Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
VRIENDE VAN
TLU SA

Graag wil ons hier aan die einde van die jaar ‘n spesiale woord van dank rig aan al die Vriende van TLU SA. Die afgelope paar jaar het al hoe meer persone uitgereik na TLU SA en ons ondersteun in wat ons doen.

Volhoubare
Landbou

Die afgelope jaar het heelwat besighede bankrot gespeel en individue hulle werk verloor. Landbou kon grootliks aangaan met besigheid. In sekere gevalle is die markte egter versteur en het sommige van ons boere ook probleme ondervind.

Boodskap van
Bennie

Daar kan met dankbaarheid teruggekyk word na 2020. Inderdaad ‘n unieke jaar wat eiesoortige uitdagings na vore gebring het. In die jaar het TLU SA se ondersteuners gegroei en met almal se bydraes het ons gewis ons stempel afgedruk in die landbou-omgewing.

 
LANDBOUSPORE – TLU SA
IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou.

ADMINISTRATIEWE STEUN
AAN KOMITEES

Sodra die bestaande vakatures in Wes- en Oosstreke (met inbegrip van Vrystaat, Noord-Kaap en Natal) gefinaliseer is, sal ‘n indeling geskied om administratiewe steun aan die onderskeie komitees te bewerkstellig.

LANDBOU IN
N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons na landbou in die Oos-Kaap.  

 
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

NUWE BAADJIE VIR DIE FINANSIëLE WELSTAND LESSENAAR
Landbousektor Finansiële Dienste sien die lig

Die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar is op 1 April 2019 geskep as ‘n voordelige diens vir TLU SA-lede. En op 1 Januarie 2021 trek hierdie diens ‘n nuwe baadjie in die vorm van die Landbousektor Finansiële Dienste maatskappy (FDV no. 44619) of kortweg die LSFD, aan.
Lede kan tereg vra waarom dit nou ‘n volwaardige finansiële dienste verskaffer word.

Ons is oortuig dat die LSFD ‘n kern rol in die toekoms van TLU SA as organisasie en ook elke individuele lid gaan speel.

Met TLU SA as een van die aandeelhouers in LSFD, gaan dit finansieel voordelig wees vir elke Boerevereniging, DLU asook Hoofkantoor.

 
 
 

VEILIGHEID

 
VEILIGHEIDSKOMITEE VERGADERINGS

Na alle waarskynlikheid sal vergaderings van die Veiligheidskomitee in 2021 met behulp van Zoom plaasvind. Hierdie reëling behoort byval te vind by die komiteelede wat dan van reis- en verblyfkoste gespaar sal word.

Voorlopig word die eerste vergadering vir 27 Januarie 2021 geskeduleer. Reëlings sal vroeg in 2021 bevestig word.

 
TLU SA REGISTER VAN INSIDENTE

Die destydse Nasionale Kommissaris van Polisie asook die Minister van Polisie het rondom 2006/7 opgehou om amptelike statistieke oor plaasaanvalle tydens die jaarlikse departementele debat in die parlement bekend te maak. TLU SA hou sedertdien ‘n informele databasis by van geweldsmisdade op plase en landbouhoewes. Tans is daar etlike instansies wat op soortgelyke basis statistiek byhou, maar ongelukkig is daar weinig sprake van onderlinge koördinasie ter wille van geloofwaardigheid.

Dit is van kardinale belang dat datum, plek, name van slagoffers en verkieslik ook SAPD-saaknommers ter wille van geloofwaardigheid bygehou word. TLU SA lede en Vriende word vriendelik versoek om sou hulle van sodanige besonderhede bewus word, dit deur te gee aan dienste@tlu.co.za.

 
INTERNASIONALE ERKENNING

Dr Willem Lombard van die Universiteit van die Vrystaat is onlangs deur die Uitvoerende Komitee van die Internasionale Vereniging vir Landelike Misdaadstudies aangewys as een van die wenners van die Joseph F. Donnermeyer-toekenning vir sy navorsing ten opsigte van die ekonomiese impak van diefstal van skape en bokke. TLU SA se gelukwense aan Dr Lombard met hierdie prestasie.

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
Die Onteieningswet handel nie net oor grond nie

Die regering wil ALLES hê

Die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur het die groen lig gegee om die Wet op Onteiening van 1975 te wysig.

Met die wysigings sal pensioene, huise, beleggings en grond op die spel wees. Dié wysigingswet is nou vir sestig dae – tot 10 Februarie 2021 – oop vir kommentaar van die publiek.

Dit is nou jou enigste kans om kommentaar te lewer en daarteen protes aan te teken.

Wat doen TLU SA

TLU SA sal self ‘n voorlegging aan die parlement maak om hierdie wysigings teen te staan. Ondersteuners se kommentaar sal saam met hierdie voorlegging ingedien word.

 Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun. https://www.tlu.co.za/onteieningswet/

 Versprei gerus hierdie boodskap so wyd as moontlik