Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

So kom ons weer aan die einde van nog ʼn jaar. Dit was 'n jaar vol vreugde en hartseer. 'n Jaar van Covid-19, die lug gevul met die reuk van "sanitiser" en keer op keer terugdraai om jou masker te gaan haal.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou.

Boodskap van
Bennie

Die strewe na balans Ek het die afgelope tyd die voorreg gehad om ‘n draai in die Nasionale Kruger Wildtuin te kon maak. Die wonder van die wette van die natuur en hoe dit funksioneer het mens opnuut getref.

 
LANDBOU IN
‘N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons in meer besonderhede na die syfers rondom kommersiële boerdery.

Poste beskikbaar
by TLU SA

Voltydse poste vir bestuurder wat as verteenwoordiger optree om lede-belange van die betrokke streke te hanteer.

Verblyf in ruil vir dienslewering

Die hoofkantoor ontvang gereeld navrae van persone wat hul dienste (hetsy in veiligheidsverband of andersins) aanbied in ruil vir verblyf en inkomste.
Sou daar lede wees wat dit sou oorweeg, word u versoek om dit onder Lynne Liebenberg (navrae@tlu.co.za) se aandag te bring.

 
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

TLU SA JONGBOER VAN DIE JAAR 2020
In samewerking met Manitou, Santam en CMH Ford Hatfield

(Luister gerus na ‘n lekker onderhoud met Danie oor boer, kinders en om ‘n kantoor met sy vrou te deel)

Danie Bester van Balfour in Mpumalanga is die wenner van TLU SA se Jongboerkompetisie 2020 in ondersteuning met Manitou, Santam en CMH Ford Hatfield.

Die beoordelaars was baie beïndruk met Danie se gebruik van tegnologie en veral die internasionale skakeling en navorsing oor sojaboontjies. Hy is ‘n boer wat nie net aanpas by die hulpbronne tot sy beskikking nie, maar ook die hulpbronne uitbrei en verbeter. Dit is presies die tipe vindingrykheid waarna TLU SA soek onder jong boere.

 
 
 

VEILIGHEID

 
VEILIGHEIDSKOMITEE

Die Veiligheidskomitee het op 10 November 2020 onder leiding van die nuutverkose voorsitter, Mort Mortassagne, vergader om etlike belangrike kwessies te bespreek. Die doel was om bepaalde projekte te oorweeg, oorweging ook te skenk aan beskikbare tegnologie asook die noodsaaklikheid om ter wille van geloofwaardigheid, te verseker dat die Register van Insidente wat terugdateer na 1 Januarie 1990 volledig gerapporteer word met betrekking tot datum, plek en name van slagoffers. Waar moontlik sal ‘n saaknommer baie help.

 
VEILIGHEID IN DIE FEESSEISOEN

Met Desember in sig is dit noodsaaklik dat lede en hul gesinne opnuut herinner word dat die komende feesseisoen nie noodwendig beteken dat misdadigers vakansie gaan hou nie. Die algemene gees van ontspanning – meestal daarvan buitenshuis, die moegheid van ‘n “anderste jaar” met allerhande inperkings en in besonder die sielkundige effek daarvan. Gevolglik is dit nodig om aandag aan die volgende te skenk:

  • Tydige koördinasie met plaaslike veiligheidstrukture en bure;
  • Opgedateerde en werkbare gebeurlikheidsbeplanning;
  • Bevestiging van effektiewe kommunikasie;
  • Ontwikkeling en aktivering van beskikbare informasiebronne;
  • Gereed vir die onverwagte – vuurwapen eerder beskikbaar as in die kluis.

Kyk gerus ook na ‘n opname van Landbouspore hieroor.

 
PROTESOPTREDE

Dit raak duidelik dat protesoptredes in landbougebiede besig is om momentum op te tel. Uiteraard gaan dit gepaard met ontwrigting (arbeid sowel as padgebruik), verlies van produktiwiteit en doelgerigte konfrontasie. In hierdie verband is dit gewoonlik die EFF wat sodanige optredes inisieer.

Die gevolglike polarisasie hou verreikende gevolge in.

Dit is noodsaaklik dat werkgewers wat snuf in die neus kry oor moontlike protesoptredes, so spoedig moontlik toepaslike advies moet inwin. In hierdie verband is dit noodsaaklik dat tydige voorbereiding met betrekking tot skakeling met die SAPD, regspraktisyns (gerugsteun deur ‘n gebeurlikheidsfonds) en organisasies soos die LWO (moontlik teen vergoeding) in plek is. Insae en kennis met betrekking tot die

Veiligheidsbulletins wat met hierdie aangeleentheid te doen het, kan weer tydig verfris word.

 
VEILIGHEIDSBULLETINS

Sedert Januarie 2018 het TLU SA bykans 50 Veiligheidsbulletins versprei waarin verskillende fasette van persoonlike- en gebiedsveiligheid toegelig word.

Benewens tydige voorbereiding vir geweldsmisdaad wat die landbougemeenskap teister, word daar ook voorsiening gemaak vir beskikbare sekuriteitsverwante tegnologie, noodhulp, brandbestryding, onwettige grondbesettings, en dies meer.

Dit sal waardeer word indien behoeftes vir riglyne wat nog nie aandag gekry het nie, aan die hoofkantoor bekendgemaak kan word by dienste@tlu.co.za.

 

BORGE

 

MANITOU LAUNCHES NEW AGRICULTURE TELEHANDLER

Kyk gerus na hierdie video

Manitou is proud to announce the launch of their new NewAg XL range with a new agricultural telehandler model dedicated to intensive applications. This model offers the user a very competitive total cost of ownership (TCO).

The NewAg XL model, the MLT-X 841, with a capacity of 4.1 t and a lifting height of 7.60m, is dedicated to intensive applications with usage of more than 1,300 hours per year and is aimed primarily at large farms (polyculture, cereal crops, biogas), agricultural contractors, cooperatives and agri-businesses. The NewAg XL range is designed to offer even more comfort, performance and profitability.

Read more here.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
ONS STAAN SAAM

Die meerderheid Suid-Afrikaners leef in vrees en kwesbare groepe soos boere byt die spit die ergste af. Boere is in die spreekwoordelike voorste linie in die oorlog teen misdaad in Suid-Afrika.

Ons moet nou na onsself omsien.

Om onsself wettiglik te beskerm, moet beleide verander word, insluitende, maar nie beperk tot die volgende:

  • Alle veiligheid- en sekuriteitsuitgawes moet 100% teen belasting afgeskryf kan word;
  • Die prosedures vir misdaadbestryding moet herstel word of onder die bestuur van die regering verwyder word.

Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons aksie en komende voorgestelde wetswysigings oor veiligheid en sekuriteit te ondersteun by hierdie skakel: onsstaansaam.co.za  

 
BRANDE & DROOGTE

Die brande is geblus, maar die skade bly.

Boere wat getref is deur grootskaalse brande in verskeie provinsies het steeds fondse nodig om weer op die been te kom.

Ondersteun die veldtog by hierdie skakel: klik hier.