Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

TLU SA se jaarlikse kongres is sopas afgehandel en daar is bepaalde grondwetwysigings bespreek en daaroor besluite geneem. Die nuwe president en adjunk-president is ook verkies.

Landbou in
‘n oogknip 9

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons na vleisproduksie.

Boodskap van
Bennie

Ons kan op geen wyse redeneer dat dinge nou weer as normaal beskou kan word nie. In groot dele van die land gaan boere steeds gebuk onder ‘n ernstige droogte en ook die gevolge daarvan.

 
DANIE
DU PLESSIS

Die streeksbestuurder van die Oos- en Natalstreke, Danie du Plessis, het by TLU SA bedank. Ons wil vir hom dankie sê vir die tyd wat hy tot TLU SA se lede se diens was. Baie sterkte word hom toegewens vir sy pad vorentoe.

TLU SA JONGBOER
KOMPETISIE

In vele opsigte het almal vanjaar aanpassings moes maak as gevolg van die inperkingsregulasies. Selfs met die Jongboer-kompetisie moes die besoeke op die plase deur die beoordelaars uitgestel word. Dit sal nou plaasvind op 6 en 7 Oktober.

KONGRES
2020

Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk na die 2020 kongres se deelname en ook die funksionering op die virtuele platform, Zoom. Eerstens ‘n groot dank teenoor die lede en affiliasies wat in groot getalle ingeskakel het.

 
 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

HOMECARE

Kyk gerus na hierdie video

Na aanleiding van die vorige insetsel in die Pitkos oor die Homecare inisiatief, wil ons graag meer toeligting verskaf. Homecare se primêre fokus is om fondse in te samel vir gesondheidsorg.  

Daar is verskeie toepassings (apps) wat deur hulle geskep gaan word om op verskeie ander terreine te help om fondse in te samel. Die veiligheidstoepassing wat hulle onder andere gaan skep, sal bykomend tot dit wat reeds bestaan, benut kan word met die hantering van situasies waar persone bedreig word.

Daar word voorsien dat ruim befondsing uit hierdie projek na vore sal kom en wat deur middel van TLU SA aangewend sal word vir beveiligingsinisiatiewe.
Vir die aanvanklike ontwikkeling word 'n paar beta-toetsers benodig wat ook aandele bekom in die inisiatief deur aankope by kettingwinkels of selfs hulle Eskom-rekening daardeur betaal. 

Vir beta-toetsers word daar heelparty voordele voorsien sodra die stelsels in werking tree.  Kyk gerus na die meegaande video vir meer inligting of kontak vir Pieter van Vuuren by pieter@homecare.org.za.

Lede is ook welkom om vir Bennie van Zyl te kontak by 082 466 4470 vir meer besonderhede.

 

KRAGDAG
Sakeliga – Kragdag 2020 – TLU SA Landbou Ekspo

TLU SA is baie opgewonde om weer betrokke te wees by die Sakeliga/Kragdag/TLU SA landbou Ekspo op 3 tot 5 Desember 2020. Besoek kragdag.co.za en registreer nou vir gratis bywoning. 

Ons sal ook graag aan al ons lede wat ‘n landbou besigheid het, ‘n unieke landbouproduk verkoop, of vee wil kom uitstal, die geleentheid bied om nou te bespreek voor bemarking van die oorblywende stalletjies afskop. 
Bywoning in 2019 was net oor die 20 000 besoekers en hierdie jaar is ons seker dat almal graag die terrein sal wil besoek. Die meeste landbou geleenthede moes weens Covid-19 inperkings uitgestel/afgestel word of aanlyn aangebied word.

Kampgeriewe is beskikbaar op die terrein vir diegene wat wil oorslaap en op elk van die drie dae is daar  ‘n groot verskeidenheid vir oud en jonk om te doen, te sien, te ervaar en te geniet en dan praat ons nie eens van al die heerlike produkte wat beskikbaar sal wees om aan te smul nie.

As jy dus nog nie hierdie unieke geleentheid bygewoon het nie, maak seker jy kom hierdie jaar ‘n draai maak!  Vir enige navrae stuur ‘n e-pos na sentraal@tlu.co.za.

