Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Dit is met groot kommer dat ons die gebeure in Piet Retief dophou. Boere sit in ‘n verknorsing; aan die een kant is die omgewing net so veilig soos wat die plaaslike veilgheidstrukture – bestaande uit boere – beskerming kan verskaf;

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met: • Sybil Visagie van Save the Sheep oor hoe hierdie inisiatief help dat boergesinne en -werkers ‘n bestaan kan maak;

Waardes vir die
pad vorentoe

Dit is gewis dat alles waarvoor ons staan in hierdie dae getoets word. Die omgewing word op elke lewensterrein getoets en verbuig om witmense as die skuldiges uit te maak oor alles wat in die oë van die ANC, EFF en ander rolspelers verkeerd is.

 
LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het in 2020 die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na landbou in Limpopo.

ESKOM
 

Die inisiatief van die Noordstreek, het tot gevolg dat Eskom-kliënte in die kommersiële landbousektor as “sensitiewe kliënte” geag word. Hierdie stap volg na aanleiding van energie-onderbrekings wat verreikende gevolge mag inhou in die voedselproduksieproses. Lede in ander streke word aangemoedig om op plaaslike vlak, die voorbeeld van die Noordstreek te volg ten einde ‘n soortgelyke “status” as Sensitiewe Eskom-kliënt te beding. Kyk gerus na hierdie video vir meer inligting oor die Noordstreek se aksies.

BELANGRIKHEID VAN GRONDVLAKSTRUKTURE

Die afgelope tyd het die belangrikheid van grondvlak strukture op verskeie plekke na vore gekom. Die situasie in Piet Retief is 'n goeie voorbeeld. Verskeie Veiligheidsbulletins is oor tyd uitgestuur waarin riglyne uiteengesit word oor hoe om sodanige situasies te hanteer. Al hierdie riglyne sal ongelukkig geen bydrae maak indien ‘n plaaslike gemeenskap nie vooraf hande gevat het en werk gemaak het daarvan om vir die unieke omstandighede by hulle van toepassing ‘n ingeoefende plan daar te stel nie.

 
 
Meesterplan Vir
Landbou

Die regering konsulteer deur middel van ‘n werkgroep met rolspelers in die landbou waardeketting oor die ‘Meesterplan vir Landbou’. TLU SA is deel van die samesprekings en gee ook gereeld ons insette. Ten spyte van goeie argumente in die dokument word dit reeds so saamgestel dat die ekonomiese markkragte in ‘n sekere sin misken word. Dit is ‘n ideologies-gedrewe dokument.

TRADISIONELE
LEIERS 

Die afgelope tyd het TLU SA by verskeie geleenthede gespek gevoer met verskillende tradisionele swart leiers. Daar bestaan ‘n dilemma dat ‘n groot deel van hulle afhanklik is van toelaes wat deur die staat aan hulle betaal word en dit dan baie moeilik maak om in die openbaar standpunt teen die ANC in te neem. Daar is wel ‘n toenemende ongemak oor die wyse waarop die ANC die verskillende kulture probeer versmoor deur die NDR op almal af te dwing.

EKONOMIESE
VOLHOUBAARHEID

TLU SA is steeds besig om na opsies te kyk oor hoe ons die winsgewendheid van ons boere kan verbeter. Vir die boere wat in graanverbouing betrokke is, word daar reeds groot verskille teweeg gebring.  Kontak gerus vir Dr Gawie du Toit by 083 630 1330 om meer te wete te kom oor ‘n winsgewende benadering tot boerdery. Dit is belangrik vir lede om betyds en lank voor die volgende plantseisoen seker te maak van wat dit behels ten einde die nodige aanpassings te kan doen.

 
 
 

VEILIGHEID

PIET RETIEF
INSIDENT

Na aanleiding van die onlangse Piet Retief-insident wat op sigwaarde voorgehou word as mense wat “werk soek” en wat ontaard het in gewelddadige protes wat die dood van twee persone en die gevolglike arrestasie van vier boere en ‘n werker tot gevolg gehad het, is ‘n Veiligheidsbulletin (02/2021) op aanbeveling van ‘n praktiserende prokureur opgestel en versprei.
In besonder word die aandag van TLU SA-lede, persone wat by plaaswagte asook ander plaaslike veiligheidstrukture inskakel asook ander betrokkenes, op die inhoud van daardie Veiligheidsbulletin gevestig.
Die kritiese belang van die tydige identifikasie van goedgesinde en kundige regspraktisyns, ondersoekdeskundiges en ander sodanige kenners word ernstig en dringend ernstig aanbeveel. Daarbenewens kan die dokumentêre- asook visuele vaslegging van die verloop van gebeure nie genoeg beklemtoon word nie.

