Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ons wil graag aan al ons lede en vriende, as deel van die TLU SA-familie, baie sterkte toewens vir 2021. Landbou het tot op hede werklik ‘n belangrike en positiewe rol gespeel om te verseker dat daar, selfs tydens die inperking, kos op die tafel van verbruikers is. Daar is gewis ‘n groter waardering vir ons boere as in die verlede – kom ons bou daarop voort.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:

Boodskap van
Bennie

Dit bly maar belangrik om iets te sê oor die begrip kommunikasie. Dit gaan tog daaroor om ‘n boodskap aan ‘n ander oor te dra met die bedoeling dat dit verstaan word en ook om iemand te oortuig van jou standpunt. As lede-organisasie is elke lid se inset van kardinale belang ten einde die beste gemene deler-standpunt te kan formuleer.

 
LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het in 2020 die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na landbou in die Oos-Kaap.

DIE HANTERING
VAN KORRUPSIE

Tydens ‘n vergadering van die Hoofbestuurdersforum is daar vanuit die departement terugvoer gegee oor die hantering van die inperking en die hulp wat daarvoor uitgerol is. Daar is gemeld dat 600 000 maskers, sowel as 400 000 koekies seep aangekoop is.

LANDBOU
FINANSIERING

Met die dat die Landbank in duie gestort het ten spyte van die vele reddingsboeie wat die regering uitgegooi het, sit vele boere met ‘n ernstige penarie rondom inset-finansiering.

 
NUWE
STREEKBESTUURDERS

Graag wil ons vir Ronnie Schilling vir die Oos- en Natalstreek en Jannie Raath vir die Wes- en Vrystaatstreek baie welkom sê as die nuwe streekbestuurders in die onderskeie streke. Ons bede is dat hulle dienstyd by TLU SA baie vrugbaar sal wees en dat TLU SA in die onderskeie streke net van krag tot krag sal gaan.

Gelisensieerde
Vuurwapens

Daar is heelwaarskynlik lede wat in besit is van gelisensieerde vuurwapens wat nie meer in gebruik is nie. Affiliasies kan dit oorweeg om in hierdie verband die nodige kommunikasie onderling aan die gang te sit.

Met ‘n Huppel
in jou stap

Met ‘n Huppel in jou Stap is ‘n baie gewilde program vir ouer garde, wat op KykNet uitgesaai word. Die vervaardigers het TLU SA genader om ‘n bydrae te maak oor die moontlikheid dat senior burgers ook op ‘n manier betrokke sou kon raak in die produksie van voedsel. Ons wil graag dankie sê vir Prof Koos de la Rey en Wannie Scribante wat ingewillig het om die veldopnames te behartig.

     
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

BEGRONDE TERSIÊRE ONDERRIG OP ONS VOORSTOEP.
Die Afrikaanse Protestantse Akademie.

Die Afrikaanse Protestantse Akademie, die APA, is ‘n privaat tersiêre instelling wat in die laat tagtigerjare as ‘n skool vir teologiese opleiding gestig is. Vandaar het die APA ontwikkel tot ‘n volwaardige selfstandige universiteit wat spesialiseer in die geesteswetenskappe.

Met die raam van ‘n Christelike uitkyk wil die APA studente begelei om idees krities te verken en te beredeneer. Die geesteswetenskappe ontwikkel en bevorder by uitstek kritiese en analitiese denke en dit mond uit in meningsvormende beroepe soos: sielkundiges, joernaliste, onderwysers en predikante.

 

BESKIKBARE KLEREREEKS

TLU SA het dit goedgedink om die beskikbare klerereeks uit te brei na items wat nie net TLU SA-lede nie, maar ook mense wat terloops op die webwerf daarop afkom, moontlik kan interesseer.

Dit sal in samewerking met ‘No Zone Clothing’ geskied wat drukwerk op basies enigiets kan doen. Ons oorweeg spesifiek om gholfhemde en ook T-hemde met gedrukte of geborduurde slagspreuke of selfs DLU- of Boerevereniging-inligting te kan verskaf.

Winterbaadjies sal ook weer beskikbaar wees. Enige insette en voorstelle oor moontlike slagspreuke is welkom en kan gestuur word aan fin@tlu.co.za.

Dit beteken dat ons die bestaande voorraad gaan uitfaseer en uiteindelik alle aankope aanlyn vanaf ons brosjure beskikbaar sal stel.