 
 

KOMITEES

 
GRONDBESETTINGS

Met die inperkingsregulasies wat ten opsigte van Vlak 1 afgeskaal is, het Plaaswagte groter vryheid van beweging ofskoon daar steeds beperkings tussen middernag en 04h00 van krag is. Dit is derhalwe van veiligheidsbelang dat sodanige werksverhouding met die plaaslike SAPD bewerkstellig word dat landbouveiligheid nie gekompromiteer word nie.

In besonder word die aandag daarop gevestig dat onwettige grondbesettings en betreding (insluitend onwettige jag) in verskeie vorms meer algemeen voorkom. Derhalwe word die toepaslike Veiligheidsbulletins wat reeds in hierdie verband uitgereik is, onder lede se aandag gebring.

Ten einde enige onsekerheid by SAPD-lede (wat dalk mag aandring op bewys van eiendom) uit die weg te ruim, word aanbeveel dat grondeienaars ‘n gewaarmerkte afskrif van die Titelakte byderhand het.

 
WATERSAKE

TLU SA het nog nie weer van die minister van HUMAN SETTLEMENTS, water en sanitasie, terugvoer ontvang oor die belofte dat ’n taakspan, met besluitnemingsbevoegdheid, aangestel sal word om die dispuut oor waterrekeninge op te los nie. Die Waterkomitee sal weer hieroor met die departement kommunikeer.
TLU SA se nuwe uitvoerende komitee word eersdaags bekend gestel, en dit mag tot gevolg hê dat nuwe gesigte op die waterkomitee gesien sal word. Ek wil asseblief op al die DLU’s en BU’s ’n beroep doen om minstens twee persone te benoem om u streek op die komitee te verteenwoordig.

Die uittredende uitvoerende komitee het tydens die laaste vergadering goedkeuring verleen dat TLU SA by SAAFWAU mag affilieer. Die gewysigde samewerkingsooreenkoms sal vir ondertekening aan die nuwe uitvoerende komitee voorgelê word.

Van die minister se haastige aankondiging dat alle besproeiingsrade na watergebruik verenigings gaan omskakel het ook nog nie veel gekom nie.

Waterkwessies sal in die aanloop tot volgende jaar se plaaslike verkiesing meer en meer op die sosio-ekonomiese en sosio-politiese voorgrond kom. Dit gaan juis saamval met droogtetye in die land wat die kwessie gaan vererger. Dat daar nie genoeg water is nie en dat ons dringend na water as ’n nasionale prioriteit moet begin kyk het ook nog nie by die regering posgevat nie.

Die inter-georganiseerde landbou-organisasies vergader weer in Oktober om veral vermorsing en besoedeling van waterbronne te bespreek.

Lede kan gerus ook op TLU SA se YouTube-kanaal gaan kyk na ‘n opname oor alternatiewe besproeiingsmetodes.

 
VEILIGHEIDSBULLETINS

Meer as veertig Veiligheidsbulletins wat ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe toelig, is sedert vroeg in 2018 versprei. Die onderwerpe wissel van brandbestryding, eerstehulp asook voorbereiding van die plaaswerf, optrede na afloop van ‘n insident asook talle ander toepaslike temas wat van belang vir plaasbewoners mag wees.

Van meet af aan was die verdere verspreiding van sodanige Veiligheidsbulletins aan die ontvangers wat lede van TLU SA is, oorgelaat omdat die vertrekpunte was dat die groter omliggende landbougemeenskap ook waarskynlik by die inhoud mag baat.

Dit sal waardeer word indien behoeftes wat nog nie gedek is nie, of beter toeligting van bestaande temas gekommunikeer kan word aan dienste@tlu.co.za

 

HULP EN VERSTERKING

 

HUISVESTING REGISTER
Vraag na beskikbare huisvesting

TLU SA het geruime tyd gelede ‘n register begin byhou vir mense wat huisvesting op plase beskikbaar het en ook waar mense in nood kan kyk of daar iets is wat hulle kan benut. Die Covid-19 inperking het gewis ook sy tol geëis en die ekonomiese druk raak net nog groter.  Indien daar persone is wat behuising beskikbaar het, is hulle welkom om die inligting deur te gee aan sekretaresse@tlu.co.za of indien hulle ook navraag wil doen oor beskikbare huisvesting.   