Protesoptredes in
die komende winter

TLU SA ag dit ook gerade om alle landbouers wat waarskynlik eersdaags sal begin met die baal van voer met die oog op die komende winter, se aandag te vestig op die potensiële brandbedreiging.
Benewens die seisoenale voorkoms van brande gedurende die winters, kan dit nie uitgesluit word dat toenemende polities-geïnspireerde agitasie doelbewuste brandstigting tot gevolg mag hê nie.

Gevolglik word dit sterk aanbeveel dat benewens voorsorgmaatreëls om te verseker dat brandbestrydingsuitrusting diensbaar en toeganklik is, die stapeling van voerbale versprei word sodat in geval van brande, nie al die bale op ’n enkele ligging geberg word nie om sodoende die potensiële verliese te beperk.

 

WATERSAKE

 
 

WATERMETERS

Soos u bewus is moes alle besproeingsboere wat nie aan Waterrade of Watergebruik Verenigings behoort nie, teen 10 Maart 2021 watergebruik meters by die punt van onttrekking aangebring het.

TLU SA het skriftelik by die departement aansoek om uitstel gedoen. Ons aansoek om uitstel is egter van die hand gewys.

Die departement het egter  aangedui dat die boere wat nog nie watergebruikmeters aangebring het nie, nie vervolg sal word nie, en daar is nie ‘n keerdatum aan hierdie vergunning nie.

Feit is dat die Waterwet dit duidelik stel dat watergebruikmeters deur die gebruiker aangebring moet word, dat die gebruiker die lesing moet neem en die lesing op ‘n maandelikse basis aan die departement moet stuur.

Ons gesprek oor watermeters gaan voort en die Waterkomitee versoek alle lede om asseblief enige kommentaar of voorstelle wat u mag hê aan ons beskikbaar te stel ter voorbereiding van ons gesprek met Waterwese.

 

DISPUUT

Die dispuut wat verskeie lede en ander met die departement verklaar het, is nog nie opgelos nie. Soos die komitee u vantevore ingelig het, moet die departement ‘n dispuutoplossing-meganisme daarstel. Ons het weer op 19 April ‘n brief aan die minister se kantoor gerig, en ook aan die voorsitter van die minister se spesiale komitee oor watersake gestuur.

Soos u sal onthou handel die dispuut hoofsaaklik oor die waterbestuurheffing en of dit ‘n heffing of belasting is. Indien dit ‘n heffing is, is dit onderhewig aan ‘n driejarige verjaring en moet rekeninge so aangepas word. Die dispuut handel verder oor hoe die bedrae wat die departement op die fakture aandui, bereken is. Laastens dan oor die afskryf van rente wat gehef is.

Hierdie dispuut moet nou na ‘n oplossing gedryf word, maar of die departement ‘n oplossing gaan bring, betwyfel ons. Die waterkomitee wil daarom ook versoek dat u enige bydrae of kommentaar aan ons sal rig ter verdere voorbereiding.

 
 

PLAASLIKE REGERING

 

VERKIESING 2021

Die nasionale verkiesing vind op 27 Oktober plaas.  Hierdie verkiesing is een van die mees uitdagende sedert 1994 weens die regerende party se onvermoë om die land te bestuur en aan die duisende aanhangers se beloftes te voldoen. Enige aksies sal dus geloods word om kiesers se ondersteuning te bewerkstellig en die landbouer sal in die visier wees.

Lede word gemaan om enige aksies wat daarop gemik is om reaksie uit te lok, met omsigtigheid te hanteer. Tradisioneel word ondersteuning gebied aan die party wat die meeste aggressie en dominansie toon, dus word hierdie sienswyse uitgebuit deur politieke partye om so veel as moontlik ondersteuning te verkry.  Daar word dus voorspel dat betogings en geweld sal toeneem soos wat die verkiesingstyd nader om beheer en oorname te demonstreer.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het sy kommer uitgespreek oor die afwesigheid van miljoene stemme tydens die vorige verkiesing. Daar word dus regoor die land aksies geloods vir die opleiding van kiesers en registrasies veral in die verifiëring van adresse wat op die kiesersrol moet voorkom. 

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die versoek gerig dat toegang tot landbou-eiendom verkry word om opleiding aan werkers te bied. 

TLU SA ondersteun nie die groot aantal mense wat tydens so 'n opleidingsessie toegang tot plase verkry nie, in die lig van veiligheidsrisiko's. Lede word versoek dat waar daar wel so 'n besoek gefasiliteer word, die nodige aandag verleen word aan COVID- regulasies en die protokol te alle tye te handhaaf.

Registrasies vir die 2021 verkiesing kan elektronies geverifieer word by www.elections.org.za.

 

PLAASLIKE REGERING GRONDBELASTING

Die munisipaliteite is tans besig met die konsultasieproses van die Ontwikkelingsplan en begroting van die munisipaliteit en die tariewe wat voorgestel word vir die belastingjaar 2021/2022. 