Die proses is nog in beplanning en ons sal soos die projek vorder terugvoer gee.

 

GOLIAT VAN GAT

Die gewilde jaarlikse Goliat van Gat Pampoenkompetisie word vanjaar gekombineer met ‘n aandmark by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton. Die geleentheid word op 20 Maart van 15:00 tot 22:00 aangebied.

Besoek gerus die Facebookblad Goliat van Gat Pampoenfees vir meer inligting.

Intussen is almal welkom om hul pampoenfoto’s in te stuur na sentraal@tlu.co.za.

Navrae rakende die fees kan gerig word aan Henri Combrink by 082 552 9428.

 

STRATEGIESE INTELLIGENSIE-INLIGTINGSESSIE: IRR

Deurstaan die storm: Vooruitsigte vir hervorming of politieke herskikking in die volgende dekade van Suid-Afrika

'n Nuwe strategiese intelligensie-inligtingsessie deur dr Frans Cronjé, direkteur van die Sentrum vir Risikoanalise – Suid-Afrika se voorste adviesgroep vir politieke, sosiale en ekonomiese risiko's.

Frans sal die volgende onderwerpe in ‘n 45-minuut-aanbieding bespreek, waarna hy vir 45 minute vrae sal beantwoord:

 
 
 

HULP EN VERSTERKING

 
WYDVERSPREIDE REËN

Die afgelope paar jaar het ons in die breë landbou-omgewing in vele opsigte die uiteenlopendheid van ons klimatologiese omstandighede ervaar. Lang uitgerekte droogtes word in dieselfde gebied in een seisoen omgeskakel in vloede. Rampe soos die vernietigende brande in die Vrystaat en Noord-Kaap is alles deel hiervan.

Hierdie veranderlikes is deel van ons werklikheid. Boere moet hul eie oplossings vind hetsy deur middel van aanpassings in produksieprosesse of met kommoditeitskeuses om hul sover moontlik te verskans teen die natuur se uitdagings.

Die goeie reën wat die afgelope tyd geval het, het wel skade berokken by vele boere. Die waarde vir landbou is egter van onskatbare waarde en daar word met groot dank kennis geneem van die wydverspreide goeie reëns wat geval het. Ons bede is van dank, maar ook vir diegene wat steeds gebuk gaan onder hetsy steeds die droogte, maar ook waar daar groot skade ervaar is.

 
AGRISETA BEURSE 2021

TLU SA het vir 2021 by Agriseta befondsing bekom om 5 landbou beurse aan studente te kon aanbied.

 
TLU SA RAMPHULP 2020

Die bestuur van TLU SA wil graag aan elke lid en ondersteuner wat op welke mate betrokke was by hulp wat tydens die brande van Oktober 2020 aan die boere in die Vrystaat en Noord-Kaap verskaf is, baie dankie sê.

Die terugvoer van daardie boere was baie positief teenoor TLU SA en elkeen het die versugting gemaak dat hul groot dank en waardering teenoor elke persoon het wat hulle so vinnig en in oorvloed bygestaan het.

 

VEILIGHEID

 

TRAUMABERADING

Danksy die inisiatief van die Nederduits Hervormde Kerk, is ‘n inisiatief van stapel gestuur om traumaberadingsdienste te konsolideer en onderlinge koördinasie tussen rolspelers op nasionale-, provinsiale- en plaaslike vlakke te bewerkstellig.

Enkele gesprekke en vergaderings via die internet wat saakmakende betrokkenes betrek, het reeds plaasgevind en die lys van TLU SA Traumaontlonters is reeds tot die nodale punt se beskikking gestel.

Dit word in die nabye toekoms in die vooruitsig gestel dat hierdie dienste op meer geordende wyse beskikbaar gestel sal word om slagoffers en hul naasbestaandes by te staan. Sodra die gekonsolideerde informasie beskikbaar is, sal dit bekend gemaak word.

SA MENSEREGTE KOMMISSIE WEBINAAR

Ter opvolging van die 2014 verhore van die Kommissie, is ‘n opvolg webinaar op 18 Januarie aangebied.

Synde die Kommissie destyds spesifiek versoek het dat TLU SA bepaalde aanbevelings met betrekking tot etlike aangeleenthede moes maak, is die SAMRK versoek om terugvoering te gee tot welke mate TLU SA se aanbevelings aanvaar en bygewerk is.