Daar het sopas ‘n stukkie grond (12ha) onder die aandag gekom wat ongeveer 30km van Rustenburg naby Boons is, waarop ‘n klein boerdery ook bedryf sal kan word.

Die ou plaashuis is onlangs herstel/herbou en bestaan uit:

  1. 'n Woonstel met kombuis, badkamer, sitkamer, slaapkamer met sy eie stoep gedeelte - R1 500
  2. Hoofhuis met vier kamers, kombuis, sitkamer, eetkamer, twee badkamers en eie stoep gedeelte – R4 000

Die woonstel en huis werk met sonkrag en daar is 'n boorgat met 'n tenkstaander vir huishoudelike gebruik.  Meer inligting op aanvraag beskikbaar by Riaan Jansen by 012 420 3589 of riaan.jansen@up.ac.za.

 

LANDBOUSEKTOR VOORSORGFONDS (LSVF)
Verwysingsfooi vir TLU SA

Die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) is ‘n privaatfonds met onafhanklike trustees wat ‘n Trustee uit die geledere van TLU SA insluit.

Ons weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is, daarom bied ons ‘n unieke en veelsydige produk. In samewerking met die konsultant se leiding en advies, kan die werkgewer dus sy eie unieke voordeelstruktuur ontwerp.

Die LSVF hou tred met veranderende wetgewing en standaarde in die bedryf om seker te maak dat die fonds kompeterend bly en die nodige voordele bied aan die werkgewer en werknemers.

Produkte wat die LSVF bied:

  • Voorsorgfonds (spaargedeelte)
  • Sterftedekking
  • Begrafnisvoordeel
  • Ongeskiktheidsdekking
  • Dekking vir seisoenale arbeiders
  • Ongeluks- en liggaamlike verlies voordeel.
  • Uitgebreide familie begrafnisdekking

Die LSVF word geadministreer deur Sanlam en die beleggingsportefeulje is ook by Sanlam in ‘n gewaarborgde fonds belê, dit bied dus gerusstelling dat die werknemers se fondse en voordele by ‘n betroubare maatskappy geadministreer en belê word.

Die LSVF word ondersteun deur die TLU SA en gevolglik is daar ‘n R150-verwysingsfooi per lid betaalbaar vir elke suksesvolle verwysing.

Verwysingsfooi word verdeel in drie gelyke dele van R50 elk aan TLU SA, die DLU en die werwer.

Vir enige verdere navrae kontak George Dreyer by 082 789 3436 of stuur ‘n e-pos aan george@mecconsult.co.za / support@mecconsult.co.za.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
NOORDWES & VRYSTAAT NOORD

Baie geluk aan die veiligheidsvoorsitter in die Noordwesstreek, Theunis Kruger (by die Lichtenburg DLU) wat TLU SA se veiligheidstrofee vir 2020 gewen het.

Ons gelukwensinge ook aan Bertus van der Westhuizen van die Heilbron BU en die Streekvoorsitter van TLU SA in die Vrystaat wat by TLU SA se onlangse virtuele kongres aangewys is as TLU SA se landboupersoonlikheid vir 2020.

Landbou toestande is in sekere gebiede baie swak met plekke wat vyf jaar gelede normale reënval gehad het. Meeste van ons lede het dit deur die winter gemaak en ons begin nou kort-kort opkyk in die rigting waar die reën moet kom.

In Noordstreek is ons landelike veiligheidstrukture so georganiseer dat ons sonder enige probleme kon oorskakel na die provinsiale polisie se bevelstruktuur wat die rigting van distrik munisipaliteite ingeslaan het.
 
 

BORGE

 

MANITOU

We all know that farming is hard work and gets more challenging each year as the industry is faced with huge demands on tight budgets using few resources. When time and productivity is of the essence in farming activities, Manitou has many creative solutions to make material handling simpler, faster and safer. The essence of the Manitou brand is safety, reliability, versatility, effi-ciency and manoeuvrability – the core of what is required on-site in today’s fast-paced agricultural sector.

Read more here