Lede word aangemoedig om aan hierdie proses deel te neem, aangesien dit die grondslag vorm van eiendomsbelasting wat gehef sal word. Daar moet veral aandag gegee word aan die persentasie-verhoging en die bekostigbaarheid daarvan. 

Die ontwikkeling wat die munisipaliteit binne die volgende jaar beoog, moet met 'n vergrootglas dopgehou word aangesien daar tydens die vorige finansiële belastingjare fondse daargestel is vir ontwikkeling wat weens COVID-regulasies moontlik nie gerealiseer het nie. Daar kan dus nie jaar op jaar vir dieselfde ontwikkeling kostes gehef word nie. 

Die finansiële voorsiening van die vorige jaar vir die spesifieke ontwikkeling moet dus aangespreek word in die lig van die ontwikkeling wat moontlik aangeskuif is weens COVID inperkings.

Die nie-deelname aan die proses is 'n weerspieëling van goedkeuring.  Elke inwoner se deelname is dus van kardinale belang.

 

WAARDASIEROL

Munisipaliteite is weens die vergunning wat gegee word in die plaaslike regering wetgewing geregtig om die waardasierol te verleng wat daartoe lei dat munisipaliteite nie binne dieselfde jaar 'n algemene waardasierol onderneem nie. 

Alternatiewelik kan 'n aanvullende waardasierol daargestel word.  Grondeienaars word versoek om die inhoud van die waardasierol hetsy algemeen of aanvullend, te ondersoek. Nie slegs ten gunste van die waardasiebedrag nie, maar ook die gebruik van die eiendom aangesien die eiendombelasting volgens die gebruik van die eiendom toegepas kan word. Waar nodig kan die nodige aksies geneem word om 'n foutiewe waardasie aan te spreek.
 

NUUS UIT DIE STREKE

NOORDWES

OOS-KAAP

In die Noordweste het boere begin om sonneblom te stroop. Die opbrengste lyk goed met 1,5T/Ha tot 2,4T/ha.

Sojas droog vinnig af en die stroop-proses sal ook eersdaags daar begin. Daar is wel enkele boere wat alreeds begin het.

Daar is middel Maart bykans ‘n 100 speenkallers by Oom Lourens De Jager tussen Vryburg en Schweizer gesteel. En met die gemeenskap se hulp en ons veiligheidsgroepe is bykans almal terug gevind binne twee weke. Dit was goeie nuus.

Aangesien ons paaie tot niet gaan, is talle boere besig om paaie self te herstel, met die oog op stroop, en die wegry van graan.

Groete
John Rankin: Voorsitter Noordwes Streek.

In die Oos-Kaap het ons ‘n suksesvolle streeksvergadering gehad waartydens ‘n nuwe bestuur aangewys is.

‘n Inligtingsvergadering met Bennie van Zyl en Henry Geldenhuys het goeie resultate afgewerp en ‘n nuwe tak is op Barkley gestig.

Ons sien daarna uit om te sien wat die nuwe raad en asems in die streek gaan uitrig.

Groete,
Hugo Pretorius: Voorsitter Oos-Kaap

   
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

JONGBOERKONFERENSIE

TLU SA se Jongboerkomitee nooi enige jong boere met trots na die 2021 TLU SA Jongboer Konferensie. Die tema van vanjaar se konferensie is Die waarde van ‘n Boer.

Datum: 7 Mei 2021
Tyd: 10:45 tot 12:30
Venue: TLU SA Hoofkantoor (fisies of via Zoom)
Adres: James Rylaan 194, Silverton, Pretoria

Lede kan die geleentheid gratis bywoon. Nie-lede betaal ‘n toegangsfooi van R200. Besoek die webwerf by {tlu.co.za/jongboere} om te registreer.

Vir navrae stuur ‘n e-pos aan ledesake@tlu.co.za.

 

SWAZI’S

TLU SA was deel van ‘n afvaardiging wat met die Swazi koningshuis samesprekings gevoer het oor die geskiedkundige ooreenkomste waar Voortrekkers destyds grond by die Swazi’s gekoop het vir beeste.

Daar is ook gesprek gevoer oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding. Die standpunt is duidelik gedeel dat grond wat nooit joune was nie, nie nou skielik onteien kan word nie. Indien daar oor sodanige grond enige dispuut kan ontstaan behoort dit net te wees tussen die oorspronklike eienaar en die nuwe eienaar.

Die ANC was nooit ‘n rolspeler in enige tyd in hierdie grondtransaksie nie. Verdere samesprekings is in die vooruitsig gestel.

