Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Van die President se Lessenaar

Een van die grootste probleme wat ons daagliks ondervind, is die gebrek aan betroubare inligting wat verband hou met die inperking, en wat in wese ’n invloed het op ons besigheid en daaglikse lewe.

Landbou in
‘n oogknip

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname.

Boodskap van
Bennie

Die inperking beklemtoon opnuut ons waardes en beginsels. Die fondament waarop TLU SA bou, is deur baie jare gevorm en gegiet deur boere wat daagliks in die smeltkroes van voedselproduksie staan.

 
Paraatheid gedurende die inperkingsperiode

Wêreldwyd (met enkele uitsonderings) beleef mense die vreemde ervaring van inperking en – sosiaal- en ekonomies gesproke – isolasie. Benewens die impak van gedwonge afsondering en eensaamheid, hang die risiko van ‘n onsigbare bedreiging in die vorm van ‘n virus wat ‘n wêreldwye impak maak, oor almal se koppe.

Brandgevaar
 

Met die winterseisoen op hande, is die jaarlikse bedreiging van brandstigting ‘n kwessie wat aandag verg. In hierdie verband is die tydige nasien van diensbare en beskikbare brandtoerusting ‘n dringende noodsaaklikheid. Daarbenewens verg brandbane en toepaslike ontbossing aandag.

Inspeksies gedurende
COVID-19

Die Departement van Arbeid en Werkskepping het begin met COVID-19 voldoening-inspeksies op plase. Daar is ’n groot aantal boerdery-ondernemings wat die tyd van die jaar baie mense in diens het. Die aartappel-pakhuise is aan die gang, die uie-oes amper klaar en die sitrus-oes is goed op dreef.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

TLU SA KONGRES EN COVID-19

Die inperking rondom COVID-19 en die onsekerheid oor moontlike verligting, het die Algemene Raad genoodsaak om dringende besluite rondom vanjaar se Kongres te neem. Die Kongres gaan vanjaar net ‘n interne geleentheid wees en Kongresbriewe sal binnekort versend word.

Dit sal op 9 September as ‘n kuber-konferensie op die Zoom-platform plaasvind. Ons wil nou reeds versoek dat elke affiliasie toesien dat daar ‘n nodale punt met goeie internet-toegang beskikbaar is. Die onderskeie Boereverenigings kan moontlik saam met die DLU op ‘n punt versamel. 

Daar sal ook vir diegene wat dit so verkies, geleentheid wees om by enige Obaro-tak van hulle fasiliteite gebruik te maak.  

Volledige besonderhede sal in die Kongresbrief vervat wees.

Beplan nou reeds om hierdie eerste kuber-kongres in ons geskiedenis by te woon. 

 
 

VEILIGHEID

VERWIKKELINGE RONDOM MISDAAD SAMEWERKING OP PLAASLIKE VLAK MEERDOELIGE GEBEURLIKHEIDSBEPLANNING

Te midde van die inperking dui TLU SA se Register van Insidente dat geweldsmisdaad beduidend afgeneem het, maar die voorkoms van diefstal het nuwe afmetings aangeneem.

 

Dit word weereens bevestig dat in noodsituasies ‘n gewillige buurman die naaste bron van hulp en ondersteuning bied. Dit bly dus noodsaaklik dat in terme van veiligheid, hierdie dwingende realiteit tot goeie samewerking en wedersydse ondersteuning op plaasvlak tussen bure sal lei.

Met ‘n relatiewe yl bevolkte landelike gebied, raak dit noodsaaklik dat die relatiewe hoër vlak van veiligheidstrukture se paraatheid ook gerig word om vir Nood-, Ramp-, Brand- en Veiligheidsituasies voorsiening te maak. Dit sal in alle landbouers se belang wees.

 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE OOSSTREEK
 

Ons wil graag ons boere wat onder moeilike omstandighede voortgaan met die taak om voedsel te produseer, besondere lof toeswaai. TLU SA gee boere al die erkenning wat hulle verdien. Die regering behoort hierby in te val deur ‘n meer positiewe landbou-omgewing te skep.

Die Oosstreek het ‘n plaasaanval in die Belfast/Wonderfontein-omgewing aangemeld. Die boere is aangerand en geïntimideer, maar daar was geen vuurwapens betrokke nie. Die aanval het gewys dat boere in Veiligheidstrukture goed reageer nadat ‘n boodskap oor die aanval versprei is. Ongeveer 50 boere het op die boodskap reageer. Die aanval is voorafgegaan deur ‘n dispuut oor gesteelde beeste wat boere naby plaasnedersettings opgespoor het.

NOORDWES-STREEK
 

Die meeste boere in Noordwes is besig met die stroop van graan.

Sojabone is reeds 90% klaar gestroop met baie goeie opbrengste. Die prys is ook heelwat beter as verlede jaar. Die boere wat vanjaar sojabone in hierdie provinsie geplant het, is besonder geseënd.

Sonneblomlande is sowat 50% klaar gestroop, met gemengde opbrengste. Daar is gedeeltes met ʼn baie goeie opbrengs, maar sekere lande is erg besmet met sclerotina wat tot 75% van ʼn oes kan affekteer. Pryse vir sonneblomsaad is beter as verlede jaar.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
PLAASVARS E-MARK

Met TLU SA se Plaasvars e-Mark is daar nou die geleentheid vir die verbruiker om direk met die boer te gesels oor produkte.

Die platform werk eenvoudig:

  • Die boer laai die inligting en beskikbare produkte met ‘n foto of twee
  • Die verbruiker besoek die mark en kies die proksdukte waarin hy of sy belangstel
  • Die boer en verbruiker praat direk met mekaar om ‘n transaksie te beklink

Help ons boere om eerlik en eerbaar ‘n bestaan te maak.

Koop plaasvars

Besoek die platform deur hierdie skakel.

 
RED DIE EKONOMIE

COVID-19 het die Suid-Afrikaanse ekonomie – wat reeds op die knieë was – byna die finale nekslag toegedien. Die volgehoue beperkings op Suid-Afrikaners, en die onewe hulpverlening wat die regering aanbied, vererger die situasie so dat dit moeilik is om te sien hoe ons ekonomie ooit gaan herstel.

TLU SA gee nou aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid om te deel hoe die inperking hulle lewens – en sak – beïnvloed en watter stappe geneem moet word om die ekonomie te red.

Die terugvoer sal deur TLU SA verwerk en in gesprekke met die regering weergegee word, as deel van TLU SA se plan om die ekonomie.

Laat jou stem by hierdie skakel hoor.