdentifiseerde misdrywe in die SAPD se nuutste weergawe van die Landelike Veiligheid Strategie en daarom verg dit prioriteitsaandag van die SAPD.
  • SASRIA-versekeringsdekking in sodanige gevalle toeganklik moet wees aangesien die omvang van finansiële skade aan lewende hawe, weiding, heinings en infrastruktuur omvangryk is en tot finansiële ondergang vir boere kan lei. Daar heers derhalwe ook ’n verantwoordelikheid by landbouers om te verseker hul huidige versekering voorsiening maak vir sodanige dekking.

Aggressiewe uitlokking:
’n Onlangse herhaling van polities-gedrewe uitlokking soos wat in die nie-te-verre verlede by Pampoenkraal naby Piet Retief voorgekom het, het onlangs ook in KZN kop uitgesteek. By herhaling bly dit belangrik dat daar deeglik verslag gehou word van verwikkelinge en in hierdie verband is die volgende belangrik:

  • Bevestiging van tydige waarskuwing aan die plaaslike SAPD asook Veiligheidsdienste
  • Tydige toegang tot regsadvies
  • Besonderhede van ooggetuies
  • Stawende video-/fotografiese vaslegging van persoonlikhede en verwikkelinge
  • Gedokumenteerde volgorde van gebeure
  • Stawende verklarings deur ooggetuies
 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
OOS & NATAL
 

Met die koms van die nuwe seisoen is dit asof die hele wêreld in rep en roer is. Oos- en Natalstreek is nie uitgesluit nie. Ná die koms van goeie reën in sekere gedeeltes het die trekkers letterlik begin dreun ter voorbereiding van die aanplant van somer gewasse. 

In sekere gedeeltes van die twee streke is die boere ook besig met die skeer van kuddes en ’n goeie prys vir wol word in die vooruitsig gestel. 

Beide streke word tans ernstig deur veediefstal geaffekteer. Hoewel die diefstal van vee as ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer is, wil dit voorkom asof die huidige voorkomings aksies en ondersoeke van die SAPD nie enige impak het nie. Ons moet egter noem dat daar gesamentlik deur TLU SA, Mpumalanga Landbou en AFASA ’n vergadering met die nuut aangestelde Provinsiale Kommissaris van Mpumalanga vir 22 Oktober 2021 belê is. Met dié vergadering sal die Nasionale Landelike Beveiligings Plan met die Kommissaris bespreek word om sodoende te poog om oplossings te vind vir voorkoming en ondersoek van alle misdade in die provinsie.

TLU SA in dié streek bied op 11 Desember ’n Ope Skietdag in samewerking met WILDMAN aan. Deelnemers sal in die volgende kategorieë meegeding: Gongbaan (Maksimum 300 win mag); Pistool en Semi Auto; Pistool en haelgeweer.

Vele kontantpryse asook gelukkige trekkings is op die spel. Inskrywingsgeld is R2000 per span van vier. Navrae kan gerig word aan: Elize Barnette (079 620 0275) of Ronnie Schilling (083 642 7230).
Die dag beloof om ’n hoogtepunt vir Desember te wees. Sien jou daar!

 
Vrystaat
 

Jag op privaateiendom ruk handuit

Die onwettige jag met honde op privaateiendom is besig om hand uit te ruk.

“Dit skep vir vee en wildboere ’n geweldige probleem, aangesien geen boer kan toelaat dat sy diere op hierdie wrede manier uitgewis word nie,” sê TLU SA Vrystaat-voorsitter Bertus van der Westhuizen.

“Honde is wrede jagters, en ruk hompe vleis uit lewendige prooi, totdat die stomme dier deur pyn so verswak is, dat hy nie meer kan vlug nie. Wanneer die jagter of jagters dan op die toneel verskyn, word hierdie stomme dier dikwels met byle afgemaai. Geen boer beskou hierdie manier van jag as ’n sport of vermaak nie, en sal verseker tot beheersde geweld oorgaan om sy diere teen hierdie praktyk te beskerm.”

Bedreigde spesies soos byvoorbeeld steenbokkies loop die gevaar om op hierdie manier uitgewis te word.

Lees meer hier.

 

HULP EN VERSTERKING

 
 

BOERDERY BY UITNEMENDHEID

Die moderne boer in Suid-Afrika bevind hom in ’n uitdagende omgewing wat buitengewone eise aan hom stel. Hierdie stelling mag ’n geykte een wees met vele herhaling, maar bly ’n voldonge feit. Ons ken almal hierdie uitdagings en dit is nie die doel van my artikel om dit te herhaal nie.

Die sukses gedrewe boer sal egter gedryf word deur die soeke na uitnemendheid in sy onderneming. Hy kan nie anders nie, dit word van hom vereis indien hy finansiële sukses wil behaal. Vanuit hierdie perspektief wil ek graag my kennis en ervaring met boere deel op die gebied van finansiële prestasie van boerdery ondernemings in praktyk.

Wat is dan belangrik vir ’n boer om te weet of sy onderneming finansieel presteer? Hoe meet hy dit?

Lees meer hier.

 

 
 

TLU SA SE ADVIESDIENS

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Met dié splinternuwe diens bring TLU SA bruikbare en praktiese kennis na sy boere om hul op die kort en langtermyn meer suksesvol te maak.

Lees hier vir meer inligting.

 

 

GOEDKOPER DIESEL

TLU SA het ’n ooreenkoms gesluit met Verco Energy wat in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA lede goedkoper diesel sal lewer. 

Die gebiede ter sprake is groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga) groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ’n straal van 100km vanaf Standerton geleë is. 

Lede moet met bestelling by Martin de Kock by 017 640 0988 of 067 416 7585 of martin@verco.co.za hul TLU SA lidnommer kan verskaf.

 

 

KUNSMIS AFSLAG

Die prys van kunsmis het die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen. Dit is ook uiters moeilik om kunsmis in die hande te kry. 

Daarom het TLU SA met Timac AGRO South Africa onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Slegs TLU SA-lede kwalifiseer vir die afslag. 

Lees hier vir meer inligting.

 

 
 

ADVERTENSIE

 

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.

Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf.

Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

WCA Solutions bied hulp met enige kwessies rakende besering aan diens.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Verstaan ons die prys van OSV?
 

TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.

Daar is steeds ’n groot mate van onkunde onder Suid-Afrikaners oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn. Inwoners van die land moet weet dit is nie net ’n landbouprobleem nie. Dit is ’n Suid-Afrika probleem.

Kyk gerus hierdie video.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier

 
 
Wys ons jou vuil water!
 

Die stand van Suid-Afrika se water is onaanvaarbaar. TLU SA het ‘n veldtog van stapel gestuur om die departement van water en sanitasie te dwing om die kwaliteit van ons waterbronne te verbeter. Deel van die veldtog is om voorbeelde van die vuil water te versamel om dit aan die departement voor te lê. Indien die departement en munisipaliteite nie binne ‘n sekere tydperk daarin kan slaag om ons waterbronne te herstel nie, sal TLU SA daarop aandring dat privaatinstellings hierdie taak oorneem.

Steun TLU SA se waterveldtog deur vir ons ‘n foto van jou vuil water te stuur.

Ondersteun die veldtog hier: klik hier

 
 
TSAMAEA CELE!
 

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.