 

TROTS TLU SA

Die afgelope tyd het TLU SA op verskeie terreine ‘n wesentlike verskil gemaak: 

  • Daar is op die veiligheidsterrein al meer as 50 Veiligheidsbulletins uitgereik. Elkeen van hulle tot voordeel van ons lede en hul grondvlakstrukture. Op die veiligheidsterrein het ons ook ‘n brug gebou na die verbruikers toe om te poog dat daar met genoegsame gemeenskapsteun ook vir hulle belastingaftrekkings vir die daarstel van beveiligingstoerusting en -infrastruktuur goedgekeur kan word. Dit is nog in proses. Verskeie veldtogte om druk te plaas op die minister van die SAPD om afgedank te word, is ook geloods. 
  • Op die ekonomiese kant is ‘n adviesdiens besig om beslag te kry wat vir veral ons graanboere groot voordele reeds inhou. Boere moet dit net benut. 
  • ‘n Jaar of wat gelede het navorsing ‘n rigtinggewende instelling oor finansiële beplanning bevind dat meer as 50% van boerderye heel moontlik probleme gaan hê met boedelbereddering as die boer tot sterwe kom. Daarna het die LSFD maatskappy binne TLU SA beslag gekry om juis daarmee, maar ook breër as dit  vir boere vanuit TLU SA by te staan om gesonde finansiële beplanning te kan doen. 
  • Die Traumafonds het die afgelope jaar of wat groot verskille gemaak vir boere in nood. Die brande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap was ‘n sprekende voorbeeld tesame met die ondersteuning  vir boere wat in erge droogtes vasgevang sit waar daar in eie reg hulp gegee is, maar ook tesame met ander rolspelers deur boere kollektief by te staan.
  • Op die beleidsomgewing het TLU SA op al die saakmakende forums insette gegee.  Oor die beoogde verandering van Artikel 25 van die Grondwet sowel as die Onteieningswet het TLU SA in die Parlement insette gegee. So kan daar verder uitgebrei word na die Hoofbestuurdersforum waar daar gereeld met die DG van landbou in gesprek getree word. By Omgewingsake is ons direk met die Departement van Waterwese in gesprek oor verskeie sake in belang van ons lede.
  • Danksy verskeie rolspelers soos ons vennote in kommunikasie wat ons beeld help uitdra nl. Edge Communications,  Boermedia en ook die Impact Now Belsentrum kan ons met reg sê dat ons, as gevolg van die terugvoer wat ons ontvang, daagliks groei as rolspeler wat saak maak. U elkeen as lid het ‘n direkte aandeel daarin.

Ons kan trots wees op ons organisasie en wat vermag is!

 
 

HULP EN VERSTERKING

 
LANDBOU
FINANSIERING

Die negatiwiteit in ons land weens misdaad, korrupsie, die ineenstorting van infrastruktuur, werksverliese, ‘n sukkelende ekonomie en rasse-agenda van die regering, om maar ‘n paar te noem, kan veroorsaak dat ons maklik moedeloos raak.

Pretoria
Boeremark

Die Pretoria Boeremark is gevestig om gesien te word as een van die moet-besoek punte op vroeë Saterdagoggende in Pretoria. Vir elkeen is dit genoeg motivering om te gaan net om die atmosfeer te gaan ervaar.

NOORDKAAP
EN DROOGTE

TLU SA se Streekvoorsitter van die Noord-Kaap, Jannie Roux en die Hoofbestuurder van TLU SA , Bennie van Zyl het gedurende die week van 19 tot 23 April ‘n reeks vergaderings in die Noord-Kaap gehou.

LANDBOUSEKTOR FINANSIËLE DIENSTE

Die TLU SA Finansiële Dienste Lessenaar het totaal omvorm tot Landbousektor Finansiële Dienste Mkpy Bpk, ‘n volwaardige gelisensieerde Finansiële Dienste Maatskappy met FSCA registrasie nommer 44619.

 
 

BORGE

 

With the wide range of attachments offered by Manitou, your farming material handling tasks can be efficiently carried out.  The agriculture attachment range assists in picking, transporting, packing and loading – all tasks which have to be done regularly.

Manitou understand that the modern farmer optimises their workload with careful scheduling, using mechanisation to streamline operations. Manitou’s range accommodates every type of farmer, regardless of season or task at hand.

Read more here.

 

ADVERTENSIE

 

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.

Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf.

Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
VRYHEID TEEN MISDAAD

Verlaag jou risiko om ‘n slagoffer van geweld te word

Die staat beskerm ons nie – jou ma, pa, broer, sussie, man, vrou en kinders se lewens is in gevaar.  As die minister van finansies die belastingwet wysig, kan ons veiligheidsuitgawes van belasting aftrek en weerstand bied teen die misdadigers wat ons gevange hou in ons eie huise, of ten minste die diefwering wat hulle uithou, versterk.

Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag ras, geslag of geloofsoortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat minister Tito Mboweni die grondwet wysig soos hier bo genoem.

Jy kan jou stem byvoeg deur die e-pos direk aan die minister te stuur.

Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier

 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.