Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe. Intussen is Oktober gekenmerk deur ‘n klomp negatiewe gebeure. Ons ervaar meer en meer hoe boere en die publiek meer teenkanting teen misdaad toon. Daar is selfs dreigemente oor ‘n burgeroorlog na die EFF se uitsprake.

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Skakel gerus elke Woensdag om 11:00 in vir Landbouspore waar TLU SA in gesprek tree met rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou.
Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

Boodskap van
Bennie

Die laaste tyd word daar baie intens ervaar hoe rolspelers met mekaar verskil op die sosiale netwerke. Dit is belangrik dat mense met mekaar moet kan verskil aangesien dit meebring dat beter denke na vore kom. Dit is egter belangrik om te let op hoe ons van mekaar verskil.

LANDBOU IN
‘N OOGKNIP

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons aan wie groente gelewer word.

 
 
LANDBOU FINANSIERING IN KRISIS

Daar word vanuit verskeie oorde verneem dat boere sukkel om produksielenings te kry. Heelparty van die instansies wat lenings aan boere toestaan, verkry hulle fondse van die Landbank, wat ongelukkig in die grond in bestuur is.

Senekal
 

Die land het asem opgehou oor die situasie wat in die aanloop tot die beskuldigdes in die Horner-moord se hofverskyning gedreig het om ernstige konflik tot gevolg te hê.

VAKATURES BY
TLU SA

Voltydse pos vir bestuurder wat as verteenwoordiger optree om lede-belange van die betrokke streke te hanteer. Dien as skakel tussen lede, hul affiliasies en instansies wat ʼn invloed op lede/boere se welvaart uitoefen.

HAATSPRAAK “KILL THE BOER, KILL THE FARMER”

In die sosiale media sirkuleer kwaadwillige berigte na aanleiding van die 2011 Gelykheidshofsaak waarin TLU SA toegetree het in die saak tussen AfriForum en die ANC en Julius Malema as leier van die ANC Jeugliga op daardie stadium na aanleiding van die gereelde dreunsang van “Kill the Boer, kill the farmer”.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

PRETORIA BOEREMARK
Johan en Ute groet

Die Pretoria Boeremark gaan net van krag tot krag. Die nuwe markterrein is onder die wakende oog van die markbestuurder, Johan van Wyk uitgebou tot ‘n besienswaardigheid wat in Pretoria sy stempel afdruk. Die aard en karakter van die mark word wyd besing. 

Johan het vir 25 jaar hierdie onbaatsugtige taak Saterdag na Saterdag, vroegoggend op hom geneem, saam met die span wat hom bystaan. Hy het te kenne gegee dat hy graag wil aftree. 

Die Direksie van die Boeremark sowel as TLU SA wil ons grootste dank en waardering teenoor Johan, met Ute aan sy sy, uitspreek. Dit is ‘n lewendige monument wat oorgegee word aan sy opvolger. 

Ons wil dan ook vir CD van Reenen baie dankie sê dat hy voortaan gaan voorvat. Baie sterkte CD.

Groete Johan en Ute

 

KRAGDAG
Kom kamp saam!

TLU SA is baie opgewonde om weer betrokke te wees by die Sakeliga/Kragdag/TLU SA landbou Ekspo op 3 tot 5 Desember 2020. Besoek kragdag.co.za en registreer nou vir gratis bywoning. 

Kampgeriewe is beskikbaar op die terrein vir diegene wat wil oorslaap en op elk van die drie dae is daar  ‘n groot verskeidenheid vir oud en jonk om te doen, te sien, te ervaar en te geniet en dan praat ons nie eens van al die heerlike produkte wat beskikbaar sal wees om aan te smul nie.

As jy dus nog nie hierdie unieke geleentheid bygewoon het nie, maak seker jy kom hierdie jaar ‘n draai maak!  Vir enige navrae stuur ‘n e-pos na sentraal@tlu.co.za.

 

SUSTAINABILITY WEEK 1 – 3 DECEMBER 2020
Agriculture & Food Security Seminar

With the effects of climate change biting down like never before, widespread environmental and human health challenges at a municipal scale, and the desperate need for employment and economic development — the absolute need for one key 'cross-cutting' policy strategy has taken center-stage — with the limelight falling almost entirely on potential solutions & economic stimulus through Sustainable Development.

With the latter as its impetus, Sustainability Week brings together key decision-makers, thought leaders and networkers in both the private and public sectors from all around the world.

The itinerary stretches over four days and comprises various high-profile, keynote speakers, including a mayoral panel, made up of mayor participation from African cities. It is expected that this international contribution will be of paramount importance in terms of networking and the sharing of info pertaining to 'green projects' being rolled out within the international arena.