Die deelname aan die webinaar is skriftelik opgevolg en die Kommissie se terugvoer word afgewag.

TLU SA REGISTER VAN INSIDENTE

Die geloofwaardigheid van TLU SA se informele Register van Insidente wat moorde en aanvalle op plase en landbouhoewes sedert 1 Januarie 1990 weerspieël, loop die risiko om geloofwaardigheid in te boet.

Toenemend word insidente in die Register opgeneem waarvan kritiese informasie ontbreek. Ter wille van geloofwaardigheid word lede se samewerking versoek om behulpsaam te wees om die ontbrekende inligting aan te vul. Die volgende word as krities geag:

  • Datum;
  • Name (en ouderdomme) van slagoffers;
  • Plek (plaasnaam of -nommer en naaste dorp);
  • Aantal aanvallers; en
  • Items geroof of gesteel.
 

WATERKOMITEE

 

MINISTER VAN WATERSAKE, SANITASIE EN BEHUISING
Soos voorheen berig is, het TLU SA vroeg in 2020 aan die minister van watersake, sanitasie en behuising geskryf insake ‘n vergadering om verskeie sake, insluitende die betaling van fakture, watermeter installering en meterlesings, waterkwaliteit, waterlisensies en meer te bespreek. Die minister het wel ontvangs van die skrywe erken, maar ongelukkig het die inperking hierdie proses aan bande gelê.
Die Waterkomitee het die departement in Oktober 2020 gekontak om die vergadering te bespreek en samesprekings aan die gang te sit. Hierdie vergadering het eers in Februarie 2021 plaasgevind.
Die departement se verteenwoordiger, me. Reddy het ingestem om ‘n span van departementele amptenare saam te trek om die bogenoemde sake te ondersoek.

IMBIZO
Die Waterkomitee het deelgeneem aan ‘n Imbizo wat op 10 Februarie plaasgevind het. Die uitnodiging het die komitee egter so laat bereik dat geen ekstra punte tot die agenda bygevoeg kon word nie. Die komitee het die Imbizo daarom opgevolg met ‘n amptelike skrywe wat ‘n vergadering met die minister en TLU SA versoek. Die skrywe het verwys na die minister se belofte om wel so ‘n vergadering te hou.

WATERVERBRUIK LISENSIES
Daar is binne die departement steeds onsekerheid rondom die tydraamwerk vir waterverbruik lisensies. Dit blyk dat amptenare van die departement verkies om die 300-dae roete te volg, terwyl die senior amptenare en die minister bevestig het die 90-dae roete, wat in die president se 2020 staatsrede aangekondig en weer in 2021 herhaal is, is korrek.

KOMITEELEDE
Die Waterkomitee rig ‘n hartlike uitnodiging aan enige TLU SA-lede uit Natal, die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap streke wat op die komitee wil dien om Drickus Botha te kontak.

WATERLEWERING IN SWARTRUGGENS EN KOSTER
Die Waterkomitee wil graag die rolspelers wat betrokke was by die suksesvolle hofaansoek teen die plaaslike regerings van Swartruggens en Koster om waterlewering te herstel gelukwens. Met die aansoek het die groep ook beheer oorgeneem van die rioleringswerke om te verhoed dat rou riool in die riviere en damme waaruit boere besproei, vloei.
Die groep se harde werk en deursettingsvermoë is ‘n voorbeeld vir ander.

 

PLAASLIKE REGERING

 

Die plaaslike regering is tans besig met die voorbereiding om die jaarlikse Ontwikkelingsplan en begroting bekend te stel vir konsultasie met die gemeenskappe. Nasionale Tesourie het per omsendskrywe no 107 die werklike ekonomiese groei op 3.3 persent vir 2021 geprojekteer.

Die staatskas kon in die voorafgaande jaar nie die doelwit bereik met invordering van belastinggeld nie en daar is dus minder fondse beskikbaar om oor die wye spektrum van die regering te verdeel. Die vooruitskatting ten opsigte van die verbruikersprysindeks vir 2021/22 jaar is 4.1% volgens nasionale tesourie.

Die aanbeveling is dat verhogings wat munisipaliteite moet toepas geregverdig tussen die 3 tot 6 persent wees. Vanselfsprekend benodig die plaaslike regering die maksimum bydrae en antisipeer ons dat die 6% verhoging die norm sal wees.