 

 
 

VEILIGHEID

 
LANDBOU MISDAAD VOORKOMINGS INSTITUUT

Die nuutgestigte SA Landbou Misdaad Voorkomings Instituut beoog om kleinhoewe- en plaasaanvalle op ‘n nasionale vlak te voorkom, beveg, en te ondersoek. Die Instituut beoog om alle bestaande rolspelers te betrek by die strategie en om spesialiste te subkontrakteur om hierdie krisis op te los. 

Skenk tot en met 10% van jou belasbare inkomste (kan teen belasting afgetrek word) vir die beveiliging van landelike Suid-Afrika, bewerkstellig deur die SA Landbou Misdaad Voorkomings Instituut in samewerking met TLU SA, AgriSA, en SAAI. 

Met jou hulp streef die Instituut daarna om die eerste projek in 2021 te loods.  Besoek die Instituut se webwerf op saacpi.co.za om vandag te skenk vir ‘n veiliger môre.

 
GESPREK MET DIE NASIONALE KOMMISSARIS

Twee verteenwoordigers elk van TLU SA, Agri SA en AfriForum het op 5 Oktober 2020 openhartige en indringende gesprek gevoer met die Nasionale Kommissaris en senior adjunkte.

Die gesprek wat deur Dr Pieter Groenewald gefasiliteer is, was op die man af en was onderling ondersteunend tussen die partye. Ofskoon die formele terugvoer nog afgewag word, het die kommissaris aangedui dat die belangrike kwessies onmiddellike aandag sal geniet.

 
VEILIGHEIDSKOMITEE

Met die vorige voorsitter, Henry Geldenhuys, se verkiesing as TLU SA se president, het die Uitvoerende Komitee vir Mort Mortasagne benoem om die veiligheidsfunksie oor te neem.

Die lede van die Veiligheidskomitee spreek hul dank en waardering uit teenoor Henry se leiding tydens sy dienstermyn die afgelope twaalf jaar. Die komiteelede wens Mort geluk met sy aanstelling en vertrou dat hy ‘n bepalende rol sal speel wat tot voordeel van TLU SA lede maar ook ander landbouers se veiligheid op plase en landbouhoewes sal strek.

 
VEILIGHEID IN DIE FEESSEISOEN

Een van die eerste take van die Veiligheidskomitee sal wees om aandag te skenk aan spesiale veiligheidsmaatreëls met die oog op die komende feesseisoen.

Benewens die ontspannende sosiale vertoef gedurende die besondere tyd van die jaar, dui beskikbare data ook daarop dat talle slagoffers op onaangename wyse deur misdadigers verras word terwyl hulle op someraande buite ontspan.

 

HULP EN VERSTERKING

 

DROOGTEHULP VIR DIE NOORD-KAAP
Vervoer nodig vir klereskenkings

Ds. Frik Veldman en sy vrou Lydia is deurlopend besig om te kyk hoe hulle bydraes kan insamel om die nood te verlig vir die mense in die Noord-Kaap. 

Hulle het reeds 'n groot hoeveelheid klere sowel as kospakkies ingesamel. Die paartjie gaan die gebied self besoek, maar kan nie al die klere in hulle voertuig pas nie. 

Indien daar iemand is wat moontlik ook vanaf Pretoria na Sutherland of ander dorpe in die omgewing se rigting gaan reis en wat bereid is om van die klere op te laai kan julle gerus laat hoor. 

Kontak vir Aleshia by 012 804 8031

 

 

BORGE

 

MANITOU

Kyk gerus na hierdie video

We all know that farming is hard work and gets more challenging each year as the industry is faced with huge demands on tight budgets using few resources. When time and productivity is of the essence in farming activities,

Manitou has many creative solutions to make material handling simpler, faster and safer. The essence of the Manitou brand is safety, reliability, versatility, efficiency and manoeuvrability – the core of what is required on-site in today’s fast-paced agricultural sector.

Read more here.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
ONS STAAN SAAM

Die meerderheid Suid-Afrikaners leef in vrees en kwesbare groepe soos boere byt die spit die ergste af. Boere is in die spreekwoordelike voorste linie in die oorlog teen misdaad in Suid-Afrika.

Ons moet nou na onsself omsien.

Om onsself wettiglik te beskerm, moet beleide verander word, insluitende, maar nie beperk tot die volgende:

  • Alle veiligheid- en sekuriteitsuitgawes moet 100% teen belasting afgeskryf kan word;
  • Die prosedures vir misdaadbestryding moet herstel word of onder die bestuur van die regering verwyder word.

Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons aksie en komende voorgestelde wetswysigings oor veiligheid en sekuriteit te ondersteun by hierdie skakel: https://onsstaansaam.co.za/

 
BRANDE & DROOGTE

Die brande is geblus, maar die skade bly.

Boere wat getref is deur grootskaalse brande in verskeie provinsies het steeds fondse nodig om weer op die been te kom.

Ondersteun die veldtog: klik hier.