Dit bly egter 'n kommer, die wyse waarop die dienste wat uit die eiendombelasting geld ondersteun moet word, steeds agteruitgaan. Wanbesteding en die vermorsing in terme van vrugtelose besteding bly 'n bron van kommer en die aanspreek deur die Ouditeur-Generaal blyk geen vrugte af te werp nie.

Die jaar 2021 sal in geskiedenisboeke opgeskryf staan in terme van die wyse waarop die verkiesing homself sal uitspeel met COVID-19 wat steeds lewens eis en 'n daadwerklike impak het op die inwoners hetsy deur die verlies van 'n geliefde of die verlies van 'n inkomste.

Of die regering gerat is vir die verkiesing, is 'n ope vraag. Die chaos wat vorige verkiesings gekenmerk het, is 'n bron van kommer met verdere druk op die regering om met inperking maatreëls, beperkte fondse en onvermoë geregtigheid te laat geskied sodat elke Suid-Afrikaner sy demokratiese stem kan uitbring.

Die regering het tans geen ruimte vir elektroniese stembriewe nie, aangesien die vermoë om aan so 'n stelsel te deel, nie vir alle persone in SA 'n moontlikheid is nie. Verder kan daar slegs bespiegel word oor die situasie waarin Departement Binnelandse Sake homself bevind ten opsigte van die stelsel se inligting in terme van sterftes. Hierdie situasie sal vanselfsprekend 'n invloed hê op die kiesersrolle. Slegs deur middel van 'n algemene opname deur Statistiek SA sal die impak van COVID-19 werklik bepaal word.

 

BORGE

 
 

MANITOU HANDLING YOUR HARVESTING

Many options are available to the farmer in terms of machinery. In order to choose the best option, the farmer needs to consider the tasks which need to be accomplished, the quantity, quality and cost of capital equipment, lifespan of machinery as well as the ease of maintenance, and cost of maintenance, all in aid of ensuring maximum uptime when the machine is needed the most.

Farmers are pressed for time, especially during harvesting when tasks must be done within a very short time frame to ensure that the quality of the fruit or crop is not compromised or their cashflow is not negatively impacted. The modern farmer optimises their workload with careful scheduling, using mechanisation to streamline operations.

 
sss
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
NOORDWES NOORD OOS & NATAL

Noordwes lyk baie mooi, ons is geseën met goeie reëns, en nie te veel nie. Sonneblom het amper te nat toestande beleef, die laaste paar sonskyndae was baie positief en sal siektes en plae bekamp.

Landboutoestande lyk vir die kort termyn besonder goed, vroeg in Februarie het sekere grassoorte al in saad gekom, bos is ruig en behoort daar oor die algemeen goeie weiding vir die komende winter te wees. Alhoewel die streek goeie reën gekry het is daar plekke waar dit minder gereen het.

Kuddes – Ek haal graag die volgende aan soos ontvang vanaf een van die TLU SA-lede in die Oos-streek. “Gerugte doen die rondte van ‘n slenkdalkoors-uitbraak aan die hand van ‘n toetsverslag van die LNR. Die verspreiding van die toetsresultaat word bevraagteken en die Departement het tot op hede nog geen uitbraak aangekondig of bevestig nie.

 

ADVERTENSIES

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
ONTEIENING SONDER VERGOEDING

DIE REGERING KAN ALLES VAT WAT AAN JOU BEHOORT AS DIE ONTEIENINGSWET GOEDGEKEUR WORD. GROND IS MAAR NET DIE BEGIN.

Pensioene, huise, beleggings, grond. Dit is alles op die spel as die regering planne deurvoer om die Onteieningswet te wysig. Hierdie wet is vir sestig dae – tot 27 Februarie 2021 – oop vir kommentaar van die publiek.

Dit is nou jou enigste kans om kommentaar te lewer en daarteen protes aan te teken.

Klik hier

 
MINIMUMLOON-VERHOGING

Die minimumloon-verhoging vir plaaswerkers is aangekondig ten spyte van verskeie rolspelers wat aangedui het die landboubedryf het nie die vermoë om hierdie verhoging te absorbeer nie. Dit is bloot nie volhoubaar nie.

Ondersteun TLU SA se dispuut hierteen. Klik hier/